Kalmte te Midde van ‘n Krisis

David Wilkerson (1931-2011)

Koning Dawid het gesê, “Groot dinge het U gedoen, Here my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel” (Psalm 40:6).

“Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God!” (Psalm 139:17).

God het aan jou gedink voor jy gebore was! Hy het aan jou gedink toe jou lewe in ‘n sel ingeblaas was – toe jy steeds in die baarmoeder was. Dit is moeilik om te verstaan dat ons Vader so baie van ons sou dink. Hy dink aan ons wanneer ons in die bed gaan lê en wanneer ons opstaan. Hy dink aan ons met elke tree wat ons gee. Hy weet van en verstaan elke gedagte wat ons dink: “Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk” (Lukas 5:22).

Die hemel is bevolk met hoogs intelligente wesens – engele, serafs, gérubs – wat getuies is van die getrouheid van ons God. Hulle weet van al die beloftes wat Hy gemaak het aan ons rakende sy aandag aan die kleinste besonderhede van ons lewens. As God in een van hierdie beloftes sou misluk, sou die hele hemel in chaos wees en in duie stort, want die hemelse leërskare sou sê, “God het nie sy Word nagekom nie! Hy kan nie vertrou word nie.” Die feit dat die hele hemel egter God prys, hulle krone voor sy voete neerwerp, is bewys dat hulle sy getrouheid sien en daarin glo. God kan vertrou word om alles te doen wat Hy gesê het Hy sal doen.

Die wêreld soek nie vir meer leerstellige bewyse van die werklikheid van God nie. Die wêreld soek Christene wat elke krisis, probleem en moeilikheid kan hanteer en rustig kan bly te midde van dit alles. Die wêreld moet sien dat God se kinders volkome op hulle Here vertrou.

Geliefde, vertrou op die Here met jou hele hart. Vryheid van vrees en bekommernis kom wanneer jy met vrymoedigheid rus in die Een wat jou geskep het!