Bewaar Jou Hart se Deur

David Wilkerson (1931-2011)

“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:5-6).

Een van die groot tragedies van hierdie geslag – en een van God se grootste smarte – is dat so baie Christene nie werklik gelukkig is nie. Hulle hou ‘n goeie front voor: sing, klap hande, glimlag, loof en prys, maar net onder die oppervlak is daar ellende, eensaamheid en hartseer. Is dit egter waarvoor Christus gesterf het? Paulus waarsku aangaande Christene wat “weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen” (2 Timótheüs 2:26). Hierdie vers beskryf talle Christene perfek. Satan beweeg vinnig in en uit hulle lewens net soos hy wil en hulle het geen krag of gesag om hom te keer by hulle hart se deur nie. Hy spog oor sy houvas op hulle: “Julle het geen krag van Christus in julle om my te keer nie! Julle sal doen soos ek sê.”

Miskien is jy een van diegene wat in die duiwel se strik gevang is, maar jy kan die strik herken en daarna smag om daaruit vrygemaak te word. As jy die Here vir langer as ‘n paar maande dien, behoort jy daagliks in die genade en kennis van Jesus te groei. Jou geestelike oorwinnings behoort wonderlik te wees en jy behoort verseker te wees van Sy voortdurende teenwoordigheid. Teen hierdie tyd behoort Satan vir jou te vlug!

“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde” (Kolossense 1:13). Vestig jou hart volkome daarop om met God te wandel. Deur dit te doen, sal