Is jy ‘n Barmhartige Persoon?

“U barmhartigheid is groot, Here” (Psalm 119:156). “Genadig en barmhartig is die Here, langkmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het” (Psalm 145:8-9).

Ek wil vir jou die vraag vra, wat ek myself afvra: Is jy ‘n barmhartige persoon? Die meeste van ons sal antwoord, “Ek dink ek is barmhartig. Na die beste van my vermoë simpatiseer ek met hulle wat ly. Ek voel die pyn van my lydende broers en susters en probeer hulle help. Ek doen my bes om my bure te ondersteun in hulle nood. As mense my seermaak vergewe ek hulle en koester nie ‘n wrok nie.”

Ek glo dat alle ware Christene ‘n mate van barmhartigheid het teenoor hulle wat verlore gaan en wat seerkry. Ek dank God daarvoor. Maar die hartseer waarheid is, dat God se woord, in baie van ons, diep wortels van vooroordeel en ‘n beperkte begrip van genade ontbloot.

Die meeste godsdienste wat aanspraak maak daarop dat hulle God vrees, het ‘n leerstelling wat sê: “God se liefde en barmhartigheid is vir alle mense.” As volgelinge van Jesus praat ons so baie van sy barmhartigheid en goedertierenheid vir die hele wêreld. Maar die waarheid is:

Die meeste evangeliese kerke betoon nie eers God se barmhartigheid en liefde teenoor mekaar nie, of teenoor hulle wat van hulle afgestig en ‘n nuwe gemeente gevorm het nie.

In die laaste vyf jaar het ek ongeveer vyftig lande besoek en predikante konferensies toegespreek. Oor die hele wêreld het ek twis en onenigheid in die kerke raakgeloop wat nie liefdevol of barmhartig was nie. Ek dink aan Baptiste, Pinkster-groepe, Charismatiese en ander kerk groepe wat so liefdeloos teenoor mekaar is. Te dikwels weier hulle om saam te aanbid of selfs met mekaar te praat.

‘n Gemeente in ‘n sekere land het geweier om ons voorbereidingspan binne hulle deure toe te laat. Hulle het gesê hulle weier om met ons saam te werk terwyl ons met mense saamwerk wat van hulle vervreemd was.

‘n Groot hoeveelheid blanke kerke reik nie eers uit met God se genade na hulle swart broers en susters of Spaanse groepe of Puerto Rikane of ander etniese groepe nie.

Ongelukkig, is hierdie vooroordeel ook aanwesig in sommige etniese kerke. Die gemeente raak ongemaklik as daar blankes inkom. In sommige plekke is dit die onuitgesproke kode: “Dit is nie jou plek nie. Jy is nie welkom hier nie.” Dit gebeur oral oor in die wêreld. Ek weet dit gebeur hier in New York.

Selfs onder toegewyde gelowiges, is daar ‘n beperkte genade wat nie uitreik na sekere soorte sondaars nie.

Daar is baie mense vir wie God se genade beperk is, as gevolg van die houding van baie Christene. Ek dink aan prostitute wat in goddelose hoerhuise werk. Ek dink aan mense in Afrika en ander kontinente wat by die duisende sterf aan VIGS. Ek dink aan homoseksueles wat oneindige hartseer verduur en geestelike foltering wat hulleself buite weste drink om die pyn te verdoof.

Ja, ek glo dat homoseksualiteit sonde is, en dat die Bybel dit verdoem. Ja, ek glo dat die loon van die sonde in hierdie wêreld siekte en die dood ten gevolg het. Maar ek kan nie glo dat God enigiemand wat na Hom uitroep vir Christus se genade en liefde, uitgesluit sal word van God se genade nie.

Wat ek in die Skrif lees, bewys vir my dat my Verlosser, nooit die desperate uitroep van ‘n prostituut, ‘n homoseksueel, ‘n dwelmslaaf of ‘n alkoholis, wat aan die einde van homself gekom het, sal verontagsaam nie. Sy genade is onbeperk, oneindig. Daarom kan ons, as sy kerk – die liggaam van Christus op aarde – niemand verstoot wat uitroep vir genade en vrymaking nie.

Daar is ‘n neiging in ons harte wat soos diep riviere ‘n wal van vooroordeel, oor die jare, uitkerf.

Ons mag selfs nie eers bewus wees van die neigings nie, tot ons skielik daarmee gekonfronteer word en ons, ons eie harte sien. Soos jy dit in jou eie lewe sien, vra ek jou weer: Is jy ‘n barmhartige mens? Sag en liefdevol? Ek dink baie lesers sal sê: “Ja.” Maar vra vir hulle familie, hulle mederwerkers, hulle vriende en bure, jou anderskleurige vriende – en kyk hoe hulle reageer.

Sê vir my, waar is die stem van die kerk in al hierdie dinge? Luister goed: die oue, die bevooroordeelde, die koppige, verdeelde organisasie wat ons die kerk noem, is nou soos “Silo”, “Ikabod” – “die heerlikheid is weg!” die Heilige Gees wil niks te doen hê met hierdie ou wynsakke nie. Hulle het lank reeds die salwing verloor van die oorspronklike roeping.

Laat daardie dooie ou sisteem wat homoseksueles trou en wat die goddelikheid van Christus vertrap, hulle eie pad vat, weg van God af. Hulle preek verdraagsaamheid, wat heeltemal anders is, as wat die Skrif genade en barmhartigheid van God, noem. Daar is nie verdraagsaamheid nie, maar blindheid; en dit het die organisasie alle krag van die Evangelie, ontneem. Hulle het geen plek in God se plan vir hierdie laaste dae nie.

Mag sulke kerke en bedienings hulle bekeer. Die Here se genade reik altyd uit, maar hy het dié heeltemal verlaat, wat voortgaan om sy waarheid te verwerp.

Hierdie kerk van die laaste dae kom voort uit “vurige oonde” en dae van vervolging. U vra wat beplan God om te doen?

Wat ek sien, is dat die Heilige Gees aan die werk is om mense tot totale gebrokenheid te bring. Hy lei hulle tot ‘n openbaring van die swakheid van hulle eie vlees sodat Hy homself sterk sal kan bewys. Ek sien dat Hy sy mense tot aan die einde van hulle selfvertroue bring, dat Hy hulle hardkoppigheid en eiewilligheid verbreek totdat hulle hele wese uitroep: “Laat sy wil geskied,” Ek sien dat Hy sy geliefdes na sulke moeilike toetsgronde lei, dat net ‘n wonderwerk hulle kan bevry. Hierdeur, raak hulle geheel-en-al, afhanklik van die Heer, vir alles.

Beskryf dit jou situasie? Miskien stap jy al die pad saam met Jesus vir jare, maar jy was nog nooit met so ‘n toets gekonfronteer soos nou nie. Oorweldigende dinge kom op jou af, dinge wat net God iets aan kan doen. Jy weet, net Hy, kan jou deur hierdie dinge bring.

Op die oomblik is die Moslems besig om voor te berei vir ‘n finale jihad, om die wêreld oor te neem vir Allah. Moslem opleidingskampe word reg oor die wêreld opgerig met ‘n boodskap van haat, gekenmerk deur genadelose onthoofdings.

Tog is die Here ook besig om sy mense op te lei, mense wat Hy gaan gebruik om die woede van hierdie wêreld die hoof te bied. Hoe gaan Hy dit doen? Hy lei hulle op en rus hulle toe met liefde, genade en vrede. Ons God is ‘n God van liefde, Hy sal nie bomme, gewere en selfmoord spanne gebruik nie; maar oorwinnende mense wat vreesloos glo in die Heer van barmhartigheid en genade.

Oral oor in die wêreld ervaar God se mense lyding, beproewing en marteling meer as ooit tevore. Ek is seker daarvan dat daar ‘n goddelike doel is met die intensiteit van die geestelike en fisiese stryd, wat deur die ware liggaam van Christus, ervaar word. “Die Here is vir almal goed en Hy is barmhartig oor al sy werke” (Psalm 145:9).

Ons Here het al die tyd ‘n plan gehad. God het self afgekom en Hy het die vorm van ‘n mens aangeneem, en onder sondige mense kom woon. Hy het hulle haat verduur, hulle verwerping ervaar, ondenkbare skande aanvaar en deur dit alles nooit terug geveg nie.
Jesus het nooit leërmagte van wraak-en haatgevulde jihadiste op die been gebring nie. Hy het geen menslike wapens gebruik nie. Inteendeel hy het vestings verower met sy magtige genadewerk. Ons Heer het net een oorlogs-strategie: teer, barmhartige liefde. Werklike liefde is die dryfvere agter al sy werk op aarde. Hy is die volle uitdrukking van God se liefde: “Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting” (2 Korintiërs 1:3).

Jesus het dit verdra dat sy vyande hom mishandel het, bespot het, selfs liggaamlik gedood het. En toe Hy uit die graf opgestaan het, doen Hy dit as die gesalfde hoof van ‘n nuwe kerk, ‘n nuwe soort mens. Hier was nou ‘n liggaam met baie liggaamsdele wat bestaan het uit alle rasse en nasies: Jode, heidene, Mohammedane, Boediste, enigeen wat Christus as Heer erken. Hulle sal almal verenig word in een mens, een liggaam wat ‘n nuwe mensdom sal verteenwoordig. En op die laaste dag, sal hulle almal opstaan in een mens, Jesus.

Geliefdes, as jy in Christus is, dan is jy deel van sy liggaam. Jy is ook deel van die laaste dae-werk van die Here. Sien, hierdie nuwe mens is vandag God se belangstelling op die aarde. Soos Christus op die aarde was, so sal almal wees wat deel van sy liggaam is. Net soos Jesus die openbaring was van die Vader se liefde en barmhartigheid vir die verloregaande wêreld, so moet almal wat in Christus is, hierdie selfde barmhartige liefde, uitleef.

Paulus sê dat die lyding wat die liggaam van Christus ondergaan “bo hulle kragte gaan, sodat hulle selfs die hoop om te bly lewe laat vaar het … asof die doodvonnis oor hulle uitgespreek was” (1:8-9). Hoekom is dit so?

Dit is so, sodat ons deelgenote kan word in die vertroosting, hoop en bemoediging in hierdie moeilike tye kan ervaar. Sodat ons hulle wat alle hoop verloor het, kan bemoedig. Hoe donkerder hierdie dae word, hoe meer sal die wêreld die soort vertroosting, hoop en liefde nodig hê. Mense moet sien dat daar andere is wat deur hierdie stryd gegaan het en behoue anderkant uitgekom het. Dit is die getuienis van die kerk van die laaste dae.

Die feit bly staan dat God met ‘n enkele beweging elke geveg kan eindig, elke wêreldleier kan vernietig, al die werk van die duiwel kan tot niet maak. Hy het legioene van engele om dit te doen. Eenmaal het hy ‘n magtige engel opdrag gegee om binne enkele ure 185,000 vyandelike troepe wat teen Israel opgetrek het, te vernietig. Hy het twee engele gebruik om Sodom in een nag tot niet te maak. Hy kan dit vandag nog doen. Dieselfde engele staan nog gereed.

Jesus se dissipels het dit geweet, hulle wou hê Hy moes vuur uit die hemel op die ongelowige Samaritane afroep. Jesus het vir hulle gesê: “Julle weet nie van watter gees julle is nie” (Lukas 9:55).

Ek wil vir jou vra: in hierdie angsvolle dae, weet jy van watter gees jy is? Wat doen vandag se koerant-opskrifte aan jou hart? Gaan jy onder in die politieke modderbad van die media? Word jy harder, meer skepties, meer agterdogtig, meer wraaksugtig? Of word jou hart sagter, meer liefdevol?

As ek hierdie vraag vra, verwys ek na alle gelowiges, almal wat in die bediening staan, almal wat profeteer, almal wat vol is van ywer vir die Here se werk, enigeen wat ‘n heilige lewe verkonding, enigeen wat met die Heilige Gees gesalf is. Kan so ‘n persoon met sy godgegewe werk voortgaan met ‘n onaangeraakte hardheid in sy hart? Is dit regtig moontlik om Christus se beeld te dra en nie ‘n sagte hart te hê nie?

Ja, dit is waar van baie Christene. Buitendien is dit ‘n saak wat vir God so belangrik is dat Hy vir ons ‘n hele boek in die Bybel gegee het wat hiermee deel. Die boek is Jona, en alles waaroor ons tot hier toe gepraat het, word meegedeel in hierdie boek.

Die meeste Bybel studente stem saam dat Jona die skrywer van die boek is. Dit is ‘n godvresende man se onverbloemnde belydenis oor sy eie hart. In daardie tyd was Jona ‘n bekende en geërde profeet in Israel. Ons lees van sy bemoedigende profesie dat God Israel gaan verlos van die bittere onderdrukking van sy vyande.

Tog wys Jona homself in hierdie boek as ‘n skynheilige, selfsugtige, ongehoorsame dienaar van God. As skrywer probeer Jona nie sy tekortkominge verdoesel nie. Die boek is ‘n poging om elke gelowige te waarsku teen hulle eie skynheiligheid, en vooroordeel met betrekking tot God se genade.

As ‘n Jood was Jona groot gemaak om die mense van Nineve te haat. Hierdie aartsvyand van Israel was iets soos Iran vir die VSA vandag. Nineve was daarop uit om Israel te vernietig, en was ‘n permanente bedreiging vir Israel se voortbestaan. Dit was ook ‘n gemeenskap waar onuitspreeklike kwaad gewoeker het. Jona was opgevoed om Nineve te sien as ‘n slegte, gemene stad, die vyand van sy eie nasie.

Toe word Jona deur God beveel, “Gaan na Nineve en preek teen hulle boosheid.” Die profeet moes die mense van Nineve waarsku dat oordeel oor hulle boosheid kom.

Maar Jona wou Nineve nie waarsku nie. Hy redeneer met die Here: “ek weet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, langkmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil” (Jona 4:2).

Deur sy optrede sê Jona: “Here, hoekom moet ek vir hierdie mense preek? Hulle is ons vyande. Hulle moet vernietig word. En ek weet, as hierdie mense hulle bekeer sal U hulle skotvry laat. Ek sal soos ‘n gek lyk! Niemand in Israel sal weer na my luister nie. Die mense van Nineve sal my uitlag. Ek sal ‘n wêreldbekende gek word. Die verhaal van my fout, sal oor die wêreld versprei.”

In plaas daarvan om te preek, vlug Jona. Hy bestyg ‘n skip wat wegvaar van Nineve af. Dit was ‘n daad wat sy eie vooroordeel in verband met God se genade, wys. Eenvoudig gestel, Jona was nie bereid om toe te sien dat God se genade uitreik na die vyand nie.

Baie Christene maak vandag net soos Jona. Hierdie man het geglo in God se genade teenoor sy eie volk, Israel, soos die ander profete. Hulle roep, “Here, kom seën ons land. Stuur U liefdevolle barmhartigheid oor Israel.” Jona het nie met hierdie liefdevolle barmhartigheid uitgereik na Nineve nie. Hy kon God se genade nie sien, teenoor enige land wat Israel se vyand was nie.

Toe die skip waarop Jona was, deur ‘n wrede storm geteister word, vra Jona dat die bemanning hom in die see moet gooi. Ons ken almal die storie: “En die Here het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk” (Jona 1:17). ‘n Groot vis moes die skip gevolg het, en dié sluk Jona in. Vir drie dae en drie nagte was Jona in die maag van die vis, terwyl hy uitroep “diep uit die doderyk” (Jona 2:2). Hy bely: “God het dit gedoen. Hy het my in hierdie plek gegooi!”

Sommige lesers sê miskien, “Ek is nie soos Jona nie. Ek is ook in ‘n krisis, ek verduur pyn soos nog nooit tevore in my lewe nie. Dag na dag roep ek uit hierdie lewende dood. Ek is oorweldig deur vrese, en storms oorstroom my. Maar ek is nie Jona nie. Ek hardloop nie weg van God af nie. Ek is ‘n gehoorsame dienskneg. Ek sal nooit sê: “God doen dit aan my nie.”

Ons mag aan ons toetsings as God se loutering of as geloofstoetse dink. Tog bly die feit staan, “Menigvuldig is die teenspoed van die regverdige” (Psalm 34:20). Ons kan verseker wees dat die Here hierdie dinge toelaat in sy alwetende liefde vir ons. “Die Here tugtig die wat Hy liefhet” (Hebreërs 12:6). Wat ookal met ons gebeur, daar is ‘n goddelike doel daarmee, en dit gebeur alles deur God se liefdevolle genade.

Soos Jona, sien ek duideliker wat die Here in my wil bewerk. Dit is dieselfde ding wat Hy met Jona in die vis se maag uitgewerk het. Ja, werklik, dit is dieselfde ding wat Hy met al ons toetse wil bewerkstellig.

Wat is dit? Die Here het probeer om Jona se hart sag te maak en hom volkome van God afhanklik te maak. Die Here soek ‘n profeet wat sonde haat en waarsku teen die komende oordeel, maar wat sag en genadig sal wees teen almal wat hulle bekeer. Kortliks, God wil uit sy laaste-dae gelowiges se harte, alles pluk wat hard en selfversekerd is.

Daarom het God besluit om Jona in ‘n situasie te laat beland waar niks en niemand hom kon help nie. Dit was ‘n plek buite bereik van liefde of genade van familie, vriende of profete – ‘n plek van oënskynlike dood. Jona moes gestroop word van alle menslike hoop. Dit is wat die profeet bedoel wanneer hy skryf: “U het golf na golf oor my laat gaan” (Jona 2:3). Wat hy sê is: “Dit is ver oor my kop. Net ‘n wonderwerk kan my nog red.”

As Jona op daardie plek gekom het, dan stort God sy genade op hom uit. En Hy hernu sy dienskneg se roeping en salf hom opnuut.

Daar moet iets van God se barmhartigheid in elke dienskneg van Hom wees wat profetiese uitsprake gee. Dit is een van die lesse wat God vir Jona wil leer. As enige dienskneg van God ‘n profetiese uitspraak moet gee, moet daardie woord uit ‘n wenende, gebroke hart kom. En dit moet gegee word uit ‘n hart wat in waarheid kan sê: “Ek wil liewer ‘n gek in die wêreld se oë wees, eerder as dat die woord bewaarheid moet word.”

Vir jare het ek gepraat oor ‘n 1,000 vure wat na New York oppad is. As hierdie woorde waarlik van God kom, moet sy genade in my hart wees wanneer ek dit uitspreek. Eers moet ek gewillig wees om te glo dat dit nie sal gebeur nie, weens God se barmhartigheid. Ten tweede moet ek gewillig wees om belaglik gemaak te word, sodat God se barmhartigheid en genade verhoog kan word.

Soos ons verder lees in Jona, sien ons dat hy besig is, om in Nineve, op straat, te preek. Hy roep uit sodat daardie slegte mense kan hoor “julle het net veertig dae oor, dan sal julle stad geoordeel en vernietig word.”

Kort hierna, tref ‘n vloedgolf van berou die mense van Nineve. Die mense van Nineve het uitgeroep tot God. “Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle, hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy oor hulle wou bring en dit nie gedoen nie” (Jona 3:10). God het Nineve gespaar omdat hulle, hulle bekeer het.

Hoe reageer Jona teenoor hierdie ommekeer? Dit het hom baie kwaad gemaak. Hy bid tot God: “Laat ek nou maar sterf, Here want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe” (Jona 4:1-3). Jona was nou moedeloos. Wat het gebeur? Hoe kon hy kwaad wees oor so ‘n verstommende bewys van God se lankmoedigheid en genade?

‘n Mens sou dink dat na alles wat Jona deurgemaak het, sou hy vir Nineve bid: “Here, U het U genade aan my betoon. U het my liefgehad toe ek gerebelleer het. Kan U nie dieselfde doen vir hierdie bose stad nie? Kan U nie die baie kinders spaar nie? Kan U nie aan hulle dieselfde genade betoon as aan my nie?

Dit is nie wat gebeur het nie. Jona het deur sy beproewing gegaan, sonder dat sy hart versag het. Dit gebeur omdat Jona God se genade teenoor hom nie raak sien nie. Hy neem God se genade as vanselfsprekend aan. Hy laat nie toe dat dit sy hart aanraak en hom sag maak teenoor andere nie.

Toe Jona hierdie boek geskryf het, het hy nie sy eie boosheid verbloem nie. Sy storie is ‘n belydenis, asof hy wil sê: “Kan julle glo dat ek nog so hard kan wees, so ongevoelig en onvergewensgesind, na al die onverdiende liefde en genade wat God aan my bewys het? Wees gewaarsku: moenie, God se genade aan jou vergeet nie. Ek het kwaad geword omdat hulle wat my teengestaan het, nie geoordeel is nie. Ek het gedink: “Hulle kom weg daarmee.”

Was hierdie houding al ooit in jou hart? Het iemand jou verkeerd behandel, en is jy woedend van binne, omdat dit nie lyk asof daardie persoon ‘n prys betaal vir sy optrede nie? Vra jouself: hoeveel liefdevolle genade het ek ontvang? Hoeveel sondes in jou lewe het God met sy liefde en genade bedek? Ek bewe as ek dink dat ek soveel liefde en genade ontvang het en nie op my beurt genadig was nie.

Jona sluit nie sy boek af met ‘n oorwinnende getuienis nie. Hy eindig deur te wys dat God hom in liefde vir sy gebrek aan liefde teenoor ander. Jona sê vir die wêreld: “Ek het nie my les geleer nie, maar God is nog besig met my.”

God is met ons almal besig. Ek is oortuig daarvan dat God hierdie boodskap aan die Christene van die laaste dae wil stuur. Elke vreeslike, verkeerde en bose ding wat tans op die aarde gebeur is deur Satan ontwerp om mense se harte te verhard. Aan die anderkant is God weer besig met hierdie hart sake waaroor Jona skryf. Terwyl die Moslems en ander godsdienste in toenemende mate harte laat verhard, is God deur sy Gees, besig om die ware Liggaam van Christus, sag en sterk te maak deur lyding.

Dit is ‘n getuienis vir ‘n koue, treurende wêreld. Ons kan sê: “Ek het Christus beproef. Hy is genadig en barmhartig. Hy het my deur alles liefgehad.”

Sy liefde en genade kan ook joune wees, dit maak nie saak hoe groot jou sonde is, en hoe hopeloos dit lyk nie. Hy kan jou deur genade laat seëvier.