Sonder Jesus, Het Ons Niks

Gary Wilkerson

“Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op ’n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die ark van God” (1 Samuel 4:13).

Die woord “besorg” soos dit hier gebruik word, beteken om angstig te wees, soos om barensweë te hê. Op hierdie tydstip in sy lewe, was Eli oud en swak, sy oë het dof geword, sy geestelike leierskap het afgeneem en sy eie seuns was korrupte priesters. Dinge oral rondom hom het hopeloos gelyk.

Eli het gekyk hoe die Ark van die Verbond weggevoer word – God se heerlikheid was besig om die laer te verlaat – en hy was grootliks verantwoordelik daarvoor. As hoëpriester, het hy toesig gehou oor die bring van offers, maar dit was alles net rituele met geen ware geestelike betekenis nie. Die vrees van die Here was nie langer in die harte van die mense nie en Eli het geweet dat alles verlore was sonder die teenwoordigheid van God. Die besef van wat besig was om te gebeur, het veroorsaak dat sy hart gesidder het.

Maar daar is ‘n ander soort van bewe, wat uit blydskap spruit. Die Gees van God het sy kerk geskok toe Hy vir hulle gesê het, “Want die kinders van Israel sal ’n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode” (Hoséa 3:4). Met ander woorde, God het al hulle groot geboue van aanbidding weggeneem en hulle gestroop van alles waarop hulle kon vertrou.

Toe het God belowe, “Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae” (3:5).

Verbeel jou dat jou kerk glad nie meer enige welsprekende predikers of selfs geboue het om in te vergader nie. Wat sou jy doen? Wel, as God al hierdie dinge sou vervang met ‘n hart om Hom te soek, sou dit die moeite werd wees. As ons nie Jesus het nie, het ons niks! Vra vir God om vir jou ‘n hart te gee wat bewe vir sy Woord en om vir jou ‘n begeerte vir sy teenwoordigheid te gee.

Tags