Geweld!

David Wilkerson

Wanneer jy die woord “geweld” hoor, wat kom in jou gedagtes op? Jy dink waarskynlik aan die ongelooflike dinge wat jy op die radio hoor of in die koerante sien:

  • Dink jy aan die motoriste in Florida en Californië vryweë sien wat willekeurig geskiet word deur skerpskutters? Miskien dink jy aan die onskuldige mense in stede wat nie langer by hulle woonstelvensters sit nie, weens verbyry-skieterye wat geen motief het nie. By sommige klein Texas dorpies, is dit nie eens veilig om deur te ry nie!
  • Dink jy aan die 25 miljoen baba’s wat geslag word in hulle moeders se baarmoeders deur aborsie-vriende? Miskien dink jy aan die daaglikse nuusberigte van moord, verkragting, sodomie, messteke en rooftogte. Al hierdie dinge het egter so algemeen geword, dat ons nie langer daardeur ontstel word nie.
  • Dink jy aan die onbekende, vierjaar-oue Brooklyn meisie wat versmoor is en gevind is waar sy geprop was in ‘n tas in ‘n verlate gebou. ‘n Plaaslike priester moet ‘n kollekte opneem om haar te begrawe, omdat niemand anders omgegee het nie.
  • Dink jy aan die man in die Boonste Westekant van Manhattan, wat ‘n vyf-jaar-oue meisie agter ‘n heining geneem het en haar verkrag het? Verskeie motors het op die snelweg daar naby gestop – en die bestuurders het die verkragter aangemoedig!
  • Dink jy aan New York Stad se skole waar kinders vrees om klas toe te gaan omdat wilde, dwelmsmousende studente gewere en knipmesse dra? Die meeste van die skole het nou metaalverklikkers by hulle ingange en polisiemanne patrolleer die gange. Onderwysers word dikwels geslaan en gesteek met ‘n mes. Die ergste van alles is perverse onderwysers wat hulpelose studente wat hulle vertrou, molesteer.
  • Dink jy aan die een-en-twintig-jaar oue Bronx man wat so bedwelm was met dwelms dat hy sy ses maande oue baba doodgemaak het? Hy kon haar gehuil nie langer verdra nie. Toe het hy haar na die kombuis geneem, ‘n slagtersmes uitgehaal en haar in stukke gesny! Toe het hy haar liggaamsdele vir sy twee honger rotweiller honde gevoer – en weer verder gaan slaap!
  • Dink jy aan die 500,000 Rwandese wat gruwelik vermoor is deur kapmes-waaiende stamlede? “Lewe” tydskrif het onlangs foto’s gewys van duisende van die dooie liggame. Sommige was opgestapel in hope van ses en agt voet hoog. Ander het by die honderde by riviere en oor watervalle afgestroom.
  • Dink jy aan die 500,000 bloedige etniese oorloë wat nou wêreldwyd woed? Duisende is vermoor in voormalige Joegoeslawië. Bloedvergieting gaan voort in Ierland. Koerante en tydskrifte is vol prente van geskende liggame, vermoorde kinders, oorlog ongevalle wat oor oop velde en stadspleine gestrooi is.

Alles wat ek hier genoem het, is ‘n vorm van geweld. En ons sinne het so oorlaai geword met sulke beelde dat ons nou probeer om dit uit te sluit. Ons haat dit om selfs ‘n koerant op te tel!

Watter vorms van geweld was daar in Noag se tyd, dat die woede van God so opgewek het dat Hy uiteindelik moes uitroep “Genoeg!”?

Génesis sê vir ons dat hoe meer die mense geword het op die aarde, hoe meer gewelddadig het hulle geword:

“Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. Toe sien God die aarde aan, en – dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe” (Génesis 6:11-12).

Daarom het God gesê,

“Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg” (Génesis 6:13).

God het besluit om die aarde te vernietig omdat alle mense gewelddadig geword het! Hy het Sy profeet Noag instruksies gegee om ‘n ark te bou, sodat hy die komende oordeel kon ontvlug.

Dink daaraan: Met al die geweld wat ek opgenoem het – al die verskriklike dinge wat ons gesien het – het God nog steeds nie aan ons geslag gedoen wat Hy aan Noag s’n gedoen het nie! Ek wonder watter soort geweld het aangegaan in Noag se geslag wat veroorsaak het dat God gesê het, “Ek kan dit nie meer verdra nie. Ek is jammer dat ek mense gemaak het!”

Het almal swaarde gedra? Was dit soos Sodom, waar dwalende bendes homoseksuele vreemdelinge verkrag het? Wat dit ‘n tyd van bloedige oorloë en etniese spannings? Daar kon sommige van hierdie vorme van geweld wees. Maar daar moes ander wees behalwe moord, bloedvergieting en losbandigheid. Jy sien, die Skrif sê dat in dieselfde gewelddadige dae, het die mense

“...geëet en gedrink...getrou en in die huwelik uitgegee...tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het” (Matthéüs 24:3).

Dit was veilig om in die strate in te gaan. Mense het gekoop en verkoop op die markpleine. Paartjie het verloof geraak en getrou. Hulle het huise gebou, families grootgemaak. Daar word niks genoem van bloedvergieting nie. Die Bybel sê egter hulle was gewelddadige mense!

Vergelyk daardie toneel met ons huidige dag. Kan jy jou voorstel wat sou plaasvind as Noag sou probeer om die ark in een of ander verlate gebied in New York Stad te bou? Weet jy hoe lank daardie werk sou voortduur?

Binne ‘n uur sou daar kameelresiese gehou word met 42ste Straat af! Die draadheinings wat die ark beskerm, sou gesny word. Noag se gereedskap sou gesteel word. Tienerbendes sou gate in die ark se romp geboor het. Die duur goferhout sou stuk vir stuk uitgekaargehaal en weggesleep word. Bakkies sou in en uitgery het die hele nag lank. En teen dagbreek sou al daardie eksotiese diere weggesteek word in woonstelle dwarsdeur die stad!

Dink vir ‘n oomblik daaraan: In Noag se dag, was daar geen teken van inbrake, diewe of poetsbakkers wat probeer om die ark af te brand nie. Niemand het sy vee of sy hooi gesteel nie. Niemand het graffiti op die kante van die ark geverf nie. In plaas daarvan, sê die Skrif, kon hy vir 120 jaar heen en weer loop en sy diere veilig bymekaarmaak. Hy kon eet, preek, na troues gaan en nooit in enige gevaar wees nie.

Nee, daar was iets anders aan die gang in Noag se dag. Hierdie samelewing was so ordelik, dat mense met hulle daaglikse bestaan kon voortgaan sonder enige probleme. Daar moes ‘n ander soort geweld gewees het – ‘n soort wat gepleeg is deur gewone mense wat aangegaan het met hulle daaglikse take!

Die soort geweld in Noag se dag wat God woedend gemaak het, was verstandelike geweld!

“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was” (Génesis 6:5).

Daar is dit – verstandelike geweld! Elke versinsel van die mense se gedagtes was verdorwe! Net soos enige dwelmverslaafde vir jou kan sê, die gewoonte is in die kop. En daar was iets wat in die gedagtes van die hele verdorwe samelewing van Noag se tyd aangegaan het!

Die Hebreeuse woord vir “geweld” beteken “wrede handelinge, mishandeling, slegte verbeeldingsvlugte, wreedheid.” Al die bloedvergieting, moorde, verkragting, ens. wat plaasgevind het in daardie tyd, was die vrug van ‘n wortel van geweld in die mense se harte en gedagtes! Die hele samelewing – elke man, vrou en toerekenbare mens – was vasgevang deur verstandelike vorme van geweld!

God skryf alle geweld toe aan die gedagtes en bedoelinge van die hart: “Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af” (Psalm 58:2). En wat God sien aangaan het in die gedagtes van die mense van Noag se tyd, het Hom so bedroef,

“Dit het die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart” (Génesis 6:6).

Volgens die raamwerk van God se definisie van geweld – die soort wat die hart beset en daaroor heers – kan baie wat hierdie boodskap nou lees, mense van geweld wees! Dit is reg – talle Christene is skuldig aan die soort geweld waaroor God die wêreld vernietig het!

Jy sal moontlik antwoord, “Maar ek het niemand seergemaak nie! Ek het nog nooit eens ‘n gedagte gehad om iemand seer te maak nie. Ek is ‘n sagte, vredeliewende mens. Ek mag probleme hê, maar geweld is nie een daarvan nie!”

Dit mag alles waar wees van jou. Maar jy mag steeds ‘n verstandelike gewelddadige persoon wees! Ek wil vir jou wys waaroor verstandelike geweld in God se oë gaan. En ek hoop jy sal verstaan waarom God hierdie soort geweld so haat:

1. Eerstens, daar is die verstandelike geweld van “‘n wrok koester”!

Dit is absolute haat in God se oë vir jou om ‘n wrok teen iemand te hou. Dit sluit in om sleg te dink en dit uit te spreek of op enige manier benoudheid te bring vir die een wat jy verag.

In Psalm  55:10 sê Dawid, “Verwar, HERE, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.” Dawid het toe die geweld beskryf waarvan hy die slagoffer geword het “...die geroep van die vyand...die geraas van die goddelose...want hulle stort onreg op my af, en is toorn behandel hulle my as ‘n vyand” (Psalm 55:4). Die King James vertaling vertaal hierdie laaste frase as, “...in toorn haat hulle my.”

‘n Wrok is enige afguns of kwaadwilligheid teenoor ander. Dawid was geseënd aan alle kante – finansieël, fisies en geestelik. En dit het afguns oral verooraak. Die afguns was in werklikheid so erg, dat die wrok in die ergste graad was.

Dawid het gesê,

“My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval. Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my” (Psalm 55:5-6).

Let asseblief op: Daar was geen mes wat Dawid se rug deurboor het nie. Geen bende van diewe het probeer om hom te beroof, dood te maak of te onttroon nie. Tog het hy gebewe, gesidder van verskrikking en van kop tot tone geril. Waarom? Omdat sy broer ‘n haatdraende wrok teen hom gedra het!

Om dinge te vererger, was dit nie ‘n vyand van Dawid nie – dit was ‘n vriend! “...’n man soos ek, my vriend en my vertroude” (Psalm 55:14). Dawid het gesê, “Dit is iemand wat my ken, wat die hand van God op my gesien het. En tog hou hy ‘n wrok teen my!”

Hierdie soort moord wat Dawid hier beskryf, is “verstandelike moord.” Dit is die soort wat tussen ‘n man en ‘n vrou gebeur, tussen jou en jou medewerkers. Dit is ‘n verskriklike oorsaak van gesinsstryd – kinders wat wrokke teen ouers hou en ouers wat kinders nie vergewe nie. Hierdie soort kwaadwilligheid bou op en eet jou op, totdat dit uiteindelik jou lewe heeltemal oorneem.

Geliefde, as dit jou beskryf, dan is jy ‘n moordenaar!

“Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie” (1 Johannes 3:15).

Wanneer jy voor die Oordeelstroon staan, sal God jou gelyk oordeel met elke moordenaar op aarde. Volgens Sy Woord, is moord moord!

Ons word almal kwaad vir die moordenaars wat ons strate swerf en willekeurig doodmaak. Ons dink, “God kan dit nie langer verdra nie!” Maar die Here fokus meer op wat aangaan in die harte van menigte miljoene – insluitend talle Christene wat moord in hulle harte ronddra elke dag!

Die Bybel is baie duidelik oor hierdie saak: Jy kan kerk getrou bywoon, tiendes betaal en vriendelik wees teenoor almal. Jy kan wegbly was dwelms, alkohol en vrye geslagtelike verkeer. Maar het jy ‘n moeder of vader wat jy nie kan vergewe nie? Is daar iemand wat ‘n verskriklike onreg aan jou gedoen het – maar jy het daardie persoon nooit vergewe nie? As jy ‘n haatdraende wrok teen iemand het, is jy ‘n moordenaar in God se oë! En jy het geen kans om in die hemel te kom nie!

2. Daar is ‘n vorm van geweld wat die Bybel, “Verleiding” noem?

“’n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op ‘n weg wat nie goed is nie” (Spreuke 16:29).

Die woord “verleiding” hier, beteken “om iemand anders oor te haal of te verlei tot ‘n daad van boosheid.” God sê jy is ‘n gewelddadige persoon as jy iemand oorhaal of verlei om kwaad te doen!

Ek wonder hoeveel mans het Noag se boodskap van die naderende oordeel geglo? Miskien was daar een wat die waarheid besef het. Sy hart was aangeraak – en hy was amper oortuig deur Noag se prediking. Maar toe hy het teruggegaan na ‘n Isébel vrou – en sy het hom bespot en hom afgetrek in sonde in om sy oortuiging af te skud!

Hoeveel vroue het Noag gehoor preek oor geregtigheid en was amper oortuig! Miskien het Noag saam met een gebid. Maar ‘n plesiersoekende man het die vrou se lewe ellendig gemaak en haar gedreig om haar uit te skop! “Die volgende keer wat jy na daardie kranksinnige prediker toe gaan, is jy uit by die deur!”

Ek het eens ‘n uitgebrande dwelsverslaafde geken met die naam Roberto. Hy was een van die erste dwelmverslaafdes in Brooklyn. Hy sou roof, steel en selfs doodmaak vir dwelms. Hy het ‘n vrou en ‘n pragtige babadogter gehad, maar hy het hulle verskriklik mishandel.

Roberto se vrou het my gesmeek om hom na ons sentrum te neem vir hulp. Ek hét – en God het hom verander! Roberto het ‘n nuwe mens geword: sag, vriendelik en vol liefde vir Jesus. Hy het ons Teen Challenge plaas verlaat met die begeerte om sy gesin te herenig.

Maar Roberto se vrou was nie ‘n Christen nie. En sy het nie van haar nuutgebore man gehou nie! Sy was lief vir partytjie hou, maar Roberto wou nie meer saam met haar gaan nie. In plaas daarvan, het hy gebid en sy Bybel gelees. Hy was vriendelik en sag teenoor haar – maar sy kon dit nie verdra nie!

Uiteindelik het sy eendag uitgegaan, twee sakke heroïne gekoop en dit op die kombuistafel gegooi. Sy het vir Roberto gesê, “Gebruik dit of trap!” Sy het haar man terug na die naald verlei. En nie lank daarna nie, het Roberto gesterf aan ‘n oordosis. Daardie vrou was ‘n gewelddadige vrou – so gewelddadig soos enige moordenaar wat los is op die strate vandag!

Volgens Spreuke, is ‘n gewelddadige mens iemand wat “ander mislei op ‘n weg wat nie goed is nie.” Ek sê vir jou, die volgende keer wat jy die straat-af stap en ‘n vrou sien wat half-geklee is, haar liggaam vertoon en voor mans pronk – noem dit wat God dit noem: geweld! Sy lei mans na die hel, selfs al raak hulle haar nie aan nie!

Jesus het gesê:

“...dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het” (Matthéüs 5:28).

En die apostel Paulus het bygevoeg:

“Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers...sal die koninkryk van God beërwe nie” (1 Korinthiërs 6:9-10).

Hier is ‘n waarskuwing aan alle Christen vroue: Wanneer jy aantrek om uit te gaan, moenie dat dit ‘n daad van geweld wees nie! In plaas daarvan, bid: “Ek weet ek wandel tussen engele, Here. En ek wil nie iets doen deur aandag te trek na my kaal vlees nie. Ek wil net eer aan U bring!” Mag God elke Christen vrou help wat by die deur uitgaan en verleidend geklee is. Sy moet rekenskap gee vir elke man wat sy laat owerspel pleeg het met sy oë!

Die erste geweld wat ooit teen Israel plaasgevind het, het gebeur sonder dat ‘n druppel bloed gestort is. Nie een pyl was geskiet nie; nie een Israeliet was vermoor of beroof nie. In plaas daarvan, het die Midianiete vroue gebruik om Israel se mans te verlei! Hulle het al hulle mooi vroue buite die kamp opgestel om die Israeliete te lok!

Dit het toe ook so gebeur dat nuuskierige Israelitiese mans uitgeglip het om hierdie effentjies geklede, afgod-aanbiddende danseresse te sien. En hoerery het oral uitgebreek! Verleidende vroue het daardie mans verlei – en Israel was beskaamd gemaak deur die hande van die Midianiete. Die Bybel sê God het dit as geweld gesien en het baie van daardie Midianitiese vroue met ‘n plaag vernietig!

Natuurlik is nie alle verleiers vroue nie. Daar is net soveel gewelddadige mans wat rondloop en vroue verlei! Hierdie leuenagtige mans sal enigiets sê om hulle pad op te werk tot in ‘n eensame vrou se goeie boekies in. En nadat hulle hul “oorwinning” behaal het, spog hulle daaroor!

Sulke mans is soos Ammon, Dawid se seun. Ammon was “siek van liefde” vir sy halfsuster Tamar. Hy kon nie eet of slaap nie weens sy begeerte na haar. Uiteindelik het hy ‘n vriend oorreed om vir haar te vertel dat hy siek was, sodat sy sou kom en hom versorg. Toe Tamar na sy kamer gekom het, het Ammon homself op haar afgedwing. En toe hy haar oorwin het, was sy duiwelse hart geopenbaar:

“Toe het Ammon ‘n baie groot afkeer van haar gekry, ja, die afkeer wat hy van haar gekry het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het; en Ammon sê vir haar: Staan op, gaan weg” (2 Samuel 13:15).

Hy het Tamar fisies uit sy huis gegooi!

Vandag is daar mans wat vir Christen vroue sê, “Jy is die enigste een! Ons het regtig iets geestelik saam. Ons is sielsgenote. Dit is van God af!” Maar hulle sê dit ook vir dosyne ander! Hulle wil bekend wees as die mees geestelike mans in die kerk – net omdat hulle ‘n vrou se liggaam wil hê!

Kon dít wees wat God in Noag se tyd gesien het? Waar die mense rolle gespeel het in verleidende speletjies, met geen verbintenis tot die huwelikverbond nie? Waar bure mekaar verontreinig het, siektes versprei en hulle eie welluste geregverdig het ten koste van ander? Dit is alles geweld!

“Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was” (Génesis 6:5).

Is jy ‘n Christen vrou is wat God vra om vir jou ‘n maat te gee, beter jy baie tyd op jou knieë deurbring om Hom te soek! Moenie ‘n man beoordeel op sy uiterlike voorkoms nie; vra God om vir jou te wys watter soort hart hy het. Die Here sal enige duiwel openbaar!

3. Die ergste soort geweld – die soort wat God die diepste aanstoot gee – word gevind in Matthéüs 18:6!

“Maar elkeen wat een van sulke kindertjies in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepste van die see” (Matthéüs 18:6).

Jy het dalk al gehoor dat die Mafia ‘n vyand uitwis deur stukke beton aan sy voete vas te bind en hom in ‘n rivier te gooi. Geliefde, Jesus sê dit is presies wat verdien word deur diegene wat kinders van hulle geloof in Christus beroof!

Wat het Jesus gesien plaasvind in Noag se dag? Hy het honderde onskuldige kinders gesien wat die bebaarde ou prediker liefgehad het! Hulle was lief daarvoor om met sy diere te speel – en hulle was lief vir wat hy verkondig het. Hierdie kinders moes vir hulle ouers gevra het waarom niemand gehoorsaam was aan dit wat God vir Noag gesê het nie. Maar hulle ouers het Noag bespot! Hulle het gesê, “Moenie weer naby daardie ou man gaan nie!”

Hoeveel kinders in Noag se dag was beroof van enige kans om gered te word? Hulle ouers het weggekalwe aan hulle geloof met bespotting, skande en snedige opmerkings. Uiteindelik het daardie kinders se harte verhard geword – totdat hulle as tieners gestaan en lag het vir die ou man en sy ark!

Daardie jongmense het verdrink saam met die res van die wêreld. En as jy geweld pleeg teen die geloof van kinders, is God gereed om jou in die diepste see te verdrink! Dit is Sy manier om uitdrukking te gee aan Sy woede teen almal wat struikelblokke neerwerp om die geloof van die jongmense te vernietig.

As ons praat van geweld in skole, dink ons aan gewere, messe, gevegte en bendes. Maar ‘n baie groter geweld vind plaas in ons klaskamers: Onderwysers is nou een van die mees gewelddadige, destruktiewe magte in die wêreld! Hulle beroof kinders van hulle geloof in God – van die Skeppingsverhaal, van die evangelie, van waardes, van absolutes. Dit is die geweld in die oë van God!

Dit is geen wonder nie dat kinders nou vermoor sonder spyt. Hulle maak dood vir skoene; hulle vermoor hulle ouers. Waarom? Hulle is misbruik – beroof van alles wat bedoel is om hulle te lei! Hulle sedelike kompas is vernietig in die klaskamer!

Heel dikwels is ‘n kind se ergste gevaar van geweld in die huis – gepleeg deur sy eie ouers! Daar is ‘n vloedgolf van bloedskande, kindermisbruik en gebroke huise. Kinders word verwaarloos, verlaat, verwond en ontman.

Maar God is begaan oor ‘n selfs meer verraderlike vorm van geweld teen kinders. Die werklike geweld – die ware struikelblok – is ‘n vader wat die roeping van God verwaarloos het! Hy sweer, vloek en gebruik God se naam ydelik. Hy mishandel sy vrou, drink en fuif – en lei sy kinders met ‘n duiwel se voorbeeld! Dit is nie maar net misbruik teen sy kinders nie – dit is geweld teen hulle!

Jy mag sê, “Ek slaan nie vroue nie! Ek het nog nooig my hande teenoor my kinders gelig nie. Ek is nie gewelddadig nie. Maar jy verwaarloos God heeltemal – jou verwaarlosing van Sy kerk, jou gebrek aan geestelike hulp aan jou familie – bestaan uit wrede geweld!

Ek sien moeders wat rondsit en rook, drink en vuil grappies vertel – en dan probeer hulle hul tiener kinders onderrig oor dwelms! Moeders is veronderstel om hulle kinders groot te maak in die vrees en liefde van God. Maar te veel vroue vandag is vreemdelinge vir God. Hulle is geestelik dood – niks meer nie as versorgers vir kinders wat op pad is hel toe! God sê van sulke ouers, “Dit is die beste vir hierdie soort mense om in die see verdrink te word!”

Hoe was dit vir Noag wat vir 120 jaar gepreek het en nie ‘n enkele bekeerling gehad het nie?

Niemand het na Noag se kerk gekom nie. Maar ten minste het God geweet waar die mense gestaan het: Hulle was so hard soos klip! Die Here sê egter vir ons vandag,

“Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug” (Openbaring 3:16).

Beskou ons tyd: Miljoene bely Jesus as Here in die Verenigde State en dwarsdeur die wêreld. Dit het amper gewild geword om te sê, “Ek is ‘n weergebore Christene!” Wat het Jesus egter gesê het oor hierdie laaste geslag?

“Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matthéüs 7:22-23).

Noag se hele geslag het sy prediking geweier. En God het van hulle gesê, “Hulle harte is hard, hulle gedagtes is verdorwe.” Maar kyk na ons geslag: Miljoene sê, “Here, Here!” en het ‘n vorm van godsaligheid – tog het hulle geen krag in hulle lewens nie! Hulle het geen morele krag en geen krag vir die evangelie nie. En hulle gaan geskok wees by die Oordeel wanneer Jesus vir hulle sê, “Ek het jou nooit geken nie!”

Geliefde, hierdie boodskap gaan nie oor die toename in misdaad in die stad nie. Dit gaan nie oor jou drink, rook, dwelms gebruik of met jou buurman baklei nie. Dit gaan nie oor moord, verkragting, bloedskande of enige ander soort uiterlike verdorwenheid nie. Liewer, dit gaan oor geweld teen die waarheid! Dit gaan oor die geweld in mense se harte teen Jesus Christus en Sy Kruis!

Geweldige geloof!

Daar is egter ‘n nog ‘n ander soort van geweld wat plaasvind in hierdie laaste dag. Ek sien inderdaad ‘n goddelike volk wat opgerig word wat ‘n geweldige geloof het! Hulle is ‘n heilige oorblyfsel – vol van Jesus en het Hom lief met hulle hele hart. En hierdie gelowiges sien ‘n woedende duiwel wat hulle aanval met alles in sy vermoë. Hulle weet hulle het meer hel om in die oë te kyk as enige ander geslag!

Jesus het gesê:

“Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en die bestormers gryp dit met geweld” (Matthéüs 11:12).

Hierdie oorblyfsel gaan opstaan met ‘n heilige geweld en sê, “Ek sal nie toelaat dat die duiwel my blydskap en vrede steel nie! Ek sal nie toelaat dat hy saad van wrokke, moord, haat of geweld in my plant nie. Nee – ek gaan opstaan in Jesus se krag en oorwinnend leef bo hierdie demoniese gemors!”

Dierbare heilige, God wil ‘n veglus in jou gee! As jy skuldig is aan enige van hierdie vorme van geweld, bely dit gou voor die Here en gehoorsaam Sy Woord. Dit is al wat Hy vra. En mag God ‘n heilige ywer en geloof in jou plaas bokant enigiets wat jy ooit geken het. Hy wil hê jy moet in staat wees om te staan teen Satan se bose planne!

Die enigste gees van geweld wat ons het, is ‘n geweldige geloof. Dit sal ‘n sterk, heilige geweld wees wat in volle krag kom teen die vyand. En, deur die krag van God, sal ons dit alles neerwerp in Jesus se Naam!

Halleluja!