RADIKALE, ONTWRIGTENDE GEBED

Gary Wilkerson

In die Bergpredikasie (Lukas 6:20-22), gee Jesus ‘n lys eienskappe of aktiwiteite waarvoor ‘n mens geseën sal wees. Hy praat van diegene wat sagmoedig is, diegene wat arm van gees en diegene wat vredemakers is. Die lys het bekend geword as “die saligsprekinge.” Die saligsprekinge het egter nie ingesluit, “Geseënd is die ontwrigters, want hulle sal nie magteloos gemaak word nie.”

Om “ontwrigtend” te wees, is ‘n gesindheid wat Jesus ons aanmoedig om te hê en een wat Hy self uitgeleef het; Hy was nie net sagmoedig nie, maar Hy was radikaal en wild. Op meer as een geleentheid, was Jesus ontwrigtend vir die norme van die godsdienstiges. Hy was ook ontwrigtend vir die koninkryk van die duisternis.

Jesus se kragtige gebedslewe was voortdurend ‘n effektiewe doring in die vlees van die bose. Toe Hy gebid het, het koninkryke verskuif, magte van duisternis het gevlug en ‘n ontsaglike werk van God was vrygestel op die aarde. Hy was selfs ontwrigtend vir die wat gekies het om Hom te volg en het heeltyd inbreuk gemaak op hulle gemaksones. Toe hulle gebrek getoon het aan hierdie ontwrigtende gees, het Hy gekom en hulle bewus gemaak vir hulle behoefte vir waaksame, aggressiewe gebed en vir hulle gevra, “Kon julle nie eens een uur lank in gebed stry nie?” Hy het hulle wêreld ontwrig en onderstebo gekeer.

Daar is tye in ons lewe wanneer die stryd wat ons beleef, die take wat ons moet verrig, en die sendings wat aan ons toevertrou is, iets meer nodig het as ontspanne, gemaklike gebed. Gemak en rustigheid in die lieflike uur van gebed mag reg wees vir oggendstiltetyd, maar wanneer ‘n heilige sending aan ons toevertrou is en dit lyk of dit heeltemal verhinder word deur die vyand, word ons ware hoop gevind in radikale, ontwrigtende gebed. Eerder as een lieflike uur van gebed, het ons dikwels ure van gebed nodig.

Talle Christene is so verlam dat mense na hulle lewens kyk en niks atipies of eienaardig aan hulle sien nie. Maar ons is geroep om ‘n eienaardige volk te wees en wanneer ons ontwrigtend is vir die koninkryk van God, sal ons inderdaad eienaardig voorkom.