Hy Sal ‘n Geknakte Riet Nie Verbreek Nie

David Wilkerson

“Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.

“Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.

“Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie: en die eilande wag op sy leer” (Jesaja 42:1–4).

Hierdie gedeelte gaan alles oor Jesus. Die Heilige Gees het die profeet Jesaja gedring om ‘n openbaring voort te bring oor hoe Christus sou wees wanneer Hy kom. En Jesaja se openingswoorde hier, “Kyk,” beteken vir sy luisteraars, “Berei voor vir ‘n nuwe openbaring van die Messias.”

Die beeld wat uit hierdie verse in fokus kom, is duidelik: Christus sou nie kom om mense te dwing om na Hom te luister nie. Hy sou nie kom met luide geskreeu of lawaai nie. Hy sou kom as ‘n teer, liefdevolle Verlosser.

Ons vind die vervulling van Jesaja se profesie in Matthéüs 12. Die Fariseërs het pas ‘n raadsvergadering gehou waarin hulle beplan het hoe om Jesus dood te maak, net omdat hy ‘n man met ‘n verdorde hand gesond gemaak op die sabbat. Matthéüs vertel ons dat “toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan” (Matthéüs 12:15).

Christus het nie in woede terugbaklei nie. Ons sien Hom nie uitvaar teen diegene wat sy dood beplan het nie. Hy was nie soos die dissipels, wat vuur op sy teëstanders wou afbring nie al kon Christus dit gedoen het. Hy kon ‘n legioen engele opdrag gee om met sy vyande af te reken. Maar Jesus was nie op wraak uit nie.

Dit was sy teer gees, sê Matthéüs, wat die vervulling van Jesaja se profesie openbaar het: “Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie” (Matthéüs 12:19).

Jesaja het in wese gesê, “Die Verlosser kom nie om enigiemand in sy koninkryk in te forseer nie. Hy kom nie as ‘n luide, uitbundige, oorweldigende persoonlikheid nie. Nee, julle sal Hom hoor praat met ‘n kalm, sagte stem in jou innerlike mens.”

So, wat het Jesus gedoen nadat Hy stil van Jerusalem af weggegaan het? Matthéüs sê dat Hy dadelik buite die stad gegaan het en aangehou het om almal wat om Hom versamel het, gesond te maak: “En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak” (Matthéüs 12:15).

Soos ons deur die evangelie verhale soek, word ons getref deur die aantal kere wat Jesus wonderwerke gedoen het, maar die mense beveel het, “Moet niemand hiervan sê nie. Moenie dat hierdie nuus rugbaar word nie.” Nadat Hy twee blinde mans genees het, het Christus die mans vertel om die wonderwerk vir hulleself te hou: “En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie” (Matthéüs 9:30). Nadat Hy ‘n skare van 5,000 gevoed het en die mense probeer het om Hom koning te maak, “Het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen” (Johannes 6:14–15).

Jy sien, Jesus wou nie hê dat die mense agter Hom moes aankom vir sy wonderwerke nie. Hy wou hulle toewyding hê omdat sy sagte woorde hulle harte aangeraak het. Hy wou hê dat die hele mensdom, insluitende elke toekomstige generasie, weet dat Hy in die wêreld gekom het, nie as ‘n regter nie, maar as ‘n Verlosser: “Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Johannes 3:17).

Ek hoor ‘n vraag wat vandag deur baie gelowiges gevra word: “Waarom het God nie Amerika oorgegee aan oordeel nie? Waarom het Hy nie met ons gehandel volgens ons sondes nie? Hy het Noag se generasie 120 jaar van waarskuwings gegee, maar nadat Hy gesê het, ‘Genoeg,’ het Hy die vloed gestuur. God het Amerika se sondes nou al vir ‘n lang tydperk verduur, so waarom het ons nie sy regverdige oordeel teenoor ons gesien nie?”

Ek is lief vir hierdie land en ek wil sekerlik nie God se laaste oordeel oor Amerika sien kom nie. Ek sal veel eerder die lankmoedigheid van die Here geniet. Ek wil nie die trane in die oë van my kinders en kleinkinders sien oor wat met ‘n samelewing soos ons s’n gaan gebeur nie. Tog, soos baie Christene, is ek heeltemal verwonderd oor waarom God se oordeel uitgestel is.

Ek glo ons sien die begin van oordeel. Ek sien die verskriklike rampe wat in die wêreld plaasvind as waarskuwings. Aangesien Amerika se ekonomie egter nie ineengestort het nie en ons nasie steeds in staat is om te funksioneer soos gewoonlik, lyk dit of ons van een krisis na die ander strompel en herhaaldelike kanse gegun word.

Ek is oortuig daar is net een antwoord vir hierdie radeloosheid: dit is alles weens die teerheid en lankmoedigheid van ons Verlosser. Ons vind die bewys in Jesaja se profesie: “Die geknakte riet sal Hy nie verbreek nie en die dowwe lamppit nie uitblus nie” (Jesaja 42:3).Amerika het ‘n nasie van geknakte riete geword!

‘n Riet is ‘n lang steel of plant met ‘n hol stam en word gewoonlik in moerasagtige gebiede of naby ‘n bron van water gevind. Dit is ‘n sagte plant en daarom buig dit maklik wanneer sterk winde of vinnige waters toeslaan. Die riet kan egter net so ver buig voor dit uiteindelik breek en deur die vloed meegesleur word.

Soos ‘n riet in kalm weer, het Amerika eens trots en fier gestaan, vol doel en belofte. Ons hele samelewing het God vereer en die Bybel was voorgehou as die standaard van ons wette en regstelsel. Selfs in my leeftyd, het skoolhandboeke bestaan uit lesse en stories uit die Bybel. Jesus was erken as die Seun van God, die Een wat guns en ongekende seëninge aan ons land verskaf het.

Tog, in ons voorspoed, het ons soos antieke Israel geword: trots en ondankbaar. En ons het selfs baie ver in ‘n kort tyd geval. God is uit ons hofstelsels uitgedruk, uit ons skole en sy Naam word bespot en belaglik gemaak. In New York Stad, kan ‘n onderwyser ‘n kopie van die Koran of selfs ‘n Playboy tydskrif op sy lessenaar neersit, maar as hy ‘n Bybel klas toe bring, kan hy sy werk verloor.

Ons samelewing het sy morele kompas totaal en al verloor. Die gevolg is dat die Amerika wat eens trots gestaan het, nou kreupel is, net soos ‘n geknakte riet.

meer korrup word elke oomblik. Almal weet dat ons op geleende tyd leef. Hoe lank kan ‘n ryk staande bly wanneer dit sy ongebore kinders doodmaak...waar vaders hulle dogters verkrag, moeders hulle seuns molesteer en kindermolestering ‘n nasionale skande geword het...waar polisiemanne selfmoord pleeg weens vrees en wanhoop (waarvan agt offisiere onlangs net in New York Stad)...waar soveel tieners barbare geword het...waar alles wat God en Christus weerspieël nie net geïgnoreer word nie, maar wreed bespot word? Hoe lank kan die geweld, die moord en die molesterings aanhou?

As ons kry wat ons verdien, sal Amerika in puin lê, verwoes deur anargie. Maar Jesaja sê ons teer Jesus sal nie ‘n geknakte riet breek nie. En selfs terwyl Amerika in uiterste verwarring sit, agteroor gebuig en geknak deur ons baie sondes, is ons nog nie verbreek nie. In sy teerheid, het ons Here nog nie toegelaat dat dit gebeur nie.

Toe Christus na die aarde toe gekom het, het Israel onder die verwoestende heerskappy van Rome geleef. Die Jode was swaar belas deur Romeinse belastings en wette. In die tussentyd, het ‘n gierige priesterskap voordeel getrek uit weduwees en armes. Die vertraptes was bespot en verag en die mense was deur korrupsie verblind. Dit is weens al hierdie dinge waarom so baie van die profete gesê het dat Christus sou kom in ‘n uur van donkerte en groot lig bring.

Jesus het in ‘n samelewing ingekom wat deur skynheiligheid en wydverspreide sonde geteister was. Terwyl Hy na die nasie se toestand gekyk het, het Hy oor Jerusalem geween en geprofeteer dat sy huis verwoes en verlate sou word. Tog het Hy daardie nasie nog sewentig jaar van evangelie verkondiging gegee. En daardie jare sou gevul wees met Gees-gesalfde getuies op die strate wat wonderwerke gedoen het, hoop en bekering verkondig het en ‘n kragtige oproep aan die koninkryk uitgereik het. Jesus sou eenvoudig nie die geknakte riet, wat Israel geword het, verbreek nie.

Huidiglik, is dit ‘n toonbeeld Amerika: ‘n samelewing wat heeltemal geknak is in sy moraliteit. Ons is ook ‘n nasie wat depressief en versteurd is, met mense wat in vrees en geestelike pyn leef. Daar is meer sielkundiges, psigiaters, maatskaplike werkers en beraders as ooit in die geskiedenis, en selfs hulle kan nie bybly met al die mense wat smeek vir net ‘n enkele uur se hulp nie. Dit is gebeur selfs in die kerk: Christen beradingspanne regoor die land is oorbelaai met die druk van mense wat hulp nodig het vir hulle probleme.

Ons kinders word geknak deur gebroke families, mishandeling en molestering. Tieners word geknak deur immoraliteit, materialisme en afgestomptheid. Satan het ‘n stroom van boosheid oor die land losgelaat en het in sy spoor gebuigde en geknakte mense agtergelaat.

Baie mense in die kerk self het dieselfde geknakte gees. In talle briewe, lees ek van Christene wat uitdroog in mega-kerke waar daar nie langer oor sonde of geregtigheid gepreek word nie. Hulle is verward en wonder, “Waar kan ek ware aanbidding vind? Daar is geen gevoel van Jesus se teenwoordigheid hier nie. Daar is geen gebrokenheid nie.” Predikers skryf ook en bely, “Broer Dave, ek het teruggeval.”

Die New York Times het onlangs oor ‘n storie berig van ‘n Pinkster kerk van ongeveer 10,000 mense waar die boodskap was, “Ons is hier om jou gelukkig te maak.” Maar daardie boodskap bring vals hoop en net tydelike verligting.

“Die dowwe lamppit nie uitdoof nie” (Jesaja 42:3). Iewers in hierdie nasie sien God lamppitte wat rook. Hierdie lamppitte was eens aan die brand, flammend met ywer vir sy doel en belange. Maar nou rook dit skaars.

Is daar steeds ‘n volk wat die Here onthou en gewillig is om vir sy Naam op te staan? Is daar tog ‘n klein oorblyfsel wat sal veg om die vlam van God se geregtigheid weer aan die brand te steek?

Die Here het gesê, “As ek ‘n lamppit sien wat rook, sal Ek dit nie uitdoof nie. Die vlam mag weg wees, met skynbaar geen vuur nie, maar as Ek kole sien gloei, sal Ek nie toelaat dat dit doodgaan nie. So lank as Ek selfs net ‘n sagte roepstem van getroue dienaars iewers hoor, sal Ek nie toelaat dat daardie geknakte riet verbreek word nie.”

God het nie met ons moed verloor nie. Maar, die werklikheid is dat ons op teer-barmhartigheid tyd leef. Ek sien dit oral waar ek reis, veral in Europa. Daardie vasteland is baie meer sekulêr as die Verenigde State, ‘n land wat deur sy eie keuse, heeltemal goddeloos geword het. As jy deur die strate in sommige lande loop, ervaar jy ‘n gees van antichris, ‘n arrogansie teenoor God.

Swede is nou een van die mees welvarende Europese nasies en hoe ryker hulle word, hoe meer afvallig word hulle. Terselftertyd is die evangeliese kerk daar in gevaar dat hulle apaties in sy wandel met Christus geword het. Ierland, ‘n nasie wat vir dekades gely het onder verwoestende armoede, word nou meer voorspoedig. Die geestelike klimaat daar is egter ook een van apatie, met sekularisme wat insluip.

Die hele gesindheid in Europa is skynbaar, “Wat maak dit saak as oordeel kom? Laat ons die lewe geniet, eet, drink en bly wees.” Daar is geen gevoel van dringendheid nie, geen behoefte vir God nie.

Ek glo die Here spreek op hierdie oomblik ‘n duidelike boodskap aan die hele wêreld. Hy het die mag om enige potensiële terroriste aanval te enige tyd te stop. Hy kan met die spreek van ‘n woord, elke bose mag neerwerp. In plaas daarvan, het Hy gekies om internasionale rampe te stuur of toe te laat en dit alles is tekens dat ons op sy tyd van teer barmhartigheid is.

Ons het gesien wat Jesus gedoen het toe hy buitekant Jerusalem gegaan het: “Groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak” (Matthéüs 12:15). In hierdie kort versie, sien ons die vervulling van Jesaja se profesie, “’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie” (Jesaja 42:3).

Die woord “geknak” het ‘n aantal definisies. Dit beteken seermaak, stukkend slaan, seergemaakte gevoelens hê en verwoes word deur onvervulde verwagtinge. In my gees, ervaar ek dat baie van God se mense vandag ‘n woord nodig het oor ons Verlosser se teer barmhartigheid, omdat hulle self geknakte riete geword het.

Elke week gaan opregte Christene na die kerk om hulle stemme en hande op te hef in aanbidding tot die Here. Tog, baie van hierdie mense is diep geknak en is naby breekpunt. Die vuur in hulle harte het so laag gedaal dat al wat hulle in hulle lewens kan sien oorbly, is ‘n klein bietjie rook.

Een toegewyde paartjie wat onlangs van die sendingveld teruggekeer het, het vir my geskryf oor hoe geknak hulle was. Jare gelede, het hulle alles wat hulle besit het, gelos om sewe jaar oorsee te spandeer waar hulle bedien het en hulle alles gegee het. Toe hulle teruggekeer het, het hulle met niks huistoe gekom nie, omdat hulle al hulle besittings in die land waarna hulle geroep was, agtergelaat het.

Toe, terwyl hulle begin soek het na werk, het elke deur vir hulle toegemaak. Beide die man en vrou was goed geleerd met ‘n baie vaardighede. Waar hulle ook al hulle aansoekvorms vir betrekkings ingegee het, het hulle s’n altyd die boonstes bereik. Maar hierdie talentvolle mense was by elke plek afgewys en was altyd tweede of derde keuse.

Uiteindelik het ‘n Christen maatskappy die man vir ‘n onderhoud gevra om ‘n betrekking, waarvoor hy goed gekwalifiseerd was. Die maatskappy het ‘n hele dag geneem om hom die hof te maak en hulle het hom verseker dat die betrekking syne was. Maar weereens het ‘n ander persoon die werk gekry.

Daardie paartjie is diep in hulle harte en siele geknak. Hulle is wonder, “Ons het ons lewens getrou op die sendingveld gegee. Daar is niks in ons wandel wat ‘n vete met God veroorsaak het nie. Ons het gebid en geglo. So, waarom is ons op hierdie punt?”

As jy ‘n bybelse voorbeeld wil sien van iemand wat diep in liggaam en gees geknak was, beskou die profeet Elía. Hierdie man was tot absolute breekpunt gebring.

Elía het God geken en sy stem gehoor soos min mense het. Sy gebede het die hemel oop en toe gesluit. Hy het so ‘n geestelike gesag gehad dat hy 400 afgodspriesters van Baäl vreesloos gekonfronteer het en hulle op sy eie almal doodgeslaan het. Hy was so vol van God se Gees dat hy vir ‘n wa weggehardloop het oor ‘n afstand van twintig myl.

Tog, na al hierdie wonderwerke, het Elía ‘n boodskap ontvang dat die bose Koningin Isébel op sy spoor was om hom dood te maak. Vrees het oor die magtige profeet gekom en toe ons hom weer sien, het hy doodmoeg onder ‘n besembos gesit, uitgeput en moedeloos.

God se magtige dienaar was geestelik en fisies geknak. Elía moes gedink het, “Waarom gebeur dit met my? God se hand was op my lewe tydens al hierdie jare en ek het gesien dat Hy wonderwerk op wonderwerk doen. Maar nou staan ek voor ‘n hopelose situasie en dit toets my bo my menslike vermoë.”

Dieselfde man, wat eens die magte van die hel teëgestaan het en God se vuur afgeroep het, het nou in benoudheid uitgeroep: “Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie” (1 Konings 19:4). Elía het begin ween, “Here, ek kan dit nie meer vat nie.”

Miskien is jy geknak en op die algehele breekpunt. Jy het gelewe as ‘n getroue dienaar, jy het ywerig gebid en jy het God se stem geken. Jy het in die verlede oorwinnings gehad en jy het die Here diep liefgehad. Maar nou is jy diep geknak, gewond soos nooit tevore nie, en jy kan jouself nie so ver bring om te bid nie.

Jy dink “Ek het God getrou gesoek, ek het sy Woord bestudeer en ywerig gebid. Tog het hierdie beproewing uit die bloute gekom en my siel is verder gebuig as enigiets wat ek ooit tevore geken het.” Nou het al jou trane opgedroog. Jy lyk en voel uitgemergel, mismoedig, verwerp en alleen. Soos Elía, is jy terneergedruk onder ‘n besembos, moedeloos, angstig en jy klou vir jou lewe.

Geliefde, hierdie Christenwandel is oorlog. Dit beteken oorloë, moegheid, wonde en ‘n wrede vyand wat daarop uit is om jou te vernietig. As jy terneergedruk en geknak is soos Elía, word jy vaak en slaperig. En dit is presies wanneer jy die kwesbaarste is vir veroordelende gedagtes. Jou kwesbare gewete vertel vir jou:

“Jy bid nie soos jy tevore gebid het nie. Jy bestudeer nie die Woord genoeg nie. Jy is opgedroog en louwarm, jou vuur is besig om dood te gaan en jy is eenvoudig nie ‘n goeie getuie nie. Nou het jy toegelaat dat Satan jou beroof van die vrede wat God vir jou gegee het. Jy het net eenvoudig nie wat dit verg nie. Jou vleeslike natuur is toe al die tyd onveranderbaar.”

Na dit, sal die Woord van God jou beproef. Dit is presies wat met Josef gebeur het: ons word vertel dat totdat die vasgestelde tyd gekom het, het die Woord van God hom op die proef gestel. En dit het nou met Elía ook gebeur. Net so, wanneer ons by ons eie plek kom waar ons geknak is, by ons algehele breekpunt, dan gebeur dit ook met ons. Ons gewete sal ons martel met die Woord wat ons in ons harte gebêre het.

Dink daaraan. Regdeur die Skrif het ons gelees, “Moenie traag wees nie. Bid vurig en ernstig, met alles wat binne-in jou is, soek Hom terwyl Hy nog te vinde is. Gee jouself aan gebed en die Woord. Gebruik die tyd. Wees versigtig vir die dwase maagde se luiheid. God sê sy mense het Hom vir dae aaneen vergeet.”

Al hierdie gedeeltes en beginsels kom in ons gedagtes ingestroom in die tye waarin ons geknak is. En ons dink, “Ek het my Here teleurgestel. Ek het nie sy Woord gehoorsaam nie.” Jou wyfelende geloof is die lamppit wat smeul en die duiwel is gretig om dit heeltemal uit te doof.

Soos Elía, is jy so uitgemergel en moedeloos dat al wat jy wil doen, is om te slaap. Die Skrif sê dat dit presies is wat hierdie goddelike man gedoen het: “Daarop gaan hy lê en raak onder ‘n besembos aan die slaap” (1 Konings 19:5). Hy kon eenvoudig nie die las meer dra nie.

Maar die Here het nie Elía hiervoor bestraf nie. God het geweet dat sy dienaar by breekpunt gekom het. Ek stel my voor dat ek ons kosbare Vader hoor sê, “Kyk na hierdie getroue man, geknak en seer. Hy het die einde van homself bereik en is nie in staat om sy pyn vir enigiemand te verduidelik nie. Ek het hom belowe, ‘Ek sal nie ‘n geknakte riet verbreek nie.’”

So, wat het gebeur? “En die engel van die HERE...en hom (Elía) aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel” (1 Konings 19:7).

Hier is ‘n ongelooflike woord vir elke geknakte riet wat hierdie boodskap lees. Dit maak nie saak hoe geknak jy is nie, of hoe laag jy gebuig is deur jou vloed van beproewing nie. God het aan jou ‘n belofte gemaak: “Jy sal nie verbreek word nie. Ek sal nie toelaat dat jou vlam doodgaan nie. Jou geloof sal nie geblus word nie.”

Liewe heilige, hierdie boodskap kom vanuit die hemel aan jou. Jy word aangeraak met ‘n woord wat jou roep: “Staan nou op. God is nie kwaad vir jou nie. En Hy gaan jou nie teleurstel nie. Hy weet hierdie situasie is te groot vir jou om te hanteer. Hy sal jou met al die bonatuurlike sterkte voorsien. Hy gaan jou gee wat jy nodig het om verder te gaan.”

Oor veertig dae en nagte, is Elía stadig herstel. Dag vir dag het hy met net genoeg krag vir elke dag vorentoe gestrompel. Uiteindelik het die tyd gekom toe die Here gesê het, “Wat maak jy in hierdie grot, Elía? Ek kan nie toelaat dat jy in hierdie soort wanhoop beland nie en sien dat dit jou lewe oorneem nie. Ek het jou herstel met my liefdevolle geduld. En nou gaan Ek jou leiding gee.”

Verwag jy ‘n harde, rugbrekende woord te midde van jou geknakte toestand? Die Skrif sê dat tydens Elía se tyd in die grot, “Terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die Here nie” (1 Konings 19:11). God was nie in daardie boodskap nie.

Verwag jy dat jou siel geskud sal word met ‘n harde wekroep? “En ná die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie” (1 Konings 19:11). Verwag jy om ‘n vurige woord te hoor? “En ná die aarbewing ‘n vuur; in die vuur was die HERE nie” (1 Konings 19:12).

God weet presies watter soort woord jy nodig het wanneer jy geknak is. En dit is nie ‘n woord van oordeel, ‘n harde woord of ‘n rooiwarm preek nie. Ek glo die Here vertel vir ons in hierdie gedeelte, “Wanneer jy neergebuig is deur jou beproewings, sal Ek jou nie hardhandig behandel nie.” Nee, Elía het nodig gehad om ‘n sagte, vriendelike stem te hoor: “En na die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte” (1 Konings 19:12). Sommige manuskripte vertaal dit as “‘n kalm, sagte stem.”

Dieselfde kalm, sagte stem kom van die Vader na ons harte toe vandag. En sy boodskap is dieselfde: “Julle het die einddoel van die Here... gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is” (Jakobus 5:11).

“Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees...Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees” (Psalm 103:8–11, 13).

Hier is jou woord van verlossing: Staan op en vertrou! Die tyd het gekom dat jy moet glo Jesus is in jou storm. Hy sal vir jou die krag gee om dit te verduur.

Moenie die leuen glo dat jy vernietig gaan word nie. Die duiwel het nie die oorhand nie. Die Here het gesê, “Dit maak nie saak hoe geknak jy voel nie, Ek sal nie toelaat dat dit jou verbreek nie. Ek sal nie die vuur laat doodgaan nie. My Gees gaan die kole aanblaas en jou vlam vir my sal terugkom.”