Die Verskriklike Dag Waaroor Niemand Wil Praat Nie

“Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.

“Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede” (2 Petrus 3:10-14).

‘n Bekende TV evangelis het ons land onlangs geskok met ‘n profetiese waarskuwing. Hy het gesê God het aan hom openbaar dat ‘n onverwagte terroriste aanval aan die kom is na die Verenigde State, en dat ‘n groot menigte sal sterf. ‘n Soortgelyk profesie is wêreldwyd deur ‘n ander gerespekteer TV evangelis gegee.

In onlangse weke het ek voorspellings ontvang van onbekende maar goddelike predikers wat dieselfde soort boodskap uitroep. Hierdie herders waarsku, “’n Groot ramp gaan binnekort en onverwags op ons afkom. Dit sal so vernietigend wees, dat die wêreld gaan skud. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.

Ek hoor aanhoudend nuus berigte wat dieselfde soort ding voorspel: ‘n verskriklike wêreld krisis staan op die punt om te gebeur. Ek glo hierdie voorbodes van die sekulêre wêreld is die Gees van God se waarskuwing aan die ongelowiges. Nou voel selfs die mees goddelooste mense op aarde innerlike aan dat ‘n verskriklike, vreesaanjaende dag onafwendbaar is en vinnig naderkom.

Op hierdie oomblik, is die wêreld in ‘n angswekkende wanorde. Ek dink aan die verskriklike menseslagting wat in Darfur in Sudan plaasgevind het. Meer as 300,000 mense het gesterf, en 2 miljoen ander het vlugtelinge geword. Soos die wêreld in afsku daarna kyk, onbekwaam om die slagting te stop, sit ‘n korrupte Verenigde Nasies verlam. Meeste van die voedsel gaan om die oproerige militêre magte te ondersteun.

Terrorisme is besig om te styg, en wêreld magte is verward. The V.N. word genoem “Sending Onmoontlik,” met sy hopeloos verdeelde Sekuriteits Raad. Iran en Noord Korea jaag om kernarsenale te bou, met Iran wat dreig om Israel van die aardbol af te vee. Vir hierdie afvallige nasies, is enige dreigement van V.N. sanksies ‘n grap. Hulle bespot die raad se besluite openlik.

Die meeste van hulle sal heel moontlik nie eens die waarskuwings hoor nie, net soos die hardkoppige konings in die Bybel wie die profete se waarskuwings opgeskeur het.

Terselfdetyd , is China besig om vinnig te styg as wêreldmoondheid, gedetermineerd om Amerika as die wêreld se enigste supermoondheid te vervang. Die Chinese regering is besig om biljoene dollars in Afrika, Suid Amerika, die Verre Ooste en Latyns Amerika in te stoot, en sodoende die invloed van die nasies te koop. Dit wil voorkom asof alles in of deur China gemaak word.

Wie luister na al die profetiese waarskuwings en gee aandag daaraan?

Die nasies van die wêreld en hulle leiers luister nie na al die alarms wat afgaan nie. Dit is moontlik dat die meeste van hulle nie eers die waarskuwings sal hoor nie. Net soos die hardkoppige konings in die Bybel wie die profete se waarskuwings opgeskeur het, hulle het gespot met dit wat geprofeteer was.

Inderdaad, alle haters van Christus spot. Die sekulêre wêreld bespot die predikers wat hierdie vreeslike waarskuwings preek, en noem hulle doemprofete, en sê dat hulle van hulle verstand af is. Net soos die Woord voorspel, beweer hierdie hedendaagse spotters, “Alle dinge gaan voort soos vanaf die begin. Niks gaan die wêreld se voorspoed verhinder om voort te gaan nie. Alles is wel.”

Die feit is, diegene wat die dinge van die wêreld liefhet gaan alle waarskuwings en profesië van hierdie aard as niks afmaak nie. Dit is ook waar van ‘n aantal Christene. As ‘n gelowige oorgegee is aan die najaag van rykdom en sukses -- as hy ‘n maklike godsdiens, een met goedkoop genade soek -- sal hy sy oor van die hard-klinkende boodskap wegdraai.

Persoonlik is ek gekok deur die baie predikers van God wat diegene wat waarskuwings oor hierdie verskriklike tye wat oppad is verkondig, bespot. Ek verstaan nie eens hoe hulle hierdie profetiese booskappe as niks kan afmaak nie. Dink aan die volgende:

  • Op die huidige oomblik, is nasionale Sekuriteits leiers besig om alarmseine uit te stuur in die V.S. -- geel, oranje en rooi alarms wat lugvaart waarskuwings insluit.
  • Top Sekuriteits personeel word gewaarsku van ‘n moontlike vuilspel-bom wat deur terroriste afgevuur gaan word, met ‘n groot menigte wat in gevaar is.
  • In New York, is elke Sekuriteits agentskap besig met oefeninge vir wanneer so ‘n aanval sou plaasvind. Nuusberigte verklaar voortdurend dat hierdie aanval nie ‘n geval is van “of” nie, maar van “wanneer”. Sy verskyning is net ‘n kwessie van tyd.
  • Gesondheidsdeskundiges waarsku oor ‘n wêreldwye pandemie, en voorspel dat miljoen der miljoene mense sal sterf. HIV/VIGS is reeds besig om die wêreld te verwoes, en die grootste deel van Afrika te verswelg.

Hoe reageer die liggaam van Christus op hierdie waarskuwings? In baie kerke, word daar geen melding gemaak van gruweldade, van terrorisme, of tragiese pandemies nie. Inteendeel, die boodskappe wat van die preekstoele af verkondig word bevat inspirerende spanbou-praatjies, grappe, vermaaklikheid. Dit is alles geestelike babakos, met geen woorde oor die komende oordeel nie.

En tog is die skrif aan die muur, deur die Woord verklaar en dit weerklink in die wêreld: ‘n verskriklike dag is oppad.

Meer en meer predikers spoor hulle mense aan, “God wil hê dat jy ryk moet wees. Hy wil hê dat jy eerste klas moet wees. Raak besig daarmee, nou.” Hulle val in dieselfde geld-fokus evangelie wat Jesus in Sy tyd uit die tempel gedryf het.

Ek glo dat God graag sy mense wil seën, en daar is beloftes van vermeerdering aan diegene wat vir die nood van die armes, die weduwees en die vaderloses gee. Dit is nie ‘n sonde om voorspoedig te wees nie. Verskeie finansieël-geseënde gelowiges ondersteun sending- en liefdadigheidswerk regoor die wêreld.

En tog, is die Heilige Gees nou besig om met die wêreld te pleit, deur baie verskillende profetiese stemme, sowel as die wêreld se eie stemme. ‘n Verskriklike dag van berekening is voor die deur, en tog wil die meeste mense -- insluitende ‘n menigte Christene-- nie daaroor praat of selfs daaroor dink nie.

As so min luister, vir wie is hierdie voorspellings dan bedoel? Waarom sal die Here hulle verlos, as so min gehoor gee? Wie in die wêreld gaan hierdie waarskuwings hoor?

Ek dink aan Jeremia, Esegiël en ander Ou Testament profete wat ons gewaarsku het omtrent die val van Babilon, die wêreldmoondheid van daardie tyd. Profete het ook gepraat oor die komende verwoesting van die Chaldeers, die Medes, die Perse en Tires. En tog het hierdie profesieë nooit die heidennasies of hulle leiers bereik nie.

Selfs die afgedwaalde Israel het die stemme in die woestyn bespot. So, waarom het God hierdie waarskuwings gebring? Wie sou hierdie verslae glo? En met wie praat God?

Regdeur die geskiedenis, het God altyd profete uitgestuur met ‘n waarskuwing om sy slapende bruid wakker te maak. Hy het die laatheid van die uur aan hulle openbaar in sulke waarskuwings met die doel om ‘n slapende bediening in die kerk wakker te skud.

Terwyl God deur hierdie manne met nasionale preekstoele gepraat het, was dit baie keer vir Hom nodig om nederige, onbekende, weggesteekte wage te vind om hierdie waarskuwings aan te kondig. Hy kies predikers uit wat geen verborge agenda het nie, mans wat met God afgesonder is in gebed. Daar word dikwels neergekyk op hierdie predikers en hulle word uitgelag as onnosel en ongeleerd. En tog is hulle nie bang vir verwyte nie. Inteendeel, hulle is die “swakkes” wat deur God gestuur is om die wyses te verwar.

En slegs diegene wat nie verlief is op die wêreld nie sal die profetiese waarskuwings wat die profete bring, hoor. Die boodskap weerklink slegs in die harte van diegene wat sterk na die koms van die Here verlang.

Hier is die rede waarom God sy getroue volgelinge waarsku: dit is sodat wanneer ‘n onverwagse ramp hulle tref, hulle nie weggevoer sal word deur vrees nie. Wanneer die verskriklike gebeurtenis plaasvind, moet God se mense weet dat wat gebeur nie ‘n ongeluk of ‘n toevallige daad van ’n wrede nasie is nie. Hulle moet die vrede van Christus in hulle harte hê, en weet dat ons God steeds die heerser van die heelal is.

Op hierdie manier sal God se mense gewaarsku wees. En hulle sal nie skrik wanneer ander mense se hart ingee van vrees oor al die verskriklike dinge wat hulle op aarde sien gebeur nie.

Petrus sê dat die dag van die Here nie een van vreugde sal wees nie, maar van angs. Dit hou die belofte in van ‘n skielike, onverwagse “wat alles sal laat wegsmelt, met ‘n vurige hitte.”

Volgens Petrus, sal die dag skielik kom, “soos ‘n dief in die nag.” En dit sal gepaard gaan met ‘n verskriklike geraas. Stel jou dit voor: die elemente sal wegsmelt van die vurige hitte, soos ‘n groot vuur wat verteer en alles wegsmelt in sy pad.

Wat moet ons van hierdie gebeurtenisse dink? ‘n Sekere gerespekteerde teoloog het die volgende geskryf, “Dit klink soos ‘n kernslagting.” Sonder in agneming of die man reg is of nie, dit is duidelik dat Petrus praat van ‘n omwentelende, wêreld gebeurtenis.

Aan wie het die apostel hierdie woorde dan geskryf? Aan wie is die voorspellings gerig? Petrus het die brief aan “die geliefdes,” die getroue oorblyfsels van gelowiges gerig: “Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek” (2 Petrus 3:1).

In kort, Petrus vertel vir sy lesers dat hy op die punt staan om ‘n boodskap te profeteer wat niemand wil hoor nie --niemand nie, behalwe, die oorblywende geliefdes . En, volgens Petrus, sal dit ‘n woord so ongelooflik wees, dat wyd en syd daarmee gespot sal word. In effek, sê hy aan die gelowiges, “Die spotters gaan kom. En hulle sal met die profesië van beide die Ou Testament profete en die huidige apostels spot.”

Let op wat Petrus volgende sê: “Die teenswoordige hemele en aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar tot die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense” (3:7, my weergawe).

Hier is dieselfde woord wat God gegee het oor Noag se geslag, wat hy veroordeel het deur die vloed te stuur. Dit is ook dieselfde woord wat God gegee het oor Sodom en Gomorra, ‘n gemeenskap wat deur vuur geoordeel is. Nou, sê Petrus, dieselfde woord kom van God, wat “in bewaring hou ‘n groot verterende vuur vir die teenswoordige tyd” (3:7, my parafrase).

Wanneer ons ookal woorde soos hierdie van Petrus hoor, is ons eerste reaksie om terug te deins. Ons dink, “Daar is vandag soveel slegte nuus, soveel wat spanning in ons lewens bring. Soveel tragedies kom oor ons van oral oor in die wêreld. Waarom moet ons nou die boodskap hoor?”

Inderdaad, baie Christene mag wegskram van die boodskap wat Petrus hier lewer. In hulle binnekant wonder hulle, “Waarom moet ons hieraan herinner word? Waarom kan dit nie maar net gebeur nie?”

Maar Petrus gee die rede waarom hierdie boodskap gehoor moet word: “Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?” (2 Petrus 3:11).

Hier is die hart van Petrus se profesie. In die lig van die skielike wegsmelt van alle dinge, behoort God se geliefde hulle eie optrede te ondersoek. Diegene wat op die uitkyk is vir die vervulling van Bybelse profesië behoort ooreenkomstig die beeld van Christus gevorm te word, in gedrag, gesprek en gedagtes.

Petrus sê dat die Here nie traag is in die vervulling van sy beloftes, soos sommige dit “vertraging” noem nie. Met ander woorde, God het nog nie die vuur wat hy in bewaring hou losgelaat nie, en dit vir een rede. Dit is nie net om die beker van ongeregtigheid te laat oorloop nie. Nee, die Here hou sy oordeel terug omdat Hy lankmoedig is teenoor die sondaars, “en nie wil hê dat een verlore moet gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (3:9).

Moet egter nie ‘n fout maak nie: die vuur is oppad. En vir daardie rede, moet ons, ons “beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede” (3:14).

Tragies genoeg, is daar ‘n menigte vandag wat gelykvormig word aan die wêreld eerder as aan Christus. Baie kerke lyk meer en meer na die sekulêre wêreld, en verkondig niks meer as ‘n boodskap van self-help nie. Jy kan nie die verskil sien tussen sulke kerke en die meeste sekulêre motiverings-programme nie.

Wat ‘n tragedie, om in tye soos hierdie in die verkeerde rigting te gaan. En tog, ten spyte van al die dinge, roep Christus sy geliefde om nader aan Hom te kom, en om hulle wandel met Hom te ondersoek in die lig van sy Woord.

Toe Christus op die aarde gewandel het, het Hy ook gewaarsku oor ‘n groot ramp wat oppad is na Jerusalem en Israel. In werklikheid, in die tyd van die apostels -- spesifiek in Paulus se tyd -- was daar baie “Jesus-lastering”

Toe Paulus op die toneel verskyn het, het vlees-aangedrewe leerstellings deur die kerk gewaai. Valse profete het opgestaan en volgelinge in die pinkster-kerk gewerf. Goddelose predikers het verskyn, wat voorgegee het dat hulle engele van die lig was en hulle het leerstellings van demone gebring.

Intussen, in die buitewêreld, was homoseksualiteit aan die toeneem. Regoor die Romeinse Ryk, was seksuele perversie en sensuele najaging aan die orde van die dag.

Die self is opgehef, die vlees is aanbid, en hoogmoed het geseëvier. Selfs die tempel in Jerusalem het ‘n nes van diewe geword, terwyl sy herders slegs op geld gefokus het.

Paulus beskryf sy gemeenskap, “Bose mense is besig om God se Woord te onderdruk, hulle is oorgegee aan hulle goddelose gedagtes. Hulle is jaloers, suinig, in hoerery, boos, vol hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid” (sien Romeine 1:28-31).

Dit klink vir my asof Paulus ons tyd van vandag beskryf. Hy was bewus van die Here se profesie oor die volkome vernietiging wat sou kom. Die dag sou kom wanneer Jerusalem sou brand. Die tempel en die stad sou teen die grond gesloop word.

Die menseslagting het in 70 A.D., plaasgevind, net soos Paulus en Jesus voorspel het. Dit was so ‘n verskriklike toneel, ‘n tragedie van sulke afmetings, dat niemand hulle dit voor die tyd kon voorstel nie.

Hier is die boodskap wat Petrus gepreek het: “Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker” (2 Petrus 3:17-18).

Hier is die booskap wat Paulus gepreek het: “Sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei” (Kolossense 1:10).

Dink na oor die boodskap van die apostel, wat kan ons verwag sal die boodskap wees vir ‘n gemeenskap in ons tyd wat op die punt staan om gehoordeel te word?

Ons vind dat die woord van Paulus af, gerig is op die geliefdes van Christus: “My gebed vir jou is dat jy intimiteit najaag, groei in geestelike begrip, en wandel om Christus te behaag” (Kolossense 1:9-10, my parafrase).

Wat word verwag van so ‘n wandel? Paulus sê die volgende:

“Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen” (3:12-13, my parafrase).

Paulus vertel vir ons in soveel woorde: “Hier is my woord tot jou in hierdie kritieke tyd. In die lig van die harde tyd waarvan jy weet wat oppad is, moet jy jou wandel meet aan die Here.”

Met ander woorde, ons moet onsself afvra: “Word ek meer soos Christus? Word ek meer geduldig, of meer kortgebonde? Meer sagmoedig en vredevol, of meer gemeen en twisgierig? Meer sag en vergewensgesind, of meer bitter, en wrokdraend? Verdra ek ander? Verdra ek die swakhede en foute van diegene wat naby my is, of moet ek altyd reg wees?

Paulus stel voor dat, in die lig van so ‘n dag, dit nie saak maak watter werke jy bereik het of watter liefdadigheidswerk jy doen nie. Dit maak nie saak hoe vriendelik jy teenoor vreemdelinge is nie, dit maak nie saak hoeveel siele jy gered het nie, die vraag bly staan: Is jy meer liefdevol, geduldig, vergewensgesind, verdraagsaam?

Om jou wandel met Christus te ondersoek beteken om nie soseer te kyk na wat jy doen nie, maar wat jy besig is om te word.

So ‘n wandel kan nie bereik word deur ‘n menslike probeerslag alleen nie. Dit sal nie gebeur deur vasbeslotenheid, of slegs deur te sê, “Ek gaan so ‘n soort gelowig word nie.” Dit sal eerder gebeur deur die werk van die Heilige Gees, deur geloof in Sy Woord.

Eerstens, lees ons die woorde en glo dat dit God se roeping vir ons is, om onsself te ondersoek. Daarom vra ons die Gees om vir ons te wys wie ons werklik is, en ons meet onsself aan sy Woord. Dan vra ons die Heilige Gees om ons te help om te verander.

U sien, ons word almal verander, of dit nou is soos Christus of soos die wêreld. En hoe ouer elke Christen word, hoe meer moet hy of sy soos Christus word. Ons huwelike moet nie hel op aarde wees nie. Ons behoort ons huweliksmaat se seer ons eie te maak, en diensknegte die een van die ander te word. Kinders in Christen huise behoort te sien dat hulle ouers verander, met meer begrip, liefde en vriendelikheid. Dit is wat volwassenheid in Christus omskryf.

Nou verstaan ek waarom Petrus en Paulus sê: “Moenie vrees wat voor jou is nie. Hou God se Woord in gedagte ten alle tye, deur alle dinge. En in die tussentyd, laat toe dat die Heilige Gees jou ‘n ander mens maak, meer soos Christus.”

God het bestem dat al ons lyding, al ons droefheid, al ons geweldige toetse ons nader aan Hom moet trek. Inteendeel, pyn en lyding sal jou of hard maak of jou by die plek van totale afhanklikheid op die Vader se liefde bring. Jy sal of ophou bid en vertrou, of jy sal al jou laste en die toekoms op Hom werp.

Innerlike krag is aan ons gegee sodat dit vir ons moontlik is om te sê, “Niks van hierdie dinge ontstel my nie.” Dit is God se boodskap aan ons in hierdie tyd. Hallelujah!