Ware Gelowiges Wat Volhard

David Wilkerson (1931-2011)

Die Nuwe-Testamentiese kerk was gebore in ‘n vlam van glorie. Die Heilige Gees het daarop neergedaal met vuur, en die eerste Christene het in tale gepraat en geprofeteer. Die vrees van God het op hulle geval en ook op almal wat hulle gesien het, en menigtes het hulle bekeer. Dit was ‘n triomfantlike kerk, vreesloos teen Satan, oneerbiedig teenoor afgode, onwrikbaar teen plae of vervolging. Dit was ‘n bloedgewaste kerk wat in oorwinning geleef en gesterf het.

Hoe sal die kerk sy laaste uur uitgaan? Sal dit uitgaan as ‘n vet, welvarende, selfdienende kerk? Sal dit slegs ‘n handjievol ware gelowiges wees wat volhard, en aanskou hoe dood en afvalligheid vreet soos ‘n kanker? Sal die laaste dag kerk met angs en vrees lewe namate minder die wêreld oorwin?

Ons kan seker wees dat daar ‘n groot afvalligheid sal wees; daar sal verleiers wees wat leerstellings van duiwels verkondig en selfs die uitverkorenes sal ernstig getoets word. Maar die kerk van Jesus Christus sal nie met ‘n gekreun uitgaan nie. Dit sal seëvierend, met onuitspreeklike blydskap, op die rivier van vrede uitgaan. Dit sal uitgaan met vryheid van alle slawerny, en elke lid van hierdie ware kerk sal leef en sterf sonder vrees. Laaste-dag gelowiges sal net so sterk in die Here wees as die eerste Christene!

Die kerk gaan ‘n onverdiende uitstorting van liefde, genade en goedertierenheid beleef. Dit sal kom in ‘n tyd van groot verdrukking, met angs oral. “Maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser...my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer” (Jesaja 54:8-10).

God sal ‘n triomferende volk hê. ‘n Genadige Vader sal sy kinders na Hom toe trek en menigtes, wat hulle rûe op Hom gekeer het, verlos. Wat Hy vir die kerk sê, sê Hy ook vir indiwiduele gelowiges. Is dit jy? Beleef jy ‘n skielike, geweldige steurnis? God se belofte is vir almal deur ‘n storm getref word. Hy het besluit om die einde van die eeue af te sluit met ‘n magtige verhoging van sy Naam. Wat ‘n vertoning van mag sal dit wees!