Ons het Meer Oproermakers Nodig in die Kerk

David Wilkerson

Ons het meer oproermakers nodig in die kerk! Ek bid dat elke lid van die liggaam van Christus ‘n oproermaker sal word! Ons het ‘n leër van oproermakers nodig wat so vol van die Heilige Gees geword het, dat hulle oproer sal veroorsaak in New York Stad en in elke ander stad in die wêreld; en hulle goddelose instellings sal ontstel – die dooie gevestigde dooie kerke sal uitdaag – en die leiers, die burgermeesters, die stadsrade, die gemeenskapsleiers sal verontrus! Met ander woorde, ons het Heilige Gees oproermakers nodig wat in die Gees beweeg en die koningskap van Christus so effektief verkondig, dat hele stede aangeraak word!

Paulus en Silas was twee van die wêreld se grootste oproermakers! Die Bybel praat van “manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus” (Handelinge 15:26). Paulus, Barnabas, Silas, en Timótheüs was sulke manne, wat in die krag van die Gees gewandel het. Soos gesien word in Handelinge 16, toe die Heilige Gees hulle verbied het om die Woord in Asië te verkondig, was hulle gehoorsaam. Toe hulle probeer het om na Bitinië te gaan, wou die Gees hulle nie toelaat nie, en het hulle liewer na Troas gegaan, onder die Gees se leiding. Paulus het ‘n visie gehad van ‘n man wat hulle na Macedonië geroep het, sodat hulle dadelik vertrek het na Filippi, die hoofstad van Macedonië. Toe hulle daar aangekom het, het ‘n fortuinvertelster hulle agtervolg en geskreeu, “...Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing” (Handelinge 16:17). Nadat hulle dit vir baie dae verduur het, het Paulus omgedraai en “vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan” (Handelinge 16:18). Skielik was die hele stad in oproer: hierdie fortuinvertelster was waarskynlik ‘n groot toeriste aantreklikheid, maar nou was sy genees en het die Here geprys!

Paulus het die status quo ontstel. Hy het die duiwel, wat sy wil gehad het vir jare, uitgedaag. Die slawe-eienaars van die verloste vrou het Paulus en Silas tot in die markplein gesleep om voor die owerhede tereg te staan. Die beskuldiging was, “...Hierdie manne bring ons stad in opskudding...” (Handelinge 16:20). “En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het hulle klere laat afskeur en bevel gegee om hulle met stokke te slaan. En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp...en hulle voete in die blokke vasgemaak” (Handelinge 16:22-24). Dit het gelyk asof Satan oorwin het. Die nuwe bekeerlinge moes stomgeslaan gewees het!

Maar al die krag van God is met Heilige Gees oproermakers! “En omtrent middernag het Paulus in Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing...En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak” (Handelinge 16:25-26). Die tronkbewaarder het, toe hy sien wat gebeur het, gesê, “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” (Handelinge 16:30). Daardie stadsamptenare en godsdienstige leiers het bed toe gegaan met die gedagte, “Ons het dit reggekry! Dit is die laaste wat ons sal hoor van daardie uitvaagsel oproermakers. Ons het hulle werklik stil en bang gemaak!” Maar wat ‘n beroering die volgende dag! Ek kan my verbeel die sersante aan die deure van die burgermeesters, stadsraadslede, en die godsdienstige leiers klop en vir hulle sê, “Gou! Kom stadsaal toe – ons het ‘n groot probleem!” In ‘n toestand van skok het die amptenare waarskynlik gereageer, “Wat? ‘n Aardbewing? Die tronkdeure het oopgegaan? Hulle boeie het afgeval? Hulle het nie eens probeer vlug nie? Die tronkbewaarder het gelowig geword? Hulle is Romeine?!?” Hulle was regtig bang. Dit was ‘n misdaad om Romeinse burgers (Paul en Silas was beide Romeine) te slaan. “Wat bedoel julle hulle wil nie uit die tronk gaan nie? Hulle eis was? Vir ons om af te kom en verskoning te vra en hulle uit die tronk te begelei?” “Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en hulle uitgelei met die versoek om uit die stad te vertrek” (Handelinge 16:39).

Ek is mal daaroor! Hier was hulle in aksie, sonder om te spog met hulle geestelike gesag, maar bloot as ambassadeurs van Konings Jesus. Terwyl hulle gesien het hoe Christus se krag bespot word, wou Paulus en Silas hê dat daardie klein gebedsgroepie langs die rivier, sien hoe God Sy mag openbaar aan diegene wat opstaan teen die magte van die hel. Hulle het direk na die huis van Lidia gegaan – en wat ‘n byeenkoms moes hulle gehad het! Ek sou dink Paulus het daardie huisgroepie vertel, “Sien! Die duiwel kan woed, die magte wat bestaan kan dreig – maar God het al die mag! God sal by jou staan as jy ‘n standpunt inneem!”

Ek preek baie oor gebed en ek glo in die effektiewe, vurige gebed van die regverdige. Maar afgesonderde gebed, gebed deur twee of drie, of selfs in ‘n groot gebedsbyeenkoms alleen, sal nie die stad sal in beroering bring nie! Elia was ‘n man van kragtige gebed, maar dit was meer as sy gebede wat Agab se koninkryk geskud het en Isébel woedend gemaak het: Hy het die valse profete na Berg Karmel ontbied en hulle uitgedaag. Isébel het God se profete doodgemaak, Israel afvallig gemaak en gelei in die verskriklike afgodery van Baäl aanbidding – en niemand het haar teëgestaan nie! Seweduisend gelowiges het nie die knie gebuig nie, maar hulle was stil, onbekend en bang. So het Elia, die oproermaker, opgedaag! Agab het hom die “beroerder van Israel” genoem (1 Konings 18:17). Elia het by die Spruit Kison beland met ‘n swaard in sy hand, waarmee hy honderde Baälprofete doodgeslaan het “in die Naam van Jehova.”

Elia was nie ‘n gawe heer met die duiwel en sy klomp nie. Terwyl hulle “rondgespring [het] by die altaar...het Elia met hulle gespot” (1 Konings 18:26-27). Die hedendaagse kerk van is angsbevange voor die magte van die duisternis as gevolg van ‘n gebrek aan heiligheid, want die Skrif sê vir ons, “...die regverdiges voel hulle veilig soos ‘n jong leeu” (Spreuke 28:1). Sommige sal sê, “Maar Jesus was sagmoedig – Hy het nooit Sy mond oopgemaak of hulle weerstaan toe hulle Hom geneem het om gekruisig te word nie!” Maar dit was omdat die uur van duisternis gekom het, die uur waarin Hy in die hande van die vyand oorgegee sou word. Hy was nie stil in die tempel toe Hy die geldwisselaars uitgedryf het nie. Hy was nie stil toe Hy godsdienstige leiers slange – blinde leiers – witgepleisterde grafte – addergeslag genoem het nie (sien Matthéüs 23). Hy het met vrymoedigheid aan sommige gesê dat Satan hulle vader was!

Vandag is talle kerke vol stil, waardige heer diplomate, wat nie golwe wil maak nie! Niemand wil moeilikheid hê nie! Daarom bly die duiwels se koninkryk onbetwis. Ons het meer as genoeg glimlaggende, bang Christene! Ons het die woede van ‘n man gehoor wat vir my gesê het, “Laat ek en jy ‘n weddenskap aangaan – enige hoeveelheid geld! Julle mense in die kerk kan niks keer nie! Julle sal ‘n bietjie publisiteit kry, maar niks verander ooit nie. Julle kan niks stopsit nie! Julle is magteloos in hierdie liga!” Hy het gepraat van aborsie en ek kon die bespotting van Satan in sy stem hoor. Dit was ‘n uitdaging! Dit was asof hy vir alle Christene sê, “Julle is geestelike papperds. Julle sal nie hou nie – julle sal opgee wanneer teëstand kom. Julle sal wegvlug agter julle veilige mure en wegkruip!”

Laat my vir jou wys hoe en waar die apostoliese mense van God die magte van die duisternis uitgedaag het – die gebiede waar ons ook moet optree.

Paulus en Silas het ‘n ‘n dooie, besoedelde godsdienstige stelsel uitgedaag!

“Toe het hulle...in Thessalonika gekom, waar ‘n sinagoge van die Jode was. En volgens sy gewoonte Paulus na hulle gegaan en...met hulle gespreek uit die Skrifte en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus” (Handelinge 17:1-3). Die sinagoge in Thessalonika het waarskynlik jarelank stille byeenkomste gehou, onverhinder. Hulle het ywerig die Skrif onderrig en in uiterlike voorkoms het hulle baie heilig gelyk.

Toe het Paulus, die oproermaker, op die toneel verskyn het en binne drie weke vandat hy die koningskap van Jesus verkondig het, het hy daardie hele gebied van Thessalonika in beroering gebring! Hy het uit ondervinding geweet dat slegs ‘n paar toegewydes sou luister na Christus se veeleisende woord, dat die meeste nie hulle hardedop godsdienstige tradisies sou prysgee nie. Hy het ook geweet hulle sou gevul wees met afguns en haat teenoor enigiets wat hulle manier van dinge doen sou ontwrig. Paulus het verklaar dat die verkondiging van hierdie evangelie stryd veroorsaak het: “...het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd” (1 Thessalonicense 2:2). Die New American Standard Bybel sê, “onder veel teëstand.”

Wat het die stryd veroorsaak, die gewelddadige teëstand? Paulus en Silas was nie luid of uitdagend nie – hulle het kerke nie besteel nie? Later, in ‘n brief aan diegene in Thessalonika wat verder gegaan het met die Here, het Paulus geskryf, “Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie...nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef. Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie...Maar ons was vriendelik onder julle soos ‘n pleegmoeder haar kinders koester...was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het” (1 Thessalonicense 2:3-8). Hierdie godsdienstige mense wat vir jare so stemmig en God-liefhebbend opgetree het, was nou woedend. Hulle het ‘n woedende bende geword, die huis van Jason aangeval en die mense en heersers van die stad ontstel (sien Handelinge 17.) Die oorsaak van al hierdie stryd, was een onwrikbare woord: “Dat daar ‘n ander koning is, naamlik Jesus” (Handelinge 17:7).

Paulus se prediking oor die heerskappy van Jesus was nie soos wat ons vandag oor daardie onderwerp hoor nie! Dit was nie ‘n rasieleier se leuse of emosionele bohaai nie. Ek glo Paulus het vir ure voor daardie godsdienstige Jode gestaan en die volle prys wat dit sou kos om Jesus te dien, neergelê. Hy het die aflê van alle afgode en die opgee van die plesiere van sonde verkondig. Hy het selfverloëning en lyding vir Christus se heerlikheid verkondig, selfs tot martelaarskap. Sy boodskap van Christus se koningskap het ingesluit ‘n waarskuwing om nie langer gelei te word deur mense wat van ander handelsware maak nie; maar liewer om ‘n lewe van heiligheid en afsondering van alle verskynings van boosheid te leef en geen gemeenskap met goddelose mense te hê nie.

Ek ken Christene wat absoluut mal is oor hulle herder en kerk, selfs waar dit verseker bekend is dat daar hoogmoed, dominering van geeste, manipulering en vlees is. Maar hulle sê, “Ons hoor die regte boodskap. Ons hoor oor heiligheid, oor die heerskappy van Jesus! Sonde word nie goedgepraat in ons kerk nie! As dit so is, waarom word dieselfde bedienaars en gemeentes so kwaad en vyandiggesind teenoor ander wat die ware prys van Christus koning maak in hulle lewens begin verkondig? Waarom is daar soveel teëstand teenoor gelowiges wat getrou die Here se onwrikbare gebooie uitoefen?

“Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom” (Handelinge 17:6). Wie se wêreld word in opstand gebring? Dit is daardie godsdienstige wêreld wat die heerskappy van Christus nie ernstig opneem nie. ‘n Bedienaar se vrou hier in New York Stad, het vir my gesê, “Times Square Church het omtrent elke charismatiese kerk in die stad ontstel! Jy weet dit nê?” Ek het dit nie geweet nie. Ek weet in elk geval nie of dit waar is nie. Maar as dit is, en as dit is weens arrogansie op hierdie kansel of van mense wat uitgaan en roem daarin dat dit die enigste kerk is wat ware heiligheid verkondig, dan sou ons ernstig dwaal! Maar aan die ander kant, as bedienaars en gemeentes “in opstand gebring” word omdat ons die onwrikbare koningskap van Christus verkondig – as mense hiervandaan weggaan, en meer soos Jesus word, in Sy reinheid wandel – dan is ons die regte soort Heilige Gees oproermakers!

Ek kan jou uit die Woord van God verseker dat niks dooie, inskiklike kerke en predikers meer ontstel as iemand wat in die volheid van Christus beweeg en Paulus se veeleisende evangelie van heiligheid verkondig nie. Dit is ‘n teregwysing! In elke kerk sal jy daardie paar “toegewyde Christene” leer ken, soos Paulus hulle noem. Maar die dag wat jy saam met Paulus sê – “Die dinge van hierdie wêreld is soos drek. Ek het my van afgode bekeer om my Koning te dien. Ek sal nie langer twee here dien nie. Ek het ‘n groot lig gesien en ek het weggekom van die goddeloses, die ongelowiges, die afvalliges, die werkers van ongeregtigheid” – dit is die dag waarop jy gebrandmerk word as ‘n oproermaker! Moet jy ook “na hulle gaan” soos Paulus en die lig wat jy ontvang het deel, om ander uit misleiding uit te trek? Absoluut, ja! Deur foonoproepe, deur besoeke, deur bandopnamers, op allerhande maniere, gaan na hulle, gewillig om selfs jou eie lewe af te lê vir hulle.

“En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan...” (Handelinge 17:10). Weereens het dit gelyk asof Satan die stryd gewen het met die twee van hulle wat in die donker van die nag uit die dorp moes sluip. Stel jou voor die trotse geroem van die mense op die volgende Sabbat: “Wat ‘n herlewing was dit! Ons was hier voor hulle gekom het en ons was hier toe hulle weg is. Mense wil bloot nie daardie soort prediking hier rond hê nie! Laat ons voortgaan met God sonder verdere onderbrekings van hierdie heiligheidsoproermakers!” Maar Paulus en Silas het ook die bekeerlinge se oë van hulleself afgehaal en op Jesus gevestig, sodat hulle die dorp kon verlaat terwyl die liggaam steeds daar gefloreer het. Onder vervolging het die kerk in Thessalonika so sterk in die geloof geword dat hulle ‘n magtige getuie geword het vir die hele Asië – en die blydskap van Paulus se hart!

Paulus het dinge op die markplein omgekrap.

Paulus het dinge by die werk omgekrap deur Jesus die Koning met opstandingskrag te verkondig: “...en elke dag op die mark met die wat hom teëkom...[het] hy die aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig” (Handelinge 17:17-18). As daar enige plek is waar Christene hulle lig meer wegsteek as op enige ander plek, is dit by die werk, in hulle werkplek. Daar is menigtes Christene in hierdie land wat in God se huis sit en hulle intense liefde vir Jesus verklaar, maar wanneer hulle na hul werk toe gaan, is hulle bang en skaam vir Christus! Soos Petrus, sê hulle deur hulle stilte, “Ek ken die man nie!” Hulle vrees om hulle werk te verloor, sowel as om bespot en verwerp te word.

Waarom is daar so ‘n lafhartige stilte oor Jesus by die werk deur Christene wat bid, die Woord verslind, en heilig lewe? Dit is omdat ons harte, in teenstelling met Paulus, nie aangeraak word as ons oral rondom ons ‘n volk sien wat oorgegee is aan afgodery nie. (Sien Handelinge 7:16). Ons durf nie sê, “Maar Paulus was ‘n prediker. Hy was geroep om hierdie werk te doen!” Ons is almal ambassadeurs van Jesus Christus en word beveel om nooit ons lig onder ‘n maatemmer weg te steek nie.

Hierdie Atheners was presies soos die mense saam met wie jy deesdae werk, hulle het “vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie...in elke opsig baie godsdienstig” (Handelinge 17:21-22). Talle Christene was mislei om te glo dat die President ‘n wedergebore gelowige in Christus was, terwyl hy en sy vrou sterre gevolg het! Dit is nou duidelik dat diegene wat in die Withuis bly, bygelowig is en gelei word deur spiritistiese kanaliseerders! Ek glo God is kwaad daaroor, omdat ons vir die hele wêreld lieg deur te verkondig “Op God vertrou ons.” God se woede word uitgedruk in Jesaja: “Laat jou skaamte ontbloot word, ja, jou skande gesien word! Ek sal wraak neem...ondanks die veelheid van jou towerye, ondanks die groot menigte van jou besweringe. En jy het op jou boosheid vetrou, jy het gesê: Niemand sien my nie! Jou wysheid en jou kennis het jou verlei, sodat jy in jou hart gesê het: Ek is dit, en niemand anders nie! Daarom oorval ‘n onheil jou wat jy nie sal weet om te besweer nie; en ‘n onheil val op jou wat jy nie kan versoen nie, en skielik oorval jou ‘n verwoesting sonder dat jy dit weet...Laat hulle tog optree en jou red – die wat die hemel indeel, die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom” (Jesaja 47:3,9-13). “Al was jou nes tussen die sterre gestel – daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die Here” (Obadja vers 4). Volgens hierdie Skrifte, sal sulke leiers beskaamd gemaak word!

So gaan dit dwarsdeur hierdie land: die meeste van diegene rondom jou by die werk, gee hulle oor aan afgodery, skinderpraatjies, en allerhande bygelowe. By Wall Street, is die nuutste dinge “kristalmag!” Intelligente, ryk magtige makelaars plaas duisende dollars in ‘n stuk kristal of groen kwarts en sit dit in hulle kantoor neer om te “ligstrale” en “trillings” te ontvang om hulle te vul met geheime kennis. Ander is behep met joga, meditasie, die okkult, en daar is talle wat niks sal doen nie, tensy hulle hul guru of sterrekyker geraadpleeg het!

Athene was ‘n stad totaal oorgegee aan afgodery. Hulle sonde en goddeloosheid moes selfs nog meer oorweldigend gewees het as wat ons hier in New York Stad het, omdat daar geen evangelie lig en geen kerk was nie. Die bevolking was onder die mag van twee magtige leerstellinge van misleiding: die Epikuréïese en die Stoïstyne – tweeling leerstellinge van duiwels! Die Epikuréïese het nie geglo aan die lewe na die dood nie. Hulle het geglo dat die dood die einde van alle dinge is en dat geluk bereik word deur ‘n meditatiewe losmaking, en blydskap slegs in vriendskap gevind word. Die eindresultaat was sensualiteit, vraatsug, en eksotiese plesiere. Die Stoïste, aan die ander kant, het ‘n godsdiens van menslike beredenering gehad, van nabyheid aan die natuur. Hulle het geredeneer dat om ‘n mens se medemens te dien met liefde, jou pyn en lydings sou veroorsaak; daarom het hulle mekaar aangepor om verlossing in die natuur te vind, om die wil in lyn te bring met universele wysheid.” [Vandag noem ons dit “new age” omdat Satan die universele gedagte wil word.] Die Atheners het uiteindelik verval tot bloeddorstige sadiste, en het plesier gevind in die slagtings van die swaardvegters.

Op sy tyd, was Athene een van die mees moderne, gevorderde, en intellektuele stede in die wêreld. Dit was paleisagtig, besig, magtig en goddeloos! Ek kan my indink dat Paulus, ‘n tentmaker, terwyl hy gewag het vir Silas en Timóthéus om van Berea af te kom, na die markplein gegaan het om die nuutste naalde en garings te bekyk en seile te vergelyk. Paulus het baie stede besoek en het alles gesien: die dronkenskap van Korinthe, die homoseksuele gees wat Rome beheer het, die geestelike duisternis van Jerusalem. Maar hy het nooit toegelaat dat sy hart hard word nie; hy was steeds deur dit alles aangeraak. Terwyl hy deur die Athene se markplein gestap en geween het, “het sy gees in hom opstandig geword...” (Handelinge 17:16). Paulus het geen strategie, geen plan van evangelisasie, geen skema of taktiek gehad nie. Hy het slegs ‘n gebroke hart vol van die las van Christus gehad. Hy het vir homself gesê, “Hulle gaan almal hel toe. Hulle is verlore, almal blind. Iemand moet iets doen!”

Vir diegene van julle wat in New York Stad woon, of wat hier besoek aflê, het jy al ooit in Times Square gestaan in die middel die dag en na die menigtes gekyk, na massa’s besigheidsmense wat heen-en-weer beweeg, of in die nag die dwalende drek van die mensdom gesien? Het jy nie geween nie, “Here, hulle is verlore! Hierdie stad gaan hel toe – die duiwel kry sy wil en niemand lyk of hulle hierdie gemors teëstaan nie!” Of het jy so gewoond geraak aan die duisternis, so uitgebrand van al die bedelaars, die armoede, die misdaad, en die rommel dat jy nie langer daardeur aangeraak word nie? Ek weet hoe dit voel om van oral af gebombardeer te word met bedelaars, met die wete dat aalmoese vir dwelms en alkohol gebruik word. Jy kan nie met alles byhou nie; maar daar bestaan die gevaar dat afstomping oor jou hart sal kom, sodat jy by die werk nie meer ontroer word deur die sonde en hartseer oral rondom jou nie.

Paulus het gefokus op die opstandingskrag van die evangelie.

Paulus was nie afgesit deur die grootte van die probleem nie. Hy was nie oorweldig deur Satan se greep op die stad nie, omdat hy geweet het hy het ‘n geheime wapen daarteen: die evangelie van die opstandingskrag! Paulus het sy oë afgehaal van wat die duiwel gedoen het en gefokus op wat Jesus kon doen in die opstandingskrag! Dit het nie saak gemaak dat hulle hom ‘n “praatjiesmaker,” bedoelende een wat op ander se nekke lê, ‘n luiaard, ‘n verkondiger van onsin genoem het nie. Is jy al ooit ‘n “oproermaker praatjiesmaker” genoem? Het iemand al ooit vir jou gesê, “Hou op om inbreuk te maak op my regte. Hou op om jou godsdiens op my af te dwing. Hou op om te probeer om my te laat glo soos jy!” Niks van daardie soort bespotting kon Paulus keer nie, want sy hart het gebloei. Laat hulle sê wat hulle wil, of noem hom enige naam wat hulle wil – hy het geweet as hy nie ‘n standpunt inneem vir Christus nie, sou hulle in sonde sterf sonder ‘n getuienis.

Dit is nie genoeg om net reg te lewe of om “’n goeie voorbeeld te stel nie.” Vir te lank het ons weggekruip agter die ou cliche, “Dade spreek harder as woorde.” Ons maak daarop aanspraak om stille getuies te wees wat Sy lewe leef. Die getuienis moet die gesproke Woord insluit: “Jou wagte! Hulle verhef die stem...” (Jesaja 52:8). “...Hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?” (Romeine 10:14).

Daar is ‘n “Filippus” bediening vir elke gelowige wat wandel in Christus se heiligheid.

“En Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaria en Christus aan hulle verkondig. En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen. Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword. En daar was groot blydskap in daardie stad” (Handelinge 8:5-8). Filippus was ‘n gemeentelid, vol van die Heilige Gees. Hy was nie ‘n kanselman nie, maar ‘n gemeentelid wat bloot geglo het in Christus se opstandingskrag. Daarom het hy oral gegaan met die verwagting van wonderwerke. Hy was ‘n man van die markplein. Ons sal nooit hierdie stad of enige ander stad aanraak totdat elke lid van die gemeente ‘n Christus-verteerde Filippus word nie, ‘n gemeentelid-evangelis met geloof om bose geeste uit te dryf en met geloof om te bid vir die saligheid en genesing van medewerkers. Ons kan en sal hierdie goddelose stad in beroering bring!

As ons nie die Here se gebod gehoorsaam om die evangelie te verkondig nie, sal ons self-gesentreerd word en behep raak met ons eie probleme.

Die Plymouth Broederskap het in Plymouth, Engeland begin baie jare gelede. Hulle was ‘n goddelike groep wat die evangelie na die strate toe geneem het. Wat ‘n las vir siele het hulle gehad! ‘n Groot herlewing het uitgebreek en Christus was geopenbaar aan hulle as ‘n verheerlikte Mens in die hemel. Maar hulle het so verteer geword om Christus bestudeer, so gefokus op hulle vorm van aanbidding, dat hulle hul las vir verlore, sterwende siele verloor het. Hulle het in twee groepe geskeur, die oop en die geslote broederskap. Die geslote broederskap het op die ou end niemand toegelaat om deel te neem aan hulle gemeenskap nie, behalwe op uitnodiging. Vandag is al wat oor is van die oorspronklike beweging, die groot geskrifte van manne soos Darby, Stoney, Mackintosh, en Raven, waarvan alles wonderlike leerstellinge oor Christus en heiligheid is. Maar geestelike elitisme het ingesluip, met geen brandende passie vir die verlorenes nie. Ons het die diep, rein Woord en die brandende passie vir die verlorenes nodig.

Jy kan soveel preke en lerings hoor dat jy “traag [word] om te hoor” ( Hebreërs 5:11). Ek ontvang rieme van profesieë, lang ingewikkelde “geestelike” geskrifte van Christene wat daarop aanspraak maak dat hulle dae en weke en selfs maande in gebed deurbring. Dit is ‘n spervuur van “so sê die Here,” waarvan baie glad geen betekenis het nie! Een man het vir my gevra om sy vrou reg te ruk. Sy het vir mense vertel hoe sy kamtig doodgegaan en hemel toe gegaan het, met Jesus gedans, en saam met Hom gaan valskermspring het! Sy het daarop aanspraak gemaak dat haar openbaring na haar toe gekom het nadat sy vir ure gebid het.

Waarom is hierdie geliefdes nie buite tussen die mense om ‘n opgestane Jesus te verkondig nie? Waarom spandeer hulle al hulle tyd daaraan om ander tereg te wys, met geen gebrokenheid vir die verlorenes nie? Die beste kuur vir “waansinnigheid,” is om tussen sondaars te kom, te preek, te genees, en duiwels uit te dryf. Ons bid, “Heilige Gees, kom!” Maar vir wat? Om ons bloot te seën en ons behoeftes aan te spreek? Of om ons toe te rus en vir ons die gebroke hart van ons Here te openbaar? Die laaste woorde van Jesus voor hy hierdie aarde verlaat het, was, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15).

Ons bid dat God die tranvestietkroeg langs Times Square Kerk toemaak. Die eienaar het vir ons gesê, “Julle mense is in groot moeilikheid. Julle weet nie met wie julle te doen het nie?” Nee! Hý weet nie met wie hý te doen het nie! Jesus het gesê, “Aan My is gegee alle mag...” (Matthéüs 28:18). Daarom, “kan ons met vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?” (Hebreërs 13:6). Paulus het gebid “sodat julle kan weet...wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp...” (Efésiërs 1:18-22).

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte” (Efésiërs 6:10). Satan het sommige van julle bang gemaak: bang om te val, bang vir ‘n boesemsonde of ‘n kwellende begeerte, en bang vir mense. Maar die Woord sê, “...weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug” (Jakobus 4:7). Julle is nie van die wat wegvlug nie! “En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van Die Here Jesus...” (Handelinge 4:33). “Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek...Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil...Hy verhef my op ‘n rots” (Psalm 27:3,5).