Het U Al Gevoel Om Op Te Gee?

Is dit moontlik vir 'n regverdige, goddelike, Gees-vervulde Christen om so laag en terneergedruk te voel dat hulle nie kan voortgaan nie - en op die randjie daarvan is om op te gee?

Dink vir 'n oomblik hieroor na. Ek praat nou van gelowiges wat naby aan Jesus leef - wie Sy hart en gedagtes ken, wie 'n geveg in gebed gehad het, wie Sy wonderwerke ervaar het, wie al oorwinning na oorwinning in hulle lewens gesien het. Sulke mense is toegewyd aan hulle werk vir die Here. Hulle gee hulleself daagliks as lewende offers.

Is dit moontlik vir sulke Christene om so teneergedruk en gekweld te wees, om wanhopig en neerslagtig te wees, dat hulle daarvan oortuig word dat hulle dit nie gaan maak nie?

'n Besliste - ja!

Die woord sê van Job, " . en die man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad" (Job 1:1). Hierdie man het God alleen gevrees. Hy het die kwaad vermy en van alle kompromië af weggehardloop.

Maar nou het Job die krisis van sy lewe in die gesig gestaar: Hy het sy hele familie, en al sy besittings verloor, alles. En sy liggaam was van kop tot tone met sere oordek. Hy het by die plek gekom waar hy geen lyding meer kon vat nie. En hy het uitgeroep:

"Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op . Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee! En mag dit God behaag om my te verpletter, Sy hand uit te strek en my af te sny!" (6:4, 8-9).

Job het gesê, "Ek het net een versoek - om te sterf! Ek het genoeg gehad, God. Sny my af!" Klink dit vir u soos die woorde van 'n regverdige man? Die Skrif getuig dat Job geen sonde in sy lewe gehad het nie. Hy het so perfek voor God gestaan soos enige man kon staan. En tog het God toegelaat dat hy deur sulke wanhoop in sy lewe gegaan het totdat sy lewe ondraagbaar geword het.

",,, nagte van moeite vir my bestem. As ek gaan lê, dink ek: wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe" (7:3-4).

Uinteindelik, in totale wanhoop, het Job uitgeroep:

". sodat ek die verwurging verkies, die dood maar as hierdie geraamte van my. Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie; laat my met rus; want my dae is nietigheid . sodat ek myself tot 'n las is" (vers 15-16, 20).

Job was in angs omdat sy probleme onoplosbaar was! Hy kon nie daarvan wegkom nie. Hy was aan die einde van homself.

Ongeveer daardie tyd, het drie van Job se vriende daar aangekom - sogenaamde vertroosters - en hulle het probeer bepaal waarom Job se gely het. Hulle kon nie verstaan waarom God kon toelaat dat 'n regverdige man so geestelik en fisies beproef soos Job nie.

Geliefde, dit is die aanhoudende dilemma in die kerk - en ook in die oë van die wêreld: dit lyk asof wanneer jy jou lewe vir die Here gee, al wat jy daarvoor kry lyding is! Niemand in die kerk of buite die kerk, kon al ooit verstaan hoe 'n God van liefde kan toelaat dat diegene wat hulle lewens volkome aan Hom oorgegee het deur sulke tye van probleme en wanhoop kan gaan nie.

Job se vriende het aangehou om hom te leer, "God bedroef nie die regverdige nie. Daar moet sonde in jou lewe wees!"

"As daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tent woon nie" (11:14).

Ek vra jou: Hoe sou jy gevoel het as jy sulke woorde van jou beste vriende moes hoor, wanneer jy jou bes probeer om jou lyding te verstaan? Hierdie sogenaamde manne van God het vir Job gesê, "Jy het sonde in jou lewe wat jy wegsteek. Uit daarmee - bely! Alleen dan sal jou probleme verdwyn."

Maar was God kwaad vir Job? Hoegenaamd nie! Die Woord stel dit duidelik dat dit nie Job se probleem was nie. En Job het dit geweet. Hy het vir God gesê:

"Ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie? Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. Ek walg van my lewe." (10:7, 2,1).

Laat ek 'n aantal van Job se ander klagtes teenoor God lys. Soos wat jy dit lees, vra uself of u al ooit soortgelyke gedagtes gehad het:

"Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie? .. Ek is verward" (verse 10-15). Met ander woorde: "Here, U het 'n opskudding in my lewe gebring, en ek is besig om verbitter te raak. Ek is nou heeltemal deurmekaar!"

"Waarom verberg U, U aangesig en hou my vir 'n vyand aan U?" (13:24). "God, U het my kinders geneem, alles wat ek het. Waarom het U Uself my vyand gemaak?"

"My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee." (16:16) "My oë is rooi van die huil. My gesig is soos 'n dooie man sin!"

Het u al ooit op so 'n plek gekom in jou wandel met die Here Jesus?

Jeremia het die vuur van God in hom gehad. Hierdie heilige man het met God gewandel en was vreesloos voor die mense. Hy het 'n oor gehad wat ingestel was op die hemel - 'n pyplyn na God se troon - en het as God se stem met die mensdom gepraat. Niemand kon teen sy krag en outoriteit staan nie. Hy het sy luisteraars tot in die murg geskud!

Tog het Jeremia by die plek van totale wanhoop gekom. Die Here het toegelaat dat hy hierdie moedeloosheid, wat min mense nog ooit beleef het, ervaar het. En Jeremia het by die punt van opgee gekom!

Die profeet was oortuig dat hy onder 'n soort misleiding gekom het. Satan het aan hom gefluister dat hy verwerp word en bespot word omdat hy deur God mislei is:

"Here, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal, . ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my" (Jeremia 20:7).

Dink oor hierdie woorde van Jeremia - die goddelike man wat voorspellings aan die nasies uitgebulder het:

"Vervloek is die dag waarop ek gebore is. Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is 'n seun gebore . waardeur hy hom grootliks verbly het. Ja, laat die man wees soos die stede wat die Here omgekeer het omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie. Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?" (vers 14-18).

Klink dit soos die woorde van 'n vreeslose profeet van God? Jeremia was so oorweldig deur probleme en beproewing, dat hy gewens het dat hy gesterf het in sy moeder se skoot!

Sy uitroep is 'n eggo van Job, wat gesê het;

"Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel. Wat bly sal wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind" (Job 3:20, 22).

Job het gesê, "God, waarom het U my al hierdie lig gegee, net om dit so skielik weer af te skakel? Al wat ek wil doen is om te gaan lê en te sterf - om uit al hierdie probleme waarin ek nou is, uit te kom!"

Elia het die bo-natuurlike werk van God eerstehands geken. Hy het 'n dooie kind terug gebring lewe toe. En nou, het hy voor Agab gestaan en gebid en die hemele is gesluit. Hy het vir Agab gesê, "Ek was op my knieë voor 'n heilige God. En ek sê vir jou, dit sal nie weer reën totdat ek so sê nie!"

Praat van krag - Elia het dit eers reggekry om die hemel te sluit, en daarna het hy dit weer reggekry om dit weer oop te maak! Toe hy later gebid het, het daar weer reën op die aarde geval. Maar dit is nie al nie: Elia het toe voor Agab se wa uitgehardloop - en hy was toe al in sy tagtigs! Hy het twaalf emmers vol water oor die altaar uitgegooi, en vuur van die hemel af beveel om dit te verteer. Wat 'n gesig moes dit nie gewees het nie!

Elia se grootste begeerte was om herlewing in Israel te sien. Vir jare was hy hartseer oor die slegtigheid van God se mense -- en nou het hy geglo dat sy gebede beantwoord is. Hy het gedink dat hy die begin van 'n groot reformasie in Israel gaan beleef.

Maar, Isébel het vinnig ingetree en die herlewing laat sterf. Dis nie al nie, sy het gedreig om Elia dood te maak. Skielik, het hierdie eens-gevreesde man vir sy lewe gehardloop! Hy het op 'n verlate plek in die woestyn geeïndig, waar hy onder 'n besembos gaan sit het.

". en hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg." (1 Konings 19:4).

Elia het letterlik sy lewe gegee vir die herlewing, beide in gebed en in sy aksies. En nou het hy geglo dat hy 'n totale mislukking was! Hy het depressief geraak, en gehuil,

". Dit is genoeg, neem nou my siel weg.; want ek is nie beter as my vaders nie" (1 Konings 19:4).

As u tussen die lyne lees in hierdie gedeelte, kan u Elia hoor sê, "Ek het my alles gegee, Here -- Ek het my lewe neergelê. Ek het geen persoonlike agenda gehad nie. Ek wou U alleen behaag. En nou het dit alles in my gesig opgeblaas!"

Hierdie arme, bedrukte profeet het hom totaal afgesluit vir veertig dae en nagte. Dit beteken veertig nagte van wanhoop - van slapeloosheid, en wag vir die dagbreek, desperaat aan die probeer om dinge uit te werk. Dit moes een lang nagmerrie van neerlaag, verwerping en hopeloosheid gewees het.

Gedurende daardie tyd, het Elia alle gedagtes aan elke wonderwerk wat God nog ooit vir hom gedoen het, verloor. Iets het eenvoudig net oor hom gekom - 'n verwerping en wanhoop wat sy siel afgetrek het. Nou kon nie eers die gedagte aan seëninge van die verlede hom troos nie.

U mag dink, "Sekerlik moes iemand wat sulke soort wonderwerke gesien het geen twyfel of depressie geken het nie. Hy moes maar net die groot wonderwerke wat God bewerkstellig het onthou het. Dit sou al sy vrese die nek ingeslaan het." Nee! Daar kom 'n tyd dat selfs wonderwerke uit die verlede nie kan help om u in u huidige toets te help nie.

Ek het al baie Christene beraad - predikante, evangeliste, siele-wenners wat kragtig deur God gebruik is - wat al deur so 'n put van wanhoop gegaan het. Hierdie mense was eens kragtig in hulle bediening, en het gepreek oor die glorieryke openbarings van God. Maar skielik het hulle moeg geword. Probleme het opgehoop. Hulle was verslaan en verwerp. En hulle het geeïndig met die gevoel dat hulle hulle lewens vermors het. Hulle het vir my gesê, "Dit is nie die moeite werd om aan te gaan nie. Dit voel nie vir my asof ek enige iets vir die Here gedoen het nie. Ek is 'n mislukking!"

Ek was ontstel dat enige Christen so verslaan kon wees. Ek het hulle amper met verontwaardiging geantwoord: "Kom uit dit uit! Het jy vergeet van al die wonderwerke wat God vir jou gedoen het? Hy het jou nie vergeet nie. Tel jou seëninge!"

Teologies, moes ek reg gewees het. Maar al te dikwels werk daardie soort teologie nie. Dit het verseker nie vir Elia gewerk nie. Daardie heilige man het in 'n grot geïendig, waar hy weggekruip het - hy het sy huis in 'n totale donker plek gemaak!

Het u al ooit vir 'n oomblik uitgeval, soos Elia? Het u al ooit êrens gaan wegkruip - so seergemaak, so af, u wou met niemand praat of niemand sien nie? U grot mag dalk 'n grot van stilte wees, 'n onttrekking weg van mense en verantwoordelikhede af.

Of miskien, by hierdie punt is u steeds nog nie daarvan oortuig dat 'n Christen sulke wanhoop kan beleef nie. U mag sê, "Al hierdie voorbeelde is van die Ou Testament. Maar ons leef in 'n tyd van genade. Geen Gees-vervulde gelowige moet in vrees lewe nie. Daar moet nie enige depressie in God se huis wees nie!"

Ek vra u: Kan Nuwe Testamentiese gelowiges wat vol van God se Gees is deur tye van diepe wanhoop gaan - mense wat tyd op hulle knieë spandeer, wat hulle lewens in diens van die Here gegee het, wat nie in sonde wandel nie, maar wat hulle lewens heelhartig aan Jesus toegewy het?

Paulus, die apostel, is vinnig om dit te antwoord. Hy was verseker 'n Nuwe Testamentiese gelowige - 'n goddelike kosbare man - wat die wêreld verruil het, sodat hy Christus mag wen. Hy het elke asemteug vir die saak van sy Meester gespandeer.

Hierdie man het 'n openbaring van Christus gehad soos geen ander man op aarde nie. Jesus het homself nie net aan Paulus geopenbaar nie, maar ook in hom. En die Gees het Paulus in die hemel opgeneem en aan hom onuitspreeklike heerlikhede gewys. Waarlik, aan Paulus is die geheimenisse van die evangelie gegee. Sy briewe het God se mense deur die eeue onderrig.

Maar die Bybel sê toe Paulus na Asië gegaan het om te gaan preek, het hy net probleme ondervind:

"Want ons wil nie hê, broeders dat julle onbekend moet wees met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het nie." (2 Korintiërs 1:8).

God het Paulus kragtig gebruik in Asië, en spesifiek in Efese. 'n Groot herlewing het oor die stad gekom en het vir twee jaar aangegaan:

"So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword" (Handelinge 19:20).

Gedurende die tyd het die Here groot wonderwerke laat plaasvind: Demone was uitgedryf. Die lammes en die siekes is genees. En Paulus was in die middel van dit alles! Hy het sakdoeke en voorskote gesalf, en wanneer dit op die mense neergelê is, het dit onmiddelike genesing en bevryding gebring:

"En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen, sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk het" (vers 11-12).

Die wonderwerke was so groot en die oortuiging so sterk, dat die Efesiër bekeerlinge het al hulle okkultiese boeke en koddige kunswerke gebring - 50,000 stukke silwer ware - en het dit in 'n massiewe vreugdevuur in die stad se binne-plein verbrand. Dit het net die sataniese magte in Efese woedend gemaak!

U sien, die godin, Diana is in daardie stad aanbid. Die inwoners het nou nie meer die afgodsbeelde van Diana gekoop om te aanbid nie. Dit het 'n groep silwersmede, opgestook, wie hulle bestaan gemaak het, deur die verkoop van die beelde wat hulle gemaak het. Die manne het teen Paulus in opstand gekom - hulle het die massas teen hom opgestook!

Skielik, in die middel van die groot herlewing, het 'n massiewe opstand uitgebreek. Die mense het Paulus in die teater ingesleep, en die apostel moes homself verdedig voor 'n oproerige skare. Uiteindelik, het hy Efese verlaat, en die beledigings en die bespotting van die goddeloses gehoor.

Kry u die prentjie? Paulus het twee jaar van sy lewe vir die herlewing gegee. Hy het die magtige beweging van God gesien. Maar toe het onrus hewiglik in sy lewe ingekom, hy het gesê:

". dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het" (2 Korintiërs 1:8).

Met ander woorde: "Ek het gedink, 'Dit is alles oor - Ek gaan dit nie maak nie. Ek gaan nie lewendig hier uitkom nie. Die doodsvonnis is op my!"

Ek glo dat ek iets van dit waar deur Paulus gegaan het, weet. Jare gelede, was ek by 'n groot byeenkoms van suster Kathryn Kuhlman in Los Angeles. Meer as 5,000 mense het die plek gevul, met slegs plek om te staan. Tydens daardie tyd, het my vrou deur 'n aanval van kanker gegaan. En ek het die las van "Teen Challenge" gedra. Ek het gereis en geskryf, en ek was moeg en tam. Natuurlik, is dit altyd wanneer die duiwel na jou kom - wanneer jy fisies laag is, en geen krag oor het nie.

Ek het op die verhoog gesit, en gewag om te preek, suster Kuhlman het die aanbidding gelei. Die plek was gevul met God se Gees, en ongelooflike dinge was aan die gebeur. Toe, skielik, het die vyand ingekom en in my hart gefluister:

"Jy is die grootste bedrieër op hierdie aarde! Jy werk met mense wat probleme het net om vir jouself naam te maak. En nou is jou vrou besig om te sterf. Jy sê jy het jou lewe vir die Here se werk gegee - maar dit is alles ydelheid! Jy het nie die vuur van God nie. Jy het jou salwing verloor. Jy kan nie vanaand preek nie, want al jou woorde sal oneg wees!"

Die stem was so hard, ek kon dit nie stil kry nie. Ek het aanhoudend probeer om dit af te skud, maar toe ek op die preekstoel klim, het dit nog steeds in my ore geskree. Toe ek my mond oopgemaak het om te preek, het daar omtrent geen geluid uitgekom nie. Ek het vir vyf minute probeer om te preek - maar ek kon eenvoudig nie. Op die einde het ek vir suster Kuhlman gewink om die diens oor te neem, ek het omgedraai en van die verhoog afgestap.

Agter die verhoog het 'n ander pastoor my gevra, "David, wat is verkeerd? Wat is die probleem?" Ek kon net my kop skud. "Ek is jammer," het ek gesê, "Ek kan nie aangaan nie. Ek kan nie vanaand preek nie. Ek is 'n bedrieër!"

Soos Jeremia, het dit my weke geneem om deur my verwarring te kom en die angs uit my hart te kry. Op die einde, het God my daaruit gebring. Maar ek het ontdek dat sulke beproewing nie fisies verklaar kan word nie. Eenvoudig gestel, die vyand het soos 'n vloedgolf oor my gekom, met al die krag van die hel teen my opgestel. Binne 'n paar oomblikke het ek myself in 'n put bevind - nie by magte om dit te verklaar nie!

Ons weet nie presies waarvan Paulus gepraat het toe hy gesê het,

". met ons verdrukking wat oor ons in Asië gekom het" (2 Korintiërs 1:8).

Sommige skoliere glo dat hy deur 'n groot fisiese geveg gegaan het - dat hy so siek was, dat hy naby aan die dood was. Tog, glo ek nie dat Paulus se probleme fisies was nie. Ek dink nie hy het oor skipbreuke, stenigings en slae gepraat nie. Ek glo eerder dat Paulus van geestelike angs gepraat het - 'n diep, geestelike oorlog wat hom platgeslaan gelaat het!

U mag dalk vra, "Hoe kan dit wees? Geen goddelike, oorwinnende gelowige moet ooit vol vrees wees of verdruk word deur die vlees nie." Tog, ek, vir een, is bly dat Paulus so eerlik was oor sy gevoelens! Anders sou ek gedink het dat my eie ervarings van wanhoop abnormaal was, uniek - en dat ander mense wat Jesus liefhet dit nie met my deel nie.

In der waarheid, het baie goddelike manne en vroue deur die geskiedenis daarvan getuig hoedat Satan hulle van alle kante af aangeval het. Hy kom na hulle met leuens, ontmoediging, hopeloosheid. Een dag kan 'n persoon verheug wees, en seker wees van sy redding. Maar net die volgende dag, kan 'n onverklaarbare gevoel van waardeloosheid oor hom kom. Skielik, sonder 'n rede, is sy vrede weg. Hy word geteister deur rusteloosheid. Wanhoop vat pos. Hy voel onwaardig, nie heilig nie, en onaanvaarbaar vir God.

Dit is nie net 'n fisiese siekte of 'n aanvoeling van verwerping nie. Dit is eerder, 'n onverklaarbare geestelike angs - iets wat oor jou kan kom enige tyd. Ek weet nie wat presies ek dit moet noem nie. Maar vrouens, spesifiek, word baie daarmee geteister - en "kenners" het 'n etiket om hulle gehang met allerhande soorte name. Op 'n dag, begin dinge net ophoop in jou gedagtes. Jy kan dit nie verduidelik nie. En niemand kan jou bereik nie. Skielik, wil jy ook met niemand praat nie. Al wat jy wil doen is om weg te kruip.

Wat ook al met Paulus in Asië gebeur het, dit het hom totaal oorweldig. Hy het so 'n laagtepunt bereik, dat al sy krag weg was. Hy't geskryf,

"Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad . " (vers 9).

Met ander woorde: "Ek kon geen weg uit sien nie. Dit was nie menslik moontlik vir my om dit te maak nie!"

U mag dalk wonder, "Hoe kon dinge so sleg raak vir die groot man van God? Wou Paulus regtig gehad het dat sy lewe moes eindig?"

In der waarheid, het Paulus die taak op homself geneem om 'n toesig oor die kerke wat hy begin het, te hou. Hy het die nuwe gelowiges lief gehad met sy hele hart. Hy het oor hulle sonde en kompromië getreur. En hy het hulle met groot angs reggehelp.

Dit op sigself was 'n geweldige las vir enige man of vrou van God om te dra. Inteendeel, Paulus het geskryf:

"Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het" (2:4).

Paulus se angs omdat hy heeltyd sy kudde moes reghelp en die rigting vir hulle aanwys, het hom swak gemaak. Dit was soos om geboorte te gee aan 'n kind: Dit het groot druk op sy fisiese liggaam geplaas!

Paulus skryf verder:

"Want ook toe ons in Macedonië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite wat daar aanvegtinge, van binne verskrikking" (7:5).

U mag dalk sê, "Bedoel jy, Paulus, die groot apostel, was bang? Is dit nie dieselfde man wat so baie gepraat het dat ons oorwinning oor ons vrees moet hê nie? Kan dit regtig Paulus wees wat hier praat?"

Ja - sonder twyfel! U sien, dit is Satan se plan - om vrees in ons te plant. Hy wil hê ons moet ons vertroue dat God gebed beantwoord verloor - om ons te laat dink dat al ons voorbidding, vas en soeke na Hom verniet was!

Kyk wat Paulus byvoeg by die verse wat hy geskryf het rondom gevoel:

"Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad." : ". sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek" (1:9).

Dit het alles oor geloof gegaan!

Ek glo vas daarin dat God sy mense toelaat - en meer spesifiek die prekers van die evangelie - om deur baie moelikhede te gaan sodat hulle geloof daardeur versterk kan word. Dan wanneer hulle begin preek, praat hulle nie meer van teologie nie - maar van persoonlike ervaring van God se bevrydingskrag. Dit is waarom Paulus kon sê, "Ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor hoe die duiwel probeer het om my in Asië te oorrompel nie. Ek wil met julle deel hoe God my daar uit gebring het - sodat julle ook, daarvan genees en vrygemaak kan word!"

Onlangs, het Satan probeer om dieselfde bedrieër skelmstreek op my te trek - maar hy kon nie sukses behaal nie! Elke keer as ek hom vermaan het, en gesê het, "Jy het die vorige keer die rekord gebreek, duiwel. Ek sal my nooit weer daardeur laat vang nie. En jy sal my nie oortuig dat ek 'n bedrieër is nie!"

Miskien word u soos Paulus uitermate gedruk - getoets bo u uithouvermoë. U krag is amper op, en u is op die punt om op te gee. U sien geen weg uit nie. U wil hardloop, maar daar is geen plek om te gaan nie. Nou sê u saam met Paulus, "Dit is bo my krag!"

So - hoe dink u gaan u hier uitkom? Wat is die weg na oorwinning? Al wat ek aan u kan sê is hoe God voortgaan om my daaruit te bring. Hier is vier belangrike waarhede wat Hy vir my gegee het:

1. Moenie dink dat u 'n snaakse, unieke geveg ervaar nie. In teenstelling - u is in goeie geselskap! Dink aan Job, Jeremia, Elia, Dawid, Paulus - en selfs my. Wat u nou beleef is algemeen tussen gelowiges deur die eeue heen.

"Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie, maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van Sy heerlikheid met blydskap kan jubel" (1 Petrus 4:12-13).

2. Wanneer u dink u kan nie vir nog 'n uur aangaan nie - wanneer alles hopeloos lyk - roep tot God met alles wat in u is, "Here, help!" Dink aan die raad van die Psalmskrywer:

"Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos. Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem. Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my" (Psalm 55:17-19).

"Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte. Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. Ek roep die Here aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos. Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval. Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom. Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor Sy aangesig het in sy ore gekom" (18:1-6).

"Here, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. Here, U het my siel uit die doderyk laat opkom, U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal" (30:3-4).

Hier is 'n sleutel vers:

"Hy sal Hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red" (72:13).

Jesus het die Heilige Gees gestuur om u helper te wees. En Hy sal nie 'n dowe oor draai na u uitroep nie!

3. Verdiep u in God se Woord, maak Sy spesiale beloftes u eie, neem dit in die geheime gebedskamer in en herinner God daaraan. Hier is drie van my gunsteling beloftes uit die Bybel. Ek bring dit voor God wanneer ek ook al tot Hom roep:

"Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee, en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid" (Matteus 7:9-11).

Vra die Here vir goeie dinge. Hy wag daarvoor om hulle vir u te gee! Vra Hom om u vry te maak, om al u skande weg te neem, om alle vlekke van sonde uit u lewe te verwyder. Hy verlang daarna om dit vir u te doen!

"En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons kan bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur die geslagte tot in ewigheid. Amen" (Efesiërs 3:21).

Neem hierdie belofte van God elke dag, en sê, "Vader, U sê dat U sal doen ver bo wat ek kan vra. Vandag vra ek U om my gebed te beantwoord met meer as wat ek vra. God vind behae in sulke geloof!

4. Vertrou die Heilige Gees, wat in u woon. Die Vader het Sy Heilige Gees gestuur om in u hart te woon. Maar u moet die Heilige Gees in u erkenning gee! U moet dit glo as u na God uitroep, dat die Heilige Gees wat in u woon u wil antwoord. God het nie nodig om 'n engel te stuur om met u te praat nie; Hy het reeds sy hulpmiddels in u geplaas - die Heilige Gees self!

Dit is die geheim, eenvoudig en duidelik: Soos u u huidige uur van lyding en verwarring in die gesig staar, draai alles oor na die Heilige Gees. Sê aan Hom, "Heilige Gees, U ken die weg uit hierdie warboel. Ek kan nie. Dit is totaal bo my. Daarom, bedank ek, op hierdie oomblik. En ek gee die rigting van my lewe oor aan U.

"Ek weet dat waar deur ek nou gaan nie ongewoon is vir die gelowiges nie. En ek gaan na God uitroep vir hulp. Ek hou vas aan Sy groot en kosbare beloftes. En ek sal U vertrou om die res te doen. U ken die gedagtes van God!"

Geliefde gelowige, as u die eenvoudige belydenis doen, sal u die tyd van vernuwing van die Here ken. Selfs wanneer u gereed is om op te gee, Hy bly getrou om u te bevry.

Hallelujah!