JESUS VERBLY HOM IN ONS VERTROUE

David Wilkerson (1931-2011)

Ons Here het ‘n amper onoorkoomlike probleem om te kommunikeer met diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle Hom so liefhet. Ons kom na sy poorte met danksegging en betree sy howe met lof. Ons prys Hom met instrumente, met ‘n lied, met opgeligte hande, met trane en luide hosanna’s – maar dit is steeds slegs eenrigting kommunikasie.

Ons jaag in sy teenwoordigheid in in die binnekamer met aanbidding en versoeke en jaag dan weer uit. Hoeveel keer was Hy gereed en gretig om sy hart oop te maak en te spreek, maar so waarlik, niemand was daar nie.

Dadelik na sy opstanding, het Jesus verskyn aan twee dissipels op die Pad na Émmaüs. Hulle was bedroef oor die afgestorwe Here en in hulle droefheid het hulle Hom nie herken as hulle Messias nie. Terwyl hulle onder mekaar geredeneer het, wou Jesus gesels omdat Hy soveel gehad het om hulle mee te deel. Uiteindelik kon Hy nie langer terughou nie: “En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het” (Lukas 24:27).

Daar kon geen beter verduideliking wees vir daardie dissipels nie! Hulle het sy stem gehoor en weggegaan en gesê, “Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” (24:32). Daardie twee manne het groot blydskap gehad maar wat van die blydskap van Jesus? Hy was vervul omdat Hy ‘n paar uur geneem het net om te gesels! In sy verheerlikte vorm, het Hy sy eerste tweerigting gemeenskap beleef; sy eensame hart was aangeraak en sy behoefte was aangespreek.

Ons dink Jesus kry genoeg plesier uit dit wat ons vir Hom doen, maar daar is soveel meer. Ons Here reageer op ons geloof; Hy praat met die Vader oor ons; Hy verbly Hom in ons vertroue en dit behaag Hom om ons rus en vrede te gee. Ek is oortuig dat dit sy grootste behoefte is om een-tot-een persoonlik gemeenskap met diegene te hê wat Hy op aarde agtergelaat het.

Wanneer jy alleen is by die Here en jou hart voor Hom uitstort, maak seker om ook tyd te maak om te luister.