‘n Uitstorting van die Heilige Gees

Gary Wilkerson

An Outpouring of the Holy Spirit 18Oct2021

Die Krag om Verdrukking te Verdra Begin met Ywerige Gebed

Die Bybel sê vir ons dat die kerk in die laaste dae gevaarlike tye sal beleef. Goddeloosheid sal so deurdringend word dat baie afvallig van die geloof sal word en ander saam met hulle sal neem. Paulus het sy leerling Timótheüs gewaarsku om Christene wat “’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Timótheüs 3:5, AFR53) te vermy. Johannes van Patmos het van gelowiges gepraat wie se louwarm geloof God so kwaad maak dat Hy hulle uit sy mond sal spuug (sien Openbaring 3:16). Jesus het gesê dat selfs toegewyde Christene versoek sal word om afvallig te raak. “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as it moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Markus 13:22).

Te midde van verdukking, het God egter altyd goeie nuus vir sy kinders. Christus se kerk was inderdaad gebore in ‘n wêreld van goddeloosheid en wreedheid, onderworpe aan die Romeinse reg. Handelinge sê vir ons: “Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde” (Handelinge 4:26). Maar dieselfde boodskap sê dat selfs die magtigste owerhede tevergeefs werk: “Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?” (Handelinge 4:25).

Talle vroeë gelowiges was doodgemaak vir hulle geloof, maar dit het die magtige verspreiding van die evangelie dwarsdeur Asië aan die brand gesteek toe Christene uit Jerusalem verdryf is. Die goeie nuus van Christus het oral posgevat soos mense sy reddende liefde en wonderwerke deur die getroue getuienis van sy volgelinge beleef het.

Selfs die moeilikste tye sal ‘n toename in God se koninkryk beleef, gebore uit die vurige gebede van sy kinders.

Wanneer onrus in die wêreld heers en ons ‘n aanslag van goddeloosheid beleef, wend ons onself tot God om die tye te onderskei en die beweging van sy Gees waar te neem. Dit is presies wat die eerste kerk gedoen het. Onder intense vervolging, het die mense gebid: “En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind” (Handelinge 4:29-30).

Wat het hulle gebede veroorsaak? Die volgende vers sê vir ons. “En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek” (Handelinge 4:31). Hulle hartsgeroep het hulle gelei om vervul te word met die Gees. Hulle was nie onaktief gemaak deur verdrukking nie, maar was krag gegee om die evangelie nog kragtiger te spreek.

Ons leef nie in normale tye nie. As ons God se toename wil sien in hierdie dae, moet ons uitroep in gebed soos die vroeë kerk gedoen het. Om tevrede te wees met ‘n halwe mate van die Gees sal nie genoeg wees om ons deur te dra nie. Ons moet gevul wees soos die eerste Christene was, bemagtig om “die Woord van God met vrymoedigheid” te spreek. Ons sal sien hoe die sameswerings en planne van goddelose magte tot niet gaan.

Jesus is vir ons die voorbeeld van diep, ernstige gebed met trane. Hebreërs sê vir ons: “Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs” (Hebreërs 5:7). Toe Christus gebid het om sy Vader te koninkryk te sien kom, was dit “met sterk geroep en trane.”

Paulus was gevul het dieselfde ywer rakende sy eie tyd. “Want baie – van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – wandel as vyande van die kruis van Christus” (Filippense 3:18).

So, wat gebeur as die kerk ongeërg bly oor toenemende goddeloosheid in die wêreld? Wat gebeur as ons voortgaan in apatie, besorgdheid by ons ontbreek, met geen gebrokenheid van hart of ywerigheid om Jesus verhoog te sien nie? Johannes het reeds vir ons God se waarskuwing gegee: “Maar nou, omdat jy nie koud is en ook nie warm is nie, sal Ek jou uit my mond spuug” (Openbaring 3:16).

Selfs in die Ou Testament, was Dawid nie tevrede met ‘n halwe mate van God se Gees nie.

Dawid het die gevare van ‘n geloof, wat lou geword het, geken. Dwarsdeur die Psalms, sien ons dat hy voortdurend ‘n nuwe aanraking van die Here soek. Hy bely sy afdwalings van God se bevele en roep uit na Hom om sy treë reguit te hou.

Dit is ook die begeerte van die outeur van Psalm 42. Beskou die smagting van hierdie ywerige, eerbiedige hart. “Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, o smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God...Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan” (Psalm 42:2-3,8).

Hierdie geroep na meer van God het opgegaan gedurende ‘n tyd van duisternis. Die Psalmdigter was uitgekoggel en bespot vir sy geloof. “Ek wil spreek tot God: my rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking? Met ‘n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?” (Psalm 42:10-11).

Die Psalmdigter verloor egter nooit hoop nie en herinner homself aan God se getrouheid ten spyte van die ergste tye. “Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God” (Psalm 42:11).

Die Psalms belowe ons inderdaad nie tragedie nie, maar ‘n glorieryke oes. “Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra” (Psalm 126:5-6).

Watter wonderlike nuus! Ten spyte van die aanvalle van duister magte, sal Christus se kerk ‘n oes insamel. Selfs in sulke tye—veral in sulke tye—word ons opdrag gegee om ‘n onbeskryflike impak op ‘n samelewing te hê wat vasgevang is in sy eie ondergang.

Die aarde se harde gekreun is God se metode om ‘n glorieryke werk in sy kinders te doen en die verlossing van die verlorenes.

Terwyl ons ‘n nog groter vlak van vyandigheid teenoor God opmerk, sal ons ‘n groter begeerte onder Christene sien om Jesus verhoog te sien. Tans gebruik God die tye om die kaf in die harte van sy kinders en alles wat ‘n heilige smagting na God smoor te verbrand.

In ‘n tyd toe Satan denke met goddelose misleiding verduister het, sal ons ‘n getuienis sien opgaan. Elke hart wat na geregtigheid smag, trane stort oor ‘n verlore wêreld, sal gevoed word deur die Here self. Hy sal ons gedagtes met glorieryke visioene vul en ons monde met profetiese woorde wat ons nooit gedink het ons in staat was om te spreek nie. “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongeling gesigte sien” (Joël 2:28).

Al ons angsbevange uitroepe sal blye getuienisse in publieke plekke word. Die Naam Jesus, voorheen eenkant toe geskuif, sal ‘n baken word vir almal wie se harte beswyk van vrees. Ons sal genader word deur siele wat smag vir betekenis en doel, uitgehonger vir aardse oplossings en ewige belofte. Hulle sal by ons buurt, ons kantoorruimte en ons koshuiskamer inkom en sê: “Kan ek asseblief met jou praat? My lewe is besig om uitmekaar te val en ek sien iets anders in jou. Terwyl die hele wêreld uitmekaarval, het jy vrede. Sal jy my help om verstaan wat jy het?”

Net wanneer die vyande van God oorwinning begin smaak, sal hulle sameswerings en planne tevergeefs wees. Christus se liggaam sal hierdie getuienis hê: “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewens nie liefgehad nie” (Openbaring 12:11). Die uiteinde van die storie is ‘n goeie een want ten spyte van wêreldse wanhoop, ken ons die outeur wat dit skryf.

Ek hoor baie Christene sê: “Die wêreld is nie erger nou as voorheen nie. Dinge was nog maar altyd so.”

Sommige Christene sê: “Elke geslag het oordeelsdagpredikers. Hulle het nog altyd gesê: ‘Dit is die ergste tyd in die geskiedenis.’ Maar Satan stort voortdurend deur goddeloosheid uit. Hy hou nooit op nie.”

Dit is waar dat die duiwel nie sy taktiek verander het nie. Die verskil vandag is dat hy baie meer ontvanklike ore vind. Hoe groter die grond is wat hy wen, hoe meer wil hy opeis. Hy wek meer verdorwe denke op, en por diegene wat God teëstaan aan: “Dit is nie genoeg nie. Jy wil meer hê!”

Verstaan asseblief, mense met verduisterde denke is nie ons vyande nie. Ons moenie diegene wat lewenstyle wat anders is as ons s’n veroordeel nie. Ons moet hulle liefhê met die liefde wat aan ons deur Jesus betoon is, om aan hulle dieselfde goeie nuus te bied wat ons as mede sondaars wat vergifnis en verlossing nodig het.

Deur die Heilige Gees, sien ek ons die wêreld se roepstem uitdoof met ons eie roepstem: “Dit is nie genoeg nie! Daar moet meer wees van God se Gees in ons harte, meer vrymoedigheid om sy goeie nuus te verkondig, meer geregtigheid om vir geregtigheid te staan, meer krag om Satan se greep te breek oor elke hart wat hy oorheers.

Sal jy jou gees opwek om God te soek vir meer van sy Gees, meer trane oor ‘n gebroke wêreld, meer smagting om Jesus te sien werk deur jou? Ek wil die een wees wat sê: Wat ek vandag sien, is nie genoeg nie. Vul my, Here, gebruik my, werk deur my om u koninkryk ter wille van u Naam tot stand te bring.” Ek vertrou jy sal by my aansluit om te pleit vir ‘n uitstorting van sy Gees soos nog nooit tevore nie. Amen!