‘n Lewe van Godsaligheid en Dankbaarheid

David Wilkerson (1931-2011)

“Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou” (1 Thessalonicense 5:16-17). God se kinders behoort dit ‘n saak van gewete te maak om hulle te verbly in Hom te alle tye en in alle omstandighede. Om blydskap te hê, is nie ons keuse nie; dit is God se gebod! As ons hierdie woorde hanteer asof dit ‘n keuse is, ondermyn ons God se imperatief vir ons.

Totdat God ons blydskap het, het Hy regtig nie ons hart nie. Daar is drie stappe wat ons sal help om ‘n stand van blydskap in ons Saligmaker te help handhaaf:

  • Lê elke struikelblok af wat inmeng met blydskap
  • Oortuig jouself dat blydskap nodig is
  • Oefen om bly te wees

Dit sal defnitief nie maklik wees nie en jy sal soms dink dit maak nie sin nie. Of die wêreld vergaan of bly staan, of ons alles en almal wat vir ons kosbaar is, behou of verloor, bly die Here die bron van ons tevredenheid. “Verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart” (Psalm 37:4).

God het ‘n plek binne-in sy kinders vir blydskap geskep. Hierdie plek sal vol wees met iets, óf met die speelgoed en nietighede van wêreldse prestasies en akkummulasie, óf met hemelse dinge van die Skepper. Daar sal altyd vleeslike drange wees wat ons van God sal wil weglok. “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word” (Jakobus 1:14).

Diegene in wie ‘n nuwe, goddelike natuur geplaas is deur God, is nie meer tevrede met die dinge van die wêreld nie. ‘n Veranderde hart dui op ‘n verandering van begeerte – ‘n rein hart wat God soek, wil hê wat Hy wil hê. “O regverdiges, jubel in die HERE! ’n Loflied betaam die opregtes” (Psalm 33:1).

‘n Praktiese kant van blydskap is dat dit nie gehandhaaf kan word as dit nie voortdurend beoefen word nie. Moenie hierdie groot gedeelte van God se verlossing nalaat sodat dit opdroog en belemmer word en te swaar is om liefdesliedere vir Jesus te sing nie. Maar konsekwente gebruik sal dit ‘n sterk vesel van jou siel maak; gewillig en in staat om elke ander emosie te beheer. Maak die keuse vandag om te soek na die rustige lewe van godsaligheid en dankbaarheid.