Dwalende Oë

David Wilkerson

Ek het nie ‘n televisie of videomasjien nie, en deur God se genade, het ek weggebly van alle vorme van pornografie. Maar dink aan die Christene wat wel TV het – en ook sateliet TV. Dit is na 10 p.m., die kinders is in die bed, en hulle sit wakker en kyk na ‘n R- of X-gegradeerde film. Vlak voor hulle oë sien hulle volwassenes hoereer en elke bose ding uit die hel uitvoer. Beide gees en liggaam word daarin vasgevang. Of, dit is moontlik hierdie scenario wees: Jy is weg van die huis af en niemand ken jou nie. Jy voel alleen en ‘n nuuskierigheid oorweldig jou. Die vyand van jou siel fluister, “Gaan kyk so en so ‘n film – net een keer – jy kan dit later weer bely!” So, jy kyk na ‘n R- of X-gegradeerde film. Dit is verdorwe en laat jou vuil en sondig voel. Jy verlaat die teater leeg! Of veronderstel, in plaas van om uit te gaan, skakel jy bloot in by ‘n vuil fliek op die motelkamer TV. Net daar in die kamer, verlaat die Heilige Gees jou, bedroef, omdat ‘n kind van God sy oë vasgevang hou op ‘n vuil, goddelose, sensuele film! En hier is een laaste scenario: Terwyl jy met die straat af stap, stop jy by ‘n nuusstalletjie en kyk na al die sekstydskrifte (Playboy, Penthouse, ens.) en ‘n hele versameling van ander vuil tydskrifte! Jy kyk net! Maar, jy koop ‘n New York Times en ook ‘n vuil tydskrif en versteek dit tussen die bladsye van The Times. Jy neem dit huistoe en steek dit weg en haal dit heimlik uit om van begeertes te brand deur die foto’s. Na ‘n rukkkie, gooi jy dit weg met misnoë en sê, “Nooit weer nie! Dit is dwaas – simpel – wie het dit nodig?”

Maar daar is iets ernstigers: Veronderstel ek loop op straat werktoe of kerktoe, of ry bus of met die duikweg, en my oë “dwaal” – altyd aan die loer! Satan vertoon vlees oral! Baie mense trek aan, loop en tree op asof hulle duiwelbesete is! Hulle is soos lopende pornografie en wil jou oë verlei. Hoewel mans en vroue albei skuldig is aan dwalende oë, is mans waarskynlik meer geneig daartoe. Vroue kyk uit die hoeke van hulle oë hoe hulle Christen mans hulle koppe draai en vroue volg met hulle dwalende oë – by restaurante en selfs in die kerk! Vroue kyk na hulle mans se oë! Niks is meer disrespekvol vir ‘n vrou of meer vernederend as ‘n man wat sy oë laat dwaal in haar teenwoordigheid nie!

In die Stad word dit vererger deur die blote aantal mense, die sensuele advertering, en die manier waarop die goddeloses aantrek. Jare gelede, hier in New York, het vroue rokke gedra tot op die grond! Hulle was betaamlik – hulle het steeds gebloos. Dit was ‘n skande om selfs ‘n enkel te wys. Vandag trek baie vroue aan soos prostitute op ‘n jagtog! Net vyftig jaar gelede, sou die meeste van hulle in polisiekarre gelaai word, toegedraai in baadjies, en toegesluit word vir onbehoorlike kleredrag! Jy kan verseker weet die versoeking sal erger word hoe nader ons aan die einde van hierdie eeu kom. Dit sal verskriklik wees.

Die vraag is, waarom sou enige ware kind van God sy of haar oë fokus op sulke goddelose vuilheid? Ons weet die lus van die oë is een van die grootste gevegte wat deur Christene gestry word vandag. Ek het ‘n man gesien wat sy Bybel dra op die hoek van 68ste Straat en Broadway. Toe ‘n dame met ‘n minirok by hom verbygegaan het, het hy die straat oorgesteek terwyl hy heeltyd teruggekyk het en sy lewe in gevaar gestel het in die verkeer. Hoe verskriklik het dit gelyk! Die Bybel het onvanpas gelyk. Hierdie stryd word gestry deur bedienaars, prokureurs, dokters, politici, mense van alle terreine van die lewe en alle nasionaliteite. Daar is duisende wat dit heimlik geniet, wat nooit sou wou hê dat iemand dit moet weet nie. En duisende ander sluip terug daarna so nou en dan. Maar dit het ‘n houvas op hulle en dit lyk of hulle nie heeltemal daarvan kan vrykom nie.

Ek wil hier net met diegene praat wat graag die Here wil behaag en in heiligheid wil wandel. Waarom is daar hierdie goddelose aantrekking? Waarom hou sommige aan om dit te doen? Waarom die dwalende oë? Jesaja het gepraat van die dogters van Sion wat “met die oë lok” of dwalende, loerende oë het: “...Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang...” (Jesaja 3:16). Dawid het gebid, “Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u oë” (Psalm 119:37). “Ek stel geen lae ding voor my oë nie...” (Psalm 101:3). Spreuke 4:25 sê, “Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.” Waarom laat ons nie ons oë reguit voor ons kyk in reinheid nie?

Dwalende oë word verbind met ‘n bekommerde, ontevrede hart.

Ons erken nie dat die oogprobleem ‘n ernstiger hartprobleem weerspieël nie. God moet ons sover kry om te sien dat iets nie mee afgereken is in ons harte nie, dat daar ‘n wortel van kwaad is wat dwalende, wellustige oë veroorsaak. “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spreuke 4:23). Ons neem nie die saak so ernstig op soos Jesus nie. Hy maak hierdie oogsaak ‘n saak van lewe en dood. Dit is nie iets wat ons ontgroei nie. Liewer, dit moet mee afgereken word in die vrees van God, met beslistheid en strengheid. Ons moet besef dat Jesus gesê het dit kan ons tot die hel verdoem as ons nie eens en vir altyd daarmee afreken nie. Jesus het gesê dat ‘n slegte oog uitgeruk moet word!

Laat my jou vertel hoe hierdie boodskap ontstaan het. Ek het vroeër genoem dat ek ‘n man, Bybel in die hand gesien loer het na ‘n vrou in ‘n mini-rok, en hoe sleg ek oor hom gevoel het. Trouens, ek het gedink, “Jou vuil ou man!” Maar God se Gees het my liefdevol bestraf en gesê, “Hy is jou ewebeeld. Jy doen dieselfde ding! Miskien nie met ‘n Bybel in die hand nie, maar jy waak nie oor jou oë soos jy behoort nie.” Daardie aand, en tot op hierdie oomblik, het die Heilige Gees ‘n goddelike vrees in my geplaas, en my gewaarsku dat waarna ek kyk, ‘n baie ernstige saak is by die Here. Dit is nie ‘n geval van wettiese slawerny nie. Dit gaan oor lewe en dood. Dit is onmoontlik om ‘n rein hart te hê en ongedissiplineerde oë. Die begeertes van die oë is ‘n verlengstuk van die begeertes van die hart.

Die Bybel sê daar is sommige wat “met julle saamsmul; met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie...” (2 Petrus 2:13-14). Hulle kom na God se huis om saam met ons te eet. Hulle luister na en geniet die Woord, maar hulle is vol begeertes. Dit sluit vroue sowel as mans in. Hulle gee voor om Jesus te wil hê – hulle sê al die regte woorde – maar hulle het een ding bo aan hulle gedagtes. Hulle is man-mal of vrou-mal! Met dwalende oë! Baie van hulle kom na my vir gebed en sê, “Ek kan myself nie keer nie. Iets kom oor my. Wellus oorval my! Dit moet demonies wees!” ‘n Bedienaar wat gevang is met agt vroue in sy kerk het vir my gesê, “Dit het begin toe ek vyftien jaar oud was met die huishulp in ons huis. Dit het ‘n gewoonte geword en ek het niks verkeerd daarmee gesien nie.”

In al hierdie gevalle, is dit die vlees – nie demone nie – wat heers. “Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; en veral die wat uit die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop...aanmatigend...” (2 Petrus 2:9-10). Petrus praat van, “’n hart geoefen in hebsug...” (2 Petrus 2:14). Die woord “geoefen” het te doen met naaktheid! Hulle is behep met naaktheid! Hulle begeer dit – beoefen dit – verlang vurig daarna met hulle oë! Van hulle, sê Petrus, “Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol” (2 Petrus 2:22). Hulle is vleiers op ‘n rooftog. Watter gladdebekke is hulle. Leuenaars Internasionaal! Met al die regte antwoorde! “Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondheid dié wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel” (2 Petrus 2:18). Dit is een van die mees kragtige, betekenisvolle waarskuwings in God se Woord vir die kerk vandag.

Aan almal van julle wat die valse leraars ontvlug het, wat uit dwaalleer gekom het en ‘n heeltemal vrygekom het van leerstellinge van duiwels en van die verdorwenheid van ‘n kerk of leier wat vals is – pasop vir nog ‘n strik: ‘n hoogklinkende, geestelike, tweesprekende verleier na jou gestuur deur die duiwel net wanneer jy op jou kwesbaarste is. Aan alle getroude vroue, luister na hierdie boodskap! As jy geestelik ontwaak het en honger vir God is – as jy jou bekeer het en niks anders as Jesus wil hê nie – maar jou huwelik is nie wat dit moet wees nie, as daar onrus en moeilikheid is, as dinge versuur het en hy nie jou diepste begeertes deel nie, as julle uitmekaar dryf – pasop! Die duiwel sal ‘n man in jou pad stuur wat so geestelik, so wys, so vol begrip is. Hierdie man sal lyk of hy jou kan gedagtes lees. Hy sal praat soos niemand wat jy al ooit voorheen gehoor het nie! Dit sal goed klink en jou ydelheid vlei. Jou man sal so vaal in vergelyking wees.

Daar was ‘n bedienaar in Kanada wat ‘n “profetes” ontmoet het. Hoe het sy geprofeteer – en hom vertel sy bediening sou nasies skud. Sy kon hom lees, hom verstaan. In vergelyking met hierdie dame, was sy vrou, “materialisties en ongeestelik,” het hy gesê. Hy het op die ou end in ‘n verhouding beland met die vrou wat die heeltyd geprofeteer en gesê het, “So sê die Here...” terwyl sy hoereer! ‘n Ander man en sy vrou, wat nou Times Square Kerk bywoon, het behoort aan ‘n “shepherding fellowship” waar hy vertel was hy is nie geestelik op dieselfde vlak as sy nie. Die gemeenskap het die vrou gedwing om haar man te skei en toe ‘n ander man [een of ander geestelike] ingebring om met haar te trou.

Dienaars van sonde

“Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is...” (2 Petrus 2:19). Luister na die waarskuwing van die apostel! Wees waaksaam! Hulle wat oë vol owerspel het, kan die beswaardes raaksien. Hulle lê ‘n hand van medelye op jou, of skakel jou en sê, “Ek het ‘n las vir jou. Die Here het my opgewek en my van jou vertel. Ek het ‘n goeie oor. Vertel my daarvan.” As jy getroud is en jy is op die foon (of persoonlik) en stort jou hart uit by iemand anders as jou maat – dan sondig jy en speel jy met vuur! Jy is in die strik waaroor Petrus waarsku.

Hier is ‘n boodskap vir enkellopendes. As jy ingestel is op God en vasbeslote is om Jesus te enige koste te volg, sal jy ‘n teiken vir Satan wees. Hy sal vir jou iemand stuur wat ek “wittebroodsgodsdiens” noem; dit is, net genoeg geestelike vleiery om jou voor die kansel te kry! ‘n Jong vrou het voor my bely, “Hy het so geestelik geklink! Al waaroor hy gepraat het, was die Here. Hy het vir my gesê Jesus was alles, maar die dag toe ons getrou het, het hy verander.” Nee! Hy het nie verander nie. Sy ware kleure het bloot uitgekom. Sy onthou dat hy die hele tyd wat hulle uitgegaan het, ‘n geestelike tong gehad het, maar vatterige hande! Dit is die toets. Weier sy dierlike begeertes en sien hoe geestelik hy is!

Ander weier dat hulle oë die Christus in hulle aanstoot gee.

Daar is ‘n Skrifgedeelte wat my jarelank gepla het: “As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie” (Matthéüs 5:29). Dit is ‘n mens wat onder die algehele Heerskappy van Christus staan. As die vlees of self op die troon was, wat sou ons aanstoot gee? Dit is omdat Christus heers dat die oog aanstoot gee – enigiets nie soos Jesus nie, word aanstootlik! Hierdie woorde van Jesus wys ons hoe ernstig Hy praat oor hierdie saak van dwalende oë. Hy noem weer dieselfde woord in Matthéüs 18. Twee keer in een boek! As Christus regeer en in jou hart heers, sal jy Sy droefheid beleef elke keer wat jy verlangend na enige man of vrou kyk, of ‘n porno tydskrif optel, of net vyf minute na ‘n vuil fliek kyk, of ‘n twyfelagtige film huur of koop! Jou gees sal uitroep, “O Here, ek gee U aanstoot met my oë!”

“As jou regteroog jou dan laat struikel...” Waarom praat Jesus van die regteroog? Kan die linkeroog nie dieselfde sien nie? Die regteroog verteenwoordig oorheersende gesag. Jesus het aan die regterhand van die Vader gesit. Omdat God ‘n Gees is, kan daar nie ‘n letterlike regter of linkerhand wees nie. Liewer, dit verteenwoordig ons Here se almagtige posisie van gesag, die regterhand verteenwoordig mag. So, jou regteroog, is enige begeerte wat ‘n oorheersende mag van gesag in jou liggaam aangeneem het. Regteroog sondes het wortels – en is dit wat ons so maklik besit van ons neeem. Dit word die regteroog van die vlees, die oorheersende oog, wanneer dit onderwerp word as “werktuie van ongeregtigheid...” (Romeine 6:13).

Vir sommiges is dit ‘n oorheersende regteroog van fantasie. Dit is die vloek van huwelike: Mans of vroue dagdroom oor iets beters, met ‘n slegte oog wat blind is vir die werklikheid en vasgenael is op een of ander fantasie. Hulle kan God nie glo vir ‘n wonderwerk van genesing nie, omdat hulle met ‘n vals visie leef dat daar iewers ‘n Mnr. of Mev. Perfek is! Jare gelede, was ek op ‘n TV program saam met ‘n komediant wat meer as agt keer getroud was en wat op die punt was om weer te trou. Ek het vir hom gesê, “Ek dink ek het pas die hartseerste man in Amerika ontmoet.” Later het hy bely, “Agt vroue kan nie verkeerd wees nie! Ek het verwag hulle sou my gelukkig maak – ek was net een week getroud met een van hulle! Omdat nie een van hulle hom gelukkig kon maak nie, het hy hulle verlaat. As jy een van hierdie dagdromers is, het jy ‘n bietjie Heilige Gees oogsalf nodig om jou visie helder te maak! Daardie fantasië kan dit wat oor is van jou huwelik vernietig.

Jesus het gesê om dit uit te ruk en van jou af weg te werp! Hy sê baie eenvoudig: “Dit is genoeg! Stop dit – sny dit uit – niks meer nie! Niks meer goddelose fantasië nie! Niks meer vuil tydskrifte en films nie! Niks meer dwalende oë nie! Werp daardie regteroog weg! Moenie dat begeertes jou beheer nie. Ruk daardie wellus uit jou hart uit!” Jesus maak geen verskonings vir jou nie; Hy beveel jou om dit eenvoudig te laat staan of om verlore te gaan: “want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word.” Jy kan bid, smeek om barmhartigheid, pleit om genade, dit verskoon as swakheid, hulpeloosheid pleit, selfs sê dat dit God se werk is om te doen en nie joune nie. Maar Jesus het gesê, “Jy moet dit uitruk – jy moet dit van jou af wegwerp!” Ons sou nie beveel word om die onmoontlike te doen nie; dit moet moontlik wees omdat Hy ons beveel om dit te doen. Maar ons wil net nie teen sonde strewe nie. In plaas daarvan, sal ons voor ‘n TV fliek neerplof, iets vuil aansit en bid, “God, waar is U krag? Verlos my!” Ons sal loop tot by ‘n nuusstalletjie, ‘n vuil tydskrif optel en fluister, “Here, waar is U?”

Luister na Christus se waarskuwing: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het” (Matthéüs 5:28). Die meeste sal erken dat ‘n geheime verhouding vertroue skend en ‘n huwelik verwoes, en dat sonder God se genade, dit nooit weer dieselfde is nie. Maar om na pornografiese materiaal te kyk, manlik of vroulik, en beelde te begeer, dieselfde effek het. Jy is net so ontrou! Jy kan net sowel fisies aangegaan het met ‘n prostituut. Jou geestelike owerspel sal jou verhouding met jou eggenoot vernietig. Dit doen huwelike skade omdat die man of vrou nie kan opweeg teenoor dit wat jy sien nie. Die duiwel sê, “Hy of sy is te vet! Kyk waarmee jy getroud is!” Die vergelykings word gemaak en dit wat jy het, blyk so ver weg te wees van jou fantasie! Nou kyk jy, jou oë dwaal, omdat hy of sy jou nie kan bevredig nie. Satan het jou gedagtes besoedel, en jy voel verkul.

Oor die onderwerp van masturbasie het selfs Christen skrywers geskryf, dat dit ‘n wettige manier is om spanning te verlig, dat dit nie hoerery is nie. Nou beskou enkellopende Christene dit nie as sonde om dit te geniet nie, solank dit net in die gedagtes is. Maar God se Woord noem dit self-misbruik. Paulus, self ‘n enkellopende het gesê: “Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie” (1 Korinthiërs 9:27). Paulus het gesê, “Ek sal my nie deur iets laat oorheers nie” (1 Korinthiërs 6:12). Die gevaar vir enkellopendes, sowel as die getroudes, is dat hierdie begeertes en gewoontes die liggaam begin beheer en mag oorneem. “Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mense doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort” (1 Korinthiërs 6:18-20).

Kan God enkellopendes rein hou? Kan Hy vir hulle rein oë gee? “Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig” (Judas 24). Vir die enkellopende geskeide vroue sê Hy, “Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en jou soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God” (Jesaja 54:4-6). Vir jongmanne sê Dawid deur die Heilige Gees, “Die HERE is my deel” (Psalm 119:57).

As die slegte ding waarop jou oog gefokus is, nie uitgeruk word nie, sal alles binne-in jou sleg word!

“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker. Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie” (Lukas 1:34-35).

Daar was ‘n artikel in ‘n onlangse Sondagkoerant wat hierdie verse gepas illustreer. Dit gaan oor ‘n vroulike filmster wat verlief geraak het op haar mede-ster. Maar alles was eensydig – hy was vriendelik teenoor haar en sy het dit verkeerdelik as liefde aangeneem. Trouens, hy het ‘n ander meisie gehad. Sy het so behep met hom geword, dat sy die kluts skoon kwytgeraak het, en ‘n verminkte pop voor sy deur neergesit het en hom geteister het met foonoproepe en briewe. Die polisie het haar vir ondervraging gearresteer. Dit het haar lewe vernietig!

Dit is waarvan die Woord praat – daardie slegte ding waarvan die oog nie ontslae wil raak nie, wat ‘n obsessie word. Dit begin oorneem. Alle nugter denke verdwyn – intelligente mense begin om dwase en gevaarlike dinge te doen. Die liggaam, siel en gees word alles gevul met goddelose duisternis.

‘n Jong vrou het vir my vertel haar liefde vir ‘n jongman was besig om haar te vernietig. Sy het gevoel sy was besig om haar verstand te verloor deur altyd te fantaseer oor hoe die lewe saam met hom sou wees. Ek het met hom gepraat en hy was geskok: “Ek het nog nooit vir haar enige rede gegee om te dink dat ek haar liefhet nie. Ons het nog nooit uitgegaan nie! Ek het haar twee keer ontmoet.” Sy is nou op die randjie van selfmoord, behep met hom, en hy voel sleg, want dit was nie sy skuld nie. Dit was haar slegte oog.  

Waarom dring Jesus so ernstig daarop aan dat hierdie ding uitgeruk, stopgesit en weggewerp moet word? Omdat Hy weet watter verskriklike duisternis en verwarring dit laat instroom. Alles wat jy doen, sal besmet wees met goddeloosheid. Jy sal nie in staat wees om God se Woord te hoor nie. Dit lig wat jy dink jy in jou het, sal duisternis wees. Verskriklike bose gedagtes sal jou gedagtes binnestroom. Jy sal in staat word om te lieg, te verneuk, en saam te sweer – en kwaad goed noem en verdraaid word in al jou weë! Jy sê, “Ja, daar is iets wat my oë oorheers. Ek het my oog op iemand of iets. Maar ek kan dit nie keer nie – ek kan dit nie laat staan nie.” Jesus het nie gesê dit sou maklik wees nie, maar dat dit moontlik is, “...dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om...in die ewige vuur gewerp te word” (Matthéüs 18:8). Dit mag beteken jy het op die ou end ‘n gebroke hart of word emosioneel kreupel. Maar dit is óf dit, óf die hel! Ja, dit mag voel asof jy sterf. Iets sal in jou sterf, maar dit moet wyk anders sal dit jou siel verdoem.

Ek het ‘n preek gelees van ‘n beroemde prediker hier in New York in ‘n katedraal in ‘n woonbuurt. Hy het gesê, “Moenie daardie diep gevoelens onderdruk nie. Gaan voort! Gee jouself daaraan oor; anders sal jy jou persoonlikheid vernietig.” Daardie prediker sal ‘n leërskare van verdoemde siele in die hel moet trotseer wat hom in die ewigheid nie met rus sal laat nie, omdat hy vir hulle gelieg het!

Jesus het gesê, “Ruk dit uit – werp dit van jou af weg!”