Die Krag van die Bloed

David Wilkerson (1931-2011)

Die kosbare bloed van Jesus Christus is ongetwyfeld die kosbaarste gawe wat ons hemelse Vader aan Sy kerk geskenk het. So min Christene verstaan egter die waarde en krag daarvan. Hulle sing oor die krag van die bloed. Trouens, die lied van die Pinksterkerk is, “Daar is krag, krag, wonderbare krag in die kosbare bloed van die Lam” (Lewis E. Jones). En heeltyd “pleit ons die bloed” soos een of ander mistiese formule vir beskerming. Maar min Christene kan die groot heerlikheid en voordele daarvan verduidelik en selde die krag daarvan toe-eien.

Toe Christus die beker by die laaste Pasga opgelig het, het Hy gesê, “Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word” (Lukas 22:20). Ons herdenk Sy offer elke keer wanneer ons nagmaal gebruik. Maar dit is hoe ver die meeste Christene se kennis van Jesus se bloed strek. Ons weet slegs van die bloed wat uitgestort is maar nie van die besprinkeling daarvan nie!

Die eerste Bybelse verwysing na die besprinkeling van bloed is in Exodus 12:22: “En neem ’n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie”

So lank as wat die bloed in die skottel gelaat was, was dit van geen nut nie; dit het geen krag gehad teen die doodsengel nie. Dit moes uit die skottel gehaal word en op die deur gesprinkel word om sy doel van beskerming te vervul!

Die bloed in Exodus 12 is ‘n tipe van die bloed van Christus wat gevloei het by Golgóta. As Christus Here van jou lewe is, dan is jou deurkosyne – jou hart – besprinkel met Sy bloed. En hierdie sprinkeling is nie slegs vir vergifnis nie maar ook vir beskerming.

Jesus sprinkel Sy eie bloed op ons wanneer ons deur geloof Sy voltooide werk aan Gólgota aanneem. En totdat ons waarlik glo in die krag van sy offer op Gólgota, kan die bloed van Jesus geen effek op ons siele uitoefen nie! “Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening Geur die geloof” (Romeine 3:25).

Prys God met die hoogste lof vir die kosbare bloed van Jesus: “Ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening gekry het” (Romeine 5:11).