Die Laat Reën!

David Wilkerson

“Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge;

“En hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind” (Sagaria 12:9-10).

Hierdie profesie van Sagaria gaan oor ‘n besonderse uitstorting van die Heilige Gees wat sal plaasvind in die laaste dae. ‘n Soortgelyke uitstorting word beskryf in Joël 2, wat ek glo Pinkster is. Daardie gedeelte lees:

“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

“En ook op die diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet” (Joël 2:28-29).

Dit is presies wat gebeur het op die dag van Pinkster! Die Heilige Gees het ingekom soos ‘n stroom as ‘n gees van profesie, in die Bokamer in Jerusalem. Selfs arm diensknegte en diensmaagde was gawes van profesie gegee.

Hierdie groot uitstorting het egter ook ‘n gelei tot ‘n standhoudende natleiding deur die Heilige Gees wat dwarsdeur die eeue aangehou het. Vir byna 2,000 jaar het God Sy Gees-agtige uitstortings op Sy mense uitgegiet en Sy kerk  daagliks natgemaak en beskerm. Jesaja het van die kerk gepraat as:

“...In dié dag sal daar wees ‘n wingerd van skuimende wyn – sing daarvan! Ek die HERE bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie” (Jesaja 27:2-3).

Daar is baie in God se Woord oor twee reëns -  twee uitstortings!

Die twee uitstortings van die Gees word na verwys as die eerste (of vroeë) reën en die laaste (of laat) reën:

“As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel” (Deuteronómium 11:13-14).

Die saai- en oesseisoene in Israel was net die teenoorgestelde van ons s’n. Die eerste reën het van Oktober tot die einde Desember geval, net voor die saaiseisoen. Hierdie reën het die grond sag gemaak. En die laaste reëns het van Maart tot April geval, net voor die oestyd. Daardie reëns het die es ryp gemaak.

Dit is belangrik om op te let dat hierdie twee uitstortings altyd te doen gehad het met die oes of insameling: “...sodat jy...kan insamel...” (Deuteronómium 11:14). En geliefde, as jy enige beweging van die Heilige Gees wil beoordeel – om te onderskei of dit van God af is, of van die vlees – gebruik dan hierdie maatstaf: Die Gees se werk is altyd gefokus op die insameling van siele!

Dit maak nie saak watter soort manifestasies jy in enige sogenaamde herlewing sien nie. Dit is nie ‘n ware beweging van God nie, tensy dit gefokus is op die oes! Die Heilige Gees reëns val altyd om ‘n insameling van siele te veroorsaak.

1. God het Sy Gees in die vroeë reën by Pinkster uitgestort om die grond voor te berei. Hierdie uitstorting het die grond sag gemaak om die evangelie te saai. Geesvervulde saaiers het daardie dag uit die Bovertrek uitgegaan na die hele wêreld – na Jerusalem, Judéa, Samaria en die uithoeke van die aarde om dissipels van Jesus Christus te maak.

Die kerk het nou al amper 2,000 jaar van saai en groei beleef – en dit is oestyd! Almal wat in Christus gesterf het tot nou toe, verteenwoordig die eerste vrugte, of die vroeë oes. Maar Sagaria profeteer ‘n laaste oes – en dit is die rede waarom Jesus nog nie gekom het nie. Die Here het geduldig gewag vir Sy laaste, magtige oes van die aarde!

“Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het” (Jakobus 5:7).

2. Sagaria 12:10 is die beloofde laat reën wat die finale oes moet voorafgaan. Die Here wag geduldig totdat Sy laat reën uitgestort word – omdat dit die finale oes sal produseer!

In die vroeë deel van hierdie eeu, het ‘n Pinkster beweging in Kanada begin, genaamd die “Laat Reën Beweging.” Dit het vir ongeveer veertig of vyftig jaar geduur. Vandag, het daar slegs ‘n paar “Laat Reën” kerke oorgebly.

Diegene wat egter betrokke was in daardie beweging, was oortuig dat hulle die Gees se groot, laaste uitstorting beleef het. Talle het gesê, “Dit is dit – ons sien Sagaria 12:10 in vervulling kom!” Maar die beweging het verdwyn. En ander soortgelyke bewegings het ook gekom en gegaan. Waarom? Dit is omdat hulle nie gefokus was op die oes nie!

Talle sogenaamde Heilige-Gees beweging het vinnig verdwyn, omdat hulle mensgesentreerd was – en gefokus was op gawes, seëninge, selfverbetering, geluk. Dans, lag, brul, blaf of enige ander manifestasie wat toegeskryf word aan die Heilige Gees is alles vlees, tensy dit innige gebrokenheid vir die verlorenes en ongereddes veroorsaak. As dit waarlik van die Gees is, sal dit ‘n honger en liefde veroorsaak om ‘n verlore en sterwende wêreld te bereik!

Jesus het die oes verbind aan verlore siele toe Hy gesê,

“Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag instuur” (Matthéüs 9:38).

Enige ware uitstorting van die Heilige Gees sal fokus op hierdie gebed van Jesus. En die paar herlewings wat gedokumenteer is as eg, was almal geseënd met groot oeste van siele. Daar is geen ware herlewing sonder ‘n groot insameling van verlore siele nie!

Merendeels, al die genades en bedieninge van die Heilige Gees in ons lewens as gelowiges het te doen met die laaste oes. Wanneer die Heilige Gees ons oortuig, ons vertroos, ons leer, ons heilig en ons dinge wys wat kom, is dit alles bedoel om ons voor te berei om die oes in te samel – om ons bekwame arbeiders in Sy wingerd te maak!

Beskou wat gebeur het as gevolg van Joël 2:28. By Pinkster, was 3,000 mense gered in een dag – en daarna was siele daagliks bygevoeg! Hierdie gelowiges was daarna uitgeforseer in die hele wêreld in om van Christus te getuig by die verlorenes.

“Totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ‘n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ‘n bos gereken” (Jesaja 32:15).

Jesaja sê hier, “Wanneer die Heilige Gees kom, sal Hy ‘n vrug vir die oes produseer. Verlore siele word in oorvloed gewen!”

‘n Magtige, eindtyd-uitstorting op die huis van Dawid word beloof!

“...Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge...” (Sagaria 12:10).

Die kerk het nog altyd genade en smekinge gehad. Maar hierdie vers praat van ‘n magtige inspuiting. Dit dui op iets ongewoon, magtig, glorieryk!

Nou moet ek verklaar dat ek nie glo in vervangingsteologie nie. Met ander woorde, ek glo nie dat die Nuwe Testament kerk Israel in al die profetiese verwysings van die Ou Testament vervang het nie. Liewer, ek glo talle van hierdie profesië tweeledige toepassings het.

Ek glo ook dat God Sy Gees op die Jode gaan uitstort in die laaste uur. Daar sal ‘n openbaring van Jesus Christus aan Israel en alle Jode wees. Byvoorbeeld, ek glo Esegiël 39:22-29 se profesië is ‘n uitstorting van die Gees op die Jode na ‘n groot poging van Israel se vyande om haar te vernietig.

Sagaria 12:10 is egter ‘n profesie direk uitgespreek oor die kerk van Jesus Christus. Dit praat van die huis van Dawid – en dit beteken die kerk. Jy sien, Christus is die nageslag van Dawid se huis. En daardie huis bestaan uit alle gelowiges in Christus, beide Jode en heidene.

Daar is inderdaad ‘n nuwe Israel, ‘n liggaam gelowiges wat vandag alle nasies en tale insluit. En hierdie nuwe liggaam is gemaak uit geloof en nie vlees nie:

“Want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Maar Jerusalem daarbo is vry en dit is die moeder van ons almal” (Galásiërs 4:25-26).

Elders waarsku Paulus heidense gelowiges om nie te roem dat hulle in Sy liggaam ingeënt is nie. Hulle moet nooit neersien op God se werk onder die Jode nie. Aan die ander kant is dit ook absolute laster om die mure te herbou wat die kruis afgebreek het. Jesus het alle mure tussen alle volke afgebreek:

“Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename” (Galásiërs 3:28-29).

Niemand is van Abraham se nageslag bloot omdat hy ‘n Jood gebore is nie. Nee – ons is ergename van die belofte weens ons geloof in Jesus. Alle nasionaliteite word een gemaak in Hom. Ons is inderdaad die Jerusalem van bo, die huis van Dawid van die laaste dae. En ons het die belofte van ‘n laat-reën uitstorting van die Heilige Gees!

Daar is twee vereistes wat geprofeteer word oor hierdie laaste uitstorting.

Die Bybel sê die Heilige Gees sal uitgestort word as “... die gees van genade en smekinge...” (Sagaria 12:10). Wanneer die Gees neerdaal, is hierdie twee dinge altyd duidelik: ‘n gees van genade en ‘n gees van smekinge.

Die boek Titus sê vir ons dat genade aan ons gegee word as krag oor sonde, om ons bekwaam te maak om nugter, heilige lewens te leef:

“Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn, en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë, regverdig en vroom in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid van verwag van die grote God en ons Verlosser Jesus Christus” (Titus 2:11-13).

Daar is ‘n wonderlike maat van hierdie genade in God se volk sedert Pinkster. Die Heilige Gees het oortuiging van sonde op alle nasies gestuur en leer gelowiges van elke ras en taal hoe om goddeloosheid en wêreldse begeertes te verloën. Die gevolg is ‘n volk wat nugter en regverdig in hierdie teenswoordige wêreld leef en wat verlang na die koms van Jesus.

Wanneer die Gees se laat reën egter kom, gaan ons selfs ‘n groter genade beleef. God gaan op ons uitstort ‘n gees van genade wat ons sal vestig in die waarheid van ons regverdigmaking en vryspraak. Die Here sal ‘n versekerde volk hê wat nooit sal twyfel oor hulle saligheid nie!

Onder hierdie uitstorting, sal die Gees wêreldwyd werk met bedienaars, wat louwarm geword het deur kompromie. God sal hierdie mense tref met die oortuiging van Sy genade. Die Gees sal vir hulle wys, “Die wêreld stort in duie en binnekort gaan julle voor My staan. So, julle beter begin praat om die harte van hierdie mense aan te raak. Julle beter My salwing hê wanneer julle op die kansels staan!”

Dit is ‘n gees wat oortuig van genade, wat lei tot bekering en so goddelikheid en geregtigheid produseer in God se huis. Natuurlik is God se genade geopenbaar teenoor Sy kerk vir 2,000 jaar. Ons ken die leerstelling van regverdigmaking en vryspraak deur geloof. Ons word in stand gehou deur genade. En wanneer ware genade verkondig word, word dit altyd vergesel met ‘n oproep tot bekering en heilig lewe.

 Ek glo egter Sagaria 12:10 profeteer dat in die heel laaste uur, sal die Heilige Gees magtig neerdaal op God se volk met ‘n gees van genade wat hulle heeltemal sal laat afwyk van alle wêreldsheid. Dit sal in hulle ‘n oproep vir reinheid van hart veroorsaak!

Bedienaars sal opgewek word om ware “genade te verkondig” – die soort wat mense oortuig van alle verborge dinge in hulle lewens. En ons gaan ‘n sonde-oortuigende, sonde-ontblotende bekeringsprediking beleef bokant enigiets in die geskiedenis. Alle ongeregtigheid, goddeloosheid en dwaasheid sal geopenbaar word.

En diegene in God se huis sal ‘n “drang” voel om reg te doen!

‘n Paar weke gelede het ek ‘n foonoproep ontvang van ‘n dierbare broer in die Here wat hoof is van ‘n sekere bediening. Die leiers van hierdie bediening het vergader om die Here te soek – en gou het die Heilige Gees homoseksuele en leuengeeste in hulle midde geopenbaar. Verskeie spanlede was ontslaan. Hierdie broer het vir my vertel, “Nou dat die Heilige Gees neergedaal het, is daar ‘n drang om reg te doen.”

Sy frase het my getref en ek kon dit nie afskud nie: ‘n drang om reg te doen. Wanneer die Heilige Gees neerdaal en sonde openbaar, het Christene wat louwarm was of hulle standaarde ingedrang gebring het, oortuig geword van sonde. Diegene wat hulle nie onderwerp aan die Gees se werking nie, word uiteindelik blind en onwillig om oor te gee. En uiteindelik dryf die druk om regverdig te leef hulle by die deur uit. Geliefde, die druk om sonde te laat staan en reg te doen, gaan vuurwarm en swaar word in God se laaste-dag kerk!

God se Gees sal ook ‘n gees van smekinge uitstort!

Die woord smekinge word nooit in die Bybel gebruik nie, behalwe om ‘n uitroep of gebed wat gevokaliseer word aan te dui. Met ander woorde, dit is nie privaat of bloot ‘n bepeinsing nie. Smekinge het te doen met die stem!

Die Hebreeuse woord vir “smekinge” dui op “’n olyftak toegedraai met wol, of een of ander lap, gewaai deur iemand wat smeek en vrede soek of wil oorgee.” Eenvoudig gestel, dit was vlae van oorgawe. Dit het gedui op ‘n uitroep van totale, onvoorwaardelike oorgawe.

Stel jou voor ‘n oorlog-moeg soldaat, verflenter en uitgeput, afgemat en oorweldig, vas in ‘n jakkalsgat van eie wil. Hy is heeltemal alleen, moeg en gehawend, en hy het aan die einde van homself gekom. Daarom breek hy ‘n olyftak af. Hy bind sy wit onderhemp aan die punt daarvan vas, lig dit op, waai dit en kruip uit sy jakkalsgat uit, terwyl hy roep, “Ek gee oor – ek gee op!”

Dít is smekinge! Dit sê, “Ek gee oor – ek kan nie meer hierdie oorlog voer nie. Ek is verlore en wanhopig.”

Jy sien, smekinge is nie net ‘n oproep tot God om te doen wat jý wil nie. Dit is nie om Hom te smeek om jou met jou planne te help nie. Inteendeel, dit is ‘n totale oorgawe van jou wil en jou manier!

Vir eeue lank het Christene God aangeroep, terwyl hulle vol eie wil was, smekend en roepend, “O God, stuur my hierheen, stuur my daarheen, gee vir my dit, gee vir my dat...” Bedienaars het gebid en gepleit, “O God, seën my bediening, seën my projekte. Stuur geld en werkers vir my program!”

Maar in die laaste dae, gaan die Heilige neerdaal met groot krag om ‘n gevoel van geestelike bankrotskap te veroorsaak. Ons sal wakker word vir die feit dat ons selfs met al ons geld, verstand, programme, bedienings en planne, steeds nie die wêreld aangeraak nie. (Ons het in der waarheid grond verloor. Die kerk het swak en bejammerenswaardig geword!)

Ek het eenkeer gepreek, “Al wat God vereis, is ‘n innige roepstem uit die hart, ‘n desperate geroep tot Sy Naam.” Maar die Heilige Gees het vir my gewys dit verg baie meer as dit om Sy hart in beroering te bring.

Maleági praat van God se volk “...julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting...” (Maleági 2:13). Die Here het egter nie hulle geroep aanvaar of verhoor nie – omdat die manne van Israel bedrieglik met hulle vrouens gehandel het. Hulle het hulle geskei en ander vroue nagejaag.

Hierdie mense het nie voor die Here gekom met ‘n vlag van oorgawe in die hand, terwyl hulle ween en uitroep, “O God, my sonde het my oorweldig! Ek is moeg daarvoor om op my eie daarteen te stry, moeg om die Heilige Gees te weerstaan. Verlos my!” nie. As hulle dit gedoen het, sou God hulle verhoor en verlos het.

Daar moet ‘n oorgawe wees! Ons geroep moet vergesel wees van ‘n gewilligheid om ons sonde oor te gee – om afstand te doen van alles in ons lewe wat nie soos Jesus Christus is nie.

Daniël se gebed demonstreer wat smekinge presies is:

“Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê. Neig U oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid” (Daniël 9:17-18).

Dit is ‘n uitroep van oorgawe – van absolute hulpeloosheid! Daniël het in wese gesê, “O God, ons het teen U gesondig – en ons kan niks daaromtrent doen nie! Ons is hulpeloos, hopeloos. Ons het U verwerp en seergemaak. En nou beroep ons ons op U barmhartigheid. Ons gee oor. Ons gee alles aan U oor. Hoor ons smekinge!”

Wanneer die Heilige Gees ‘n Gees van smekinge uitstort, sal ons gebed beleef wat die wêreld nog nooit beleef het nie!

‘n Sendeling het onlangs by ons kerk gepraat oor groot ontwakings dwarsdeur die wêreld. In elke geval, was die “gees van gebed” verbind aan die laaste oes. In Viëtnam, China, Siberië, die Amasone, onder die Zulu’s in Afrika, bid God se volk met vuur en ywer – hulle ween en roep uit tot God op die toppunt van hulle stemme, soek Sy aangesig, reken af met sonde en wend hulle na geregtigheid. Sommige gebedsbyeenkomste duur van ses in die aand tot 12-uur die volgende middag.

Jy kan nie hierdie soort liefde om te bid fabriseer nie. Dit is die gevolg van die gees van smekinge! God doen wat Hy beloof het in Sagaria 12:10. Al hierdie gelowiges beleef dit reeds!

Nie lank gelede nie, het ons vir weke van gebed by Time Square gevra. En nou het ons ook ‘n klein voorsmakie van hierdie uitstorting van die Gees. Daar is inderdaad ‘n mate van vuur en ywer in gebed dwarsdeur hierdie land. Maar ons het nog nie die uitstorting van die gees van smekinge beleef nie!

Verlede Julie die 18de, het ek ‘n gebedsjoernaal begin. My eerste inskrywing het gelees: “’n Week gelede, Julie 11, het die Heilige Gees my geroep tot ‘n jaar van gebed – en ek bedoel intense gebed. Ek sal hierdie joernaal hou om my te keer om my verbintenis daartoe te verwaarloos.”

Maar vir die afgelope dertig dae het ek nie ‘n woord in daardie gebedsjoernaal geskryf nie. Dit is ‘n groot toets in my lewe! Ek word heeltyd onderbreek. Ek het dit nog nooit so moeilik gevind om gedissiplineerd in gebed te bly nie.

God wys vir my hierdeur dat selfs die begeerte en liefde om te bid van die Heilige Gees moet kom. Nou is my dilemma die volgende: God het beloof om ‘n gees van smekinge uit te stort op Sy kerk en ek wil dit nie misloop nie. Ek wil deel wees van die ware beweging van God. So, hoe kan ek seker maak dat hierdie gees wel op my uitgestort word?

Die antwoord lê in Sagaria 10:1:

“Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen” (Sagaria 10:1).

Ons moet die Here vra vir hierdie gees van smekinge! Weerligte in hierdie vers beteken “blitse, donderstorms.” God het beloof om vir ons reënbuite te gee! Hy sê vir ons in Sagaria, “Vra, en Ek sal vir jou hierdie las uit die hemel gee. Maar jy moet dit vir My vra!”

Is dit nie tyd dat ons die Here vra nie, “O God, stort U Heilige Gees op my uit, dat ek kan leer om te bid! Open die fontein. Laat my deel wees van U laaste oes!”

Wanneer Sy gees van smekinge op jou neerstort, sal jy vind dat jy bid vir heiligheid, goddelikheid, reinheid. Jy sal voorbidding doen vir jou verlore geliefdes en ween oor ‘n sterwende wêreld. Maar jy moet die Heilige Gees vra om dit in jou te doen – en Hom vertrou om dit te doen!

Hierdie laaste uitstorting – die laat reëns van genade en smekinge – gaan God se volk op hulle knieë bring!

Ek sien in Sagaria se profesie ‘n nuwe visie van die Kruis van Jesus:

“...En hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag...” (Sagaria 12:9-10).

Tans doen die Heilige Gees presies dit in Israel. Menigtes Jode vergader by die Klaagmuur en ween vir hulle Messias om te kom. Maar eendag, binnekort, sal God die sluier lig – en hulle sal Jesus herken vir Wie Hy is, en ween omdat hulle Hom deurboor het! Hulle sal na Hom verlang, treur oor hulle blindheid en hulle verwerping van Sy Kruis.

Daar is egter ‘n ander toepassing van hierdie vers wat te doen het met die kerk. Jy sien, binnekort kom daar ‘n baie persoonlike werking van die Heilige Gees. Die kerk van Jesus Christus het so ongevoelig geword teenoor sonde – dit so witgepleister en oor die hoof gesien – dat wanneer die Gees kom met ‘n gees van gebed, sal Hy ook ‘n reiniging bring. Daar sal geween, rouklaag en gebrokenheid wees – ‘n besef van hoe ons sondes die hart van God bedroef het!

Die Heilige Gees gaan op hierdie manier werk, nie net in gemeentes nie, maar ook in families en in elke individuele gelowige:

“En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik...” (Sagaria 12:12).

Ek vra vir jou: Watter groter gawe kan God vir Sy kerk gee net voor Hy kom, as ‘n magtige, oortuigende boodskap teen sonde? Hy sal so ‘n deurdringende boodskap bring dat ons nie in staat sal wees om enige onheilige of onrein ding in ons sal kan verdra nie!

Ter opsomming, hier is die kwalifikasies en kenmerke van die laat-reën uitstorting van die Gees. As enige sogenaamde beweging van die Gees nie hierteen opweeg nie, kan jy weet dit is uit die vlees:

  1. ’n Fokus op die laaste oes van siele.
  2. ’n Gees van genade wat lei tot bekering en goddelikheid.
  3. ’n Gees van smekinge wat lei tot oorgawe en ‘n drang om te bid in die Gees.
  4. ’n Smagting na Jesus, en ‘n rouklag, gebrokendheid en geween met goddelike berou oor sonde. Slegs ná sulke werkinge van die Gees, sal die ware seën van blydskap kom!

Dierbare heilige, dit is moontlik om alles wat die Gees beloof het, mis te loop. Selfs te midde van Sy reën, kan jy op die ou end in ‘n woestyn beland – droog, vewelk en leeg. Al wat jy moet doen, is om aan te sluit by die skare van Laodicense – om louwarm te bly en tevrede te wees met halfhartige diens aan die Here. En die reën wat kom om die laaste-dag oes ryp te maak, sal slegs die dorings en die dissels in jou natmaak:

“Want die grond wat die reën indrink...en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit bewerk is, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en dissels oplewer, deug dit nie...” (Hebreërs 6:7-8).

Ek wil nie God se laaste uitstorting misloop nie! Ek het tot Hom gebid om my in te sluit, en ek dring by jou aan om dieselfde te doen. Bid nou saam met my:

“Here, Ek het nie die dissipline wat nodig is vir U heilige werk nie. U moet dit vir my gee! Gee vir my U las vir verlore siele. Plaas U wenende Gees in my. U is my enigste hoop – daarom gee ek heeltemal oor en bekeer my tot U. Ek sal enigiets doen wat U my beveel. En ek sal op U vertrou vir alles!”

Amen!