Gelukkig Wanneer die Pad Rof is

Tim Dilena

“My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.” (Jakobus 1:2-4, Die Lewend Bybel).

Jakobus gee ons ‘n gebod hier: “Wees bly wanneer die pad rof is.” Hy redeneer verder en sê dat as jy hierdie imperatief gehoorsaam, het jou geduld die geleentheid om te groei en dan sal jy vir enigiets reg wees!

Almal soek ‘n manier om ‘n gelukkig lewe te leef. Trouens, toe Yale Universiteit ‘n klas in sy kurrikulum aangebied het genaamd, “Hoe om ‘n Gelukkige Lewe te Leef,” het helfte van die studentekorps aangemeld om daarvoor in te skryf. Daardie klas, Psych 157, het die gewildste klas in die geskiedenis van die skool geword.

‘n Ander weergawe van Jakobus 1:2 lees, “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val” (1953). Die Woord ag beteken letterlik om vooruit te dink. Moenie vasgevang raak in die nou, die huidige nie; dink na oor wat jy in die toekoms sal beleef. Dit is belangrik, want Jakobus bedoel, “Ek wil hê jy moet besef dat die einde van waarheen jy gaan ‘n doel het. Iets goeds is aan die ander kant.”

Petrus het gesê, “Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — ’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge” (1 Petrus 1:6, 1953). Wat ons van beide Jakobus en Petrus kan leer, is dat die hemel nie net ‘n plek is nie. Die hemel is ‘n motivering vir ons op hierdie oomblik, ‘n toekomsgedagte terwyl ons in die huidige stryd is. As ons die materiële en fisieke dinge groter ag as die geestelike dinge, sal ons alles nie as “louter vreugde” beskou nie.  As ons slegs vir die huidige leef en die toekoms vergeet, dan sal beproewings ons bitter maak, nie beter nie.

Dit is lewensbelangrik om verstaan dat wanneer jy getoets word, neem jou beproewings nie van jou nie, hulle vorm in jou – wat redelik verstommend is.

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana.