God se Heerlikheid In Elkeen van Ons

Gary Wilkerson

Die woord “heerlikheid” kan op verskeie maniere gebruik word. Byvoorbeeld, ons praat van die heerlikheid wat op ‘n kerk neerdaal; die gewigtigheid van die Gees in ons midde, soos ‘n dik wolk. Dit is diep en manjifiek. Ook, sal ons eendag almal na die heerlikheid gaan – die hemel. Halleluja! En jy het heerlikheid in jou! Selfs terwyl jy gevorm was in jou moeder se baarmoeder, was God se heerlikheid in jou wese ingeblaas.

Josef was ‘n man wat besef het dat die heerlikheid van God in hom was. “Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het” (Génesis 45:13). Josef se prominesie alleen het nie aan hom die heerlikheid gegee nie; het besef hy was besig om God se doel te volbring. Hy het ‘n lewe van integriteit en getrouheid geleef terwyl God hom aan bewind gebring het.

As ‘n tiener, het Josef gedroom dat sy broers eendag voor hom gaan buig. Dit het hoogs onwaarskynlik gelyk toe hulle hom uit jaloesie genadeloos in ‘n put gegooi het en daar gelos het om te sterf. Hy was gered, maar het ‘n slaaf geword voor hy uiteindelik bevorder is tot ‘n leierskapposisie in die huis waar hy gedien het. Hy was egter gestroop van sy posisie en in ‘n tronk gegooi vir ‘n ruk voor hy uiteindelik deur Farao bevorder is tot tweede in bevel (sien Génesis 41:42-44).

Toe Moses die kinders van Israel geseën het voor sy dood, het hy van Josef gesê: “Geseënd deur die HERE is sy land ... laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers” (Deuteronomium 33:13,16). Hierdie seën was nie net ‘n gebed van Moses nie; dit was die hart van God.

Net so, het jy die heerlikheid van God wat in jou woon. “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie” (2 Korinthiërs 4:7). Hoe wonderlik om te weet dat jy nie hoef te wag totdat jy in die hemel kom om God se heerlikheid te beleef nie.