‘n Geloofsreaksie

David Wilkerson (1931-2011)

Jy mag deur die ergste storm van jou lewe gaan – ‘n finansiële stryd, besigheidsprobleme, laster, familieprobleme of ‘n persoonlike tragedie. Rusteloosheid hou jou wakker in die nag, ‘n wolk hang oor jou. Wanneer jy wakker word, is die dowwe pyn steeds met jou en jy roep uit, “God, hoe lank sal U toelaat dat ek hierdeur gaan? Wanneer sal dit ophou?”

Laat ons vir ‘n oomblik na Israel se ervaring by Ráfidim kyk: “Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie ... Maar die volk het daar gesmag na water” (Exodus 17:1-3). Die Skrif dui aan dat God Israel na die droogste plek in die hele woestyn gelei het – geen stroom, geen put, nie ‘n straaljie water nie – waar Hy hulle laat dors word het. Die volk het teenoor Moses gekla maar God het ‘n plan gehad! Hy sou nie toelaat dat hulle sterf nie; Hy het ‘n reservoir vol water gehad wat Hy lank voor dit gereed gemaak het

Waarom het God dit gedoen? Hy het vir ‘n geloofreaksie van Israel gewag. Hy het in wese gesê, “Ek het jou deur al hierdie dinge geneem maar jy het geweier om te leer. Sal jy My nou vertrou?”

Talle Christene word op hierdie oomblik getoets en beproef as gevolg van werkloosheid. Hulle spaargeld is besig om te kwyn en die situasie lyk hopeloos. Ander verduur ander vorme van lyding. Dit is nooit maklik nie. Hierdie getroue, angsbevange mense kom kerk toe en hef hulle hande op in lofprysing tot die Here. Hulle glimlag en gee drukkies aan hulle broers en susters in Christus, maar hulle gaan deur verskriklike pyn en onsekerheid.

Geliefde, een rede waarom jou beproewing uitgerek word, is omdat God wil hê dat jy Hom met kinderlike vertroue en vrymoedigheid nader. Wanneer ‘n geestelike droogheid binnegaan, wil God hê dat jy na Hom moet kyk: “Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is” (Jeremia 17:7). As jy jou totale vertroue in sy Woord en sy getrouheid plaas, het God belowe om jou te seën – en Hy kan nie lieg nie!

Tags