Jou Geloof Gaan Deur die Vuur

David Wilkerson

“Sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus” (1 Petrus 1:7).

‘n Baie verwarde jong herder wie se geloof verpletter was, het my die afgelope week geskakel vir gebed en berading. Hy was gered tydens die hippie herlewing van die laat sestigs en is in die bediening vir meer as 15 jaar. Oor die jare het hy diep beïndruk geraak met die TV evangeliste en hulle sukses om die massas te bereik. Deur soortgelyke metodes te gebruik, het hy ‘n kerk van amper 300 opgerig.

Toe sekere TV evangeliste ondersoek was en sommige in sonde uitgevang is, het sy geloof gesteier. Terselftertyd, het die leerstelling van voorspoed begin om beide hom en sy gemeente te ontnugter; en verdere vertwyfelinge het ingesluip.

Toe het hy betrokke geraak by ‘n onafhanklike groep wat geglo het hulle verteenwoordig die nuwe beweging van God op aarde – profete! Almal het vir almal geprofeteer. Die meeste van die profesië het nie uitgekom nie, maar sekere betekenisvolle profesië het wel en dit het hom beïndruk. Hoe kon dit verkeerd wees as sommige van die profesië uitgekom het? Maar daar was iets wat aan sy siel geknaag het wat vererger het toe hulle gekoreografeerde ballet in die konvensies en geassosieerde kerke ingebring het.

Hy het een van hierdie konvensies onlangs bygewoon en moes uitloop, omdat dit ‘n sirkus was van persoonlike gevleiery in die naam van profesie. Die leiers sou opstaan en groot dinge oor mekaar profeteer, asof ‘n onsigbare gees gesê het, “Profeteer goeie dinge oor my en ek sal goeie dinge oor jou profeteer!” Dit was vleeslik, selfverheffend en ligsinnig. Hy het die plek verlaat, totaal verpletter in sy geloof. Nóg ‘n veronderstelde beweging van God was niks anders as ‘n teleurstelling nie.

Hy het gesê, “My kerk sal saam met my vir ure aaneen staan en in tale spreek oor ons stad: terwyl ons vestings, owerhede en magte bind. Ons het die vyand gebind van die ooste, weste, noorde en suide, maar die stad word net erger. Daar is geen teken van ‘n verandering nie!

“Ek hoor baie stemme. ‘n Maand gelede het ‘n sagte stem vir my gesê, ‘My seun, van hierdie dag af stel ek al die fondse vry wat jy nodig het. Jy sal nooit weer fondse kortkom nie!’ Dit het nooit gebeur nie en die finansiële situasie het net erger geword. Nou is ek bang om na enige stem te luister: Ek twyfel die geldigheid van tale en ek wil nie meer enige vals profesië hoor nie.”

Hy het voortgegaan, “My geloof wankel. Ek het die Here lief, maar ek weet nie meer hoe om te glo nie. Ek voel so uit my plek uit. Ek dink soms dit gaan net net Jesus en ek wees, omdat ek so bang is om in nog ‘n misleiding te verval.”

Hierdie herder se beproewing van geloof is nie ‘n geïsoleerde belewenis nie. Tans verduur menigtes van God se kinders die ergste beproewings van geloof sedert hulle tot Christus gekom het. Hulle geloof is in die vuur van beproewing gewerp!

Satan het ‘n kragtige aanval opgestel teen die geloof van die uitverkorenes. Dit sal net erger en meer intens word in die moeilike dae wat voorlê. Petrus waarsku van ‘n “’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge” (1 Petrus 1:6).

Paulus het vir Timótheüs geskryf en gesê, “Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs...sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely” (1 Timótheüs 1:18-19). Ons moet stry om ons geloof te behou. Ons kan nie moed verloor wanneer die vurige beproewings kom nie, ander sal dit ly tot skipbreuk.

Die kinders van Israel het hulle “beproewing van geloof” gefaal.

Toe die vuur toegedien is en die toets meer intens geword het, het die Israeliete gevou en oorgegee aan ‘n gees van ongeloof.

“Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie” (Hebreërs 3:7-19).

Hulle geloof het nie “kosbaarder as goud” voortgekom nie, maar liewer, die vuur van beproewing het veroorsaak dat hulle in ongeloof verhard het. Die lyke van ‘n hele geslag het in die wildernis geval. Hulle het op die ou end blinde, bitter, godverlate mense geword wat vol ongeloof was. “En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie” (Hebreërs 3-7-19).

Geloof is nie die afwesigheid van benoudheid en smart nie!

Dit is nie ‘n uitdrukking van twyfel om uit te roep of verpletter te wees deur ‘n probleem nie. O, watter gedagtespeletjies speel ons elke keer wanneer ons een of ander groot beproewing of toets beleef. Ons ontken ons gevoelens en probeer alle gedagtes van angs uitwis. Sommige kners op hulle tande, haal diep asem en tree ongesteur op, nie ontsteld nie; en hulle sê met ‘n glimlag, “My hart is gerus; ek glo; ek is piekfyn, alles gaan goed.” In die tussentyd veroordeel hulle hart hulle omdat hulle in werklikheid swaarmoedig en beangs is.

Petrus het met Christene gepraat “wat in die krag van God bewaar word deur die geloof.” Hulle het grootliks in die Here gejuig; maar hulle word “nou ‘n tydjie bedroef onder allerhande beproewinge.”

Om “bedroef” te wees, beteken in groot angs, smart of droefheid. Jesus, in Getsémané, het droefheid en swaarmoedigheid te kenne gegee. “...en [Hy het] begin bedroef en benoud word. Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef...” (Matthéüs 26:37-38).

Angs en twyfel is nie dieselfde ding nie. Twyfel is die geloof of die vrees dat angs sal oorwin, dat dit sal oorweldig en vernietig – dat die beproewing jou tot ‘n val sal bring.

Geloof is die middel waardeur ons uit ons angs uitkom. Dit is die vaste geloof dat “die kort tydjie” van droefheid, of die uur van versoeking jou nie sal skade doen, oorwin of vernietig nie. Geloof rus op die belofte dat God ‘n uitkoms sal gee.

Angs mag my dalk skielik oorval in die vorm van onvoorsiene demoniese aanvalle, storms wat die golwe onstuimig maak en teen my skip slaan en veroorsaak dat ek ‘n tydjie van swaarmoedigheid of oomblikke van paniek beleef. Maar ek kyk na Jesus en geloof sê, “Ek is in geen gevaar nie, omdat Jesus saam met my in die boot is!”

Geloof kan nie geskei word van God se ewige plan nie.

Kanaän was ‘n tipe of voorstelling van God se ewige plan. Van die begin af, het God gesoek na ‘n volk wat Hy kon “inbring” in Sy rus in, na ‘n volheid in Jesus.

“Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatrus oor vir die volk van God” (Hebreërs 4:8-9). Wat God belowe het, is steeds meestal onopgeëis!

God se plan is nie bloot om mense te verlos van hulle sonde en hulle uit Egipte te bring om hulle lojaliteit in die wildernis te toets nie – dit is nie eens die helfte daarvan nie. God is geïnteresseer in baie meer as om jou uit een of ander huidige krisis uit te haal waarna jy kan getuig, “Hy het my uitgebring! Hy het my verlos! Dit was in ‘n hopelose situasie en God het ‘n weg gemaak!” Nee, dit is nie dit nie! Daar is ‘n groter heerlikheid.

God se ewige plan is om vir Christus ‘n volk te bring vir wie Hy al is wat hulle ooit sal nodig hê. Hy moet die einddoel van hulle geloof wees.

Hy is ‘n liefdevolle Vader en sal jou nie meer laat ly as wat jy in staat is om te verdra nie, maar sal vir jou ‘n uitweg maak tydens enige versoeking – maar dit is nie genoeg nie! Om bloot jou beproewings te ontvlug, is nie die triomf van geloof nie.

In tien verskillende krisisse, het die Israeliete die Here getrou bewys om hulle te verlos; maar steeds was hulle nie “in die land” nie. Hulle het Hom nie geken of sy weë verstaan nie.

Baie van ons, nes die kinders van Israel, is keer op keer verlos uit een moeilikheid na die ander, en onsself “buite” gevaar bevind maar nie “in” die rus nie. Ons het Jesus nog nie geleer ken nie en weet nie hoe om in Hom te rus nie, want ons faal om God se ewige plan in hierdie dinge te sien. Ons beproewings is nie per ongeluk nie, dit word deur God toegelaat, omdat Hy iets binne-in ons probeer vorm. Hy het ‘n plan en doel en dit is op pad êrens heen met ons.

Wanneer ons in beproewings of moeilikheid beland, is ons reaksie, “Oeps! Ek moes God bedroef het. Ek het iets verkeerd gedoen en nou betaal ek vir watter sonde of mislukking dit ook al was.” Wat egter belangriker is as waarvandaan die beproewing kom, is hoe ons daarop reageer.

Die reuse in die beloofde land was nie ‘n gevolg van Israel se sonde nie, en ook nie die ommuurde stede of ysterwaens nie. Dit was geleenthede om die Here se krag en mag in die triomf oor die vyand te sien. Baie van ons beproewings is nie die gevolg van persoonlike mislukking nie – maar, soos die reuse, is dit vyandige magte van die duiwel om ons buite die plek van rus in Christus te hou.

Die rede waarom ek so ernstig gekant is teen die hedendaagse evangelie van voorspoed, is omdat baie daarvan geskei is van God se ewige plan, wat is om verander te word in heiligheid na die beeld van Christus. Jy kan nie die melk en heuning, die goeie dinge wat belowe is kry, todat jy “in die land” is nie. Baie van ons wil al die seëning hê sonder om in te gaan, sonder geestelike oorlogvoering en oorwinning oor die vlees, wat van ons verwag om Sy lewe te betree!

Die rykdom is alles in Christus Jesus. In Hom woon al die volheid van die Godheid; en wanneer jy waarlik in Christus ingaan, dan ontdek jy die ware rykdom. Ons mis die punt heeltemal as ons dink Israel se erfdeel was eiendom. Dit was baie, baie meer. Die Here self sou hulle erfdeel wees.

Hy het hulle gebring by ‘n plek waar hulle geleentheid sou gehad het om totaal toegewy aan die Here te leef met geen ander bron om in al hulle behoeftes te voorsien nie. Dit was ‘n plek waar God Homself kon openbaar as algenoegsaam.

“Sommige [moet] daar ingaan” (Hebreërs 4:6). Dit is steeds God se doel vir ons – om ons in te bring, in Jesus in en by ‘n plek van totale afhanklikheid met geen vertroue op die vlees nie.

‘n Kaleb-Afdeling

In Númeri 13 en 14 vind ons die taal en definisies van ongeloof en ware geloof. Die tien verspieders wat die land binnegaan het, pas teruggekeer met ‘n verslag van wat hulle gesien het. “Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dit is sy vrugte. Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot” (Númeri 13:27-28).

Kaleb, die stem van geloof, het vir die mense gesê, “Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.”

Die volk het uitgeroep in vrees en ongeloof, “Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne. Ons het daar ook die reuse gesien” (Númeri 13:31-33).

Dit is die taal van ongeloof. “Ons sal nie in staat wees om dit hierdie keer te hanteer nie! Die krisis is anders. Dit sal ons verteer! Daar is geen hoop om op te staan teen hierdie vyand nie. Ons het ander oorwinnings beleef, maar hierdie situasie is groter, te moeilik vir ons!”

Die gevolg was dat ‘n uitroep van ongeloof van die hele gemeente opgegaan het, “Laat ons teruggaan. Ons sal dit nie maak nie. Daar is te veel sterk vyande, ons kan nie ingaan nie!” (sien Númeri 14:1-4).

En weer – geloof spreek, “Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n buitengewoon goeie land. As die HERE ‘n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning” (Númeri 14:7-8). Alhoewel die kinders van hierdie ongelowige geslag wel later ingegaan het – het hulle nooit die land ten volle besit nie. As hulle in die ware rus ingegaan het, sou die Here nie steeds gepraat het van ‘n onopgeëisde rus nie.

Daar bly steeds vir ons ‘n plek in Christus waar ons rus van ons werke en eie pogings: ons hou op om op mense te vertrou; ons hou op manipuleer, sukkel, en strewe na dinge om te gebeur. Voor die Here kom, moet Hy ‘n volk hê wat ingaan, ‘n volk wat geloof sal gebruik om alles af te breek wat hulle van die volheid van Jesus weghou.

Dit is waaroor die toetsing gaan. God wil weet wat in jou hart is. Is dit ‘n vrees vir reuse en ‘n begeerte om terug te gaan Egipte toe of ‘n oorgawe aan die Here en Sy sorg vir jou? Satan wil nie ‘n volk hê wat rus van hulle eie werke en heeltemal op Jesus as Here vertrou nie.

Kaleb het God se planne verstaan. Hy het geweet dat die vyand geen krag gehad het om God se volk te keer om in te gaan as hulle in geloof uitgestap het nie. “Wees nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie” (Númeri 1:9).

Satan gebruik daardie reus van ‘n moeilikheid wat jy beleef, nie om jou onder te hou nie, maar om jou buite te hou! Dit is nie ‘n geïsoleerde beproewing nie; dit is alle hel wat losbrand om jou te keer om in die volheid van Christus in te gaan, na ‘n plek van rus, ‘n lewe van vertroue en ‘n wandel van vrede onder Sy heerskappy.

Die hele hemel en hel hou jou dop waar jy op die rand van die Jordaan staan. Hoe sal hulle jou sien kyk na die toekoms? Sal jy in ongeloof kyk en sê, “As om die hele pad met Jesus te stap een groot stryd met pyn, hartseer en soveel reusagtige probleme is...gaan ek terug! Ten minste kan ek partytjie hou en drink en bedwelm word en ‘n bietjie vrede vind.”

Of, sal geloof oorwin en jy sê, “Ek sal nie wederstrewig wees nie! Ek sal nie vrees wat ‘n mens aan my kan doen nie! My vyande het geen mag nie, want hulle mag is gestroop! Deur geloof sal my God hulle verslind, want God is met my. Ek gaan in!”

Om met Jesus verder te gaan, is ‘n baie ernstige saak by God.

“Toe sê die hele vergardering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel. Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou ‘n groter en sterker nasie maak as hulle” (Númeri 14:10-12).

Moses het ‘n beroep gedoen op God se lankmoedigheid en groot barmhartigheid toe hy gebid het, “Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid...Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord. Maar...” (Númeri 14:19-21).

Wat ‘n tragedie! Om vergewe, vrygespreek, en tog in ‘n droë, wanhopige wildernis agtergelaat te wees en verhoed word om in die land van belofte in te gaan.

Jy het seker al gehoor van die leerstelling van ewige versekering: “Eenkeer vergewe, altyd vergewe.” Dit is nie die kwessie nie. Die kwessie hier is nie vergifnis nie, maar om verder te gaan in die erfenis van Christus in. Daardie kinders van God was ten volle vrygespreek – maar weens hulle ongeloof, hulle onwilligheid om verder te gaan, om in te gaan – het hulle die res van hulle lewens deurgegaan vergewe, maar beroof van intimiteit. Hulle het slegs ‘n dooie godsdiens gehad, ‘n vorm van goddelikheid sonder krag. Hulle was ‘n vergewe volk met nêrens om heen te gaan nie.

Hulle sal nooit die heerlikheid van die Hoof van die Here se leërmag sien wanneer Hy mure afbreek nie. Hulle sal nooit die koue strome van groen weivelde of die oorwinnings “in die land” sien nie. Die melk en heuning van volheid sal nooit hulle s’n wees nie.

Daar is letterlik miljoene Christene in hierdie einste plek vandag. God het hulle by ‘n plek van besluitneming gebring en geroep tot ‘n dieper wandel, ‘n wandel van algehele geloof en om die dood van die wildernis agter te laat. Dit is ‘n oproep tot gehoorsaamheid, toewyding en afhanklikheid deur onderwerping aan die Here as Hoof.

Hulle het êrens ‘n “Kaleb” hoor roep om verder te gaan om God te vertrou vir oorwinnig oor die self en die vlees. God is aan die werk in hulle lewens, maar hulle het geskik vir vergifnis sonder groei. Hulle gaan voort om oppervlakkige lewens van ellende te ly, afgesny van die ware werk van die Heilge Gees. Hulle word agtergelaat om ‘n lewe van geestelik verveling, droogheid en dood te lei!

“Al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het...hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ‘n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie. Maar my kneg Kaleb...sal dit in besit neem” (Númeri 14:22-24). God “beweeg altyd aan” met ‘n volk, ‘n Kaleb afdeling. Maar diegene wat verder gaan, is diegene wie se geloof die vuur deurstaan. Hulle hou moed wanneer dit hopeloos lyk.

“Môre-daarna geloof” is nie aanvaarbaar nie.

Nadat hulle waarskuwings oor hulle lyke wat wegteer in die wildernis gehoor het, het die Israeliete daaroor geslaap. “En die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want ons het gesondig” (Númeri 14:40-41).

Maar die toets was verby, die vuur was dood. Hulle het gefaal in die aangesig van die hopelose waarskynlikheid. Dit was te laat.

Die Here wil ‘n volk hê wat Hom vertrou in die vuur en wat Hom verheerlik tydens die toets. Dit is nie geloof om te gehoorsaam wanneer die beproewing verby is nie – dit is net vermetelheid. Daar is nie so ‘n ding soos geloof “ná die daad” nie.

In Lukas 18:8 het Jesus gevra, “As die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” Hy sal geloof vind vir regte, geloof vir seëninge, geloof vir voorspoed – maar wat Jesus werklik vra is die volgende: “Sal Ek ‘n geloof vind wat ‘n laaste-dae volk bring tot algehele oorgawe aan My? Hoeveel sal verder gaan met My in ‘n lewe wat onderwerp is aan die wil van God? Sal daar ‘n volk soos Paulus wees wat dit alles as drek beskou om Christus te wen? Sal hulle ‘n geloof hê om deur te druk tot ‘n lewe van slegs op My vertrou?”

Geloof is die Woord; Rus is die bewys.

Laastens, in Hebreërs 11:1 lees ons, “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Daardie vertroue, daardie bewys is die Woord van God! Jesus is die Woord. Die geskrewe woord hou en beskryf al die bewyse wat ons ooit nodig sal hê. Rus in daardie vertroue! Vertrou op die bewys! Niemand gaan in sonder om die Woord van God te ken nie.

“Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie...Want ons wat geglo het, gaan die rus in” (Hebreërs 4:1-3).