Bekommer Môre Jou?

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus roep ons tot ‘n manier van leef sonder kommer oor die dag van môre en waar ons ons toekoms geheel en al in sy hande plaas: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad” (Matthéüs 6: 31-34).

Jesus bedoel nie dat ons nie vooruit moet beplan of niks aan ons toekoms moet doen nie. Hy sê eerder: “Moenie bekommerd wees oor of more nie.” As jy daaroor nadink, gaan die meeste van ons bekommernisse oor dit wat môre kan gebeur. Ons word voortdurend lastig geval met twee klein woorde: Wat as?

Jesus onderbreek ons ​“wat as” en sê vir ons: “Julle hemelse Vader weet hoe om vir julle te sorg.” Hy sê verder vir ons: “Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Julle Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het, en Hy sal julle nooit verlaat nie. Hy is getrou om julle te voed, te klee en te sorg dat Hy in al julle behoeftes voorsien.”

“Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? ... Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?” (Matthéüs 6:26,28-30).

Ons gee met blydskap al ons gisters vir die Here en ook ons sondes uit die verlede. Ons vertrou Hom vir die vergifnis van al ons mislukkings, twyfel en vrese van die verlede. Waarom doen ons dan nie dieselfde met ons môres nie? In werklikheid, klou die meeste van ons vas aan ons toekoms en wil die reg hê om aan ons drome vas te hou. Ons maak ons ​​planne onafhanklik van God en dan later, vra ons Hom om daardie hoop en begeertes te seën en te vervul.

Tags