Gee My Al Jou Môres

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here het eendag aan Abraham verskyn en hom ‘n fenomenale opdrag gegee: “Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys” (Génesis 12:1).

Hoe het Abraham op hierdie fenomenale woord van die Here gereageer? “Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom” (Hebreërs 11:8).

Wat was God se plan? Waarom sou Hy die nasies vir een man deursoek en hom dan roep om alles te laat vaar en op reis te gaan sonder kaart, geen vooropgestelde rigting, geen bekende bestemming nie? Dink aan wat God van Abraham gevra het. Hy het hom nooit gewys hoe hy sy gesin sou voed of onderhou nie. Hy het hom nie gesê hoe ver hy moes gaan of wanneer hy daar sou aankom nie. Aanvanklik, het Hy net twee dinge vir hom gesê: “Gaan” en: “Ek sal jou die weg wys.”

Die plek waarheen God vir Abraham wou lei, is ‘n plek waar Hy elke lid van Christus se liggaam wil hê. Abraham is wat Bybelgeleerdes ‘n “patroonman” noem, iemand wat dien as voorbeeld van hoe om voor die Here te wandel. Die voorbeeld van Abraham wys vir ons almal, wat God wil behaag, wat van ons vereis word.

Moenie ‘n fout maak nie, Abraham was nie ‘n jongman toe God hom geroep het om hierdie verbintenis aan te gaan nie. Hy het waarskynlik planne gehad om die toekoms van sy gesin te beveilig, daarom moes hy besorgd gewees het oor baie dinge terwyl hy God se oproep oorweeg het. Tog het Abraham “En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken” (Genesis 15:6).

Die apostel Paulus sê vir ons dat almal wat in Christus glo en op Hom vertrou, die kinders van Abraham is. En soos Abraham word ons as regverdig gereken omdat ons gehoor gee aan dieselfde oproep om al ons môres aan die Here se hande toe te vertrou.