Die Selfvernietiging van Amerika

David Wilkerson

Vir meer as ‘n eeu en ‘n half, het Amerika geen vreemde troepe op sy grond gehad nie. Ons is nie binnegeval, aangeval of gebom nie. Ons het ons soldate uitgestuur om te gaan veg in baie oorloë, maar altyd op ander lande se grond. Ons was inderdaad gespaar gewees – ons het vrede en voorspoed geniet.

Selfs nou, sug Amerika ‘n sug van verligting, omdat daar skynbaar nie meer ‘n kernbedreiging is nie. Ons glo Kommunisme is dood, dat Rusland nooit weer sal opstaan as ‘n wêreldmag nie.

Terwyl ek hierdie boodskap skryf, is Boris Yeltsin in beheer in Rusland – maar ek glo hy is net ‘n tydelike leier. Die Kommunistiese kliek bestaan steeds – en binnekort sal Yeltsin eekant toe geskuif word en ‘n nuwe, aggressiewe regering sal opstaan. Die feit bly staan, 20,000 kernplofkoppe is steeds tot beskikking van die voormalige Sowjette – die meeste van hulle gerig op Amerika! Onlangse ooreenkomste om hierdie plofkoppe te verminder sal dalk nooit eerbiedig word nie.

Tans is China soos ‘n reus wat uit die slaap wakker word. Oor net ‘n paar jaar sal Hong Kong heeltemal oorgegee word aan China. Dit sal China se pêrelstad word – ‘n belangrike geldsentrum en die poort na rykdom vir Chinese markte. Binnekort, sal China Japan verbysteek as ‘n ekonomiese mag. Hou China dop!

Maar Amerika se probleem is nie Rusland, China of die nuut gevormde Eurpese Verenigde Nasies nie. Nee – soos Israel in die dae van Hoséa die profeet, is Amerika besig om homself te vernietig! Amerika word van binne af geruïneer!

Dit is presies wat gebeur het met die groot Britse Ryk. Net 350 jaar gelede was daar gesê, “Die son gaan nooit onder oor die Britse Ryk nie.” Groot Brittanje het kolonies gehad reg rondom die wêreld. Dit was die magtigste, geseëndste en voorspoedigste nasie op die hele aarde.

Spanje, Frankryk, Italië en Turkeie het almal Britanje gedreig en onsuksesvol oorlog daarteen gevoer.

Die Britte het geroem dat God aan hulle kant was en hulle leërs en vlote geseën het. Maar in 1659 het Puriteinse wagte gewaarsku oor die selfvernietiging van die Britse Ryk. Hulle was deur God opgerig – om te waarsku oor die selfvernietiging wat oor hulle sou kom weens heersende sonde en goddeloosheid! Die Britse Ryk het links en regs verkrummel – en dit wat hulle verwoes het, was aftakeling van binne af!

Thomas Hall het geskryf: “Die sondes van Engeland vrees ek meer as al die vyande in die wêreld. Dit is nie Spanje, of Italië, Frankryk of Turkeie wat ek vrees nie...dit is die ateïsme, laster, afvalligheid en die skending van alles wat heilig is, en die minagting van die evangelie...As enigiets ons sal vernietig, is dit hierdie gruwels wat onder ons heers.”

Toe die ryk verkrummel het, het ‘n ander Puritein opgemerk: “God het ons verneder met siekte, pestilensies, armoede en agteruitgang van ons ekonomie...ons het die juk van Christus afgegooi en nou het ons die juk van pestilensies en siektes op ons.”

Die Puriteinse wagte het dieselfde boodskap uitgeroep as wat Hoséa vir Efraim gegee het: “Dit is jou verderf” (Hoséa 13:9).

Vandag in Amerika hoor ons hierdie geroep:

“Japan vernietig ons ekonomie deur karre en rekenaars op ons te stort!”

“Duitsland verlam ons deur hulle rentekoerse so hoog te hou!”

“Ons vernietig ons ekonomiese basis deur vervaardigers na Mexico te laat trek vir goedkoper arbeid!”

Maar God sê vir Amerika, “Julle lyding is nie weens julle handelsvennote nie. Julle vernietig julleself! Julle hulp was altyd van My af – maar julle het My opsy gestoot. Julle verwerp My as julle land se Koning – en nou is julle sondes besig om julle te vernietig!”

God het vir Israel gesê: “Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper is. Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede?” (Hoséa 13;9-10).

Geliefde, God vra dieselfde vraag vandag – maar Amerika luister nie! Kan ons President New York, Detroit of Los Angeles– al die stede wat agteruitgaan in ons land - red? Hy roem daarin dat hy ons vervaardigingsbasis sal herbou, duisende werksgeleenthede sal skep en die ekonomie sal herstel. Hy mag inderdaad bewys dat hy ‘n hardwerkende man in die Wit Huis is, baie toegewyd en opreg. Maar sy werk is hopeloos!

Niks gaan werk nie. Alles is selfvernietigend – omdat die ware Koning onttroon is in Amerika! Amerika blyk behep te wees met demoniese aansporing om God heeltemal van ons samelewing te verwyder.

Slegs vyftig jaar gelede was Amerika steeds “’n nasie onder God.” Toe ek in my tienerjare was, was God vereer in ons skole, howe, regering en families. Maar vandag is ons ‘n nasie wat uitdagend kyk in die oë van God wat vir ons gesê het, “Buiten My het julle geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie” (Hoséa 13:4).

God het Israel gesmeek: “Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid” (Hoses 14:2). En die Here het Amerika ook keer op keer geroep. Maar ons het geweier om ons tot Hom te bekeer – selfs al vernietig sonde ons!

Ek het die Skrifte wat praat van God se oordeel oor mense en nasies ondersoek. En ek het sekere “flitspunte” ontdek van Sy oordeel – oomblikke wanneer die bloed van die grond af geroep het en God moes optree!

Ek glo God praat op hierdie oomblik met Amerika deur Sy woord aan Efraim. Jy sien, Efraim is ‘n tipe van enige nasie wat verhef was aan sy begin. Dit verteenwoordig enige volk wat geseën is bo alle ander – voorspoedig, magtig, invloedryk, gevrees en gerespekteerd wanneer hulle in God se guns is.

Efraim was die grootste, mees voorspoedige en magtigste van Israel se twaalf stamme. Hulle was vrugbaar gemaak deur die goedertierenheid en barmhartigheid van God. Maar God het Efraim tot in die put van armoede ingebring as gevolg van hulle in verharde goddeloosheid!

Die Bybel waarsku ons: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11). God sê in wese, “Ondersoek die Skrifte, gaan kyk na die profete. Kyk wat Ek met Sodom en Gomorra gedoen het. Vind uit waarom Ek die Sondvloed gestuur het. Leer waarom en wanneer Ek my oordele gestuur het!”

Ek het na hierdie gedeeltes gegaan en ‘n patroon ontdek. En dit is, as ons sondig op dieselfde manier as hulle, gaan ons dieselfde prys betaal as hulle! God het vuur op Sodom en Gomorra neergereën as ‘n “voorbeeld...vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees” (2 Petrus 2:6). En as Amerika voortgaan in goddeloosheid, sal God ook vuur uit die hemel na ons stuur – ‘n kernreën!

Hoséa het baie redes gegee vir God se naderende oordeel oor Efraim. Maar daar is drie wat direk verband hou met Amerika:

1. Daar was glad nie meer waarheid, barmhartigheid of kennis van God in die land nie.

“Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie” (Hoséa 4:1).

Eens wat Efraim ‘n evangelistiese stam, aan die brand vir die Here. Maar goddelose Jeróbeam was nou koning, en hy het wild agter afgode aangegaan. Hy het goue kalwers by elke uithoek van die nasie opgestel en hy het dit wettig gemaak om hierdie afgode te aanbid.

Sonde het in die nasie begin insluip – en gou het alles agteruitgegaan. Profete was bespot. Die huise van God was toegemaak. Goddelose priesters en vals leraars was in ampte aangestel en hulle het hulle tyd deurgebring om die mense te mislei en alle ware aanbidding van Jehova God weg te neem.

Hulle verwydering van God uit hulle midde het ‘n genadelose samelewing van koppige kinders en sensuele volwassenes meegebring. Nou was daar slegs “Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak” (Hoséa 4:2). Die volk het “uitgebreek” uit elke goddelike teëhouding wat hulle samelewing bymekaar gehou het. Onder Jeróbeam, was Efraim heeltemal oorgegee aan afgodery – maar die wet het egter self hulle afvalligheid verdedig!

Ek vra jou: Het jy al ooit in jou leeftyd so ‘n sedeloosheid en sonde sien “uitbreek” soos tans in Amerika? Wat moet ons egter verwag van ‘n volk wat God opsy stoot – wat waarheid bespot en geregtigheid uittart – wat God haat en Christus verag?

Een skool was geforseer om ‘n plaat wat die Tien Gebooie vertoon het te verwyder: Administrateurs het gesê dit mag moonylik iemand beïvloed om ‘n sekere godsdiens te vind.

‘n Vroulike tronkbewaarder in New York was afgedank om dat sy geweier het om op te hou om ‘n halssnoer te dra met ‘n kruis wat sy onder haar uniform gedra het. ‘n Hof het die besluit bekragtig deur te sê, “As iemand die kruis sien, kan hulle getrek word deur die Christenlike godsdiens.”

Hierdie afgelope Kersfees, is kriptonele dwarsdeur Amerika wettiglik verban – sommige was afgeruk, verbrand en in die strate gegooi!

Minder as vyftig jaar gelede, het sekere hoërskole Bybelklasse gegee. In 1949, het Dallas skole ‘n boek genaamd, Die Lordskap en Goddelikheid van Jesus Christus, gebruik. Dit was onderrig deur ‘n herder wat uitgenooi was na die klaskamer! As jy egter vandag ‘n onderwyser in Dallas is, durf jy nie waag om selfs ‘n Bybel op jou lessenaar te laat lê sonder om die risiko van afdanking te loop nie!

Is dit geen wonder nie, dat meer as 60 persent van hoërskool en kollege studente sê dit is oukei om te lieg en te kul in toetse om vooruit te gaan in die lewe? Is dit geen wonder nie, dat tieners vloek soos geharde kriminele...dat meisies verwagtend raak en dink dit is ‘n grap...dat tienerbendes plunder, roof en doodmaak vir tekkies en baadjies?

Moet ons verbaas wees as ‘n tienerseun sy moeder en vader koudbloedig doodmaak, omdat hulle nie vir hom die gesinsmotor wou leen om sy meisie uit te neem nie? Moet ons geskok wees as ‘n ander tiener sy vader met ‘n slagtersmes vermink, dan na ‘n vriend se huis gaan en aan die slaap raak? (Toe die owerhede hom wakker maak, het hy geensins enige berou hoegenaamd gehad nie!)

Moet ons ontsteld wees dat misdaad in die laaste veertig jaar met 520 persent toegeneem het in ons skole? Ons leef nou in ‘n dag waarin metaalverklikkers geïnstalleer word by skoolingange. Ons stadskinders gaan klas toe met die vrees van geweervuur in die gange!

2. Hoe meer hulle voorspoedig was, hoe meer het hulle gesondig!

Die geskiedenis het oor en oor bewys, hoe magtiger en voorspoediger ‘n nasie word, hoe meer word die mense afvallig van God. Toe Efraim voorspoedig geword het, het hulle hul oorvloed misbruik: “Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander” (Hoséa 4:7).

Ons vaders wat die Konstitusie geraam het, het saamgestem dat al Amerika se seëning gekom het “van God en Sy Christus.” Hulle het gewaarsku dat Amerika in verdorwenheid kon verval as God ooit verwerp sou word. O, hoe ver het ons gekom van daardie dag af! Nou maak God Sy oordeel duidelik: “Ek gaan jou heerlikheid in skande verander!”

Dink oor wat met Amerika gebeur het: Al die dinge waarin ons eens geroem het, het in skande verander! Ons het daarin roem dat ons die grootste ekonomiese mag het, die beste onderwysstelsel, die top industriële samestelling, die sterkste infrastruktuur, die beste mediese stelsel en die grootste verdraagsaamheid teenoor ander rasse. Nou raak ons egter agter in elke kategorie!

Ons vervaardigingsbasis is besig om in duie te stort en ons ekonomie verbrokkel. In die laaste tien jaar het Amerika van die grootste uitleenland na die nommer een skuldenaarland gegaan.

Ons het geroem in ons vryheid en ons godsdienstige erfenis – en nou word daardie vryhede van ons af weggeneem, een vir een. Goddelose wette word gewettig deur goddelose regters. Belastingwette word gemik teen kerkeiendomme. Spesiale regte word aan homoseksuele gegee. Ons het vir jare geroem oor ons voorste onderwysstelsel – maar nou is ons ver onder talle industriële nasies op die ranglys!

Ons eens uitmuntende gesondheidsorgstelsel word geruïneer weens VIGS en ander probleme. Biblioteke en museums word gesluit omdat daar geen fondse is om hulle oop te hou nie. Rassespanning het sy absolute piek bereik. Oral waar jy kyk, het God al ons roemwaardighede in skande verander!

Amerikaanse kerk het in grootte en rykdom vermeerder. Ons het geroem in ons megakerke, met duisende wat dit bywoon. Amper elke belangrike stad roem oor “Amerika se mees vinnig-groeiende kerk.”

Maar ‘n verskriklike ding het gebeur: Hoe groter die groei, hoe meer het die skande van sonde in die huis van God ingesluip! Profete en wagte is vervang deur vernuftige vermaakkunstenaars – bedienaars wat liewer in die vermaakllikheidsbesigheid hoort as op die heilige kansel! Te veel wil net skares en invloed hê – en hulle ego’s ry op die rûe van nederige mense!

Slegs ‘n handjievol predikers preek nou teen sonde. Die meeste is te bang om die mense aanstoot te gee, met die vrees hulle sal weggaan of nie tiendes gee nie. Die gevolg is dat sonde baie gemeentes oorval. Mense wil vertroetel word in hulle sondes, vertroos word in hulle owerspel en hoerery. Hulle roep uit, “Profeteer vir ons mooi dinge!”

Dink jy dit is alles net natuurlik – dat hierdie agteruitgang van Amerika bloot toevallig is? Nee! God sê, “Jy het My vergeet! En op die hoogtepunt van jou voorspoed, sal Ek na jou toe kom en die skaduwee van skande werp op elke trotse ding waarin jy geroem het!”

3. God sê, “Ek gaan jou oordeel weens diep verdorwenheid wat veroorsaak is deur heersende homoseksualiteit!”

Die dag is nie ver heen wanneer Ek nie meer in staat sal wees om dit wat ek nou gaan sê te sê sonder om gedagvaar of in die tronk gegooi te word nie. Dit is omdat homoseksuele mag so sterk is in Amerika – en dit word daagliks sterker!

Homoseksuele regte is niks nuut nie. Die boek Rigters sê dit was die oorsaak van die verbranding van Gibea – en die daaropvolgende dood van 40,000 Israeliete. Hoséa het gesê dit het ook veroorsaak dat God se oordeel op Efraim geval het. “Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gibea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes” (Hoséa 9:9).

Jy onthou Gibea – die klein Bejamitiese dorpie waarheen ‘n Leviet gekom het om sy weghol byvrou te kom haal. Terwyl die Leviet in sy gasheer se huis geslaap het, het ‘n groep briesende homoseksuele sy byvrou geneem en haar gesodomiseer die hele nag lank. Hulle was kwaad omdat hulle nie die Leviet self kon kry nie!

Die vrou was op die deurstoep gegooi en het gesterf voor dagbreek. Toe die Leviet wakker geword en gesien wat gebeur het, het hy die vrou se vernielde liggaam in twaalf stukke gekap en die liggaamsdele na die twaalf stamme gestuur. Hy het hulle hierdie boodskap gestuur: “Niks soos hierdie het al ooit in Israel gebeur nie!”

Ek kan sien hoe die boodskapper die byvrou se bloedige ledemaat dra na die leier van die Benjamitiese stam: “Homoseksuele in Gibea het hierdie byvrou geneem en haar die hele nag lank gesodomiseer. Hulle het haar vermoor! Ons moet iets daaromtrent doen, anders versprei dit dwarsdeur die hele land!”

Wat was die Benjamiete se reaksie? Hulle het besluit om die Benjamiete te verdedig! “Maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gibea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel” (Rigters 20:14)

Hierdie mans van dwarsdeur die stam van Benjamin – elke kryger en sterk man, mans en besigheidsmanne, 26,000 altesaam – het byeengekom om die perverse “regte” van minder as 700 homoseksuele in Gibea te verdedig. Dink aan hoe afgestomp, abnormaal en goddeloos hierdie mans moes gewees het – hulle het vroue, kinders, huise en grond verlaat – om hulle lewens te gee vir ‘n groep mans wat ‘n hulpelose vrou bendeverkrag en doodgemaak het!

Dank God vir die stamme wat opgestaan en gesê het, “Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie!” Die Skrif sê 15,000 Israeliete het gesterf om ‘n stand in te neem teen Benjamin. Maar 25,100 Benjamiete het gesterf om die homoseksuele regte van die Gibeaniete te verdedig.

Geliefde, God is nie begaan oor die klein persentasie radikale ACT-UP homoseksuele in Amerika nie. Hulle getalle is oneindig klein. Waaroor God meer begaan is – en wat God se oordeel oor Amerika bring – is die groeiende aantal homoseksuele verdedigers! Hulle getal is in die miljoene! Toe Colorado gestem het teen spesiale regte vir homoseksuele, het die hele Hollywood instelling tot aksie oorgegaan en daardie staat geboikot ter verdediging van homoseksuele regte.

God se toorn is oor ons omdat die meeste Amerikaners hulle waardes verloor het! Daar is massas mense wat nie ‘n duim sal beweeg om Amerika teen ‘n vyandige aggressor te verdedig nie – maar hulle sal met graagte hulle lewens neerlê om aborsieregte te verdedig. Die laaste verkiesing het gewys dat 40 miljoen Amerikaners die reg om baba’s dood te maak, verdedig het!

Amerika was eens bekend as ‘n verdediger van waarheid en geregtigheid. Ons het nou verdedigers van babamoordenaars, pornograwe en perversies geword. Geliefde dit is op hierdie punt wat God intree! “Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes” (Hoséa 9:9). Toe het God gesê, “Ek gaan jou besoek!” Hy bedoel ‘n besoeking van ‘n skielike oordeel!

Hoe oordeel God ‘n volk of nasie wat soveel bloed en goddeloosheid op sy hande het? Die Here oordeel op talle kragtige maniere – maar ek sal slegs die twee ergste oordele lys. Hierdie twee oordele was God se belangrikste roede, en ons sien hulle vandag in werking:

1. “Barensweë sal hom oorval” (Hoséa 13:13).

God waarsku: “Jou oordeel gaan skielik kom – en dit sal lank en pynlik wees, soos ‘n vrou in barensweë!” Stel dit vir jouself in jou gedagte voor:

Die tyd het gekom vir ‘n vrou om geboorte te gee en sy is in kraam. Die krampe tref haar – maar die baarmoeder is gesluit! Die pyn is ondraaglik. Maar daar is geen dokter of vroedvrou om die baba te verlos nie! Daar naby staan ‘n barmhartige dokter, angstig om te help en haar te verlos. Maar sy roep uit, “Weg met hom – moenie dat hy naby my kom nie! Ek verag hom!”

Geliefde, Amerika is soos daardie vrou in pynlike barensweë, maar sy is egter nie in staat om te kraam nie! Sy is diep in pyn oor VIGS, stygende belastings en gesondheidsorg, alkoholisme, dwelms, werkloosheid, ‘n nuwe tuberkulose uitbraak, rassespanning. Ons het verlossing nodig – ons het Dr. Jesus nodig wat gewillig bystaan om ons te kom red. Maar ons het vir Hom gesê, “Ons het U nie nodig nie!”

God kyk in ongeloof na hierdie toneel:

“Barensweë sal hom oorval, hy is ‘n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie” (Hoséa 13:13). Hy sê vir Amerika, “Hoe jammer – hoe onwys! Julle hoef nie in die plek van ellende en pyn te bly nie. Ek kon dit alles in ‘n oomblik se tyd beëindig!”

Dit is so waar! Amerika se probleme kon oornag omgekeer word, as ons ons slegs sou bekeer en uitroep na God, “Vergewe ons! Kom terug na ons, verlos ons – ons plaas ons lewens in U hande!”

Ek glo God sou ‘n einde maak aan die VIGS plaag. TB sou dood stop. Die ekonomie sou oplewe. Misdaad sou verminder, en kinders sou weer in ons strate speel. Amerika sou sy verlore grond terugkry!

Die gesindheid van Amerika se howe en regering teenoor God is, “Moenie ons aanraak nie! Ons wil U nie hier hê nie!” Hoe dwaas! Hoe onwys kan ‘n volk wees?

2. Wat eens vrugbaar was, sal uitdroog, verdor en doodgaan! (Hoséa 13:15).

God het eens belowe, om Sy seën te “gebied” oor diegene wat “goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie” (Deuteronómium 28:1,8). Hy het vir Efraim gesê, “As jy in My gebooie sal wandel – as jy My sal eer en My Woord gehoorsaam – sal Ek my seën oor jou gebied!”

Soos Efraim, was Amerika vrugbaar bo alles. Ons sing van “Amerika, the Pragtige” of “uitgestrekte horisonne” en “vrugbare vlaktes.” Maar heersende sonde het ‘n vloek van dorheid gebring! God het gesê:

“Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ‘n oostewind, ‘n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal ‘n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof” (Hoséa 13:15). God sê in wese Hy sal al ons kosbare bronne verdor.

Vir Efraim, was die oostewind wat ingewaai het van die wildernis af, die groot Assiriese leër. Die Assireërs het oor die land getrek en dit geplunder, sy rykdom weggedra en dit verlate gelaat, ‘n bedelaarsnasie.

Amerika sal ook “‘n wind van die HERE” beleef! Sy wind waai op hierdie oomblik – en dit verdor IBM, General Motors, die ekonomie, huwelike, skole. Alles word verdor en uitgedroog! Ons is nie langer die mees produktiewe nie – maar in plaas daarvan, is ons hulpeloos om die verdorring en vernieling van ons eens-groot instellings en korporasies te keer. Ons het ons invloed verloor. Amerika is nou die stert en nie die kop nie!

Toe God se wind oor Jerusalem gewaai het, was die stad leeg en droog gelaat! “Hy het riviere ‘n woestyn gemaak en waterfonteine ‘n dorsland, vrugbare land ‘n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon” (Psalm 107:33-3)

Wat lê voor vir Amerika? ‘n Verdorring van alle dinge! God se wind waai nou, en Hy doen wat Hy gesê Hy sou doen – bederf ons skatte.

Skep hoop – omdat daar helder wolke op die horison is vir ‘n heilige oorblyfsel!

Te midde van al die verdorrende oordele, sal God veroorsaak dat ‘n heilige oorblyfsel groei en gedy. Luister na God se boodskap aan Hoséa: “Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend. Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ‘n lelie en sy wortels uitslaan soos die Libanon.

“Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ‘n olyfboom...Efraim [sal sê], wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ‘n groen sipres; uit My word jou vrug gevind” (Hoséa 14:5-9).

Ons gaan ‘n volk wees wat vrug dra en ons takke uitsprei – vol van Christus! Hierdie profesie het te doen met beide natuurlike Israel en ‘n heilige oorblyfsel kerk. Die Gees sal neerdaal soos dou op God se heiliges, en hulle sal groei aan die wynstok – ‘n volk afhanklik van die Here, wat vrug dra, terwyl die goddelose verwelk en doodgaan.

Jy sal miskien wonder, “Maar wat gaan met my familie gebeur tydens die oordeel? Wat van my huis, my werk? Ons gaan dit alles nodig hê!” Dierbare heilige, dit is materiële dinge – en jou hemelse Vader het belowe om jou sélf te voed en te bewaar. Hy het vir jou gesê, “Jy sal nooit vir brood smeek nie. Watter groter belofte as dit het jy nodig?”

Ek en jy sal moet leef op daardie Woord van God: “Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel” (Hoséa 14:9).

As jy weet God is in beheer, kan jy terugleun in Sy arms en sê, “Dankie Jesus.” Jy kan rus in die wete dat God alles onder beheer het.

Halleluja!