Die Heerlikheid van Christus in Ons

David Wilkerson (1931-2011)

“Daarop vra hy [Moses]: Laat my tog u heerlikheid sien. Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die Here uitroep ... En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie” (Exodus 33:18-19, 22-23).

Die Heilige Gees het Moses, ‘n dienskneg van God wat volkome oorgegee was aan sy wil, geneem en hom na ‘n bergtop gelok om van aangesig tot aangesig met Hom te praat. Toe Moses van die berg afgekom het om met die kinders van Israel te spreek, het sy gesig die heerlikheid van die Here so weerspieël dat dit geblink het. “En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom” (Exodus 34:30). Paulus het dit so beskryf: “Sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig” (2 Korinthiërs 3:7).

Die heerlikheid op Moses se gesig het na ‘n ruk dof geword omdat dit slegs ‘n tipe van die geestelike heerlikheid was wat sou kom. En wat met Moses gebeur het, kan nie vergelyk word met wat die Heilge Gees vandag vir ons wil hê nie. “Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ’n bekwame boumeester die fondament gelê, en ’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus” (2 Korinthiërs 3:9-11). Met ander woorde, as die heerlikheid op Moses se gesig wat verdwyn het so ‘n oortuigende mag gehad, hoeveel meer sal die huidige heerlikheid van Christus in sy dienaars ‘n getuienis wees – deur die Gees – om te veroordeel en te oortuig.

Daar is heerlikheid wat nooit sal verdwyn nie beskikbaar vir die dienaars van Christus – so lig jou kop op na Hom toe en ontvang hierdie blywende teenwoordigheid van die Here.