Great Commission

Voor Geslote Deure

David Wilkerson (1931-2011)

Ek skryf vandag aan jou oor God wat deure oopmaak. Iemand wat hierdie boodskap lees, sal dadelik hiermee kan identifiseer, omdat jy voor een of meer geslote deure staan. Daar is dit, reg voor jou, ‘n deur wat lyk asof dit heeltyd gesluit bly. Dit kan ‘n ernstige finansiële situasie wees, en jy het gebid vir die deur van ‘n geleentheid om oop te maak. Tog lyk dit asof alles wat jy probeer skynbaar misluk; die deure gaan eenvoudig net nie oop nie.