Om Jesus met Geloof te Nader

Tim Dilena

“En een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan. En toe 'n vrou in die stad, wat 'n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy 'n albaste fles met salf gebring en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf” (Lukas 7:36-38).

In Jesus se tyd, as jy ‘n hoogwaardigheidsbekleër na jou huis genooi het vir ete, kon lede van die hele dorp dit bywoon. Hoewel hulle nie preferente sitplekke gehad het nie, kon hulle teen die muur staan en kyk sonder om deel te neem. ‘n Vrou, wat Jesus desperaat wou sien, het so ‘n toneel betree. Hierdie vrou, ‘n prostituut, was gewillig om die kyke en gemompel van die ander aanwesiges te verdra om Jesus te kon nader, hierdie Man van wie sy gehoor het dat Hy haar ‘n nuwe lewe kon gee.

Laat ons vir ‘n oomblik kyk na die eeste eeuse samelewing. Drie soorte mense moes nooit aangeraak word nie: ‘n melaatse; ‘n onsedelike persoon; en ‘n lyk. Die melaatse moes ‘n woord van waarskuwing voor ander uitroep, “Ek is onrein” en almal sou terugstaan. Die onsedelike persoon, sou uit die oog uit gehou word. En dit was gevoel dat ‘n infeksie, geestelik of fisiek, op jou kon kom as jy in aanraking kom met ‘n lyk.

Jesus was nie gebind deur die gebruike van sy tyd nie en Hy het al drie hierdie sosiale beperkinge veronagsaam:

  • Hy het ‘n weduwee teëgekom wat die liggaam van haar dooie seun vergesel het en Hy het die opstandingslewe in die jongman se liggaam ingespreek (sien Lukas 7:11-15). Opstanding oorwin die dood!
  • Hy het “baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk” (7:21).
  • Hy het van aangesig tot aangesig gekom met ‘n onsedelike vrou wat vasbeslote was om Hom te bereik (7:38).

Wanneer jy en Jesus in dieselfde plek is, kan groot dinge gebeur! Slegs Hy kan die hoofstuk van ‘n ongure verlede bedek met onmiddellike vergifnis – vergifnis wat ‘n ewigheid hou. Vandag, is ons Here steeds beskikbaar om te genees, te herstel en die ewige lewe te gee. 

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana.