God Doen ‘n Nuwe Ding in Sy Kerk

Hoe dikwels het jy al Christene gehoor sê, “God doen ‘n nuwe ding in die kerk”? Die “nuwe ding” waarna hulle verwys kan moontlik ‘n herlewing, ‘n uitstorting, ‘n besoeking of ‘n beweging van God genoem word. Baie dikwels verdwyn die “nuwe ding” waana hulle verwys baie gou. En wanneer dit eers verdwyn het, kan dit nie weer gevind word nie. Op hierdie wyse, bewys dit dat dit glad nie ‘n beweging van God was nie. Christen sosioloë het in werklikheid talle van hierdie sogenaamde besoekings nagevors. Hulle het ontdek dat die gemiddelde leeftyd van sulke gebeurtenisse omtrent vyf jaar is.

Persoonlik glo ek God doen ‘n nuwe ding in sy kerk vandag. Hierdie groot werk van die Gees kan nie gevind word in ‘n enkele plek nie. Dit gebeur wêreldwyd, maar jy hoef nie ver te reis om dit te sien nie. God se “nuwe ding” kan so naby soos ‘n nabygeleë kerk wees.

Daar is ‘n Bybelse beginsel wat enige ware beweging van God beheer. Ons vind hierdie beginsel keer op keer aan die werk in beide Testamente. Dit is as ‘n waarheid bewys deur eeue se kerkgeskiedenis. Die beginsel is dit: God sal nie ‘n nuwe ding begin in sy kerk totdat Hy ontslae geraak het van die oue nie. Soos Jesus dit gestel het, die Vader sal nie nuwe wyn in ou wynsakke gooi nie.

Waarom is dit so? Dit is omdat God ‘n geskil het met die ou dinge in sy kerk. Jy sien, met elke nuwe werk wat Hy oprig, is daar net ‘n paar geslagte wat verbygaan voor apatie en skynheiligheid begin insluip. God se mense word gou afgodsdienaars, met harte wat geneig is tot afvalligheid. Uiteindelik kies God om die ou werk in sy kerk te omseil. Hy laat vaar dit heeltemal voor Hy die nuwe inlyf.

Hierdie siklus het die geskiedenis van God se volk gekenmerk. Amper altyd is dit omdat die bediening vleesgedrewe word. Die vuurwarm passie wat geboorte gegee het aan die werk, begin om te taan en met verloop van tyd, word die bediening net ‘n menslike instelling. Lewelose roetine sluip in. Die eens biddende leiers vertrou nou op organisasie en vleeslike vaardigheid om die werk aan die gang te hou.

Eens het hierdie selfde leiers God heeltemal vertrou en Hy het met hulle gepraat. Maar op een of ander stadium, het hulle hul diensbaarheid vir politiek verruil. En nou, in plaas van bediening, kompeteer hulle vir mag, prestige en getalle. Dit is jammer dat hulle bediening ‘n vae herinnering geword het van wat God eens in hulle midde deur sy krag en waarheid vermag het.

Die Here het teen hierdie soort kompromie in Jeremia se tyd opgetree. Hy het die profeet na die tempelpoort gestuur om ‘n vernietigende woord te verkondig: “Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek” (Jeremia 7:3). Met ander woorde: “Hierdie werk het korrup geword en nou is die dood voor die deur. Maar daar is steeds tyd om dit te red. Ek wil nie daarvan af wegloop nie. Ek wil by julle bly en in julle midde werk. Maar vir dit om te gebeur, moet julle julle bekeer. Julle moet terugkeer na julle eerste liefde.”

God het die mense se geroep gehoor, “God kan nie die tempel vernietig nie. Hy sal nooit verlaat wat Hy hier gevestig het nie.” Maar die Here het geantwoord, “Vertrou nie op bedrieglike woorde nie – wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!” (Jeremia 7:4). Hy het in wese gesê, “Wat van julle besoedelings, julle heersende owerspel? Julle sweer valslik, julle buig voor afgode en julle het my huis in ‘n rowerspelonk verander. Ek het profete gestuur om julle te waarsku, maar julle wou nie luister nie.”

Die Here het afgesluit hiermee: “En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie” (Jeremia 7:16). Kortliks, “Moenie moeite doen om vir hierdie ou werk te bid nie. Dit is dood en verby en dit het geen hoop op herlewing nie. Ek het ‘n heeltemal nuwe ding in gedagte. En julle verteenwoordig My nie meer nie. Ek sal mense hê wat My verteenwoordig in die wêreld soos Ek waarlik is.”

Sou God van ‘n ou werk ontslae raak in Nuwe Testament tye op dieselfde manier wat Hy in dit in die Oue gedoen het?

Ja, Hy sou. Jesus het in die tempel gestaan en almal uitgenooi om onder sy barmhartige vlerke van beskerming in te kom. Hy het uitgeroep na die blindes, die siekes, die melaatses, die armes, die verlorenes, almal om te kom en genesing en vergifnis te vind. Maar die godsdienstige skare het sy uitnodiging geweier. Daarom het Christus van hulle getuig, “Julle wou nie” (Matthéüs 23:37). Jesus het diegene wat Hom verwerp het geantwoord deur te sê, “Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!” (Matthéüs 23:38). Hy het vir hulle vertel, “Dit is nou julle huis, nie Myne nie. Ek verlaat dit. En dit word vir julle leeg en verlate agtergelaat.”

Jesus het bygevoeg, “Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” (Matthéüs 23:39). Hy het aan hulle verklaar, “My heerlikheid is nie meer in hierdie ou werk nie. Ek het dit nou verwerp. En dit wat oorgebly het van julle godsdienstige lewe, sal verrig word sonder God se teenwoordigheid. Ek gee ook hierdie ou werk oor aan die vlees.”

Die dissipels kon Jesus se woorde nie glo nie. Hulle het Hom aangemoedig, “Meester, kyk na die glansrykheid van die tempel, die ontsagwekkende strukture. Kyk na die geskiedenis, die eeue van tradisies. Dit kan onmoontlik in puin gelaat word. Sê U dit is verby?” Jesus het geantwoord, “Ja, dit is verby. Die ou werk is klaar, dood. Ek gaan ‘n nuwe ding doen.”

Dink daaraan: hier staan barmhartigheid en genade in die Vlees en sê, “Hierdie ou ding is nie meer Myne nie. Ek gaan dit nou heeltmal verwoes. Dit het absoluut geen kans meer om te herleef nie.” Maar Christus het aanbeweeg na Pinkster toe, na die begin van ‘n nuwe ding. Hy was op die punt om ‘n nuwe kerk op te rig, nie ‘n replika van die oue nie. En Hy sou dit van die fondament af op splinternuut maak. Dit sou ‘n kerk wees met nuwe priesters en mense wat almal in Hom weergebore is.

In die tussentyd, sou die ou werk voortsleep. Skares sou steeds na die tempel toe kom om hulle dooie rituele waar te neem. Herders sou steeds die armes beroof, owerspelers sou sondig net soos hulle wou en mense sou afdwaal na afgodery. Elke dag, sou die ou werk toenemend droog en swak word. Waarom, vra jy? God se teenwoordigheid was nie meer daar nie.

Dit bring ons by die huidige kerk. Laat my jou vra: is wat jy vandag sien in die kerk, verteenwoordigend van wie Jesus is? Beskou al die denominasies en bewegings, alles wat met Christus se Naam geassosieer word. Is wat ons sien waarlik die triomfantlike kerk, die vlekkelose bruid van Christus? Openbaar dit aan die wêreld die werklike natuur van God? Is dit die beste wat God se Gees kan doen in hierdie laaste dae?

Die nommer een afgod onder God se mense is nie owerspel, pornografie of alkohol nie. Dit is ‘n baie magtiger begeerte: ‘n aangedrewe ambisie vir sukses. En dit het selfs ‘n leerstelling om dit te regverdig. Talle mense in God se huis is opreg, moreel rein en oorvloedig in goeie werke. Maar hulle het ‘n afgod van ambisie in hulle harte opgerig en hulle kan nie daarvan af losgeskud word nie.

Dit is tragies dat dit dieselfde aansporende gees is as wat agter Baäl en Moleg was: om voorspoedig en suksesvol te wees. En vandag het hierdie gees die evangelie van Jesus Christus wêreldwyd besoedel. Dit stel homself voor as ‘n gees van seën, maar dit is ‘n verdraaiing van wat God vir sy kerk bedoel het. En dit laat miljoene se geloof skipbreuk lei.

Ek sê vir jou, dit is nie die kerk waarna Jesus Christus terugkom om as sy bruid te neem nie. So, het hierdie hedendaagse kerk die ou dinge geword? Het dit besoedel geword en wankel dit op die rand van vervanging met een of ander nuwe werk? Kortliks, sal God een laaste keer ‘n verandering maak voor Jesus terugkeer? Sal Hy verlaat wat besoedel geword het en ‘n laaste, verheerlikte kerk oprig?

Ja, ek glo hy sal. Jesaja sê, “Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor” (Jesaja 42:9). Die materialistiese, vleesgedrewe instelling het oud en korrup geword. En jong pastore oral oor die wêreld besef dit. Hulle is siek en sat vir die ou ding met sy gekibbel en denominasionele binnegevegte. Hulle wil niks daarmee te doen hê nie. Hulle het die dryfkrag vir grootheid en bekendheid verwerp. In plaas daarvan het hulle teruggekeer na die sentraliteit van Christus, terug na om God te soek en terug na die honger vir waarheid. En hulle ervaar ‘n vars nuwe werk in die lug.

Wat is die nuwe ding wat God in sy kerk doen?

Tans is God besig om bedienaars en mense op te rig wat sy ware seën in besit sal neem. Hierdie seën is deur die hedendaagse kerk verkeerdelik voorgestel en besoedel. En nou begeer die Here om dit te vernuwe vir die mense wat Hy na vore roep.

God het eerste hierdie seën aan Moses geopenbaar: “Die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; en die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet julle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën” (Numeri 6:22-27).

God verklaar, “Dit is die manier waarop Ek my mense sal seën.” Dit impliseer, “Daar is slegs een formule vir my seën. Dit word slegs gedefinieer op sy voorskriftelike manier. Alle ander metodes van seën is onaanvaarbaar vir My.” Die seën wat Hy vir Moses voorgeskryf is, is drieledig:

1. “Die HERE sal jou seën en jou behoed(Numeri 6:24). Dit spreek van die bewarende krag van Christus. Dit is die begin van alle seëninge: die wete dat ons bewaar word deur Christus self. Gewapen met so ‘n kennis, vrees om nie meer om te misluk nie. God se laaste-dag mense sal sy verbondsbeloftes in besit neem om hulle ‘n heilige vrees te gee, om hulle hart van klip weg te neem en hulle ‘n nuwe hart te gee. Hulle vertrou Hom heeltemal om hulle van struikeling te bewaar: “Welgeluksalig (geseënd) is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie” (Psalm 32:2).

2. ”Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees(Numeri 6:25). Dit beskryf ‘n kerk met ‘n rein gewete, nie ‘n toegeskroeide een nie. God kan immers nie sy “aangesig” – dit is die heerlikheid van sy genade – vir jou wys todat jy veilig in Hom is nie. Dit impliseer guns; jy is nie langer ‘n vreemdeling vir God nie, maar begunstig in sy oë. Jy is in sy guns, nie oor jou inisiatief nie, maar deur Syne. Jy hoef nie te bid vir sy guns om oor jou te kom nie; Hy bring dit na jou toe.

3. ”Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee(Numeri 6:26). Dit spreek van ‘n toename in God se teenwoordigheid. Hier is ‘n kenmerk van die nuwe ding wat God doen: mense neergeboë voor Hom en God se aanraking van liefde en versekering ontvang. Daardie intieme aanraking hou hulle neergeboë in gebed. En hulle hoor sy stem duidelik. Die hele tyd word ‘n rein bediening in hulle gebore. Dit is ‘n profetiese bediening, wat herders na God se hart en gelowiges wat veilig in sy liefde is, produseer. Sulke dienaars is nie rusteloos of gedrewe nie. Groot vrede is aan hulle geskenk. En weens daardie vrede, het hulle die voorkoms van Christus.

Daar is geen meer kritieke tyd vir ‘n oorblyfsel van God om Hom in die wêreld te verteenwoordig nie. God het inderdaad sy Gees van die oue afgehaal en Hy begin die nuwe. Hy gaan ‘n bruid hê wat vlekkeloos is, nie deur werke van die vlees nie, maar deur sy Gees. En hierdie kerk sal wandel in sy seëning soos Hy dit bedoel het. Amen!