MAAK NIE SAAK WAT JY DINK NIE

Gary Wilkerson

Wanneer ons die salwing van die Heilige Gees ontvang, vervul ons hierdie opdrag: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan” (Johannes 14:12). Daar is ‘n hele wêreld wat sy genesende, reinigende, reddende krag nodig het. En dit gebeur nie deur óns planne of vermoëns nie, maar deur sy volmaakte offer – “Omdat Ek na my Vader gaan.”

Moet nooit enige geleentheid wat Jesus vir jou bied in twyfel te trek nie. Die sleutel hiertoe is ons geloof dat Hy reeds aan die werk is. Toe die dissipels Jesus gevra het om vir hulle geloof te gee, het sy antwoord alles vir ons duidelik gemaak: “Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie” (Matthéüs 17:20).

Ten spyte van Christus se ontsaglike gawes aan ons, is sommige van ons oortuig dat ons nie waardig is om die evangelie te verteenwoordig nie: Ons word sy heilige verteenwoordigers, nie deur ons eie vermoë nie, maar deur God se werk in ons: “Dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Filippense 1:6).

Petrus was waarskynlik die eerste Christen om hierdie kragtige waarheid te verkondig. In Handelinge 10, toe Hy in Joppe gebly het by ‘n leerlooier genaamd Simon, het Petrus ‘n visioen gehad tydens gebed wat die verspreiding van Christus se evangelie tot vandag toe beïnvloed.  Hy was verbyster oor die visioen, maar hy het God se leiding gehoorsaam en die deur na genesing en die reddende krag van God was vir die wêreld oopgemaak (lees die verhaal in Handelinge 10:9-48).

Dit maak nie saak wat jy van jouself dink vandag nie, ek moedig jou aan, aanvaar sy heiligheid en ontvang sy salwing om die werke te volbring waarvoor Hy jou toegerus het. Hy sal elke deur oopmaak en jy sal Hom onverwagte wonders sien doen.