Geloof Bo Hopeloosheid

David Wilkerson (1931-2011)

“En daar kom een van die owerstes van die sinagoge ... en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe” (Mark 5:22).

Toe hierdie owerste, Jaïrus, na Jesus toe gehardloop het, het hy ware geloof bevestig: “Here, al wat my dogter nodig het, is U. U het al die mag en U kan haar daarvan weerhou om te sterf!” Jaïrus verteenwoordig die meeste mense in die Christendom. Ons weet Christus is ons enigste hoop en in krisistye hardloop ons na Hom toe, val voor sy voete neer en soek sy genade en hulp. Jesus het reageer op Jaïrus se geloof, “En Hy het saam met hom gegaan” (vers 24).

Selfs toe sy hart met soveel hoop gevul was, was Jaïrus dalk ook getref met ‘n verskriklike gedagte: “Wat as ons te laat is? Dit is wonderlik om Jesus aan my sy te hê, maar ons het tyd nodig. Ons het Jesus en tyd nodig!” Heel waarskynlik, het die toeskouers onder mekaar gesê, “Jesus is die groot Geneesheer maar Hy beter gou maak – sy kan enigte oomblik sterf.” En wat het gebeur? Die dogtertjie het gesterf!

Waarom het Jesus toegelaat dat die tyd uitloop? Omdat Hy wou hê dat sy volgelinge geloof in sy opstandingskrag moes hê – geloof wat verder strek as hopeloosheid, selfs verder as die dood! “Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?” (5:35). En Jesus het dadelik gesê, “Moenie vrees nie; glo net” (5:36).

Jesus verloor nooit moed met die dooies nie! Hy het reguit in ‘n verskriklike toneel van verwarring, twyfel en vrees ingeloop en Hy het die woorde van die lewe verkondig: “Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op” (5:41).

Is daar ‘n groot ontsteltenis en onrus in jou lewe! Smart? Verwarring? Onderdrukking? Dit kan wees omdat jy nie glo dat Jesus dit wat dood is, kan opwek nie. Glo dat Jesus weet wat Hy doen; Hy het ‘n lewengewende plan vir jou, so moenie moed opgee nie. Jesus sal ‘n wonderwerk doen as jy op sy Woord vertrou.