Verlustiging in God

David Wilkerson (1931-2011)

Die gebed wat God behaag, is baie eenvoudig en maklik om te verstaan. Die dissipels het vir Jesus gesê, “Here, leer ons bid” (Lukas 11:1). Hierdie versoek weerspieël ‘n opregte begeerte om op ‘n manier te bid wat die Here behaag.

Baie Christene bid slegs uit ‘n gevoel van plig, maar gebed is nie vir ons eie welstand of verligting nie, dit is vir God se plesier. God sê vir sy dissipels, “En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie ... Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra” (Matthéüs 6:7-8). Met ander woorde, “Wanneer jy in My teenwoordigheid kom, fokus jou aandag op gemeenskap met My – om My te leer ken.”

Te veel van ons gebedstyd word deurgebring om God te vra vir ‘n beter werk, ‘n bonus, kos, klere en ander noodsaaklikhede. Maar ons Vader het reeds voorsiening gemaak vir ons daaglikse behoeftes: “Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie” (Matthéüs 6:25).

Die Bybel sê, “En verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart” (Psalm 37:4). Verlustiging in die Here beteken nie bloot om gelukkig te wees in sy teenwoordigheid nie; dit beteken ook om te kan sê, “Ek verlang daarna om by Hom te wees omdat alle ander my leeg en onvervuld gelaat het. Slegs Jesus kan my diepste gevoelens aanspreek.”

Om na die Here te kom met blydskap, beteken nie ons kan nie na Hom kom tydens tye van hartseer en droefheid nie. Gedurende sulke tye, verkies ons om by Hom te wees bo alle ander. Ons is gemaak vir gemeenskap met Hom, selfs in ons swaarste tye.

Is jy lief daarvoor om by Hom te wees? Verkies jy Hom bo alle ander? Vra God om binne-in jou ‘n hart te plaas wat maklik bearbei word om na sy teenwoordigheid te kom. En luister dan aandagtig na sy Heilige Gees gedurende jou tye van gemeenskap met Hom. Hy sal sy Woord aan jou openbaar op nuwe maniere terwyl Hy jou leer om te bid.