GOD SE GUNS TYDENS ALLE SEISOENE

Gary Wilkerson

Het jy ‘n stryd in jou lewe waarvan jy nog nooit kon ontslae raak nie? Jy wonder, “Kan ek regtig blydskap vind in die Christelike lewe? Sal ek vir ewig in hierdie stryd gewikkel wees?”

Ek geniet dit om mense te beraad. Ek word so geseën wanneer ek sien hoe iemand vrygemaak word deur Christus se Goeie Nuus en uiteindelik die lewe kan geniet. Niks stel tevrede soos die gesig van ‘n geestlike verlamde mens wat uiteindelik genees word en in die nuwe lewe opspring met nuwe hoop, blydskap en geloof.

Dit gebeur egter nie maklik nie. Die konflik wat ons almal elke dag beleef, is hewig, omdat die uitdagings van die lewe in ‘n gevalle wêreld nooit ophou nie. Satan werk voortdurend om God se werk in ons lewens te verberg. Op enige gegewe tyd, kan selfs in die mees toegewyde Christen agterkom dat hy op die randjie van ongeloof wankel.

Ek ken ‘n wonderlike paartjie wie se geloof uitgedaag was deur ‘n verslag oor hulle seuntjie. Toe hy in graad twee was, was vir hulle gesê hy het ‘n ernstige leergebrek. Hulle was geadviseer om hom uit die skool te haal en hom te begin oplei in een of ander ambag, sodat jy uiteindelik ‘n lewe kon maak. Terwyl hulle die situasie aanvaar het op een vlak, was hulle geïnspireer om in geloof te verklaar, “Ons aanvaar nie dat dit God se plan is vir ons kind nie.” Hulle het die seun in die skool gehou en oor en oor vir hom gesê, “Ons glo in jou,” terwyl hulle lang ure deurgebring het om met hom te werk. Deur getrouheid, volharding en geloof, het hierdie kind ‘n goeie student geword, uit kollege gegradueer en lei nou ‘n florerende kerk.

God het in werklikheid ons moeilike seisoene gebruik om ons voor te berei om die seëninge van sy guns te ontvang. Dit is ‘n kragtige waarheid en, ten spyte van moeilike omstandighede, is Hy met ons in alles, maak nie saak hoe donker ons situasie lyk nie.

Jy kan verseker wees van God se guns: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom vrees” (1 Korinthiërs 2:9).