Wegdrywe Na Gevaar

David Wilkerson (1931-2011)

“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie” (Hebreërs 2:1).

Die sonde van wegdrywe van Christus af, is die tragieste, gevaarlikste sonde van almal – en geen gelowige is immuun nie. Selfs die mees toegewyde gelowige kan begin wegdrywe deur lui en passief oor die dinge van die Here te word. Wanneer dit begin gebeur, word dit moeiliker en moeiliker om terug te keer na intieme gemeenskap met Christus. Jy ken dalk sekere mense wat eens teer, liefdevolle Christene was, maar vandag soos ander mense lyk. Die meeste wegdrywers besef nie dat hulle ingevaar is nie.

Die geskiedenis van God se volk is een van afvalligheid, verwaarlosing en van God vergeet. Moses en die profete kon nie glo dat God se volk geneig was om die Here so vinnig te vergeet en weg te drywe na hulle ou weë nie.

Net voor hy gesterf het, het Moses teruggekyk na die geskiedenis van God se kinders in die woestyn. Amper ‘n hele geslag van klaende, lasterende, ongelowige mense is uitgewis is deur God se oordeel en het verskroei in die warm woestyn. Maar ‘n getroue oorblyfsel – getoets, beproef, afgesonder – het getrou aan die Here gebly. Moses het vir hierdie oorblyfsel gesê: “Julle oë het gesien wat die HERE weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het [afgodery], dié het die HERE jou God onder jou uit verdelg. Julle daarenteen wat die HERE julle God aangehang het, is vandag nog almal in die lewe...Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?” (Deuteronómium 4:3-4,7).

Moses het in wese gesê: “Julle het getrou gebly in ‘n tyd van groot afvalligheid! Julle het nooit toegegee aan afgodery soos hulle wat vernietig is nie. En niemand het God nader aan hulle as julle nie!” Dit was hulle wat op die punt was om die Beloofde Land binne te gaan – in die Here se volheid in!

Onthou jy ‘n tyd toe jy nader aan Hom gevoel het as nou? Toe jy sy teenwoordigheid meer gereeld gevoel het en sy stem duideliker? Dit mag tyd wees om jou hart weer te ondersoek om seker te maak dat jy aanhou om by Jesus in te dring.