'n Brief Van Die Duiwel Af

"En toe Hiskia die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here . en gesê: Here, God van Israel, wat op die gerubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak! O, Here, neig U oor en luister. Open U oë, Here, en kyk; en hoor die woorde van Sanherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!" (2 Konings 19:14-16).

In die Ou Testament, lees ons die storie van hoe koning Hiskia 'n brief van die duiwel ontvang het. Dit is waar, dit was geteken deur Sanherib - maar dit was direk uit die hel gestuur. In die Assiriese taal beteken Sanherib "man van sonde" (ook "maan god wie broers vermeerder"). Hy het Satan verteenwoordig, die god van die wêreld, wat gedetermineerd was om vir homself 'n groot broederbond van God-haters bymekaar te maak.

Die storie is waar en neergeskryf sodat ons kan leer - en dit leer ons meer in verband met 'n baie ou skelmstreek van die duiwel: "Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het" (1 Korinthiërs 10:11).

Laat ons eerstens kyk na die historiese agtergrond van die bedryf. Jerusalem was onder die beleëring van die magtige Assiriese weermag gedurende die tyd dat die sataniese brief gearriveer het. Koning Sanherib en sy leër het die tien stamme van Israel in gevangenskap geneem, toe Israel onder oordeel gekom het vir haar immoraliteit, afgodediens en afvalligheid. Die Bybel sê dat Israel "hulleself verkoop het om kwaad te doen" en dat dit die volgende tot gevolg gehad het: "hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die Here" "Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgestuur . En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jerobeam . totdat die Here Israel van sy aangesig verwyder het . en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe" (2 Konings 17:17, 21-23).

In die gedeelte, verteenwoordig Israel die afvallige, sonde deurweekte, ontugtige Kerk van vandag. Dit was vol kompromië, wellus, egbreuk, homoseksualiteit - louter plesier-malheid. En net soos dit vandag is, het die Israeliete 'n vorm van godvresenheid gehad, sonder krag. "En die koning van Assirië het uit Babel mense ingevoer . en laat woon in die stede van Samaria . en hulle het die Here nie gevrees nie" (2 Konings 17:24-25). 'n Gemengde evangelie is bekend gemaak onder die manskappe - en dit het saam met hulle in gevangenskap ingegaan. "So het hierdie nasies dan die Here gevrees, en hulle gesnede beelde gedien" (2 Konings 17:41).

Vandag het die duiwel nie nodig om te verlei, op te sweep of om dreigbriewe aan so 'n klomp te skryf nie. U sien, hy beheer reeds 'n gedeelte van die Kerk en het sy eie "engele van die lig" in die preekstoel geplaas. Hy het aan hulle 'n louwarm gemengde geloof toevertrou: net genoeg tradisie gekombineer met 'n groot aantal boosheid.

Nee, die duiwel se fokus bly op die kosbare siele wat hulle harte volkome daarop gesit het om die Here Jesus lief te hê en Hom tevrede te stel! In die storie verteenwoordig die volk van Juda God se oorblywende Kerk hier op aarde. Die kerk is die teiken van Satan, omdat sy onder verbond met die Here is en dus 'n geweldige bedreiging vir die koninkryk van die duisternis is.

Hiskia, die koning van Juda, was 'n godvresende man: "En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here . Hy het die hoogtes afgeskaf, en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap . Hy het op die Here, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda na hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie" (2 Konings 18:3-5).

Hier is die rede waarom die "man van sonde" daarop uit was om Hiskia te vernietig - en dit is presies dieselfde rede waarom Satan u ook sal aanval: "Hy het die Here aangehang sonder om van Hom af te wyk, en sy gebooie onderhou . En die Here was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig" (2 Konings 18:6-7).

Tot op hede was Juda 'n dienskneg nasie vir Assirië, wat 'n soort binding was. Dus het die "man van sonde" 'n plek gehad in Sion. Die koning van Assirië het Juda met 300 talente van goud belas: "En Hiskia het al die silwer gegee wat in die huis van die Here te vinde was en in die skatkamers van die huis van die koning. In dieselfde tyd het Hiskia die goud van die deur van die tempel afgesny" (2 Konings 18:15-16).

Die prentjie van kompromie kan vandag gevind word in God se kerk - 'n kerk wat in vrees en intimidasie loop, wat plek maak vir wêreldgesindheid in sy midde, bang is om met vrymoedigheid uit te staan en sonde te noem wat dit is! Soos Hiskia gebuig het voor die begeertes van die "man van sonde", betaal die Kerk eer aan die duiwel met boosagtige musiek, sogenaamde "Christen" vermaak en dubbele standaarde.

Tog was Hiskia finaal in sy hart aangeraak en het hy gesê: "Geen eer meer aan die vyand nie!" Dit was 'n tipe van die Heilige Gees ontwaking, 'n uitroep vanuit 'n heilige, oorblyfsel van die mense, wat nie meer kompromië sou aangaan of meer sou vrees nie. Die kinders van Israel het eenmaal op die vlees vertrou toe hulle vir hulp na die Egiptenare gegaan het. Maar Egipte was hoegenaamd geen hulp aan hulle nie! Dit was nou 'n nasie - en 'n leierskap - wat hulleself volledig op God gewerp het.

Geliefdes, sien asseblief die hele prentjie: So lank as wat die mense eer aan die duiwel getoon het, het hulle ongemolesteerd gebly. Hulle het geen opposisie gehad nie, geen oorlog. Maar kyk wat het gebeur toe Hiskia in geloof uitgestap het na God toe - toe hy besluit het daar sal geen bevrediging meer van die duiwel wees nie; geen halwe dissipelskap meer nie; geen kompromie meer met wêreldse verbindinge nie, ongeag wat die prys was!

Die oomblik dat u die wêreld prys gee en u lewe volkome in die hande van die Here plaas, wees wakker! Hel sal teen u te staan kom. U sal 'n teiken van die duiwel word en onder die spervuur van die "man van sonde" kom. U sal swaar beproef word om te sien of u God regtig wil vertrou in alle dinge. Oral waar u kyk sal u die vyand teen u sien opstaan.

Die Assiriërs verteenwoordig vandag se "riglyne tot voorspoed en vooruitgang". Die duiwel sal sy weermag rondom u mure laat paradeer - kragtig, skitterend, klaarblyklik suksesvol in alles wat hulle doen - en u sal ingekamp voel soos 'n gevangene. "Toe stuur die koning van Assirië die tartan en die rabsaris en die rabsake . met 'n swaar lëer na koning Hiskia na Jerusalem toe" (2 Konings 18:17).

Kom ons dink na oor Satan se planne teen die oorblywende volk, diegene wat besluit het om alles aan Hom toe te vertrou. Die eerste skelmstreek van die "man van sonde" is om u toewyding aan die Here te bevraagteken. Die rabsake was die koning se ambassadeur, en sy naam beteken "dronk gesant". Hy bespot die goddelikes met die smaad. "En die rabsake sê vir hulle: . 'Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester? . Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?" (2 Konings 18:19-20). Die aanklag is, "God gaan jou nie uit die gemors kry nie. Jy is besig om onder te gaan. Jy is in die moeilikheid, en jou geloof gaan nie werk nie!"

Is u in die moeilikheid - diep moeilikheid? Het die duiwel al vir u vertel dat God u nie gaan red nie, dat u geloof te swak of te klein is en jy is so goed soos dood? Miskien is u op die oomblik werkloos, en u rekeninge is stadig maar seker besig om op te gaar. U is regtig bang omdat dit alles so hopeloos lyk.

U hoor die duiwel lag, "Ten spyte van u liefde vir Jesus, ten spyte daarvan dat u alles van die wêreld opgegee het, ten spyte daarvan dat u die regte dinge doen en God vertrou, gaan dit nog steeds nie werk nie! Nie vir u nie! U is daarvoor bestem om te faal. U gaan gebroke opeindig, deur krediteure agtervolg word en is nou oppad na selfmoord."

Luister hoe die duiwel in die Ou Testament praat. "Hoe sal jy dan die aanval van my enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan?" (Jesaja 36:9). Met ander woorde, sê hy; "Wat kan jy doen om die probleme te stop? Hoe sal jy dit maak as jy nie eens 'n maand vooruit kan sien nie, laat staan nog jou hele toekoms? Hoe kan jy enigsins oorleef as daar 'n weermag probleme oppad is bo-op al die huidige probleme? Glo jy regtig dat God 'n wonderwerk vir jou sal laat plaasvind en jou uit die groot gemors kry? Gee op, laat ons 'n ooreenkoms aangaan."

Nou voeg die duiwel 'n nuwe kinkel by - en hy vertel vir u God is die Een agter u probleme, nie die duiwel nie. Hy probeer om u te laat verstaan dat God u terugkry, dat Hy kwaad is vir u. Die vyand se boodskapper beweer, "Die Here het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit" (2 Konings 18:25).

Dit is die duiwel se geslepe leuen. Hy laat u glo dat God u verlaat het en u oorgegee het aan probleme en hartseer. Hy wil hê dat u moet dink dat al u probleme die resultaat is van God se straf op al u sonde van die verlede. Maar moet dit nie glo nie, nie in hierdie geval nie. Dit is net Satan wat daarop uit is om u te vernietig.

Ons God is 'n Verlosser, 'n Skuilplek. Jesaja sê dat Hy gestuur is, "Om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die Here, tot Sy verheerliking" (Jesaja 61:3).

Nee, u is nie besig om ten gronde te gaan nie! U is slegs onder die aanslag en is in die spervuur van die satan se leuens, omdat u jou hart daarop gesit het om die Here volkome te vertrou. Satan probeer om u geloof in God te vernietig.

'n Ander manier wat Satan sal gebruik om sy aanval op u te verskerp is om te probeer om u aandag te fokus op die oorwinnings wat hy in ander Christene se lewens behaal het. "Het die gode . ooit gered . waar is die gode .. dat hulle Samaria uit my hand kon gered het?" (2 Konings 18:33-34). Satan sal spog, "Ek het meer krag as jou God. Ek het julle grootste evangelis laat val en hom verlei in 'n verskriklike sonde in. Ek het sommige van hulle verander in geld-mal leuenaars. So wat laat jou dink dat jy van my krag kan wegkom?

Dit is dieselfde stem wat van Assirië gekom het: "Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die Here Jerusalem uit my hand sou red?" (2 Konings 18:35).

Satan sal u herinner aan al die Christene wat bely dat hulle God vertrou, maar wat ly as gevolg van hulle probleme, siekte en selfs dood. Hy sal ou en dierbare gelowiges aan u uitwys, miskien 'n ou weduwee, wat altyd in pyn leef en wat so min het om van te leef dat dit lyk asof sy daardeur gebreek word. Hy sal sê: "Hierdie mense het God vertrou, kyk wat het met hulle gebeur! Daardie gevalle televangelis was veronderstel om so naby aan die Here te wees, en kyk hoe het hulle geëindig! As predikers dit nie kan maak nie, hoe kan jy? Wat laat jou dink dat God jou gaan antwoord wanneer so baie geestelike Christene val?

Ek weet van een Pinkster prediker wat vir die leuen van die vyand geval het. Dit het gebeur toe hy eendag in sy predikant pa se klein mobiele huis gesit het. Sy pa was ouer as 75 jaar oud en sieklik, hy het geen spaargeld gehad nie en het dit finansieël skaars gemaak. Hy was wat bekend gestaan het as "preker arm". Die prediker het my vertel dat die duiwel vir hom gefluister het, "Sien hoe God vir Sy getroue herders sorg? Jy sal ook so arm soos hy eindig. Hy was en is goddelik - en tog eindig hy sy lewe in volslae armoede."

Op daardie oomblik het die prediker se seun homself belowe dat hy nooit arm sal wees nie. 'n Demoniese gees het van hom besit geneem, en van daardie oomblik af het hy 'n "wheeler-dealer" geword, en alles gedoen wat hy kon om die dollars te laat inrol. Hy het in twyfelagtige transaksies betrokke geraak. Hy het erken dat hy deur baie geeste gedryf is. Hulle het hom elke werksuur gejaag, en gesê, "Jy hoef nie arm te wees nie!"

Hierdie man is vandag nog steeds in die bediening, maar hy is uiterlik ellendig. Hy verloor geld links en regs, omdat al sy onderhandelinge op die ou end sleg uitdraai. Sy pa sal heel moontlik arm sterf maar gelukkig in die Here, terwyl hy heel moontlik hierdie aarde sal verlaat vol bitterheid en ongeloof.

U sien, een van satan se skelmstreke is om 'n fantastiese prentjie te skilder oor wat u lewe kan wees as u 'n ooreenkoms met hom maak; "Luister nie na Hiskia nie, want so sê die koning van Assirië: sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put, totdat ek julle kom haal na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde, 'n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hiskia nie, want hy verlei julle deur te sê: Die Here sal ons red" (2 Konings 18:3-32).

"Maak 'n ooreenkoms met my . kom uit na my toe," sê die stem van die duiwel. Met ander woorde, "Daar is geen noodsaaklikheid vir jou om 'n niemand te wees nie, geen noodsaaklikheid vir jou om onnodiglik te ly nie. Kom net uit jou nou suiwer, reguit pad uit en ek sal dinge vir jou regstel! Jy sal vooruitgaan! Ek sal jou al die geld gee wat jy nodig het - koring, olie, wyn. Geen rekeninge meer. Geen "net-net dit maak nie". Ek sal die bank vir jou oopmaak. Geliefde, moenie daardeur mislei word nie: Elke kompromie wat u maak in u wandel met Jesus is 'n "uitgaan" na die duiwel toe. U gaan 'n ooreenkoms met hom aan, u slaan 'n slag met hom - en u verkoop u siel in die proses. Wat 'n skewe verkoopsman is die duiwel nie! Hy vertel vir u, "net 'n klein transaksie en al jou probleme sal opgelos wees. Jy verdien 'n breuk. Jy het genoeg swaargekry en nou is dit jou beurt om dit te maak!"

"Totdat ek julle kom haal na 'n land soos julle land" (2 Konings 18:32). Hy sê, met ander woorde, "Jy kan God saam met jou neem! Jy sal 'n paar veranderings moet maak, maar jy sal nog steeds jouself wees. Dit sal nie seermaak nie. Jy kan dit alles joune maak - Jesus en 'n ooreenkoms.

Tog as jy dié leuen glo, sal jy van daardie oomblik af die duiwel se slaaf wees. Daar is nie 'n land van wyn en olie of paradys soos hy belowe het nie. Die oomblik as u uitgaan na hom toe sal hy kettings om u nek en hande slaan en u weglei na Babilon toe. U sal nooit kry wat u gedink het u sal kry nie. Inteendeel, u sal die sweep en ketting kry, gebreekte beloftes en wanhoop! U sal 'n slawedrywer vir 'n vader kry. Die bevredigende water wat hy u belowe het is eintlik vergiftig. Hier is die volle waarheid met betrekking tot kompromie. Dit sal vir u verblyf in die Betty Ford Hospitaal teweeg bring. Dit sal aan u die lot van Elvis Presley of John Lennon bring, wat die laaste vyf jaar van sy lewe as "hoog in die takke" deurgebring het. U sal onder algehele bindinge leef, 'n slaaf vir die duiwel en sy grille.

Laastens, as 'n laaste uitweg, sal satan vir u 'n dreigbrief stuur! "En toe Hiskia die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die Here, en Hiskia het dit voor die aangesig van die Here uitgesprei" (2 Konings 19:14).

Die boodskapper wat die brief afgelewer het was die duiwel se gesant. Dit was 'n brief van bespotting tot die lewende God, opgestel om God se mense met vrees te vul. Dit was die vleeswording van die duiwel se lag, toe hy hulle bespot het en gesê het. "Ek gaan julle afsny, julle 'n bespotting maak en alles in julle huise vernietig." Het u al jou eie brief van die duiwel afgekry? Daardie egskeidingsbrief wat u gekry het was satan wat vir u gesê het, "Lees dit, Mislukking! Wat is goed daarin om God te dien en jouself te verloën? Dit het nie jou huwelik gered nie. Dit is alles jou skuld. Dit kan voorkom word. Bedrieër! Mislukking! Gee op!"

Daardie trekpas by die werk was ook van die duiwel af, "So dit is wat jy kry as jy Jesus volg. Né? 'n Vinnige skop? Niemand wil jou hê nie. Jy is te oud, te veel van 'n was-gewees.

"Jy is besig om onder te gaan, jy gaan alles verloor wat jy het. Jy gaan nie meer huurgeld hê om vir jou familie te kan sorg nie. Jy is klaar!"

Of wat van daardie brief van die prokureur af? "Betaal nou of staar die finansiële gevolge in die gesig. Jou tyd is verby." Dit is 'n brief van skaamte en bespotting om te probeer om u angstig en ontsteld te maak.

En wat van daardie X-straal? Daar is dit in swart en wit; Jy het 'n terminale siekte VIGS! Kanker! Veltering! Dit is hopeloos. En Satan sê, "So jy glo Jesus maak gesond, dan nie? Wel, waar is Hy nou? Waarom moet jy nog ly? Waar is jou God? Jy't vir Hom alles gegee en kyk wat gebeur. Hy gee niks anders vir jou as net aanhoudende lyding nie?

'n Goeie besigheidsman vriend van my het onlangs 'n brief van die duiwel gekry. Dit was 'n rekenmeester se verslag wat gewys het dat 'n getroue werknemer honderde duisende dollars van sy maatskappy verduister het. Die volgende was die duiwel se woorde aan hom: "Lees my lippe. Dit help nie om regverdig te wees nie. Sien, dit is nou wat jy kry deurdat jy vir die Here gegee het. Jy bid, jy gee, jy loop die reguit en nou pad - en jy eindig met die verduistering van jou geld. Ha! Dit is nou vir jou 'n ooreenkoms! Waarom gee jy dit nie maar alles op nie?"

So wat doen u as u gekonfronteer word met 'n boodskap van die duiwel af? Eerstens, sprei die vyand se brief oop voor die Here, soos Hiskia gedoen het; "En Hiskia het dit voor die aangesig van die Here uitgesprei, en Hiskia het voor die aangesig van die Here gebid" (2 Konings 19:14-15).

Bid en soek die Here. Moet nooit met die duiwel praat of redeneer nie. Behou eenvoudig jou vrede en bly stil, soos die mense in die gedeelte gedoen het. "Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie, want dit was die bevel van die koning; Julle moet hom nie antwoord nie" (2 Konings 18:36).

U sien, God lees die brief en lag! "Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou, agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof" (2 Konings 19:21). God neem die brief persoonlik. Hy sê; "Duiwel jy het nie die brief aan My kind gestuur nie. Jy het dit vir My gestuur!" "Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!" (2 Konings 19:22).

Hy wat aan u vat, vat aan die appel van God se oog. God sê sy geliefdes is veilig en die duiwel kan hulle nie skade aandoen nie. "Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie. En ek sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My en My kneg Dawid" (2 Konings 19:32,34).

Gelowiges, dit maak nie saak hoeveel demone binneval nie, dit maak nie saak hoe die koninkryk van die duisternis dreig nie, die Kerk is veilig. Laat dit diep insink in u diepste wese van u hart; U is veilig. Die Here is daarop ingestel om jou te beskerm en vry te maak!

U sien, dit neem slegs een engel om 'n hele weermag demone te vernietig. "En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hulle klaarmaak - was dit almal dooie liggame" (2 Konings 19:35). "Die engel van die Here trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit" (Psalm 34:8).

Die Here het sy eie brief vir die duiwel geskryf in Psalm 46. En dit is so kragtig, dat wanneer u dit hardop lees alle duiwels in die hel sal sidder en inmekaarkrimp van vrees! Aandag "Man van sonde"; "God is vir ons 'n toevlug en sterkte" (Psalm 46:1). Ons God is nou teenwoordig. Hy is ons hulp nie net in die verlede nie maar ook 'n hulp vandag - in die midde van enige en alle probleme!

"Daarom sal ons nie vrees nie" (Psalm 46:2). Ons het nie nodig om te vrees nie. Ons God is 'n verterende vuur, 'n beskermer en 'n skild vir Sy kinders. Twee Timoteus 1:7 vertel ons; "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing." Hy is getrou en staan vas by Sy Woord.

"God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie" (Psalm 46:6). My liggaam is die tempel van die Heilige Gees, en Hy sê in die vers dat Hy in die tempel teenwoordig is! Christus Homself maak Sy woonplek in my hart en ek wil nie - inteendeel die vers sê, kan nie - geskuif of geskud word nie!

"Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel" (Psalm 46:7). Gaan voort - laat die heiden bruis! Laat al die koninkryke van die aarde geskud word en beweeg word. Ons God sal alle demoniese aanvallers vernietig.

"Wat die oorloë laat ophou . die boog verbreek en die spies stukkend slaan . die strydwaens met vuur verbrand" (Psalm 46:10). Hy is my weermag teen my vyande, teen die wat oorlog teen my maak. En Hy homself sal volledig al die duiwel se wapens teen my gemik afweer! "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie" (Jesaja 54:17).

"Laat staan en weet dat Ek God is" (Psalm 46:11). Ek sal stil wees en volkome rus in die wete dat Hy God is. Nie alleen dit nie, maar Hy is my God, my Verlosser, my Beskermer - die soewereine God oor al my sake. Ek is veilig, omring deur Sy teenwoordigheid in die tent van Sy liefde - en ek sal vas staan en Sy majesteit en heerlikheid aanskou!