Dit is Maaityd in Amerika

David Wilkerson

“Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou. En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan. En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien. Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek. En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken" (Matthéüs 25:14-19).

Hierdie saak van saai en maai kan op twee maniere verstaan word, beide goed en sleg. My lewe lank hoor ek dit verkondig word, “Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook maai...” Dit was amper ‘n slegte konnotasie gegee: saai in die vlees en maai verwoesting – saai in die wind en maai ‘n warrelwind! Maar hierdie teks van die gelykenis van die talente fokus primêr op die goeie kant van saai: saai in die gees om die ewige lewe te maai. “...want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie” (Galásiërs 6:9).

Laat ons eerste die donkerkant van saai beskou. Daar is sekerlik ‘n “saai in die vlees” wat ‘n verskriklike oes meebring. Daar is reeds bewyse van hierdie verskriklike oes oral te sien in Amerika. Kyk na ons publieke skole: ons maai ‘n verskriklike oes van jare van God uit die klaskamers uitdryf. In 1940, net een geslag gelede, het klasse geopen met gebed en die Eed van Trou. God se seën was gevra oor die skool, op die lesse, op die skoliere, op die nasie. Dit was een nasie onder God en Hy was elke dag verheerlik in die klaskamer. In daardie jare was die sewe hoof dissiplinêre probleme: praat in die klas; kougom kou; geluide maak; hardloop in die gange; indruk by die rye; onbehoorlike kleredrag; rommel nie weggooi nie. Vandag se opnames is skrikwekkend. Die sewe hoof dissiplinêre probleme is: verkragting; diefstal; aanranding; inbraak; brandstiging; bomme plant; moord – amper alles wat verband hou met dwelmmisbruik. Ons jeug sê nie net nee nie! Skoliere wat dwelms verkoop in New York Stad paradeer in die gange met goue kettings en dra pakke van $100 note. Badkamers is nou skietgallerye en rookplekke.

God was nie welkom in die skole nie, maar die duiwel is verwelkom! So het die okkult, humanisme en verdraaide leerstellings ingekom. Promisku seks was verheerlik en homoseksualiteit was besing. Die liberales het gevra dat kondome vrylik versprei word in die klaskamers. Nou wil hulle kondoommasjiene in al die hoërskole sit. Hulle noem dit VIGS beskerming!

Kyk wat ons nou maai: Een helfte van alle geboortes in ons stede is nou ongehu! Vyftig persent! Een kwart van alle swangerskappe word nou geaborteer – twee-en-twintig miljoen sover. In net een generasie, het ons almal gegaan van kougom kou tot masjiengewere! In een Bronx skool het ‘n student ‘n Uzi masjiengeweer klas toe gebring en onder sy baadjie weggesteek. In die verlede was daar respek vir onderwysers en gesag, maar vandag leef onderwysers in New York en ander stede in vrees. Sommige word aangerand. Kan jy dink waar ons skole sou wees in net nog vyf jaar as ons oorleef? As ‘n nasie ‘n streep trek en God uitdaag om dit oor te steek – wanneer sataniese magte welkom geheet word – moet dit eindig in ‘n lewende hel op aarde, ‘n duiwelse speelgrond.

Wat van die “seksuele omwenteling” van die afgelope twintig jaar? Wat vir ‘n oes maai ons nou na jare van saai in die vlees! Die liberale pers en die korrupte teoloë vra vir ‘n nuwe tyd van seksuele vryheid. Hulle wil nie meer Puriteinse sedelike standaarde hê nie, geen beperkinge meer nie. Die oproep was, “Enigiets word toegelaat tussen twee instemmende volwassenes!” Honderde duisende homoseksuele het uit die kas geklim. Hulle het hulle boodskap na publieke skole geneem; hulle het op ons strate betoog en homoseksuele regte afgeëis; hulle het die regering binnegedring om wette te maak om homoseksualiteit te beskerm. Amerika is oorstroom met boeke, films, en TV reekse wat lesbiese verhoudings, groepseks en die omruil van vroue verheerlik! Daar word gepraat van oop huwelike, van saambly, van seksuele vryheid. Dit was veronderstel om hemel op aarde te wees!

Nou is dit rekenskapdag – nou kom die oes. Die doodsengel het gekom om te sê, “Die partytjie is verby!” Watter verskriklike, ongeneeslike nuwe siektes is daar soos herpes, chlamydia en VIGS. Clamydia infekteer nou meer as vier miljoen meisies in Amerika, en veroorsaak dat baie van hulle onvrugbaar word. Baie van hierdie meisies het geen kans om ooit kinders te hê nie. God sal moontlik een baarmoeder toesluit vir elke aborsie. Sifilis, ‘n ou siekte, is aan die toeneem. My Christen dokter het vir my gesê dat vyftien jaar gelede sou hy 600,000 eenhede penisillien gee vir sifilis pasiënte. Nou neem dit 4,800,000 eenhede en dit maak steeds nie die bakterie dood nie! Hierdie bakterie word immuun teen penisillien. Nou is daar ‘n nuwe seksueel oordraagbare kankervirus genaamd papilloma – ‘n vorm van kanker wat in jong vroue gevind word. Die tempo van bloedskande het 100% toegeneem in die laaste tien jaar. Die einde is nêrens in sig nie en die oes word daagliks net slegter. Wie weet waar die VIGS epidemie sal eindig? Daar kan geen twyfel bestaan nie dat die Woord waar is en sê, “Jy maai wat jy saai.”

Die ergste oes van alles is die ongelooflike golf van kinderpornografie en kindermolestering. Wie sou ooit kon glo dat ‘n nasie gestig deur goddelike mense, eendag so verdorwe en ontaard sou word, dat dit teen sy kindertjies sou draai soos wilde beeste? Dit is die ergste soort sadisme bekend aan die mensdom en dit versprei oor Amerika soos die pes. ‘n Groeiende aantal ouers molesteer hulle eie kinders. Wat ‘n tragiese oes!

Amerika is op die rand van ‘n ekonomiese ineenstorting!

Daar gaan ‘n rekenskapdag wees vir al die jare van gierigheid en jaag na geld. Die dollar is Amerika se god, met besigheidsmense en Wall-Streeters wat uitgaan om die een groot slag te slaan – net soos aasvoëls op die Amerikaanse ekonomie. Hoe meer hulle kry, hoe meer wil hulle hê. Dit is malligheid! Die wilde spekulasie wat ons nou sien, is dieselfde gees wat mense net voor elke vorige ineenstorting in besit geneem het (1857, 1880, 1932). Nie eens ons beste opgeleide regeringsamptenare weet wat nou gebeur nie. Een Federeale Reserwe amptenaar het onlangs gesê, “Moenie bekommerd wees oor al hierdie multi-miljoen dollar oornames, met hulle tien teen een skuldlas nie. Daar is te veel ander onbekende magte aan die werk daar buite...” “Daar buite” is ‘n onbekende wêreld wat oornag in duie kan stort en niemand sal in staat wees om te verduidelik hoekom nie.

Maar daar is ‘n goeie kant van hierdie saak van saai en maai:

Die Here gaan ‘n groot leërskare gewillige saaiers hê in die laaste dae.

“En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien. En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien. Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Matthéüs 25:20-23).

Ek gaan aan jou bewys dat die ware kerk van Jesus Christus nie sal uitgaan met ‘n gesug nie! Dit sal nie verpletter of mank gelaat word deur die gety van boosheid nie. Dit sal nie swak, verward, of afgebreek word deur demoniese magte nie. Nooit nie! Hierdie gelykenis bewys dat God ‘n vrugbare, heerlike oes sal hê aan die einde. Twee uit drie van die Here se diensknegte sal na die oordeel kom met vrug en vol blydskap – verheug oor ‘n groot oes. Hulle sal nie grond verloor of dit net-net maak nie. In plaas daarvan, sal hulle sê, “Ek het wins gemaak – wat God vir my gegee het, het verdubbel.” Hulle sal “goed en getrou” wees, nie afvallig of dood nie. Hulle sal nie neerslagtig, depressief, of treurig wees nie, maar liewer, hulle sal die vreugde van die Here hê.

Jesus is “die man wat op reis wou gaan” wat “ná ‘n lang tyd” sou terugkeer en Sy diensknegte vir rekenskap sou inroep. Ons is “Sy” diensknegte en die talente verteenwoordig ons genade en openbaring van Jesus. Ons word beveel om uit te gaan en hierdie openbaring te saai. Sommige het groter openbaring van Jesus as ander – maar almal moet saai.

As ons egter na die wêreld kyk vandag, vra ons: Sal daar ‘n visie wees vir die verlore siele in hierdie laaste dae of sal sending verdwyn hoe nader ons aan Sy koms kom? Sal jongmense reageer op die opdrag om uit te gaan en die wêreld te besaai? As sonde erger word met dwelmmisbruik en geweld wat toeneem en die ekonomie wat val, sal hierdie goddelose toestande veroorsaak dat die jonges wegkruip? Sal daar jong mans en vroue onbevlek gelaat word deur hierdie verdorwenheid? Waar sal God ‘n nuwe leërskare werkers kry? Deure gaan toe vir sendingvelde, soos die kostes buite beheer tol.

Die Koninkryk van God word in der waarheid nie geaffekteer deur demone, die ekonomie, kommunisme, geweld, of enige wêreldtoestande nie. Trouens, die kerk in China is vandag sterker as ooit. Vervolging het dit net sterker en magtiger gemaak, so ook in al die Ystergordynlande. Ek weet nie hoe God dit gaan doen nie, maar hierdie gelykenis bewys dat God ‘n laaste dag leërskare hier en oorsee sal hê wat daar buite in die oes gelaai sal wees met vrug, blydskap en opwinding.

Psalm 110 is ‘n direkte profesie van ‘n laaste-dag volk wat “baie gewillig [sal] wees op die dag van u krygsmag” (vers 3). Martin Luther het hierdie Psalm “’n heerlike profesie aangaande die Koninkryk van Christus” genoem. Hy het bygevoeg, “Dit behoort baie duidelik te wees vir almal in die kerk.” Daar is ‘n “magtige septer...uit Sion” (vers 2) – ‘n septer van mag. Dit verwys na Jesus wat ook nou, al die mag en gesag het. Maar in hierdie laaste dae, sal ons ‘n dag van die volheid en hoogtepunt van Sy mag sien – ‘n laaste demonstrasie van Sy mag. So was dit toe God Sy krag aan Egipte vertoon het, en tien verskriklike plae gestuur het. Eerstens het Hy die aarde getref; toe het die hemele geskud met weerlig en donderweer. Uiteindelik, in een laaste oplewing van mag, het God losgebars in ‘n toorn van die dood, en het al Egipte se eersgeborenes gedood. Die krag van die Here het die mensdom geskud vir die laaste 2,000 jaar. Maar een laaste skudding word geprofeteer: “Toe het sy stem die hele aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe” (Hebreërs 12:26).

God se kinders sal “gewillig” wees op daardie dag – hulle sal spontane vrywilligers wees. Hier is hoe God dit doen: Wanneer Hy besluit dat Sy dag van mag gekom het, dan rig Hy heilige profete, wagte, en herders op wat die basuin blaas. God bearbei ‘n volk op ‘n bonatuurlik manier om te reageer. Hulle luister na die oproep om hulle te bekeer, om byeen te kom, en om in geloof op te staan om die vyand aan te vat. Hulle word wakker, gaan uit – en daag die magte van die duisternis uit. God se volk begin uit te roep en Hy stuur profete om die kerk op te wek.

So was dit toe Sísera en sy magtige strydwaens teen Israel opgetrek het. (Sien Rigters hoorstuk 4.) God het Debóra opgerig want “die kinders van Israel het die HERE aangeroep...” (Rigters 4:3). Dit was die Gees van die Here wat oor hulle gekom het en soos Debóra later gesing het, “...omdat die volk hom gewillig getoon het” (Rigters 5:2). As die Gees van God waarlik oor ‘n volk kom, hoef jy nie te druk, te pleit, te trek of te dreig nie. Hulle word gewillig in die dag van Sy mag. Ek sien dit reeds gebeur hier in Times Square kerk. Die Woord reinig en die Gees van God kom oor baie. Ons het nou ‘n oorvloed van vrywilliges, gewillig om enigiets vir Jesus te doen.

“U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade...” (Psalm 110:3). Dit is ‘n profesie dat God ‘n volk sal hê wat heiligheid nie as ‘n las sien wat te swaar is om te dra nie. Hulle sal dit nie sien as iets moeiliks of wetties nie – maar pragtig! Hulle sal nie wegskram van ‘n harde boodskap nie; maar liewer, hulle sal dit sien as God wat ‘n diamand sny en poleer, sodat nog meer ligstrale kan voortskyn. Dit is ‘n vaste profesie dat Hy in ‘n dag van goddeloosheid, ‘n dag van onsedelikheid, ‘n heilige skare sal oprig, wat met blydskap sal wandel in al Sy gebooie.

Watter bewyse het ons dat God ‘n leër van jongmense sal hê wat vir Hom werk in die eindtye? “...die dou van u jong manskappe” (Psalm 110:3). Dit beteken dat die jong bekeerlinge so baie sal wees soos die druppels van die m࣪ôredou. Gaan uit in die oggend en kyk na die gras: dit is soos miljoene sprankelende diamante. So sal Sy oes van die jeug wees. Dit is nie bloot my interpretasie van hierdie groot profesie nie. Edwards, Calvyn, en Rodgers het almal dit op hierdie manier oorgedra. Trouens, hierdie 110de Psalm is so belangrik dat dit aangehaal word deur Jesus en Paulus, en word sewe keer na verwys in die Nuwe Testament. Het God moed verloor met die jeug? Spring die duiwel deur die hele hel rond en skreeu, “Die jeug is almal myne! Die dwelmslawe, die seksmalles, die selfmoordenaars!” Nee! Die “dou van die jeug” is God s’n.

Daar is absoluut niks op aarde of in die hel wat die laaste dag oes kan keer nie!

Daar is iets uniek en besonders aan hierdie laaste dae dienaars wat die laaste groot oes sal inbring. Eerstens, hulle sal nie bang wees om “te ploeg in die koue” nie. “In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie” (Spreuke 20:4). Jesus het gesê dat die land die wêreld is, bedoelend nasies, volke, rasse. Toe ek na New York gekom het in 1958, het die samelewing, die kerk, en die regering gesê dat die dwelmverslaafdes ongeneeslik was – veral heroïen verslaafdes. Hulle het in wese gesê, “Te koud om te ploeg! Hulle wil God nie hê nie. Hulle kan nie bereik word nie.” Maar God het vir my gesê: “Gaan ploeg! Dit is ‘n diamandmyn! Ek gaan ‘n groot oes daar hê.” En Hy was reg.

Langs ons suidelike grense, weet hulle nie wat om te doen met miljoene onwettige Mexikane wat instroom nie. In New York en Kalifornië stroom daar onwettige immigrante in vanaf dwarsdeur die wêreld. God het die kerke opgerig om hulle vir Christus te bereik, meestal van verslaafdes, omdat hierdie nuut bekeerde Christenwerkers dit beskou het as ‘n geleentheid om te ploeg. God het die sendingveld na hulle gebring. Nou, gaan jong bedienaars, wat eens onwettige immigrante was, terug na hulle lande van oorsprong as sendelinge om te evangeliseer.

Ja! Koue golwe van afvalligheid versprei oor die aarde. Die Jode is koud, sowel as die Moslems. So baie lyk hopeloos en hard. Maar die Here sê, “Moenie lui wees nie – gaan ploeg!” Geen groep mense, geen individu, moet beskou word as te koud, te hard, of te ver heen nie! Gaan en saai! Ploeg en jy sal maai! In hierdie dag van Sy mag, sal die Gees almal oortuig van sonde. Voordat Times Square Kerk gestig was, was ons vertel dat New York te hard en te goddeloos was – dat daar geen hoop was nie – dat daar te veel sinisme was, te veel misdaad – dat mense nie hulle huise sou verlaat om Times Square toe te kom in die aande nie. Dit was veronderstel om té koud te wees om te ploeg. Hierdie vol kerk bewys hoe verkeerd hulle was.

Hierdie gewillige dienaars sal nie bang wees vir die “leeu op die strate” nie. “Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word” (Spreuke 22:13). “Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu op die pad, ‘n leeu op die pleine” (Spreuke 26:13). Is daar ‘n leeu op die strate? Ja! ‘n Brullende leeu wat soek om te verslind. Maar hierdie Geesvervulde dienaars is nie bang vir ‘n leeu nie. Voor ek teruggekom het New York toe om die kerk te lei, het die duiwel vrees in my hart probeer inboesem. Ek sien wat kom en hoe goddeloos hierdie strate sal word. Satan sê, “Jy sal doodgeslaan word in die strate!” Maar Jesus beveel: “Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in” (Lukas 14:21). Ons is nie bang nie!

Ek dink aan hoe wonderlik dit moet wees om op ‘n stil, afgesonderde plek te bly, en talle het daardie voorreg. Maar ‘n groeiende aantal Christene “vlug na die berge,” bloot om weg te kruip. Die leeu het hulle weggejaag en hulle soek ‘n plek van veiligheid. Ek is reeds deur daardie manier van dink. ‘n Leier rekonstruksionis het ‘n boek geskryf genaamd Government By Emergency, waarin hy Christene waarsku om voorraad en gewere te bymekaar te maak, om gereed te maak om weg te kruip en hulle besttings te beskerm. Die lys wat hy aanbeveel, sluit in alkohol en tabak om geregsdienaars om te koop (hy noem dit “kibbel”) in ‘n tyd van anargie.

Dit is diegene wat sal uitroep vir die rotse en die berge om hulle te weg te steek vir Sy toorn. (Sien Openbaring 6:16). “Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Matthéüs 16:25). Nee! Hierdie Geesvervulde liggaam sal nie wegkruip nie, maar sal op die voorste linies wees en ‘n goeie stryd stry en ‘n oes van siele inbring.

Sommige sal op die ou end lui en onvrugbaar wees en hulle siele verloor.

“En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie; omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het ek u wat aan u behoort. Maar sy heer antwoord hom: Jou slegte en luie dienskneg...Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het...En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van tande...” (Matthéüs 25:24-30). Wie is die lui, slegte dienskneg en waarom is hy in die hel gewerp?

Eerstens, hy was ‘n dienskneg van God wat beheer was deur ‘n boesemsonde. Jesus het hom ‘n slegte dienskneg genoem, wat hier dui op boosheid of iets geheimsinnig. Hoewel hy geassosieer word met ‘n kring van diensknegte wat besig, vrugbaar en bly is, is daar iets verborge en nie ontbloot nie in hierdie man. Hy maak daarop aanspraak dat hy die Here ken (“ek het u geken”), maar hy het ‘n verdraaide begrip van die Here ontwikkel weens sy onafgelegde sonde. Hy sê, “dat u ‘n harde man is,” wat ‘n ander manier is om te sê, “U verwag te veel van my – ek kan nie aan u eise voldoen om te dien nie!”

Dit is sonde in die hart wat iemand laat sê, “Dit is te moeilik – dit sit my af!” Die oorgegewe hart, aan die ander kant, word vry en gehoorsaamheid is nie langer ‘n las nie. Vir die oorgegewe hart, is dit alles blydskap. ‘n Bedienaar het eenkeer ‘n paar van ons bandopnames gehoor en toe vir ‘n vriend gesê, “Niemand kan so lewe nie! Almal maak foute. Jy kan nie so rein lewe soos wat hulle verkondig nie!” Hy het dit as ‘n harde boodskap beskou. Ek wonder hoekom.

Ons het mans in Times Square kerk met vrouens wat sê dat hulle Christene is, maar wat dink hulle mans is fanaties. Sommige van daardie mans was voorheen op dwelms of alkohol; hulle was vroueverneukers, vol van die duiwel. Nou is hulle uitverkoop aan Jesus! So, wanneer die vrou sê, “Kom ons gaan dans en hê ‘n bietjie pret,” wil hy dit nie doen nie. Dan blameer sy God dat Hy so hard en streng is, en omdat “Hy haar man van haar af weggevat het!” Sy behoort op haar aangesig te val en God te dank dat die duiwel hom nie meer besit nie.

Hierdie lui dienskneg in die gelykenis beskuldig sy heer dat hy maai waar hy nie gesaai het nie (Matthéüs 25:24). Dit is ‘n ernstige aanklag waarvan talle halfhartige Christene vandag steeds die Here beskuldig. Wat hy in wese sê is die volgende: “Here, U verwag te veel van my en U het my teleurgestel toe ek U nodig gehad het. U verwag van my om getrou en vrugbaar te wees, maar U het my nie gehelp toe ek ‘n wonderwerk nodig gehad het nie. U wil ‘n oes by my hê, maar wil nie verlossing in my saai nie!” Met ander woorde, hy het ‘n wrok teen sy meester en daarom beskuldig hy hom dat hy onregverdig is.

Wat het hy gedoen wat so sleg en so lui was dat dit sy saligheid gekos het? Dit was die volgende: “God het my nie nodig om Sy doel te bereik nie. As Jode of Moslems of my familie gered moet word, sal Hy dit sonder my doen. Dit is alles in elk geval vooraf bestem! Dit is net ‘n mors van my tyd om te getuig en so hard te werk, omdat die Here ‘n oes sal hê sonder al hierdie saaiery. So, ek sal my by my eie sake bepaal, uit die moeilikheid uitbly en die Here se stille dienaar wees – en wat moet wees, sal wees. Ek kan niks verander nie!” Daarom sit hulle voor die TV en sê, “Wie is ek? God sal dit in elk geval doen! Wat maak dit saak? Ek doen niemand skade nie – ek het niks gesteel nie – ek het die Here nie skade aangedoen nie!”

“Omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort” (Matthéüs 25:25). Eerder as die vrees van God, was dit die vrees van sonde laat staan, die vrees dat dit hom te veel sou kos, wat hierdie dienaar gebonde gehou het. Daarom het God hom van alles gestroop. Of jy groei – óf – jy verloor dit alles. Jy sal óf voortgaan met God – óf – jy sal uit Sy Koninkryk gewerp word.