Proklamasies van Dae van Danksegging, Vas en Gebed

Burgeroorlog 1861-1864
David Wilkerson

Proklamasie van ‘n Nasionale Vasdag. Augustus 12, 1861.

Aangesien ‘n gesamentlike komitee van beide huise van die Kongres op die President van die Verenigde State gewag het en hom versoek het om “’n dag van openbare gebed, vernedering en vas aan te beveel om waargeneem te word deur die mense van die Verenigde State by godsdienstige plegtighede, en die opstuur van vurige smekinge tot Almagtige God vir die veiligheid en welvaart van hierdie State, sy seëninge op hulle wapens en ‘n spoedige herstel van vrede”:

En aangesien dit gepas en betaamlik is vir alle mense, te alle tye, om die oppergesag van God te erken en te eerbiedig; om in nederige onderdaningheid voor sy tugtiging te buig; om hulle sondes en oortredinge te bely en te berou, met die volle oortuiging dat die vrees van die Here die begin van wysheid is; en om te bid met alle vurigheid en boetvaardigheid vir die vergifnis van hulle vorlige oortredings, en vir seën op hulle huidige en voornemende aksie:

En aangesien ons geliefde land, eens, deur die seën van God, verenig, voorspoedig, en gelukkig was, en nou geteister word deur partyskap en burgeroorlog, is dit besonder gepas vir ons om die hand van God te erken in hierdie verskriklike besoeking, en in die berouvolle herinnering van ons eie foute en misdade as ‘n nasie en as individue, om ons voor Hom te verneder en te bid vir Sy barmhartigheid – om te bid dat ons verdere straf gespaar mag word, hoewel on dit mees regverdig verdien; dat ons wapens geseën sal wees en effektief gemaak sal word vir die herstel van wet, orde en vrede dwarsdeur die wye uitgestrektheid van ons land; en dat die onskatbare seën van burgerlike en godsdienstige vryheid, verdien onder sy leiding en seën deur die arbeid en lyding van ons vaders, herstel mag word in al sy voormalige voortreflikheid:

Daarom, bepaal ek, Abraham Lincoln, President van die Verenigde State, die laaste Donderdag in aanstaande September as ‘n dag van vernedering, gebed, en vas vir al die mense van die nasie. En ek beveel plegtig aan, dat alle mense en veral alle bedienaars en leraars van godsdiens, van alle denominasies, en alle hoofde van families, om daardie dag te onderhou en te bewaar, volgens hulle verskeie gelowe en gebruike van aanbidding, met alle nederigheid en met alle godsdienstige plegtigheid, ten einde die verenigde gebed van die nasie kan opstyg na die troon van Genade, en die oorvloedige seëninge te laat neerdaal oor ons land.

Ten getuie, ens.

Abraham Lincoln.

Deur die President:

William H. Seward, Staatsekretaris.

 

Proklamasie van ‘n Nasionale Vasdag. Maart 30, 1863

Aangesien die Senaat van die Verenigde State, die oppergesag en regverdige heerskappy van Almagtige God in al die sake van mense en van nasies plegtig erken, het die Senaat deur ‘n resolusie die President versoek om ‘n dag aan te wys en af te sonder vir nasionale gebed en vernedering:

En aangesien, dit die plig van nasies, so wel as mense is, om hulle afhanklikheid van die oorheersende mag van God te erken; om hulle sondes en oortredinge te bely in nederige berou, maar met ‘n versekerde hoop dat ware bekering sal lei tot genade en vergifnis; en om hierdie verhewe waarheid te erken wat verkondig word in die Heilige Skrifte en bewys word deur die hele geskiedenis, dat slegs daardie nasies geseënd is wie se God die Here is;

En sover ons weet dat deur Sy goddelike wet, nasies, net soos individue, onderwerp word aan bestraffing en tugtiging in hierdie wêreld, mag ons nie regverdig vrees dat die verskriklike ramp van burgeroorlog wat nou die land vernietig, ‘n straf op ons opgelê is vir ons aanmatigende sondes, tot die noodsaaklike einde van ons nasionale hervorming as ‘n hele volk nie? Ons is die ontvangers van die beste oorvloed van die Hemel. Ons is bewaar hierdie baie jare, in vrede en voorspoed. Ons het gegroei in getalle, rykdom, en mag soos geen ander nasie al ooit gegroei het nie; maar ons het God vergeet. Ons het die goedwillige hand vergeet wat ons in vrede bewaar het en ons vermeerder en verryk en versterk het; en ons het ons ydelik verbeel in die bedrieglikheid van ons harte, dat al hierdie seëninge veroorsaak is deur een of ander meerderwaardige wysheid en bekwaamheid van ons eie. Dronk van ononderbroke sukses, het ons te selfgenoegsaam geword om die noodsaaklikheid te voel van verlossende en bewarende genade, te trots om te bid tot die God wat ons gemaak het.

Dit betaam ons, dan, om ons voor die beledigde Mag te verneder, om ons nasionale sondes te bely, en om te bid om genade en vergifnis:

Nou, daarom in onderworpenheid aan die versoek en in volle ooreenstemming met die uitkyk van die Senaat, doen ek hiermee my proklamasie en word Donderdag, die 30ste dag van April, 1863, aangewys en afgesonder as ‘n dag van nasionale vernedering, vas en gebed. En hiermee versoek ek al die mense om hulle te onttrek van gebruiklike sekulêre belange en om te verenig by hulle onderskeie plekke van openbare aanbidding en hulle onderskeie huise om die dag heilig aan die Here te onderhou, toegewyd aan die nederige vervulling van die godsdienstige pligte waardig daardie plegtige geleentheid. Terwyl dit alles in opregtheid en waarheid gedoen word, laat ons dan nederig rus in die hoop gemagtig deur die goddelike leerstellinge, dat die verenigde uitroep van die nasie gehoor sal word in die hoogte, en verhoor sal word met seëninge, nie minder nie as die vergifnis van ons nasionale sondes, en die herstel van ons nou verdeelde en lydende land na sy voormalige gelukkige toestand van eenheid en vrede.

Ten getuie, ens.

Abraham Lincoln.

William H. Seward, Staatsekretaris.

 

Proklamasie vir ‘n Dag van Gebed. Julie 7, 1864. Die President van die Verenigde State van Amerika. ‘n Proklamasie.

Sover die Senaat en Huis van Verteenwoordigers, by hulle laaste sitting, ‘n gesamentlike resolusie aangeneem het, wat goedgekeur is op die tweede dag van Julie deser, en wat in die daaropvolgende woorde bestaan, naamlik:

Dat die President van die Verenigde State versoek word om ‘n dag van vernedering en gebed aan te wys vir die mense van die Verenigde State; dat hy sy konstitusionele raadgewers by die hoof van die uitvoerende departemente versoek om saam met hom te verenig as hoofmagistraat van die nasie, in die stad van Washington, en die lede van die Kongres, en alle magistrate, alle openbare, militêre, en vlootoffisiere, alle soldate, matrose, en seelui, met alle lojale en wetsgehoorsame mense, om bymekaar te kom by hulle gebruiklike plekke van aanbidding, of waar hulle ook al mag wees, om te bely en hulle te bekeer van hulle menigvuldige sondes om die medelye en vergifnis van die Almagtige af te smeek, dat, in ooreenstemming met sy wil, die bestaande rebellie spoedig onderdruk mag word, en die heerskappy van die Konstitusie en wette van die Verenigde State gevestig kan word dwarsdeur al die State; om Hom, as die opperheerser van die wêreld, te smeek om ons nie as ‘n volk te vernietig nie, en ook nie dat ons vernietig word deur die vyandigheid of die sameswering van ander nasies, of deur hardnekkige verbintenisse van ons eie rade wat in konflik mag wees met sy ewige planne nie, en om Hom te smeek om die gedagtes van die nasie te verlig om sy wil te ken en te doen, met die nederige geloof dat dit in ooreenstemming is met sy wil dat ons plek behou sal word as ‘n verenigde volk onder die familie van nasies; om Hom te smeek om aan ons gewapende verdedigingsmagte en die massas van die mense daardie moed, krag van weerstand, en lydsaamheid nodig sal skenk om daardie resultaat te verseker; om Hom in sy oneindige goedheid te smeek om die harte te versag, die verstand te verlig en die gewetens op te wek van diegene in rebellie, dat hulle hul wapens sal neerlê en spoedig sal terugkeer na hulle verbintenis met die Verenigde State, dat hulle nie heeltemal vernietig sal word nie, dat die vergieting van bloed mag ophou, en dat eenheid en broederskap herstel kan word en vrede gevestig kan word binne al ons grense:

Daarom, bepaal ek, Abraham Lincoln, President van die Verenigde State, in hartlike ooreenstemming met die Kongres van die Verenigde State insake die boetvaardige en vroom sentimente uitgedruk in die voorafgaande resolusies, en heelhartige goedkeuring van die gewyde ontwerp en doeleindes daarvan, dat die eerste Donderdag van aanstaande Augustus waargeneem word deur die mense van die Verenigde State as ‘n dag van nasionale vernedering en gebed.

Verder nooi en versoek ek hiermee die hoofde van die uitvoerende departemente van hierdie regering saam met al die wetgewers, alle regters en landdroste, en alle ander persone wat gesag uitvoer in die land, hetsy dit burgerlik, militêr of vloot is, en alle soldate, seelui en mariniers in die nasionale diens, en al die lojale en wetsgehoorsame mense van die Verenigde State, om in hulle voorste plekke van openbare aanbidding op daardie dag, om daar en dan aan die Almagtige en genadige Heerser van die heelal soveel hulde te bewys, en Hom soveel belydenis te bied, en Hom soveel smekinge te bied, soos wat die Kongres van die Verenigde State in hulle voorgenoemde resolusie, so plegtig, so ernstig, en so eerbiedig aanbeveel het.

Ten getuie, ens.

Abraham Lincoln.

Deur die President:

William H. Seward, Staatsekretaris.

 

Proklamasie Aanbeveling Danksegging vir Oorwinnings. April 10, 1862. Deur die President van die Verenigde State van Amerika. ‘n Proklamasie.

Dit het die Almagtige God behaag om seinoorwinnings te vergun aan die land- en vlootmagte wat aangewend word om die interne rebellie te onderdruk, en op dieselfde tyd ons land te bewaar van die gevare van buitelandse ingryping en inval:

Dit word daarom aanbeveel dat die mense van die Verenigde State by hulle volgende weeklikse samekomste in hulle gebruiklike plekke van openbare aanbidding, wat sal plaasvind na die kennisgewing van hierdie proklamasies ontvang is, hulle ons Hemelse Vader in besonder sal erken en danksegging sal bied vir hierdie onskatbare seëninge; dat hulle daar en dan geestelike vertroosting sal afsmeek om die onthalwe van almal wat in verdrukking gebring is deur die verlies en ellende van opstand en burgeroorlog; en dat hulle eerbiedig die goddelike leiding sal afsmeek vir ons nasionale rade, ten einde dat hulle spoedig die herstel van vrede, harmonie, en eenheid binne al ons grense sal veroorsaak, en die vestiging van onderlinge verhoudings met al die lande op die aarde sal verhaas.

Ten getuie, ens.

Abraham Lincoln.

Deur die President:

William H. Seward, Staatsekretaris.

 

Proklamasie van Danksegging. July 15, 1863.

 

Dit het die Almagtige God behaag om te luister na die smekinge en gebede van ‘n geteisterde volk, en om oorwinnings op land en op see te vergun aan die leër en vloot van die Verenigde State, so tekenend en so effektief dat redelike gronde vir die vermeerderde vertroue verleen is, dat die unie van hierdie State gehandhaaf sal word, hulle Konstitusie bewaar, en hulle vrede en voorspoed permanent herstel sal word. Maar hierdie oorwinnings het nie saamgegaan sonder die opoffering van lewe, ledemaat, gesondheid, en vryheid, ondergaan deur dapper, lojale en patriotiese burgers nie. Binnelandse verdrukking in elke deel van die land volg op die trein van hierdie vreeslike sterfgevalle. Dit is gepas en reg om hul teenwoordigheid te erken en te bely voor die Almagtige Vader, en die mag van Sy hand tegelyk in hierdie oorwinnings en in hierdie smarte.

Nou, daarom, laat dit bekend wees dat ek Donderdag, die 6de dag van aanstaande Augustus afsonder om waargeneem te word as ‘n dag vir nasionale danksegging, lofprysing, en gebed, en ek nooi die mense van die Verenigde State uit om op hierdie geleentheid byeen te kom in hulle gebruiklike plekke van aanbidding, en in die vorms goedgekeur deur hulle eie gewetens, en die hulde verskuldig te bewys aan die Goddelike Majesteit vir die wonderlike dinge wat Hy om die nasie se onthalwe gedoen het, en die invloed van Sy Heilige Gees in te roep om die woede wat veroorsaak is en so lank ‘n onnodige en wrede rebellie onderhou het, te temper, om die harte van die opstandiges te verander, om die rade van die regering te lei met wysheid genoegsaam vir so ‘n groot nasionale noodtoestand, en om met liefdevolle sorg en vertroosting dwarsdeur die lengte en breedte van ons land al diegene te besoek wat deur die wisselvallighede van opmarse, reise, gevegte en invalle sover gebring was om te ly in verstand, liggaam, of eiendom, en laastens om die hele nasie terug te lei op die paaie van bekering en onderwerping aan die Goddelike Wil na die volmaakte genot van eenheid en broederlike vrede.

Ten getuie, ens.

Abraham Lincoln.

Deur die President:

William H. Seward, Staatsekretaris.

 

Proklamasie van Danksegging. Oktober 3, 1863.

Die jaar wat sy einde nader, was gevul met die seëninge van vrugbare lande en heilsame hemele. Aan hierdie oorvloed wat so konstant geniet word dat ons geneig is om die bron waarvandaan dit kom te vergeet, is andere bygevoeg, wat van so ‘n buitengewone aard is dat dit nie kan misluk nie om die hart deur te dring en te versag wat uit gewoonte onsensitief is vir die ewige waaksame voorsiening van die almagtige God.

Te midde van ‘n burgeroorlog van ongeëwenaarde grootte en hewigheid, wat soms vir buitelandse state lyk of dit hulle aggressies uitnooi en uitlok, is vrede bewaar met alle nasies, orde is gehandhaaf, die wette is eerbiedig en gehoorsaam, en harmonie het oral oorwin, behalwe in die teater van militêre konflik; terwyl daardie teater grootliks verklein is deur die oprukkende leërs en vlootmagte van die Unie.

Noodsaaklike oordrag van rykdom en sterkte van die velde van vredevolle industrie na die nasionale verdediging het nie die ploeg, die rytuig, of die skip gekeer nie; die byl het die grense van ons nedersettings vergroot, en die myne, van sowel yster en steenkool, en die edelmetale, het selfs meer oorvloedige opbrengste gebring as vantevore. Bevolking het bestendig toegeneem, ongeag die verliese wat plaasgevind het in die laer, die beleg, en die slagveld; en die land, jubelend in die bewustheid van vermeerderde sterkte en krag, word toegelaat om die voortsetting te verwag van jare met groot toename in vryheid.

Geen menslike raad of sterflike hand het hierdie groot dinge uitgedink of bewerkstellig nie. Dit is genadige gawes van die Allerhoogste God, wat hoewel Hy met ons afgereken het oor ons sondes, nietemin barmhartigheid onthou het.

Dit blyk vir my gepas en geskik dat dit plegtig, eerbiedig en dankbaar met een hart en een stem vereer word deur die hele Amerikaanse volk. Daarom nooi ek my medeburgers in elke deel van die Verenigde State, en ook diegene wat op die see is en diegene wat in die buiteland vertoef, om die laaste Donderdag van aanstaande November te onderhou as ‘n dag van danksegging en lofprysing aan ons welgevallige Vader wat in die hemele woon. En ek beveel hulle aan dat, terwyl die toeskrywings Hom geregtig is vir sulke buitengewone verlossings en seëninge, hulle ook met nederige berou oor ons nasionale verdorwenheid en ongehoorsaamheid, ook aan sy liefdevolle sorg sal opdra, diegene wat weduwee’s, wese, roubeklaers, of slagoffers in die beklaenswaardige burgerlike twis geword het waarin ons onvermydelik betrokke geraak het, en vurig smeek vir die ingryping van die almagtige hand om die wonde van die nasie te genees, en dit te herstel, so gou as wat dit in ooreenstemming is met die Goddelike doeleindes, tot volle genot van vrede, harmonie, rus, en eenheid.

Ten getuie, ens.

A. Lincoln

Deur die President:

William H. Seward, Staatsekretaris.

 

Aanbeveling van Danksegging. Mei 9, 1864

Aan die Vriende van Eenheid en Vryheid: Genoeg is bekend oor weermagoperasies binne die laaste vyf dae om aanspraak te maak op spesiale danksegging aan God, terwyl dit wat ongedaan bly, ons mees opregte gebede tot, en vertroue vereis op Hom sonder wie alle menslike pogings verniet is. Ek beveel aan dat alle patriote, by hulle huise, in hulle plekke van openbare aanbidding, en waar hulle ook al mag wees, om te verenig in gesamentlike danksegging en gebed aan almagtige God.

Abraham Lincoln.

 

Proklamasie van Dankseging. Septemer 3, 1864.

Die seinsukses wat goddelike Voorsienigheid onlangs vergun het aan die Verenigde State se vloot en leër in die hawe van Mobile, en die verowering van Fort Powell, Fort Gaines, en Fort Morgan, en die heerlike prestasies van die leër onder Majoor-Generaal Sherman, in die Staat Georgië, wat gelei het tot die inneming van die stad van Atlanta, vra vir gewyde erkenning aan die Opperwese in wie se hande die bestemmings van die nasies lê. Dit word daarom versoek dat aanstaande Sondag, in alle plekke van aanbidding in die Verenigde State, danksegging gebied word aan Hom vir Sy barmhartigheid om ons nasionale bestaan te bewaar teen die opstandige rebelle wat ‘n wrede oorlog teen die Regering van die Verenigde State voer vir sy omverwerping; en ook dat gebid sal word vir goddelike beskerming vir ons dapper soldate en hulle leiers in die slagveld, wat so dikwels en so dapper hulle lewens in gevaar stel deur oorlog te voer met die vyand; en vir seëninge en vertroostinge van die Vader van barmhartighede aan die siekes, gewondes, en gevangenes, en aan die wese en weduwee’s van diegene wat gesterf het in diens van hulle land, en dat Hy sal aanhou om die Regering van die Verenigde State te verdedig teen al die pogings van openlike en verborge vyande.

Abraham Lincoln.

 

Proklamasie van Danksegging. Oktober 20, 1864.

Dit het die almagtige God behaag om ons nasionale lewe nog ‘n jaar te verleng, en ons te verdedig met sy leidende sorg teen onvriendelike planne van die buiteland, en ons in sy genade te vergun, vele en seinoorwinnings oor die vyand, wat uit ons eie huishouding kom. Dit het ook ons hemelse Vader behaag om beide ons burgers in hulle huise en ons soldate in ons laers, en ons matrose op die riviere en seë, met buitengewone gesondheid te begenadig. Hy het grootliks ons vrye bevolking vergroot deur bevryding en deur immigrasie, terwyl Hy nuwe bronne van rykdom oopgemaak het, en die arbeid van ons werkende mans in elke afdeling van die industrie met oorvloedige belonings bekroon het. Verder, het dit Hom behaag om ons verstand en harte te besiel en te inspireer met vasberadenheid, dapperheid, en vasbeslotenheid, genoegsaam vir die groot beproewing van burgeroorlog waarin ons gebring is deur ons steun as ‘n nasie aan die saak van vryheid en menslikheid, en om ons redelike hoop van ‘n uiteindelike en gelukkige verlossing van al ons gevare en verdrukkings te besorg.

Nou, daarom wys ek, Abraham Lincoln, President van die Verenigde State, hiermee die laaste Donderdag van aanstaande November aan en sonder dit af as ‘n dag wat ek begeer om onderhou te word deur al my medeburgers, waar hulle ook al mag wees, as ‘n dag van danksegging en lofprysing aan almagtige God, die weldadige Skepper en Heerser van die heelal. En verder beveel ek ook my vooraf genoemde medeburgers aan om op daardie geleentheid hulleself met eerbied te verneder tot in die grond, en daarvandaan berouvolle en vurige gebede en smekinge te rig aan die groot Beskikker van gebeurtenisse vir die terugkeer van die onskatbare seëninge van vrede, eenheid, en harmonie dwarsdeur die land wat Hom behaag het om te bepaal as ‘n woonplek vir ons en vir ons nageslag dwarsdeur alle geslagte.

Ten getuie, ens.

Abraham Lincoln.

Deur die President:

William H. Seward, Staatsekretaris.