Om ‘n Namaaksel te Onderskei

Gary Wilkerson

“En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie” (Handelinge 20:25).

Paulus het sonder ophou die evangelie van Jesus Christus verkondig en die kerke dag en nag geleer. Hy het ernstige vervolging verduur oral waarheen hy gegaan het, en toe hy deur die Heilige Gees geweet het dat hy gemartel sou word, het hy die ouderlinge van die kerk by Éfese byeengeroep. Terwyl hy sy liefde vir hulle aan hulle meegedeel het, het hy hulle ook met een belangrike riglyn gelaat.

“Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak” (20:29-31). Paulus het twee waarskuwings gerig: verdraaide mense sal inkom van buite af, en selfs julle eie mense sal verdraaide dinge spreek.

Verdraaide dinge kan amper reg wees maar dit het net genoeg inslag om gelowiges te laat dwaal. Selfs ‘n geringe aanpassing van teologie, ‘n klein verandering in die leer, ‘n dwase ekstremisme kan veroorsaak dat mense van die waarheid afwyk. Paulus het sy lewe deurgebring deur die Woord van God passievol uit te stort sodat sy volgelinge ‘n namaaksel sou kon onderskei. Hy wou hê dat hulle sterk opgebou moes word sodat hulle nie geskok sou word of wankel nie.

“En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ’n erfdeel te gee” (20:32). Paulus wou hê die ouderlinge moes teruggaan na hulle kerke en toesien dat die Woord van God behoorlik verkondig word.

Ons leef in ‘n Christen kultuur wat so verdraaid is dat dit nie langer herkenbaar is nie. Ek dring by jou aan om die Woord van God te bestudeer en naby die Here te lewe sodat jy kan toeneem in onderskeiding. As jy die ware ding ken, sal jy nie verlok word na iets wat uiteraard ‘n namaaksel is nie.