Die Wederkoms Van Die Here

Toe ek ? seun was, was die uitroep van die kerk, “Jesus kom! Hy kom soos ? dief in die nag wanneer jy dit die minste verwag. Hy sal in ? oogwink met trompet geskal kom. Wees altyd gereed.”

Gedurende my tienerjare het ek by elke Sondag byeenkoms hierdie uitroep gehoor. Elke evangelis wat by my pa se gemeente kom preek het, het ? roerende boodskap oor die nabye wederkoms van Jesus gehad. Hul uitroep is in my geheue vas geêts. En die boodskap het ? goddelike vrees en verwagting in my meegebring. Ek het geleer om met die verwagting dat Jesus enige oomblik sal kom, te leef.

Hierdie uitroep, “Jesus kom!” word deesdae selde in die kerke gehoor. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ? boodskap oor die wederkoms van Jesus gehoor het nie. Gevolglik, as ek die liggaam van Christus beskou, sien ek min verwagting na Jesus se nabye wederkoms. Dit is betreurenswaardig dat slegs ? paar regverdige diensknegte blyk te smag en uit te sien na Sy verskyning.

Trouens, onder baie Christene is daar ? nuwe denkwyse oor hierdie onderwerp. Die denkrigting is, ”Jesus kom nie meer nie. Van al die profesië wat voor Sy koms vervul moes word, het slegs ? paar gebeur. Waarom moet ons Sy koms verwag? Alles gaan soos gewoonlik aan.”

Die Bybel waarsku ons teen hierdie einste denkwyse. Petrus het gesê dat in die laaste dae spotters die boodskap van Christus se wederkoms sal bespot: “Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van Sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af” (2 Petrus 3:3-4).

Dit is verbasend dat menigte die skielike wederkoms van Christus vrees. Net die gedagte dat hulle lewens tot ? einde kom en dat hulle ? dag van oordeel in die gesig moet staar, is so angswekkend dat hulle dit uit hul gedagtes verban. Hoe kan dit van ware gelowiges waar wees, mag u vra? Volgens Petrus dikteer begeerlikhede hulle lewe: “volgens hulle eie begeerlikhede wandel ..... ” (3:3)

Dink na oor wat Petrus sê: Klou jy aan ‚’n boesemsonde, sal jy niks met die boodskap van Christus se wederkoms te doen wil hê nie. Die idee dat Jesus gaan kom en jou beoordeel is die angswekkenste gedagte wat ? sondaar kan hê. Dus moet jy die spot dryf met die idee dat jy in jou brandende begeertes voor God sal staan en rekenskap gee.

Petrus se boodskap aan ons is duidelik: "Dit is wat agter al die ligsinnigheid omtrent Christus se koms lê: ? spottery met God se Wet. Dis ? haat vir die Bybel, ? veragting van die tien gebooie, ? minagting vir evangelie se boodskap. Dit is die oorsaak agter al die wetteloosheid, die te koop loop met sonde, die magteloosheid van die kerk. Spotters verkondig ? nuwe boodskap: 'Christus kom nie weer nie. Daar is geen oordeelsdag nie. Alles sal voortgaan net soos dit reeds al jare voort gaan. Jy hoef nie die oordeelsdag te vrees nie.'"

Net soos Petrus voorspel het, is daardie spotters vandag met ons. En hul dryf nie die spot met die landswette nie. Hulle spot met die wette van God. Ons sien dit in die druk om die instelling van die huwelik tussen man en vrou te vernietig. Hulle fokus is nie die grondwet nie, maar God se Woord. En daardie spotters is in hoë posisies: in die Kongres, in die hoër howe, in kolleges, skole en selfs kweekskole.

Weens hierdie ongehinderde wetteloosheid word die mense deur ? moedswillige blindheid geteister. Hoor wat sê die spotters, "Alles gaan in ? ordelike wyse voort. Die son sal môre betyds opkom, die seisoene sal kom en gaan. Al die waarskuwings wat ons in die verlede gehoor het, het nog nie waar geword nie. Dus moenie onrustig raak nie. Bederf en geniet jouself. Doen wat ook al jou genot gee."

Ek skud maar net my kop. Hoe kan enige iemand wat vandag lewe sê dat alles sal voortgaan soos altyd? Dink net hoe belaglik is hierdie stelling in hierdie skrikwekkende tye. Terroriste het die Twin Towers in New York vernietig. Hulle het die trein stasie in Spanje opgeblaas. En hulle onthoof mense in die Midde Ooste.

Daar is gesê dat ? massa volksmoord soos die Groot Slagting van die Jode deur die Nazi's nooit hedendaags kan gebeur nie. Tog is 700 000 onskuldige Rwandese in ? slagting deur hulle eie landsgenote binne enkele maande vermoor. VIGS wis miljoene in Afrika, Sjina, Indië en ander nasies uit. Skurknasies in besit van ? waterstofbom staan gereed om die res van die wêreld gyselaar te hou. En daar is ? dodelike toename in nuwe siektes, soos SARS en Ebola, wat ? mens se vlees binne weke uitteer.

-"Alles gaan voort soos altyd?" Watter moedswillige onkunde. Dit behoort vir selfs die goddelose duidelik te wees dat die Here alles skud wat geskud kan word. En wat in die nabye toekoms voorlê is te vreeslik om eens aan te dink.

Tog, terwyl al hierdie dinge gebeur is daar op die aarde ? magtige, ongesiene krag aan die werk. Dis ? krag wat niemand kan ontwyk of ignoreer nie. Ek praat van die krag van die Heilige Gees. Hy is die Here se adminstrateur op aarde. Hy is gestuur om die regverdiges te bemagting en die sondige wêreld te oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel.

-Die Heilige Gees weet presies waarom Jesus nog nie gekom het nie. Dit is omdat ons Here lankmoedig is. Hy is geduldig teenoor sondaars; hy wil nie sien dat enige een verlore gaan nie. In Sy genade wag Hy op die skandelikste sondaar om te bely. En om presies daardie rede sal die Heilige Gees met sy opdrag volhard. Jy kan hom bespot of poog om hom af te skud, maar die Gees kom weer en weer, om van sonde te oortuig en die waarheid van Christus bekend te maak.

Dit is wat met Pinkster gebeur het. En nou, op die einde van die tye, doen die Heilige Gees ? finale middernag-uitroep: "Jesus kom." Islamiete en Hindoes sal hierdie uitroep hoor. Ateïste sal dit hoor. Elke sondaar en heilige, elke Jood en heiden op die aarde sal dit hoor. Die waarheid sal aan al die nasies verkondig word.

U mag vra, “Waarvan praat jy as jy sê ¢die koms van die Here’? Verwys jy na ? geheime wegraping? Praat jy van ? voor-verdrukking koms, of middel-verdrukking of na-verdrukking koms. Of bedoel jy dat Jesus op die heel einde van die tyd sal kom?”

Sommige Christene glo dat Jesus sy volk skielik van die aarde af sal wegvoer deur wat ? wegraping genoem word. Ander onderrig dat Christus in die middel van ? tydperk wat die groot verdrukking genoem word, sal kom. Hierdie tydperk sal sewe jaar duur en deur terreur en wanorde soos die wêreld nog nie belewe het nie, gekenmerk word. Ander glo dat Christus aan die einde van hierdie sewe jaar verdrukkingstydperk sal kom. Tog leer ander dat Christus reg aan die einde van al hierdie dinge sal kom.

Daar is gerespekteerde Bybelgeleerdes in elkeen van hierdie kampe. Tog is daar een ding waaroor elke Christen kan saamstem: Jesus self sê dat niemand die uur van sy koms ken nie, nie eens die engele nie. Vir die ware geliefdes in Christus is die tydsbepaling van Sy wederkoms nie ? saak nie. Dié diensknegte is deurentyd gereed, of dit deur ? skielike wegraping of in die middel van verdrukking is. Dit maak aan hulle nie saak of hulle verskriklike beproewinge en lyding moet deurmaak nie. Hulle vertrou dat dieselfde Jesus wat hulle daagliks deurdra, hulle deur alles sal deurdra. Hulle leef in ? konstante verwagting na Sy wederkoms.

Nee, daar is ’n dieper saak hier betrokke. En dit is die goddelose gedagte wat Satan in die menigte, wat daarop aanspraak maak dat hulle ware gelowiges is, ingeprent het. Die duiwel fluister ? venynige leuen in die ore van ? menigte van God se mense: “Christus het Sy koms vertraag.”

In Matthéüs 24 vertel Jesus die gelykenis om gereed te wees: “Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom- en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.” (Matthéüs 24:44-51).

Let op dat Jesus van diensknegte hier praat, bedoelende gelowiges. Een gelowige word getrou en die ander sleg genoem. Wat maak laasgenoemde in die Here se oë sleg? Volgens Jesus is dit iets wat hy in “sy hart sê.” (24:48). Hierdie dienskneg uiter nie sy gedagtes nie en hy verkondig dit ook nie. Maar hy dink dit. Hy het sy hart aan ? demoniese leuen verkoop, “Die Here vertraag sy koms.” Let daarop dat hy nie sê, “die Here kom nie” maar “(Hy) talm om te kom”. Met ander woorde: “Jesus sal nie skielik en onverwags kom nie. Sy wederkoms sal nie in my geslag wees nie.”

Hierdie “slegte dienskneg” is duidelik ? tipe gelowige, miskien selfs iemand in die bediening. Sy bevel was om “te waak” en “gereed te wees”, “omdat die Seun van die mens kom in ? uur dat julle dit nie verwag nie.” (Matthéüs 24:44). Tog paai hierdie man sy gewete deur Satan se leuen aan te neem.

Jesus wys ons op die gevolge van hierdie gedagte. As ? dienskneg oortuig is dat die Here sy koms vertraag het, sien hy nie die nodigheid om goed en reg te lewe nie. Hy staan onder geen verpligting om vrede te maak met sy medediensknegte nie. Hy sien nie die nodigheid om eensgesindheid in sy huis, by sy werk of in sy kerk te bewaar nie. Hy kan sy mede diensknegte slaan, hulle aankla, ? wrok teenoor hulle koester, hulle reputasies vernietig. Soos Petrus dit stel: hierdie dienskneg word deur sy begeertes voortgedryf. Hy wil in twee wêrelde leef, homself aan ? bose lewe oorgee terwyl hy glo dat hy van regverdige oordeel vrygestel sal wees.

Paulus skryf: “Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie - deur gees of deur woord of deur brief as synde deur ons geskrywe - asof die dag van Christus al daar is.” (2 Thessalonicense 2:1-2).

Spotters wys daarop, “Kyk, iemand in die vroeëre kerk het die gelowiges ontstel met die boodskap dat Christus se koms naby was. En Paulus het vir hulle gesê, ¢Nee, moet nie daaroor besorg wees nie. Moet julle nie daaroor kwel of bemoei nie.¢”

Maar dit is nie ooreenkomstig die oorspronklike Griekse teks nie. Die grondwoord is “[moet nie verskrik wees nie] ..... dat die dag van die Here gekom het.” Wat die Tessaloniërs onstel het, was dat hul gedink het dat Christus reeds gekom het en hulle dit gemis het.

Paulus verseker hulle in die volgende vers, “Laat niemand jul op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf” (2:3). Paulus het slegs hul vrese aangespreek toe hy gesê het, “moet nie besorg wees nie want twee dinge moet eers gebeur.”

Dus, wat was Paulus se primêre teologie rakende Christus se wederkoms? Ons vind die antwoord in twee gedeeltes: “En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons alreeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die verlossing is nou nader by ons as toe ons gelowing geword het. Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan aflê die werke van die duisternis en die wapens van die lig omgord.” (Romeine 13:11-12). “Laat jul vriendelikheid aan die mense bekend word. Die Here is naby.” (Fillipense 4:5). Paulus roep uit, “Word wakker! Dis alreeds verby middernag. Roer jouself, die Here se koms kom nader. Moet nie traag wees nie. Jesus kom vir dié wat Hom verwag.”

Twyfelaars mag vra, “Maar wat van Paulus se eie woorde? Hy het gesê twee dinge sal gebeur voordat Christus weer kom. Eerstens kan die Here nie kom voordat ? groot afvalligheid plaasvind nie. En tweedens, die Antichris moet opstaan en homself God verklaar. Ons moet die Antichris in die tempel sien sit en aandring dat die mense hom aanbid alvorens Jesus sal kom.”

Eerstens, moet jy moedswillig blind wees om nie die onkeerbare geloofsversaking wat die hele wêreld vasgryp, te sien nie. Ongeloof versprei onder die nasies en van alle kante versaak gelowiges die geloof. Duidelik is die afval waarna Paulus verwys reeds hier.

Let op Paulus se woorde: “Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net hy wat nou teëhou, moet uit die weg geruim word;” (2 Thessalonicense 2: 7). Wat is die verborgenheid van hierdie ongeregtigheid? Dit is wetteloosheid. Dit is ? gees van wanorde wat geen respek vir God se Wet het nie. En dit is juis omrede die mens se geweld en wetteloosheid dat God die wêreld deur die vloedwater vernietig het.

Indien die wetteloosheid wat Paulus in sy dae waargeneem het bloot toegeneem het, is dit geen wonder dat ordentlike mense vandag onrustig en bang is oor wat hulle sien gebeur. Wette en instansies wat deur die eeue verhoed het dat die samelewing in wanorde verval word links en regs afgetakel.

Paulus sê hiervan, “Hy wat nou teëhou, moet uit die weg geruim word.” (2:7). Hy vertel ons, “Daar is ? teëhoudende krag aan’t werk wat die wanorde hok slaan. Maar daardie teëhouer sal binnekort weggeneem word. Die Gees sal altyd hier wees om sy opdrag te vervul. Maar sy teëhoudende evangeliebediening sal „weggeneem” of “opgehef ” word.”

Ek kan nie aan enige ander krag anders as die Heilige Gees dink wat wetteloosheid aan bande kan lê nie. Dink aan wat met ? samelewing gebeur wanneer die Heilige Gees sy teëhoudende krag ophef. Elke instelling, van die regering tot families, tol totaal buite beheer. Ek kan my nie indink nie hoe New York sal uitsien sonder dat die Teëhouer keer dat goddeloosheid nie uitbars nie. Ek sou nie naby aan die stad wou wees as die Heilige Gees nie aan’t werk was nie.

Tog sien ons die gees van wetteloosheid orals in die wêreld aan die werk. Die Antichristelike magte vergader en onthul hulself reeds in hoë posisies. Die Europese Unie is op hierdie tydstip besig om ? grondwet daar te stel wat God geheel en al ontken. ? Pinksterpredikant in Swede sit vandag in die tronk omdat hy teen homoseksualisme gepreek het. Dis maar een teken hoe alles voorberei word.

U kan sê, “Reg, maar Paulus het duidelik gesê dat Jesus nie sal kom totdat die Antichris regeer nie.” Let op wat die Skrif sê: “Wie is die leuenaaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën” (1 Johannes 2:22). Volgens Johannes is die Antichris enige een wat die Vader en die Seun ontken. Verder sê hy die toename in sulke antichriste bewys dat ons die heel laaste dae beleef. Boonop sal daar ? man kom wat die “naam van sonde” verpersoonlik.

Kortliks, niks hou die koms van Christus terug nie. Dink aan die wêreldwye terrorisme, die verafgoddeliking van die self, die blatante aanslag op die huwelik en godvrugtige waardes. Dink aan die wreedheid van die Islamiete, militante homoseksualisme, die walglikheid op TV en in die filmbedryf, die wydverspreide aanranding van kinders. Een van die Katolieke bisdomme aan die weskus het onlangs bankrotskap verklaar omrede hulle nie die miljoene toegeken aan sestig aanrandingslagoffers wat in hul kinderjare deur een priester aangerand is, kon betaal nie.

Hou in gedagte dat dit alles tot nou toe teëgehou is. Nou vra ek u: wat sal gebeur wanneer God aan die Een wat dit alles teëgehou het sê, “Hef op jou teëhoudende hand. Laat sake hul gang gaan tot ? klimaks”? Paulus skets vir ons ? prentjie: “(Die Teëhouer) ....... moet uit die weg geruim word; en dan sal die ongeregtigheid geopenbaar word,” (2 Thessalonicense 2:7-8).

Die Heilige Gees weet wat binnekort gaan plaasvind as daar nie meer teëgehou word nie. Elke mens sal homself aan sy begeertes oorgee. Elke militante godsdiens sal sý gode op die ander afdwing. Elke heilige ding sal verafsku word. Elke wet sal sonder gevolg oortree word. En die afvallige kerke sal die mees korrup, verdoemingswaardige doktrines uit die hel uit, preek.

Alles is gereed om selfs nou te gebeur. ? Enorme afvalligheid oortrek die wêreld. Die eie ek beklee die troon in mense se harte. In in ? baie kort tyd, wanneer die Teëhouer weg is, sal kom wat Paulus noem “die krag van die dwaling ......, om die leuen te glo.” (2 Thessalonicense 2:11).

Wat is hierdie leuen? Dit is die blinde aanvaarding dat enige iemand wat in Jesus se naam kom namens God spreek. Valse leraars sal opstaan wie Christus as ? goeie man sal erken, maar nie as God nie: “mense wat ? gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Timóteüs 3:5). Dié wat hierdie bedrieërs volg sal na ? ander Jesus, ? ander evangelie gelok word. Die blindheid sal omvangryk wees en menigtes, insluitend die wat voorheen vuur en vlam vir die Here was, sal vasgevang word.

Hoekom gaan God die Teëhouer keer? Omrede, sê Paulus: “almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” (2 Thessalonicense 2:12). Ons sien alreeds hoe die Heilige Gees se teëhouding elke dag toenemend verminder word.

In Openbaring kondig Jesus aan, “Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.” (Openbaring 22:7). Vyf verse later sê Christus, “En kyk, Ek kom gou, en My loon is by my, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” (22:12).

Hier is die uitroep vir almal wat met verwagting uitsien na Jesus se wederkoms: “En die Gees en die bruid sê, Kom!” (22:17). Hierdie verwys na die bruid van Christus, bestaande uit ? wêreldwye liggaam van gelowiges onder Sy heerskappy. Al hierdie diensknegte is weergebore, gelowiges wat deur die Bloed skoon gewas is.

U mag vra, “Ek verstaan hierdie is die gelowige se hartogtelike roep. Maar waarom sou die Gees ook tot Jesus roep ¢Kom¢?” Is dit omrede dit die laaste gebed van die Heilige Gees is, welwetend dat sy werk op aarde bykans voltooi is. Net soos met Paulus of Petrus aan wie God gesê het dat hul tyd kort is, net so roep die Gees uit, “Kom, Here Jesus”.

Dus, waar hoor ons hierdie geroep van die Gees vandag? Dit kom van die wat in hemelse plekke by Christus sit, wie in die Gees lewe en wandel, hul liggame die tempel van die Heilige Gees. Die Gees roep in en deur hulle uit, “Maak gou, Here, kom”.

Laat ek vra: wanneer laas het u gebid, “Here Jesus, kom vinnig, kom gou”? Persoonlik kan ek nie onthou dat ek die gebed gebid het nie. Tewens, ek het nooit geweet dat ek Christus se koms kon verhaas deur die Gees toe te laat om hierdie gebed deur my te bid. Tog gee Petrus bewys van hierdie ongelooflike waarheid: “julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan, en die elemente sal brand en versmelt.” (2 Petrus 3:12). Die frase “verhaas ..... die koms van die dag” beteken in grieks “bespoedig, om aan te moedig.” Petrus sê dat ons verwagtende gebede die Vader laat haas, versnel, aanspoor om Sy Seun gou terug te stuur.

Slegs een saak vertraag daardie glorieryke gebeurtenis. Dis ? enkele onopgeloste saak: “Die Here is nie traag aangaande sy belofte nie soos sommige mense traagheid bejeën, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (3:9).

Die Here se genadige geduld dikteer die tydsbepaling van sy wederkoms. Dus, beteken dit dat ons nie vir Sy wederkoms moet bid nie? Nee, geheel en al nie. Christus self sê aan ons in die evangelie van Markus, “Want daardie dae sal daar ? verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe en ook nooit sal wees nie. En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar terwille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.” (Markus 13:19-20). Stel jou voor wat kan gebeur indien Christus se bruid orals in die wêreld opstaan en in die Gees bid, “Jesus, kom!”

Tewens, as ek glo dat die wêreld na onbeteuelde wanorde afjaag, en dat Christus binnekort sal kom, dan moet my uitroep op my onvoorbereide familie en vriende gemik wees. Dit sou skynheilig van my wees om te bid dat Jesus kom en nie vir my geliefdes in te tree nie om gereed te wees vir daardie dag,. My gebed moet wees, “Kom, Here. Maar maak eers die ore van my familie en vriende wat verlore is oop, sodat hulle kan hoor. Red hulle, red die verlorenes.”

Paulus het aan sy broer in die gees, Timótheüs, geskryf, “Ek dank God wat ek van my voorouers af in ? rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik aan jou dink in my gebede nag en dag” (2 Timótheüs 1:3). Kan jy met ? skoon gewete sê dat jy met sulke intensiteit vir jou geliefdes gebid het?

Stel vir ? oomblik al die doktrines oor die koms van Christus ter syde. Dink aan die hartstogtelike uitroep van die man of vrou wat Sy koms lief het., “Want nou sien ons deur ? spieël in ? raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ons ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is” (1 Korinthiërs 13:12). Jesus se koms moet u nie ontstel nie. Dit behoort u opgewonde te maak. Indien u iemand werklik lief het wil u naby daardie persoon wees. Kan u u voorstel hoe dit sal wees as Jesus u naam roep?

Stel u ? pas getroude paar voor en die man word vir ? uitgebreide tydperk, miskien op besigheidsake of militêre diens, weggeroep. Hy sê aan sy bruid, “Ek kom terug maar ek weet nie wanneer nie. Hier is die adres waar jy my kan bereik”.

Vir die eerste paar jaar skryf die bruid dikwels aan haar man, mooi liefdes briewe. Tog sê sy nooit, “Kom asseblief gou terug!” nie. Tien jaar gaan verby, dan twintig en sy skryf al minder en minder. Steeds sê sy nooit, “Kom gou, ek smeek jou. Ek het jou omhelsing nodig, ek het nodig om jou gesig te sien. Ek bid dat jy gou sal terug kom” nie.

Dit is hoe die Kerk vandag uitsien. Hoe kan ons vir Christus vertel ons het Hom lief en mis Hom, maar bid nooit dat Hy na ons terugkom nie? Hoekom kan ons nie aan Hom te kenne gee dat Hy gou terug moet kom en ons met Hom saam neem sodat ons gedurig in Sy geselskap kan wees? Hoe kan ons nie sê, “Ek kan nie meer sonder dat U hier is, voortgaan nie. Ek wil nie van U af weg wees nie”.

Te midde van hierdie dae hoor ek Jesus sê, “Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou.” (Openbaring 22:20). En ek hoor die bruid van Christus antwoord, “Amen, ja kom, Here Jesus!” (22:20).

*Aan God al die eer, vertaal deur Ulrich Schoeman.

*In hierdie preek is die 1953 Afrikaanse Vertaling gebruik.