Die Monstervloed van '93 – Wat Beteken dit?

David Wilkerson

Jesus het vir die skrifgeleerdes en Fariseërs gesê, “Julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?” (Matthéüs 16:3). Christus het met ander woorde gesê hierdie godsdiensleiers kon die weer voorspel – maar hulle kon nie die tekens wat God vir hulle gestuur het, herken nie.

Dieselfde is waar van talle gelowiges vandag. Oral rondom ons, giet die Here sy oordele uit oor die land en tog onderskei die meeste Christene dit nie!

Die Bybel sê vir ons God stuur nooit sy oordeel oor ‘n nasie voor Hy nie eers Sy planne aan Sy dienaars, die profete, geopenbaar het nie. God wek inderdaad manne op om uit te roep, te waarsku en bekering te verkondig om mense te laat weet wat Hy besig is om te doen. Maar wanneer daar geen reaksie op Sy waarskuwings is nie, begin God daardie nasie oordeel – deur te stuur dit wat ons korrektiewe oordele noem!

Die profeet Amos het vyf korrektiewe oordele genoem wat op Israel neergedaal het op verskillende tye (en, later, almal op een slag). Maar Israel het nie een daarvan herken nie! Nie een daarvan het bekering gebring nie – nie een daarvan was onderskei as ‘n teken van God se misnoeë nie.

Jy kan weet dat wanneer al vyf hierdie oordele oor ‘n nasie kom, gee God ‘n finale waarskuwing. Vyf keer in Amos 4, het God gesê, “Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (verse 6, 8-11). Met ander woorde, “Keer op keer, het Ek hierdie dinge oor jou gebring, jou gewaarsku – en tog wou jy nie na My terugkeer nie!”

Ek wil vir jou baie duidelik wys dat Amerika tans onder vyf belangrike korrektiewe oordele van God gekom het! Die Here het hierdie drie oordele almal op dieselfde tyd gestuur – in die hoop dat Amerika na Hom sal terugkeer!

As ‘n land en sy mense egter steeds weier om God te erken, ag Hy daardie nasie onbereikbaar – en Hy gaan voort met wat ek die “angsvrystelling” noem. Dit is die punt waar geen profeet of gebed meer God se verskriklike toorn kan keer nie!

Esegiël beskryf hierdie skrikwekkende “angsvrystelling” wat gebeur wanneer ‘n nasie te ver gaan:

“Mensekind, as ‘n land teen My sondig deur troubreuk te begaan, en Ek my hand daarteen uitstrek en die staf van die brood daarvan verbreek en ‘n hongersnood daarin stuur, en Ek daaruit mens en dier uitroei – al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red...hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou ‘n wildernis wees” (Esegiël 14:13-16).

God het in wese gesê, “Selfs as Noag, Daniël of Job voorbidding gedoen het, sou hulle nie in staat wees om My toorn te keer nie. Hulle sou slegs hulleself red – nie eens hulle eie families nie!”

Op hierdie oomblik, is daar gebedsgroepe dwarsdeur Amerika wat God vra om bekering en herlewing te stuur. Hulle staan op die belofte van 2 Kronieke 7:14: “En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”

Dit is inderdaad ‘n wonderlike belofte – as Amerika tog net wou luister! Maar nie een land sedert Ninéve het ooit God se korrektiewe oordele aanvaar as tekens nie. Israel het hulle nie bekeer en God gesoek nie. Selfs onder Koning Josia, was bekering nie opreg nie, en oordeel was slegs vertraag. En Amerika wys ook nie die geringste bewys van ‘n bekering na God toe nie, behalwe ‘n klein oorblyfsel:

“Maar kyk, daarin sal oorbly wat ontvlug, wat uitgebring word...en julle sal weet dat Ek nie tevergeefs alles gedoen het wat Ek daarin gedoen het nie, spreek die Here HERE” (Esegiël 14:22-23). God het in wese gesê, “Daar sal altyd ‘n oorblyfsel wees wat die tekens lees en verstaan wat in die land gebeur. En hulle sal weet ek het ‘n rede om dit alles te doen!”

Laat my vir jou die vyf korrektiewe oordele wys wat die profeet Amos gesê het God se angsvrystelling sou voorafgaan. Dit is tans in ons land aan die werk as God se laaste, desperate pogings om by sy mense te pleit:

1. Reinheid van tande – Gebrek aan brood! (Amos 4:6)

Toe Bill Clinton steeds goewerneur van Arkansas was, het hy ‘n plakkaat in sy kantoor gehad wat gelees het: “Dit is die Ekonomie, Stupid!” Hoe profeties was dit! Die frase “reinheid van tande” beteken “kaal, leeg.” En “gebrek aan brood” dui op werkloosheid, onvermoë om te voorsien. Beide praat van armoede in “al jou stede”!

In Levitikus 26 en Deuteronómium 28 waarsku God alle nasies dat een van Sy eerste oordele oor ‘n gemeenskap wat van Hom afvallig geword het, is werkloosheid en swaar tye:

“As Ek vir julle die staf van die brood verbreek” (Levitikus 26:26). Dit beteken, “Ek sal van jou af wegneem jou vermoë om ‘n bestaan te maak!”

“Julle sal gebrek aan alles ly” (sien Deuteronómium 28:48)

“In jou weë sal jy geen voorspoed hê nie” (Deuteronómium 28:29).

“Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen...vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het” (vers 20).

Dink aan die toename in boosheid in Amerika – die toename in moord, verkragting, aborsie, homoseksuele mag. Dink nou aan die groeiende werkloosheid. Amper elke dag lê ‘n korporasie duisende werkers af. Verlede jaar het IBM gesê hulle sou 25,000 aflê – maar vandag is daardie getal 150,000!

Toe President Clinton aan bewind gekom het, het ‘n miljoen nuwe werksgeleenthede belowe. Maar sedertdien, het ons meer as 1.5 miljoen werksgeleenthede verloor. Japan en Duitsland het amper nul werkloosheid. So, waarom skiet Amerika se werkloosheid die hoogte in?

Geliefde, dit is nie ‘n Demokratiese of Republikeinse probleem nie – dit is ‘n sonde-probleem! En geen president of wetgewing kan daarmee afreken nie!

Ek hoor mense sê, “Amerika het moeilike tye gehad in die verlede. Ons het voorheen depressies gehad – in 1857, 1872, 1931. Miljoene was werkloos gedurende die Groot Depressie. Menigtes het migreer na Californië op soek na werk. Maar dit was sewentig jaar gelede – en Amerika het reggekom. Die ekonomie ly talle negatiewe siklusse.”

Nee – al daardie depressies was in der waarheid korrektiewe oordele! In Sy barmhartigheid, het God vir ons een kans na ‘n ander gegee in ‘n poging om ons wakker te maak. Maar watter korrektiewe tugtiging sal die laaste wees? Watter depressie sal so verskriklik wees dat ons land struikel op die randjie van ineenstorting? Talle ekonome en regeringsleiers waarsku ons dit is ‘n baie werklike moontlikheid.

Dierbare heilige, onderskei jy God in dit alles – of sien jy dit bloot as deel van ‘n ekonomiese siklus? God waarsku, “Julle verloor julle voorspoed – julle gaan agteruit. Word wakker!” “Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:6).

2. Weersomwentelinge – onverklaarbare weersveranderinge! (Amos 4:7).

“Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het” (Amos 4:7).

Hierdie vers kom reguit uit vandag se hoofopskrifte: Te veel reën in een stad – geen reën in ‘n ander. Vloede in een area – droogte daar naby.

Terwyl ek hierdie boodskap skryf, beleef Amerika wat genoem word die ergste vloed in ons land se geskiedenis. In die Middeweste, het die Missouri Rivier oorstroom in die Mississippi, en duisende huise vernietig en hele dorpe en stede tot stilstand laat kom. Die president het al die oorstroomde gebiede besigtig, en bloot sy kop in verwondering geskud. Die land se magtigste man kon net sy skouers optrek – omdat daar niks was wat hy kon doen nie!

Beskou hierdie nuustydskrif berig:

“Die Groot Oorstroming van ’93 is reeds een van die monsters van alle tye. Dit mag aangeteken word as die ergste in die V.S. op talle terreine: (die) gebied betrokke (is) ongeveer 17,000 vierkante myl..., Eiendomme beskadig...skiet na beraming die hoogte in meer as ‘n week van $500 miljoen tot soveel as $8 biljoen, en die laaste berekening kan selfs hoër wees..., [In hierdie skrywe, was dit na raming $10 biljoen.]

“Soos die Groot Oorstroming van ’93 terugsak, sal dit heel waarskynlik as nagevolg ‘n reeks gesondheidsprobleme agterlaat, van siekte tot chemiese besoedeling. Te danke aan ten minste 18 oorstroomde rioolaanglegte, het mikrobes amper 800 myl van pype binnegedring wat...Des Moines...inwoners van drinkwater voorsien; dit sal ‘n maand verg om die stelsel te disinfekteer...

“One Des Moines dame het gesê sy en baie van haar vriende is kwaad vir God oor al die verwoesting. Dertigduisend mense is verplaas, ongeveer 10,000 plase is moerasse, meer as 24,000 huise en besighede is beskadig of vernietig. Vloedwater het al die brûe oor die Mississippi tussen Burlington, Iowa, Alton, Illinois weggespoel, ‘n afstand van 250 myl. Die vise president...het gesê dit was asof nog ‘n Groot Meer by die kaart van die Verenigde State bygevoeg is. Mense in Des Moines het gesê, ‘Ons is moeg, bekommerd, en probeer bloot om ons sinne te bewaar’” (Time, Julie 26, 1993).

‘n Radio netwerk het berig dat mense plastiek bottels en houers dra – enigiets wat hulle kan gebruik – om drinkwater van nabygeleë dorpe te kry. Geliefde, dit is Amos 4:8 wat letterlik vervul word! “En twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les – nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.”

Terwyl die oorstromings in die Middeweste woed, word die Ooste en die Suide geteister met droogte. Een koerant het berig:

“Boere in die Suidooste het na raming $500 miljoen in mielies, tabak, sojabone, groente, vrugte en hooi in ‘n verlammende droogte... In die weste van Suid Carolina, het net 3 persent van die normale reënval het hierdie somer geval... Georgia se Landbou Kommisaris het gesê, “Daar is lyding in die Suide en die skade neem dag vir dag toe. Dit is ‘n ramp...”

“(Boere) kyk hulpeloos toe soos die natuur – in die vorm van ‘n droogte en oormatige hitte – hulle gewasse verskroei. ‘Die intense hitte bak hulle in die lande,’ het ‘n Suid Carolina Landbou Bureau kenner gesê....

“Bo New England, ly ook ongewone droë toestande, vonk vure en plaas probleme. Boere in droë streke sê, “Ons sal graag ‘n bietjie van hulle reën hier wou hê, en vir hulle ‘n bietjie van ons sonskyn wou gee’” (USA Today, Julie 19, 1993).

God het ‘n streep gerek – en jy kan dit amper op ‘n kaart sien! Hy sê, “Ek sal dit hier laat reën, maar twintig myl weg sal daar algehele droogte wees!” Een radio berig het gesê, “’n Boer naby die oorstroomde gebied kla dat helfte van sy plaas oorstroom word, terwyl die ander helfte geknel word deur die droogte. Daar is geen reën in daardie streek nie, slegs oorstromings.” Dit is Amos 4:7 in vervulling!  Waar “die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het.”

‘n Paar jaar gelede het ek geprofeteer dat drastiese weersverandering oor Amerika sou plaasvind as God se oordeel. ‘n Welbekende TV evangelis (wat sedertdien afvallig geword het) het groot aanstoot geneem oor wat ek gesê het. Hy het gebulder, “God is nie agter sulke rampe nie. God is liefde – Hy sou nie mense uit hulle huise dryf en wydverspreide swaarkry veroorsaak nie. Nee – dit is net die natuur wat ‘n stuiptrekking kry!”

Hierdie prediker het nie sy Bybel geken nie! die Skrif sê duidelik: “Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het...en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie” (Amos 4:7). Wie het dit veroorsaak? God het! En dit is deur Sy eie getuienis!

Wat van die droogtes, vra jy? Die HERE sal reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is” (Deuteronómium 28:24).

God het altyd drastiese weersverandering gebruik as Sy roede van teregwysing teen ‘n sondige samelewing. Hy het Noag se geslag vernietig met vloedreën. Hy het ‘n verskriklike hael as oordeel op Farao en Egipte laat neergiet. Hy het donder en reën gestuur om Sy misnoeë oor Israel se aangestelde koning te toon. Hy het die reën teruggehou tydens Agab se heerskappy, as oordeel vir afgodery. En Esegiël het geprofeteer dat God by Armagéddon Sy vyande sal oordeel deur “oorstromende stortreën...op baie volke” (Esegiël 38:22).

Waar is die manne en vroue van God wat vandag sal opstaan en sê, “God praat met ons – dit is Sy oordeel oor ons nasionale sondes!” Ek vra jou – as jy al hierdie dinge sien gebeur, onderskei jy die tye? “Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:8).

3. Brandkoring en heuningdou! (Amos 4:9).

“Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde... het die sprinkaan verslind - nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:9).

“Brandkoring” praat hier van roes, verrotting – ‘n destruktiewe fungus wat deur ‘n parasiet veroorsaak word. En “tuine” het die konnotasie van plesiertuine en onspanningsparke. Hierdie korrektiewe oordeel kan gesien word in die dosyne openbare, staat en federal parke wat gesluit word weens gebrek aan fondse. Dit verander in verskriklike toegegroeide oerwoude!

“Baie van ...julle wingerde....het die sprinkaan verslind.” God het ook roes, verrotting en mislukking gestuur na ons nasionale produktiwiteit. Amerika se eens vrugbare landbougrond is nou ‘n jammerlike gesig om te aanskou. Boere kan nie meer ‘n bestaan maak nie – baie gaan bankrot. Ou, verlate plaashuise staan en vergaan.

Ons vervaardigingsbasis is ook amper tot niet. Amerika produseer skaars meer iets. Kyk na die name van al jou toerusting – Sony, Panasonic, Sanyo. Waar word dit gemaak? Alles oorsee! Al wat ons oor het in Amerika, is ‘n dienste ekonomie!

“Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:9).

4. ’n Vernietigende Plaag! (Amos 4:10)

“Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood... nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:10).

Ek wil reguit met jou praat oor VIGS: Dit is vinnig besig om die ergste plaag in die geskiedenis van die mensdom te word. Niemand kan begryp hoe wydverspreid VIGS sal wees in vyf of tien jaar nie, of hoeveel mense dit sal uitwis nie.

Een van die hartseerste aspekte van hierdie plaag is dat die wêreld en die kerk weier om te VIGS te erken vir wat dit is – ‘n vloek van God! Talle bedienaars sê, “VIGS is nie ‘n vloek nie. God kan nie daaragter wees nie, omdat baie onskuldige mense daaraan sterf.”

Moenie verkeerd verstaan nie: Ek glo nie VIGS is ‘n vloek teen homoseksuele of dwelmverslaafdes nie. Maar dit is ‘n oordeel van God oor bose, goddelose samelewings! As jy of iemand wat jy ken HIV-positief is, beteken dit nie God het jou vervloek nie. Nee, dit beteken slegs dat jy onder die oorkoepelende vloek gekom het wat oor ons land en die wêreld neergedaal het as gevolg van sonde. VIGS is ‘n vernietigende plaag wat oor die hele mensdom versprei!

Jy mag dalk sê, soos baie al het, “Broer Wilkerson, watter soort God dien jy, as jy sê Hy is verantwoordelik vir VIGS?”

Laat my vir jou uit die Skrif wys watter soort God ek dien. Hier is wat die Here sê Hy begeer:

“En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierendheid hou wat Hy jou vaders besweer het; en Hy sal jou liefhê en seën en jou vermenigvuldig....Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie. En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egitpte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat” (Deuteronómium 7:12-15).

Dit is wat God vir ons land wil hê! Hy begeer om alle siekte weg te neem, alle krankheid. Hy sê in wese, “As jy My bloot gehoorsaam – as jy jou net sal bekeer en in My raad sou wandel – Ek sal jou voorspoedig maak. Ek sal jou werkloosheid genees, Ek sal jou siektes en krankhede genees, Ek sal jou seën!”

Maar God het ook gewaarsku wat sou gebeur wanneer ons van Sy gebooie afvallig word:

“As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is...dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, kwaadaardige en aanhoudende siektes...Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is. En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie” (Deuteronómium 28:58-62). Lees dit versigtig: “Allerhande plae sal die Here oor jou bring!”

God het gewaarsku, “Ek sal nie net hierdie plae bring nie. Ek sal ook ander bring, siektes wat nog nie deur die mensdom gesien is nie, totdat julle daardeur vernietig is – omdat julle My nie gehoorsaam nie!”

Hoeveel miljoene moet sterf voor ons besef VIGS is God se oordeel? Hoe lank sal dit neem voor leiers en kerke wakker word? Navorsing sal nie by VIGS eindig nie – omdat dit ‘n sonde probleem is! Ons geneesmiddel sal slegs kom deur bekering – deur mense wat hulle bekeer van hulle goddelose lewenstyle. Niks anders sal dit keer nie! Selfs met ‘n mediese wonderwerk, sal VIGS in ‘n selfs erger vorm uitbreek. “Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:10).

5. Selektiewe rampe, getemper met genade! (Amos 4:11)

“Ek het julle omgekeer soos Ek Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos ‘n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is” (Amos 4:11). God het met ander woorde gesê, “Ek het skielik gekom en sekere gedeeltes van jou land verwoes. Maar voor Ek dit heeltemal kon vernietig, het ek jou uit die vuur geruk!”

Dink oor hoe verskillende streke van ons land besoek is met skielike rampe in die afgelope jare:

Verlede jaar, was weerbureau’s te laat om die woeste tornado te voorspel wat skielik oor Florida gekom het. Dit het hele dorpe uitgewis en biljoene dollars se skade veroorsaak. Daar was baie dood en verwoesting.

Die vernietigende aardbewing in San Francisco het geboue laat verbrokkel, huise laat ineenstort, paaie en brûe laat inval. Mense het gesterf, die hele stad geskud.

Tornado’s het deur die Suide en Suidweste gevee en grootpaaie van verwoesting agtergelaat.

In elkeen van hierdie rampe en ander, het God ons uit oordeel uitgeruk op die laaste oomblik. Duisende meer mense kon gesterf het in die Middeweste vloede. Honderde kon gesterf het in die World Trade Center bomaanval. Maar ons is soos ‘n brandende hout wat God uit die vuur geruk het!

Al hierdie rampe is inderdaad getemper met Sy barmhartigheid. Jy sien, God sê vir ons, “Julle het My krag en mag gesien – Ek het sommige van julle vernietig. Maar elke keer het Ek jou uit die vuur geruk! Ek wou nie enigsins verder gaan nie – omdat Ek gehoop het jy kry die boodskap!”

Elke ramp was ‘n oproep tot bekering – omdat God steeds hoop het op ‘n volk wat hulle tot Hom sal bekeer! ““Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE” (Amos 4:11).

Laastens waarsku God oor ‘n geheimsinnige, naamlose oordeel wat gestuur sal word! (Amos 4:12)

“Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel – maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel” (Amos 4:12).

Ek verkies die Septuagint vertaling (Oudste Griekse vertaling van die Ou Testament) van hierdie vers: “Berei jou voor om jou God aan te roep,” God sê in wese, “Tot nou toe, het julle julle oë gesluit vir hierdie rampe. Julle het nie verstaan, of onderskei, of geluister nie. Nou moet Ek so ‘n kragtige oordeel oor jou stuur, sodat jy geforseer sal wees om My aan te roep!”

Ek weet nie wat hierdie groot, naamlose oordeel sal wees nie. Maar die Bybel gee vir ons ‘n leidraad: Dit word amper altyd verbind met vuur. En ‘n verwoesting met vuur het inderdaad elke ryk oorval wat God oneer aangedoen het!

Sodom het gebrand. Rome het gebrand. En Petrus het gesê, “Die aarde...word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense” (2 Petrus 3:7).

Geliefde, ‘n groot vuur kom. Maar ek glo baie minder vure kom binnekort, as waarskuwings vir die laaste slagting!

Vir ‘n aantal jare, het ek gewaarsku oor opstande wat oor Amerika versprei: ‘n duisend vure in New York Stad, vure wat in elke groot stad brand. Ek glo steeds die ergste opstande lê voor ons – en ‘n belangrike rasse-oorlog kom wat hierdie vure sal veroorsaak.

In die middel van Julie, het die FBI ‘n ring van skeerkoppe opgebreek wat beplan het om ‘n rasse-oorlog in Los Angeles te begin. Hulle het beplan om die oudste swart kerk in Los Angeles af te brand, Rodney King en prominente burgerregleiers te vermoor, en beide swart en wit woonbuurtes met vuurbomme te bestook.

God waarsku ons: Ons gaan geoordeel word deur vuur! Ses jaar gelede, het ek gewaarsku van vure wat buite beheer brand in die Midde-Oosterse olievelde. Na Desert Storm, het oor die 600 oliebronne buite beheer gebrand, deur die Iraki’s aan die brand gesteek. Wanneer Amerikaanse stede onbeheers brand, sal hierdie land hulle bekeer? Nee! “Nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.”

Wat het dit alles te doen met jou en my?

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? Julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt” (2 Petrus 3:11,12).

Hierdie korrektiewe oordele oor Amerika is alles tekens dat die einde naby is. Ek vra jou – in die afgelope jaar se rampe, het jy sterker in jou wandel met Jesus geword? Is jy wakkerder, en groei jy nader aan die Here? Verlang jou hart na Hom meer as ‘n jaar gelede?

Dit is nie ‘n tyd om aan die slaap te wees nie – nie ‘n tyd om op te hou verlang na Sy koms nie. En die Here het my beveel om die waarskuwing te laat hoor!

Miskien het jou siel vasgeval in jou besigheid, jou huwelik, in om finansiële sekuriteit te bekom. Jy het nie langer tyd vir die Here nie – jy soek nie Sy aangesig nie. Jou hart het koud geword.

Geliefde, al hierdie tekens wat God stuur, is nie Sy toorn nie – dit is Sy genade! Hy sê vir die apatiese mense, “Word wakker! As jy ontwaak nie, sal jy jou pad in die hel in slaap!”

Hoe sal dit wees om voor die oordeelstroon van Christus te staan en Sy heiligheid te aanskou? Hy het gesê, “Maak jou gereed om die Here aan te roep?” Roep jy Hom aan in konsekwente gebed?

As jy ‘n Christen is en steeds nie die tye verstaan en onderskei nie, bid: “God, gee vir my ‘n begrip.” Hy wil jou oë oopmaak vir die tye!

Maar as jy wel alles verstaan wat Hy sê, dan is jy ‘n deel van Sy wetende, groeiende oorblyfsel. Jy sal getrou jou broers en susters waarsku om wakker te word en te luister terwyl Hy praat. En jy sal nie slaap wanneer middernag kom nie. In plaas daarvan, sal jy gereed wees om dit wat kom te verduur – met vertroue in Jesus!

‘n Laaste woord:  WAAR IS DIE BEDIENAARS WAT VERONDERSTEL IS OM VIR DIE MENSE TE WYS DAT HIERDIE RAMPE GOD SE OORDELE OOR AMERIKANERS SE SONDES IS?  God – stuur vir ons ons meer vreeslose, profetiese stemme!