Die Herder se Liefde vir Jou

Gary Wilkerson

Ja, jy mag God liefhê en Hom soek, maar dit is nie genoeg nie. Die ware oorwinning in Christus is nie dat jy God gesoek het nie, maar dat Hy jou gesoek het. Hy het agter jou aan gekom. Hy het jou agternagesit.

Dawid het dit geweet toe hy Psalm 119:175-176 geskryf het, “Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help. Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie” (nadruk bygevoeg). David sê vir God: “Ek is verlore. Ek dwaal. Ek voel ‘n koudheid van hart, ‘n gebrek aan begeerte na gebed. Ek voel nie meer daardie gevoel van afwagting as ek in die huis van die Here kom nie.”

As trots en woede in ons harte begin woed, as daar wellus in ons oë is, as ons ver van God af voel, is ons soos verlore skape.

Die boek Hoséa beskryf God se bekommernis oor sy ontroue volk, en sê: “Want My volk dwing om van My afvallig te word” (Hoséa 11:7 AFR53). Daar is ‘n neiging in ons tot sonde, ‘n natuurlike neiging om weg te beweeg van God en sy regverdige weë. David het dit in homself herken, maar sy antwoord was: “Ek gaan na U toe kom, God! Ek gaan U najaag, Here.”

Dawid het die toestand van sy hart geken. Hy het geweet dat hy iets sterker nodig het as sy eie wilskrag. Ek glo en onderrig dat diegene wat ywerig na die Here soek, Hom sal vind (sien Jeremia 29:12-13) en dat diegene wat vurig is vir die dinge van die Here, beloon sal word (sien Jakobus 1:12). Maar dit is God se liefde wat ons verhouding met Hom inisieer.

Ons het die Herder se liefde nodig om ons te vind en te red. Sy hart en sy krag, nie ons eie nie, sal ons van die verlore en verdraaide paaie af terugbring.