Skielike Verderf soos die Barensnood van ‘n Swanger Vrou

David Wilkerson

“Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en julle sal sekerlik nie ontvlug nie” (1 Thessalonicense 5:1-3).

Die oordele van God tref skielik, maar nie sonder waarskuwing nie. God belowe Hy sal niks doen, insluitend oordeel stuur, sonder om vir Sy profete te sê wat aan die koms is nie. “Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie. Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?” (Amos 3:7-8). God belowe dat ‘n basuin sal blaas, God sal brul soos ‘n leeu, om die mense voor die oordeel wakker te maak. “Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas...” (Sagaria 9:1).

“Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar. Dié dat is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag, ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings. En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek. Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskrikking, oor die inwoners van die aarde” (Sefánja :14-18).

Hier is ‘n profesie van ‘n skielike verwoesting deur vuur, ‘n dag van benoudheid en groot kommer – ‘n duisternis en somberheid! Maar dit is ook “‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu”! Hoséa 8:1 sê, sit “Die basuin teen jou mond.” Dit was die vers wat God vir my gegee het toe ek die boek met daardie titel geskryf het. Basuin beteken die stem van waarskuwing. Die Here sê in Eségiël 33:2-4, “...As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die mense van die land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense – as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.”

God blaas die basuin deur die stemme van Sy wagte en profete. Die basuin is ‘n weergalmende geklank, ‘n waarskuwing. Paulus het gewaarsku, “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word” (1 Korinthiërs 15:51-52). “By die laaste basuin,” dui aan daar was ander basuine geblaas. Ek glo engele op basuine sal Sy koms uitbasuin. Maar ek glo ook dit beteken dat net voor daardie verandering wat sal kom binne “‘n oogwink,” sal die Heilige Gees al Sy wagte op hulle poste hê, almal in ooreenstemming, almal wat die laaste oproep gee – die finale waarskuwing! Binne ure of sekondes, sal die skielike verandering kom.

Noag het die laaste basuin geblaas vir sy verdoemde samelewing in die tweede maand op die sewentiende dag. God het die presiese dag aangedui! Vier eenhonderd-en-twintig jaar was die basuin op sy lippe, waarskuwend, smekend. Toe, op die nag van die sestiende, in die tweede maand, het God hom en sy familie in die ark toegesluit, en hom laat weet – “Vannag is die laaste basuingeskal! Môre, bring Moeder Aarde oordeel!” Dit het op die sewentiende van die maand gekom! “ In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen” (Génesis 7:11).

Geen wonder Paulus het hierdie woorde aan die kerk by Thessalonika geskryf nie, “Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag” (1 Thessalonicense 5:1-2). Waarom sou dit baie duidelik vir hulle wees dat God se Oordeelsdag skielik sou kom? Die kerk in Thessalonika was ongeveer ses maande oud toe hierdie brief ontvang is. Paulus het waarskynlik saam met Silvánus en Timótheüs oor Noag en Lot en die skielike verwoesting van Israel gepreek. Hulle het almal dieselfde Ou Testament voorbeelde gehad as ons. Hulle het die profete gehad. Hierdie brief was geskryf in of 52 of 53 vC. Dit was minder as twintig jaar voor van die verwoesting van Jerusalem, soos deur Jesus geprofeteer was! Paulus sê in wese hier: dit is baie duidelik dat God se oordele skielik kom, soos ‘n dief in die nag! Geen gelowige behoort ooit verras te wees nie – daardie dag sal God se kinders nie onverwags oorval nie. Ons behoort te weet hoe God werk, omdat ons Sy aantekeninge het. Paulus het voortgegaan om hulle te waarsku hoe dit sal wees net voor oordeel neerdaal en hoe om op te tree in so ‘n uur.

Die oordeelsdag sal kom wanneer die samelewing obsessief raak met voorspoed en sekuriteit.

“Want wanneer hulle sê: Vrede en veligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle...” (1 Thessalonicense 5:1-3). Die Griekse woord wat Paulus hier vir vrede gebruik, is “eirene” wat voorspoed impliseer. Die Griekse woord vir veiligheid word beter geïnterpreteer as “sekuriteit.” Skielike verwoesting is op die punt om los te bars in daardie dag wanneer mense se gedagtes gefokus is op rykdom. Geldmalheid! Gierigheid! Bymekaarmaak! Opgaar! Jesus het ons gewaarsku dit sal ‘n tyd wees wanneer mense se harte sal beswyk van vrees as hulle sien hoe die verskriklike dinge oor die aarde kom. Mense sal smag na iets sekers, vastigheid. Dit sê nie dit sal ‘n tyd van vrede en veiligheid wees nie, maar dat hulle sal sê, “Vrede en veiligheid.” Hulle gesprekke sal gaan oor geld, dinge, beleggings, hoe om ‘n veilige hawe vir hulle bates te hê!

Nooit in die wêreld se geskiedenis was mense so gedrewe deur ‘n soeke na geld nie. Voorspoed is die Amerikaanse droom! Die aandelebeurs het een reusagtige dobbelhuis geword. Miljoene Amerikaners speel getalle, die lotery, in die hoop om oornag ryk te word. Waarom so ‘n obsessie om baie suksesvol en ryk te wees? Omdat almal weet ‘n storm kom! Die hele wêreld wag met angs dat ‘n finansiële ineenstorting eendag sal tref. Hulle probeer om hulleself teen daardie verskriklike tyd te beskerm, met die hoop om deur die storm te kom.

Die obsessie met voorspoed het selfs die kerk besoedel. Hoe bedroef sou Paulus gewees het as hy geweet het ‘n dag sou kom wanneer die bedienaars van die Evangelie sou terugkeer na ‘n verbond van kontant! Die kerk het eens voor die wêreld gestaan as ‘n getuienis teen gierigheid en materialisme, teen die liefde van dinge, teen self-liefde, teen opgaar en hebsug. Maar nou sien die wêreld die kerk as sy grootste kompeteerder vir die goeie lewe! Die wêreld lag en bespot Christene wat die lyding van Christus en Paulus verwerp om hulle te verlustig in die rykdom van hierdie eeu.

Oordeel oor die huis van God – Dan oor die hele samelewing

Skielike verwoesting kan meer as een waterstofbomslagting beteken. Met een skielike gebeurtenis, een enkele katastrofe, kan die Amerikaanse droom ‘n verskriklike nagmerrie word. Die oordeel wat so vinnig oor God se huis gekom het, sal oor die land kom. Die kerk het eendag wakker geword met ‘n verskriklike skandaal. Ons het gebloos toe ons gehoor het dat ‘n verkondiger van die Evangelie miljoene dollars op spoggerige karre, juwele, luukse huis, duur wyne spandeer! Die goddeloses het gelag en gespot, en die naam van Jesus het die onderwerp van grappies en satires geword. Jesus het die lied van dronkaards geword! Toe weer, in een uur, een nuusberig, was die hele wêreld vertel dat die land se nommer een sonde prediker betrap was in sonde! In Times Square Kerk het ek God se kinders hoor skree en kreun en uitroep, “Sê asseblief dit is nie so nie!” En nou kyk ons na die ontsaglike stroping van sommige bedienings. Te midde van dit alles, is hierdie ontsaglike woorde so waar: “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid” (1 Petrus 4:17).

Waarom is ons geskok? Ons waarsku die goddeloses dat oordeel voor die deur is, en dat dit begin in God se huis. God is gewillig om Sy Naam te laat bespot net om die kerk wakker te maak en een laaste groot basuingeklank vir die wêreld te gee. “...En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?” (1 Petrus 4:17-18). God se oordele in Sy huis is so skielik en vreesaanjaend, dat mense se ore tuit wanneer hulle dit hoor! Toe God die huis van Eli geoordeel het, het Hy gesê, “Toe het die HERE aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan ‘n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit...dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het” (1 Samuel 3:11-13). Toe God Israel en die huis van Manasse geoordeel het vir verdorwenheid, het Hy gesê, “...Kyk, Ek sal ‘n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit” (Jeremia 19:3). Ore tuit in Hebreeus beteken, “om hulle ore te laat ratel en hulle rooi van skaamte te maak.” Selfs die goddeloses sal blosende ore hê!

As God die ore van hierdie land sal laat ratel deur wat hulle sien en hoor van Sy oordeel oor die kerk, watter skielike, vreesaanjaende oordele sal oor hierdie samelewing kom? Die media van hierdie land verlustig hulle daarin om godsdiens te bespot. Hulle het gemaak dat die land alle heiligheidsprediking wantrou en alle bedienaars word afgemaak as kwakke en skelms! Kroeë dreun. Hulle lig hulle drankies om te heildronke in te stel, laggend, “Hier is vir alle hellevuur predikers!” Maar hulle beter die beste wat hulle kan, daaruit kry, want dit sal alles oornag verander! God sal die ore van die wêreld nou laat tuit, want die samelewing is volgende – Amerikaners is volgende – ons regering is volgende – ons finansiële instellings is volgende! Wall Street gaan “Ween Straat” wees. Die woord verwoesting word hier gebruik as ondergang, dood. Skielike ondergang! Skielike dood! Die oordeel in God se huis is God wat ‘n waarskuwingskoot skiet oor die boog van die skip van die staat. Binnekort sal Hy vra vir ‘n direkte trefhou! Mense wil dit nie hoor nie – hulle wil probeer om hulle ore te bedek. Die nuus sal so ongelooflik wees! So skokkend!

Skielike verwoesting sal kom soos barensnood oor ‘n swanger vrou.

Dit is God se geïnspireerde Woord; en elke woord was versigtig gekies. Verwoesting kom skielik soos ‘n geboortepyne van ‘n vrou op die punt om ‘n kind te baar. Die vrou hier is ‘n verlore, bose, goddelose samelewing – en ‘n monster is op die punt om gebore te word. Oordeel kom uit haar eie baarmoeder! So seker soos ‘n verwagtende vrou nie haar swangerskap kan wegsteek nie, behoort die naderende oordele duidelik te wees vir almal. ‘n Vrou het nege maande se voorbereiding! Oordele gaan soos geboortepyne wees. Wanneer die oomblik van geboorte nader kom, begin die geboortepyne toeneem in aantal en intensiteit. Hulle kan ‘n uur uitmekaar wees, dan ‘n halfuur, dan tien minute. Sy word na die hospitaal geneem, en die pyne neem toe. Skielik, konstante geboortepyne! Barensnood! Die geestelike toepassing is dat die finale verwoesting sal begin met pynlike waarskuwings wat sal toeneem en versnel.

Ek glo Amerika is reeds in die ambulans – op pad na die kraamsaal! Het die ore van die hele wêreld nie getuit toe Amerika se ruimtetuig in die lug ontplof het nie? Die wêreld het verskrik gekyk toe vyf ruimtereisigers hulpeloos na die aarde toe geval het! ‘n  Waarskuwingsgeboortepyn! Toe, naby daardie pyn, nog een: honderde Amerikaanse mariniers was skielik vernietig in Lebanon, sonder waarskuwing! Ons het hulpeloos gestaan en kyk! ‘n Vliegtuig het neergestort naby Ysland en ‘n vrag vol Amerikaanse soldate wat op pad was huistoe, doodgemaak. Ons het gesien hoe ons President se trane gevloei het! VIGS is verklaar as ‘n plaag oor Amerika deur geskokte dokters. Die vooruitskattings vir die verspreiding daarvan is skrikwekkend! Dwelms het ontplof oor ons samelewing – nog ‘n plaag. ‘n Ingenieur bedwelm met dwelmmiddels het ‘n treinbotsing veroorsaak. Dwelmmisbruik versprei soos die swart plaag van vorige eeue. Bendes trek deur New York, Los Angeles, Chicago – maak dood, beroof, pleeg straatrowe: slawe van dwelms op 15 jarige leeftyd! Hét die ore van die hele mensdom getuit toe ons aandelebeurs amper in duie gestort het! Ek was daar daardie Oktober dag. Die New York Daily News het geskreeu, “Paniek – Dow Duik Deur Vloer 508 Punte!” Paulus waarsku ons dat dit alles sal intensifiseer, om te versnel. God versnel nou die tempo van probleme en smarte.

Die Heilige Gees blaas ook die basuin harder. Die basuin klink meer duidelik, meer onheilspellend. Nog nooit het ons so baie waarskuwings gehoor nie. Nog nooit was daar meer wagte op die muur wat roep nie. Daar was in werklikheid so baie waarskuwings dat dit op dowe ore geval het vir baie van God se kinders! Die samelewing is in barensnood – oordeel breek los – en hulle wend hulle na afgode en speelgoed! Jesus het wel gesê ons moet juig wanneer ons al hierdie dinge sien gebeur, omdat dit beteken ons verlossing is naby. Maar wie is hulle wat kan juig op die rand van verwoesting?

Dit is ‘n tyd om te waak en nugter te wees

God roep Sy mense om te waak en nugter te wees soos die dag van verwoesting nader kom. “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees” (1 Thessalonicense 5:6). Paulus vermaan die broeders, “Julle...is nie in duisternis...nie...Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie” (1 Thessalonicense 5:4-5). Wat hy in wese sê, is: “Wat vir hierdie wêreld ‘n tragiese nag van duisternis en verwoesting is, is die aanbreek van ‘n nuwe dag vir julle wat waak en nugter is. Hierdie dag van duisternis en vurige oordeel het niks met ons te doen nie!” So seker dat ons is nie van hierdie wêreld is nie, is ons nie bestem vir duisternis en verwoesting nie, “Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus” (1 Thessalonicense 5:9).

Soos die geboortepyne toeneem, beteken dit iets heerliks vir Christus se bruid! Dit is een krisis nader aan die huis! Dit is hulle aftelling na verwoesting; dit is ons aftelling na heerlikheid! Dit is hulle afspraak met toorn; dit is ons afspraak met opstanding! Hulle sal ween en hulle tande kners; ons sal juig en jubel van blydskap! Diegene wat die kinders van hierdie groot duisternis is, hierdie nag van verwoesting, is dronk en aan die slaap: “Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk” (1 Thessalonicense 5:7). “Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees...” (1 Thessalonicense 5:8). Dit het te doen het enige soort aardse bedwelming. “Om dronk te wees” beteken “om die menselike gees op te wek tot ‘n toon van hoë-koors.” Dit is ‘n kragtige waarskuwing vir ons van die apostel Paulus. Hy het ons gewaarsku om nie opgewonde te raak oor aardse dinge op die vooraand van vernietiging nie – om nie dronk of bedwelm te raak oor enigiets anders as Christus nie!

Ons moet okkupeer totdat Hy kom. Ons moet ywerig wees en goed sorg vir ons huishoudings – en in alles moet ons ons bes doen asof vir Hom. Maar, bo alles, moet ons nugter en waaksaam wees. Die woord “nugter” hier beteken “diskreet, onderskeidend, versigtig.” Met ander woorde, moenie dat enigiets jou hart oorneem nie. Wees waaksaam sodat jy nie te betrokke, te opgewonde, of te behep word met dinge van hierdie lewe nie. “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof...” (1 Petrus 5:8-9).

Pasop! Wees gewaarsku! Jy mag nou dalk die duiwel se wyn van aandag aftrekking drink – die wyn van besigwees. Die Bybel waarsku dat Satan sal poog om te mislei, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes. Ek het dikwels gewonder hoe dit moontlik kon wees. Nie deur owerspel, hoerery, hoogmoed, goddelose gewoontes nie – maar deur iets goeds, iets die moeite werd die hart te laat oorneem – deur te gebruik wat wettig is om die hart se obsessie te word en al ‘n mens se tyd in beslag neem.

Volgens die Skrif, moet God se kinders ernstig smag na hierdie vurige dag van skielike verwoesting. “Maar die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede…Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie” (2 Petrus 3:10-14,17). Ons moet ernstig uitsien na daardie dag van verbranding – omdat hierdie ou sondevervloekte aarde gereining moet word om ons nuwe hemel en aarde, waar Sy geregtigheid woon, te laat kom.

‘n Tyd om in beroering te kom

Dit is nie ‘n tyd om gemaklik te raak in ‘n lewe van gerief nie. Dit is nie ‘n tyd om gemaklik in Sion te wees nie. Ons moet lewe in ‘n opgewekte toestand. “En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie” (Sefánja 1:12). “Dik geword het op hulle afsaksel” beteken onbesorg. “Afsaksel” is ‘n neerslag van wyn wat op die bodem van die vat gaan lê het. Talle Christene wil nie Heilige Gees beroerings hê nie; hulle sit nou terug, is gerus, en laat al die afsaksel in hulle harte gaan lê. Sommige het Times Square Kerk verlaat omdat dit te intens is – daar is te veel beroering van die hart. Die afsaksel [die sediment, drek] hou aan om boontoe te dryf. Hulle het voortgegaan, en vir ‘n plek gesoek waar daar geen roering is nie. Hulle sê, “Ek kan nie die druk, die sterk prediking verdra nie. Te veel ondersoeke van die hart – te veel wat die gewete pla.”

Ek sê vir jou, ‘n ware Heilige Gees kerk sal die lantern van God wees, soekend deur die stad, en dit baie ongemaklik maak vir diegene wat afgesak het. God se Woord noem dit “leeggemaak van vat tot vat” in Jeremia 48:11. “Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.” Hierdie mense het geweier om betrokke te raak. Hulle het verkies om stil, vredevolle, en ongestoorde voorspoed te hê – hulle het geweier om ondersoek te word, veroordeel te word of in beroering gebring te word.

As ek geweet het hoe naby ons is aan ons Here se wederkoms – hoe naby aan vurige oordele, sou ons God moes dank vir Sy beroerings in ons. Ons sou uitgestort gewees het in elke byeenkoms, en ontslae raak van die drek. Ons sou God dank vir bedienaars van die Evangelie wat aanhou om ons aan te spoor om te wandel in geregtigheid en wie ons siele oorstroom met die oortuigende, deurdringende Woord van waarheid. Op die Oordeelsdag, sal ons ewig dankbaar wees vir God dat ons opgewek was deur die basuin boodskappe wat ons tot bekering en die ware vrees van God gebring het.

Jesus Christus lê die byl teen elke wortel wat jou vasbind aan hierdie aarde. “Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome” (Lukas 3:9). Dit was ‘n kragtige profetiese woord deur Johannes die Doper. Hy het gesien die verwoesting van Jerusalem is naby. Israel se dae was getel – God sou hulle afsny! Maar, dit is ook ‘n beeld van laaste dae Christen wat wortels optrek.

My tasse is gepak! Ek is gereed; ek gaan Jesus van aangesig tot aangesig sien. Ek word gespeen van hierdie wêreld. Dit is ‘n alledaagse stryd om mammon in hierdie materialistiese samelewing te weerstaan, maar alles van hierdie wêreld moet vir ons soos drek word. Paulus was so reg.

Hoe wonderlik om te weet ons hoef nie die verskriklike dae van toorn en grimmigheid wat naby is te vrees nie. Lewe of dood, ons is die Here s’n. Skielike verwoesting kom sekerlik oor die goddeloses; maar skielike glorie wag vir die oorwinnaars.

Daar is nie tyd om te flankeer met een of ander boesemsonde nie. Dit is nie tyd om ure voor die TV te sit, en kosbare ure te mors wat deurgebring behoort te word in gebed en toewyding nie.

Die basuin van God blaas – hard en duidelik. Ons is sonder verskoning, en ons sal binnekort verskrik word deur die vinnige, onheilspellende losbreek van verskrikking, rampe en probleme – wêreldwyd. Diegene wat die Here ken en wandel in Sy geregtigheid sal nie bang wees nie. Hulle sal op die voorste linies van die geestelike strydveld wees – terwyl hulle al die owerhede en magte van duisternis deur voorbidding oorwin.

Ons beter dit glo en dit in ons harte voorberei – VERANDERINGE KOM – ONTSAGLIKE VERANDERINGE. Skielik en verwoestend! Maar ook, in ‘n oogwink – sal God se kinders verander word – van verganklik tot onverganklik.