Wandel In Goddelike Gesag

Vandag is daar is baie lering in die kerk oor hoe God se krag vrygestel word in ons lewens. Waaroor hulle werklik praat, is goddelike gesag. Wanneer hierdie onderwerp ook al ter sprake kom, dink ek aan Elia. Sy lewe illustreer die goddelike gesag waarmee God ons wil toerus, veral in tye soos hierdie.

Elia het geleef in ‘n tydperk baie soos ons s’n, gekenmerk deur geestelike verval en om God te eer was op ‘n algehele laagtepunt. In die tyd was daar was onenigheid in Israel, met God se volk wat in twee koninkryke verdeel was – Samaria in die noorde en Juda in die suide. Die Samaritane se geloof het besoedel geword omdat hulle toegelaat het dat ander godsdienste met Judaïsme meng. Agab, die berugte koning agter dit alles, het God se weë ligtelik opgeneem, “En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam...gewandel het” (1 Konings 16:31).

Under Ahab’s rule, the people sinned freely and felt no conviction over it. If there was sexual immorality or bribery, it was no big deal. Ahab even tolerated child sacrifice, erecting altars to the terrible religion of Baal. He did it all for greed, to keep tithes and taxes pouring in from any religious source. The Bible says this wicked man committed more evil than anybody in history up to that time: “And Ahab...did evil in the sight of the Lord, more than all who were before him” (1 Kings 16:30).

Ons leef ook in ‘n tyd van geestelike agteruitgang. Kenners sê die wêreld het nog nooit hierdie soort insinking in geloof beleef soos wat ons nou beleef nie. Ateïsme en agnostisisme het skerp toegeneem soos wat Amerikaners die kerk in hordes verlaat. Ek glo dit gebeur alles omdat Satan weet sy tyd is min — en hy gebruik elke wapen moontlik om goddelike gesag weg te kalwe, nie net in kulturele uitbeeldings nie, maar in die hart van elke Christen.

Die meeste volgelinge van Jesus beleef vandag een of ander konflik. In sommige dele van die wêreld, manifesteer dit as dodelike vervolging. Hier in die weste sien ons ernstige kulturele oorloë oor die Christelike geloof. En oral sukkel volgelinge van Jesus individueel, met finansies, in die huwelike, selfs met die kerk. Die fondamente van geloof word geskud en sommige Christene onttrek heeltemal van geloof. Ander kies ‘n meer gemaklike geloof as voorheen. Geestelike praktyke wat hulle eers as belangrik beskou het, soos bid en vas, neem hulle nou ligtelik op.

God het in werklikheid ‘n rol vir elkeen van ons om te speel in hierdie verdonkerende geslag. Ons almal is geroep om hoop en lewe te bring vir die verlorenes en twyfelaars, veral in hierdie uur. So, laat my vra: Word jy versoek om ‘n kompromie te maak oor dit wat jy glo? Beleef jy swaarkry wat twyfel gebring het oor God se liefde vir jou? Voel jy oorweldig, moedeloos en selfs verslane?

Ons almal is goddelike gesag in Christus gegee en tans doen die vyand van ons siele alles in sy vermoë om ons daarvan te beroof. Elia se voorbeeld is bedoel om ons te onderrig in sulke tye. Sy lewe vertel vir ons, dat ons sterk kan staan in ons donkerste uur, dat ons versoeking kan weerstaan, dat ons elke dodelik aanslag van die duiwel kan deurstaan — omdat God aan ons sy eie gesag vir sy koninkryk se doelwitte gegee het.

In die donkerste uur van beide die nasie en die kerk, het Elia vir God gestaan.

Elia kon maklik ‘n kompromie gemaak het soos almal om hom. Hy kon aangesluit het by ander wat gesê het, “Dit is nie nodig om so intens te wees nie. Waarom ontsteld word? Dit is beter om ons aan te pas by moeilike omstandighede.” In plaas daarvan, was Elia se gesindheid: “En Elia, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord” (1 Konings 17:1).

Elke frase in hierdie vers is vir ons vol betekenis. Laat my begin deur te sê, dat tot op hierdie stadium in die Bybel, was daar geen verwysing na Elia nie. Niks hier wys dat hy op enige manier betekenisvol was nie – geen woord van enige kwalifikasie, opvoeding, opleiding of posisie nie. Vir my, is daar egter geen kragtiger frase as die een wat hier gebruik word om hierdie man van God voor te stel nie: “En Elia...”

Laat my jou vra om iets te doen: Vul jou eie naam hier in  - “En (Steve, Mary, Josh, Heather)...” Soos Elia, leef jy in ‘n gekwelde geslag, ‘n geestelik donker uur, ‘n tyd van groot kompromie in die nasie en in die kerk. Hoe reageer jy wanneer jy jou naam sien staan in die Bybel vers wat lees, “En (jy)...”? Ek hoop dit wek geloof in jou op – omdat God al sy kinders tot aksie roep.

Jy mag wonder, “Wie is ek om te dink ek kan dinge beïnvloed? Ek is net ‘n gemiddelde Christen en daarby ‘n swak een. Ek het niks om te bied nie.” Elia se storie openbaar dat afkoms niks met geestelike gesag, wat van God alleen kom, te doen het nie. Dit maak nie saak wat ons agtergrond is nie, wie ons ouers is of watter soort grade ons mag hê nie. Op sy dag, het een woord tot Elia gekom, in sy klein dorpie van Tisbe, en dit het hom beveel, “En...” (ook vertaal as “nou” in sekere vertalings).  As God ons roep, is die tyd altyd nou!

Jy mag voel of God jou vergeet het, of jy verwaarloos is in jou roeping en op die kantlyn geskuif is. Maar daar is ‘n tyd in almal van ons se lewens waarin God ons naam uitroep en sê, “Nou!” Nou is jou tyd. Deur sy krag, sal God alles in jou opwek waarvoor Hy jou geroep en toegerus het.

Wat Elia gekwalifiseer het, was sy geheime lewe met God.

Daar was geen behoefte vir ‘n lys van Elia se kwalifikasies nie. Hy was reeds gekwalifiseer om te doen wat God van hom sou vra, omdat hy ‘n geskiedenis met God gehad het. Elia het homself daaraan toegewy om die Here en sy weë te ken en die enigste manier om dit te doen is deur gebed. So, toe God vir hom gesê het, “Nou,” was Elia gereed.

Volgens Jakobus, was Elia ‘n gewone man, wat bonatuurlike werke van God uitgevoer het: “Elia was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar ses maande lank nie gereën nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit” (Jakobus 5:17-18).

Oral oor die wêreld is daar gewone Christene soos Elia wat stil en ywerig ‘n verborge, weggesteekte lewe met God het. Die Here sê van hulle, “Hierdie een is nie begaan oor kulturele neigings nie. Sy hou nie haar vinger in die wind om uit te vind wat belangrik is nie. Sy is ‘n noukeurige dienaar wat geen stem bo Myne plaas nie.” Dit is die mense wat God uitsoek wanneer Hy werk om verandering teweeg te bring.

Let op die frase wat Elia gebruik wanneer hy teen bose Agab profeteer: “So waar as die HERE, die God van Israel leef, voor wie se aangesig ek staan” (1 Konings 17:1, my beklemtoning). Elia het geweet Agab kon hom maklik op die daad laat teregstel. Tog het die profeet dapper gesê, “Die koning voor wie ek nou staan, is God, nie jy nie, Agab. Sy teenwoordigheid is altyd by my.” Elia kon dit sonder vrees sê, want hy het met goddelike gesag gepraat.

Jy en ek sal nooit sonder vrees voor ‘n donker mag kan staan, tensy ons eers in die lig van God se teenwoordigheid gestaan het nie. Wanneer ons uur van dapperheid kom, het ons nie ‘n titel of ‘n graad nodig nie – al wat ons nodig sal hê, is sy teenwoordigheid in ons en langs ons. As ons dit het, sal ons sy woord duidelik in daardie oomblik hoor, net soos Elia: “Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê” (1 Konings 17:2).

Elia se stelling aan Agab bevat ‘n frase wat vreemd klink. Let op my beklemtoning in die vers: “So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord” (1 Konings 17:1, my beklemtoning). Gewoonlik sal ‘n profeet alle goddelike vergelding aan God se woord toeskryf en nie aan sy eie nie. Elia het verklaar, “Ek het myself so in God se weë verdiep, dat ek sy gedagtes en hart leer ken het. Ek het my eie gedagtes so naby in lyn gebring met sy werkinge, dat ek weet wat Hy in hierdie geslag wil doen.”

Eenvoudig gestel, God het vir Elia goddelike gesag gegee. Die woorde wat Elia hier gespreek het, was nie iets wat hy geleer het by ‘n leermeester nie, maar dit het direk van God af gekom. Hoe anders kon hy voorspel wanneer die reën skielik sou ophou en wanneer dit net so skielik weer sou begin reën? Soos Elia egter sê, al hierdie verstommende dinge sou gebeur op sy woord.

Die verskynsel wat ons hier sien plaasvind, is wat ek ‘n “nou” woord noem. Dit kom nie direk uit die Skrif nie, hoewel dit in God se woord gegrond is en in lyn daarmee is. Dit is liewer ‘n woord wat die Heilige Gees aan ons vir die oomblik gee, vir “nou.” So ‘n woord dra slegs gesag as dit ondersteun word deur die heilige lewe van diegene wat dit lewer.

Dink aan hoe jy die volgende keer moontlik sal reageer wanneer ‘n politikus sê, “Ons moet ‘n deernisvolle hart vir die armes hê.” Jy sal in staat wees om ‘n gelag regoor Amerika te hoor. As oorlede Moeder Teresa egter dieselfde sou sê, sal ons dalk regop sit en luister.

Ken jy God se hart goed genoeg om ‘n “nou” woord, wat Hy moontlik vir jou mag gee, te bring? Of het jy onverskillig geword in jou verhouding met Hom? Wanneer ons tyd kom, sal dit nie genoeg wees om iets te herhaal wat ons van ‘n merkwaardige Christen leermeester gehoor het nie. Daar is geen gesag daarin nie. Nader tot God en Hy sal tot jou nader met ‘n seker woord – en die mag van die hemel sal daaragter wees.

Ons daaglikse lewens moet so naby God se hart wees, dat wanneer ons die huidige geestelike insinking sien, ons met gesag kan sê, “Dit hoort nie so nie.”

God se gevoelens is veronderstel om ons s’n te wees, veral nou. Ons moet in staat wees om meer te doen as om boosheid te herken en uit te wys – ons behoort iets daaromtrent te wil doen. Net soos Elia demonstreer, is dit waaroor goddelike gesag gaan: om profeties in God se naam op te tree. God gee vir ons gesag nie net om ons toe te rus nie, maar om ‘n verantwoordelikheid op ons te plaas.

Ons almal weet dat om ‘n woord namens God te spreek, riskant kan wees. Dit beteken gewoonlik om teen die status quo te gaan. Dit kan ons ongewild maak en ons brandmerk as veroordelend. Maar as ons getrou sy “nou” woord vir ons spreek, sal God ons bemagtig met alle gesag.

In die vorige dekades, was die kerk nie baie gewillig om hierdie soort risiko te neem nie. In plaas daarvan, was baie van die lering oor die ontvang van woorde van God, daarop gesentreer om selfsugtige begeertes aan te spreek. Die idee is dat God begeer om ons finansieel voorspoed te gee. Dit word ondersteun deur talle topverkoper Christen boeke. Natuurlik wil God ons seën, maar deur die Skrifte noukeurig te lees, wys ons dat sy “nou” woorde vir sy mense selde gehandel het oor seëninge. Die meeste daarvan het gegaan oor sieldeurdringende uitdagings. Dink aan Elia se opdrag om te praat. Ek dink nie hy het hom daarin verlustig om te sê, “Dit gaan vir ‘n baie lang tyd nie reën nie, so ons sal almal baie naby daaraan kom om van honger te sterf.”

Die meeste van die woorde wat Paulus van die Here ontvang het, was ernstig uitdagend. Watter beroemde Christen leermeesters praat vandag dikwels daarvan dat hulle ‘n doring in hulle vlees het? Wie beskou dít as ‘n getuienis wat waardig is om te deel? God het vir Paulus vertel dat daar stede op sy sending agenda was, waar die evangelie nie ontvang sou word nie, waar hy geslaan en in die tronk gestop sou word, dat hy naby die dood sou omdraai, weer en weer.

Miskien was om sy bediening te staak, die hardste “nou” woord wat Elia ooit van God ontvang het. Hy was op die hoogtepunt van sy roeping en het ‘n kragtige herlewing in duister Samaria gelei toe God vir hom gesê het: “Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is” (1 Konings 17:2-3). God het in wese vir Elia gesê, “Vir nou, sonder Ek jou af. Jy gaan buite sig weggesteek word. Dit is my roeping vir jou.”

Ons moet onsself afvra: Is ons net so gewillig om onsself “weg te steek” – om anoniem te wees in hierdie selfbemarkingskultuur – terwyl ons vir die Here spreek? God wil ons hierin toets, net soos Hy met Elia en Paulus gedoen het. Jy sien, Hy gee sy goddelike gesag nie vir diegene wat noodwendig dapper, ywerig en begaafd is nie – maar vir hulle wat hulself ten volle aan sy wil onderwerp. Dit is een kenteken van diegene wat God vorentoe roep in donker tye soos ons s’n.

Is jy gewillig om met God te praat wanneer dit ongeleë is en dit ‘n duur prys kos? Is jy net so gewillig om stil te wees wanneer jy skielik almal se oor het? Op hierdie oomblik is die vraag vir alle volgelinge van Jesus die volgende: “Sal ek gereed wees wanneer ek sy woord hoor sê, “Nou”?” Mag ons almal gevind word waar ons weggesteek is in sy teenwoordigheid wanneer daardie oomblik kom. Amen!