Ander Liefhê tot Herstel

David Wilkerson (1931-2011)

“[Jesus het] van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ’n doek geneem en dit om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in ’n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het” (Johannes 13:4-5). Sommige toegewyde Christene volg hierdie voorbeeld na en maak ‘n gewoonte daarvan om “voete was” dienste te hê. Hoewel dit sekerlik prysenswaardig is, is daar ‘n dieper betekenis om uit hierdie praktyk te leer. Trouens, nadat Jesus die dissipels se voete gewas het, het Hy vir hulle gevra, “Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het” (13:12).

Jesus het ons ‘n voorbeeld gegee van wat Hy die meeste van ons begeer – “die handdoek opneem.” Daar is verskeie verborge lesse wat ons van ons Here kan leer as ons na hierdie frase kyk. Die Woord sê vir ons: “Dien mekaar deur die liefde” (Galásiërs 5:13). En, “[Wees] aan mekaar onderdanig ... in die vrees van God” (Efésiërs 5:21). Dikwels lees ons oor sekere waarhede in die Bybel omdat ons nie hulle betekenis verstaan nie en deur dit te doen, mis ons hulle krag. Hoeveel van ons weet werklik wat dit beteken om mekaar met liefde te dien? En hoe is ons veronderstel om aan mekaar onderdanig te wees in die vrees van God? As ons beter verstaan wat Jesus gedoen het toe Hy die dissipels se voete gewas het, sal ons hierdie konsepte van diens en onderdanigheid verstaan. Jy sien, dit beteken baie meer as om bloot opdragte van ander te neem of om verantwoording te doen aan ‘n hoër gesag. Liewer, hierdie heerlike waarhede word slegs ontsluit in die konteks van “die handdoek opneem.”

‘n Ander les wat Jesus onderrig het toe Hy die die dissipels se voete gewas het, was hoe om eenheid van gemeenskap in die liggaam van Christus te verkry. Toe Petrus daarvan af weggedeins het dat Jesus sy voete was, het die Here gesê, “As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie” (Johannes 13:8). Jesus het sy barmhartigheid en liefde betoon deur Petrus se gevoelens van nutteloosheid, angs en wanhoop weg te was.

Deur die stof van die dissipels se voete af te was, het Jesus ook die vertroosting van weggeneemde oortredinge geleer. Talle Christene is vandag in dieselfde toestand as Petrus, nadat hulle oorval is deur ‘n sonde. As jy barmhartig wil wees – om ‘n handdoek op te neem om ‘n broer of ‘n suster te herstel – hoef jy nie die besonderhede van hulle sonde te weet nie. Jesus het nie vir een van sy dissipels gevra waarom hulle vuil geword het nie, Hy wou hulle net reinig. Sy liefde vir hulle was onvoorwaardelik, net soos dit vir jou is. En net soos behoort te wees vir diegene wat ons met sy liefde ontmoet.