Die Krag Van Die Verborge Mens

Nadat Jesus die bergpredikasie gelewer het, was sy luisteraars in verwondering. Die Bybel sê, "En toe Jesus die hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie" (Mattheùs 7:28-29). Die Griekse woord vir gesag in hierdie vers beteken "met heerskappy, krag, vryheid; soos een van in beheer is." In wese het Jesus se luisteraars gesê "Hierdie man spreek soos een wat weet waarvan hy praat."

Let op, hierdie vers sê nie Christus het "met gesag gepraat" nie, maar eerder "soos een wat gesag het." Dit is een ding om te praat met wat ons dink is gesag - met 'n harde of luidrugtige stem wat laat blyk dat ons in beheer is. Maar in God se koninkryk is gesag iets heeltemal anders. Dit is iets wat jy besit en nie net iets wat jy bloot sê nie.

Die outoriteit wat Jesus uitgeoefen het, het die hele godsdienstige stelsel geskud. Die Joodse leiers het aanhoudend na hom gekom en geëis om te weet waar hy sy outoriteit vandaan gekry het. "Deur watter gesag doen U hierdie dinge en wie het u hierdie gesag gegee?" (21:23). Jesus het hulle prontuit geantwoord, "Ek sal julle nie sê nie" (sien 21:24-27). Ons Here het geweet dat Hy nie nodig gehad het om aan die duiwel te vertel waar Hy sy geestelike gesag vandaan gekry het nie.

Christus het hierdie gesag nie net in sy preke gehad nie, maar ook oor alle sataniese magte. Toe hy 'n sinagoge in Kapernaüm binne gegaan het, is hy begroet deur 'n man wat met 'n demoniese gees besete was. Die gees het uitgeroep, "Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasarener? Het U gekom om ons te verdelg?" (Markus 1:24).

Ek glo dat hierdie demoon se uitroep een van Satan se primêre strategieë teen die kerk is. As die bose gees Jesus vra, "Wat het ons met U te doen?", sê hy, "Hierdie saak gaan U nie aan nie. Dit is tussen my en die lewelose kerk hier in Kapernaüm. Niemand was tot dusver oor hierdie man begaan nie. Hy was in hierdie toestand vir jare en die kerkleiers het gekies om daarmee saam te lewe. Ons het 'n lekker knus reëling hier, Jesus. Hoekom laat U ons nie alleen nie? " Om op te som was Satan besig om Jesus se outoriteit te betwis.

Verder, het Jesus geweet dat hierdie sinagoge nie nog 'n preek of 'n interpretasie van die wet nodig gehad het nie. Dit het nie nog 'n seminaar of een of ander opwindende program nodig gehad nie. Dit het 'n persoon nodig gehad met gesag - iemand wat die duiwel uit hulle midde kon verdryf en beide die besete man en die magtelose kerk kon reinig.

Christus het sy gesag gebruik om juis dit te doen. Die Skrif sê, "En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit" (1:25). In moderne terme het Jesus gesê, "Hou jou mond, duiwel, en maak dat jy wegkom." En die Satan het gevlug: "En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan" (1:26). Weereens was die mense in verwondering en het gesê, "En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat was dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle hom gehoorsaam is" (1:27).

As daar ooit 'n tyd was dat die kerk van Jesus Christus sy krag en gesag nodig gehad het , is dit nou. Na my mening besit die Christene van vandag baie min geestelike gesag, of dit nou op die preekstoel is en of dit nou in die kerkbanke is. Die gevolg is dat die Satan dikwels die huis van God binnekom en sonder teenstand kom plunder.

God se mense was in 'n soortgelyke toestand toe Jesus sy bediening op die aarde begin het. Die kerk was vol magtelose, depressiewe, demoon geteisterde mense. Bose geeste het die mense se oë verblind, hulle ore toegemaak, hulle beendere uitgeteer en hulle met melaatsheid getref. Hierdie geeste het selfs kinders beset en hulle in die water gegooi om hulle te probeer verdrink.

U mag vra, waar die herders van hierdie geteisterde kudde was? Volgens Jesus was hulle besig om die weduwees te beroof en van hulle eie bejaarde ouers te steel. Hierdie mense was boerebedrieërs wat ryk geword het deur op die rûe van die armes te ry terwyl hulle geen simpatie vir die weduwees en weeskinders getoon het nie. Hulle was skynheiliges, hoereerders, met oë vol gierigheid. Christus het hulle wit gepleisterde grafte vol doodsbeendere genoem. Hy het reguit na hulle gewys en gesê, "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" (Mattheùs 23:33).

Vandag is die kerk net so vol hartseer, depressiewe, demoon geteisterde mense. Waarom? Ons het te min geestelike outoriteit om die Satan se aanvalle teë te staan. Die duiwel het alreeds sy eie vals Christusse in God se kerk ingebring - goddelose, vleeslike predikers wat praat soos engele van die lig, net soos dit geprofeteer is. Hierdie mense verander kerke in voel-goed gemaksones, waar sonde nooit eers genoem word nie en mense se gewetes afgestomp word.

Satan het selfs sy eie musiek in God se Huis ingebring. Sommige kerke borg demonies inspireerde 'punk-rock' konserte. Christen tieners stroom na hierdie "mosh" geleenthede, waar 'n skare van kinders hulle liggame teen mekaar stamp. En hulle doen dit alles met die seën van hulle herders.

Laat my toe om u te vra: na wie toe het hierdie demoon geteisterde mense gegaan vir hulp voor Jesus op die toneel gekom het? Per slot van rekening, hulle was godsdienstige Jode, God se uitverkorenes. Waarheen het die melaatses vir hulp gegaan? Na wie toe het die vader van die demoon besete seun gegaan as hy homself in die vuur gegooi het? Waarheen het die owerspelige vrou gegaan? Na watter kerk, na watter priester?

Dink aan al die desperate ouers wat vandag stil in die kerk sit en treur oor seuns of dogters wat verslaafdes, alkoholiste of buite die huwelik verwagtend geword het. Waarna soek hierdie ouers in 'n kerk? Wil hulle vermaak, pret en plesier of tien minute prekies hê? Nee! Hulle benodig iemand met ware geestelike outoriteit wat vir hulle woorde van hoop kan bring.

Dink aan al die Christen paartjies wat op die rand van egskeiding staan. Hulle wêreld is besig om uitmekaar te val. Hulle kinders is deurmekaar. Waarna soek hierdie mense in God se huis? 'n Grapperige gespot? 'n Voel-goed boodskap wat hulle vertel dat hulle "okei" is? Nee. Hulle benodig geestelike outoriteit, bevryding en krag om te bly volhard tydens hulle probleme.

Wanneer die ekonomie ineenstort, en betrekkings verloor word, met rekeninge wat ophoop, wat het mense dan nodig? Om deel te wees van 'n vinnig groeiende mega-kerk? Om boodskappe te hoor van hoe om jou vrye tyd te gebruik? Nee! Hulle sal antwoorde nodig hê. Hulle sal iemand nodig hê met outoriteit, iemand wat kan interpreteer wat besig is om rondom hulle te gebeur, iemand wat die tye kan lees. En hulle sal 'n woord vanuit die hemel nodig hê sodat hulle hulle hart en verstand in die vrede van God kan bewaar.

Satan sal altyd die wat treur en bid oor die toestand van God se huis teenstaan. Dit is sy doel om dinge te hou soos wat dit is. Daarom sê hy dieselfde dinge as wat hy aan Jesus gesê het: "Die mense is tevrede met hierdie gesellige reëling. Wat het dit met u te doen? Waarom sou u hierdie ooreengekomde situasie as u persoonlike projek aanpak? Dit is nie u stryd nie. U moet eerder bid vir u eie probleme en behoeftes. Laat ons alleen. Gaan weg en aanbid u God. Geniet uself."

Tog sal die met geestelike outoriteit nie intimideer word nie. Hulle weet dat die teruggevalle kerk God se saak is. En hulle weier om by te staan as die duiwel inbeweeg en oorneem. Ons durf nie toelaat dat die Satan God se mense kom besteel en bedrieg net soos wat hy wil nie.

Ek het onlangs 'n video gesien van 'n kerkdiens waarin die mense wild gelag het en diere geluide gemaak het. En wat het die prediker gedoen? Hy het probeer om harder as almal te wees - om die steurende geeste uit sy gemeente uit te skree. Kan u uself verbeel dat Jesus so sou opgetree het? Kan u Hom in u gedagtes sien dat Hy sou probeer om 'n preek bo die geraas uit te skree? Nee! Jesus het gesien wat nodig was en hy het outoriteit geneem oor elke situasie.

Ek glo dat die kerk vandag in 'n groot krisis is oor die gebrek aan geestelike outoriteit. Ek ontvang gereeld telefoon oproepe van pastore en ouers wat bekommerd is oor hulle kinders. Hulle pleit, "Ek het so pas ontdek dat my kind aan dwelms verslaaf is. Ek het probeer om hom sover te kry om by 'n rehabilitasie program soos Teen Challenge in te skakel maar, hy weier. Ek weet nie wat om te doen nie."

My hart gaan uit na hierdie ouers. Hulle harte is gebreek en is desperaat om ware geestelike outoriteit te vind wat hulle na ware hulp kan lei. Tog moet ek wonder: waar is die geestelike gesag in hulle huise? Na my mening dink sulke ouers dat hulle hulpeloos is terwyl hulle nie is nie. Iemand in die familie moet die krag besit om die duiwel uit te dryf - uit hulle kind uit en uit die huis uit. Ek sê aan elke lydende ouer: jy moet self geestelike gesag in besit neem. Selfs as jou kind jou uitsluit, kan jy steeds krag verkry in jou binnekamer.

U mag protesteer, "Maar ek is nie Jesus nie. Hy het na die aarde toe gekom met goddelike gesag." Die feit is dat, Jesus, hoewel Hy God was, dieselfde duiwel as 'n mens trotseer het, 'n Gees gemagtigde mens. Hy het die Satan op geen ander beginsel beveg nie. Net so het die Satan Christus altyd as 'n mens genader, alhoewel Hy geweet het dat Hy die Seun van God was. Die duiwels het dit self erken , "Hou op! ... Jesus, Nasarener" (Mark 1:24). Hulle het Jesus aangespreek as 'n mens van 'n sekere dorp in Israel. Tog, al was Jesus 'n vlees en bloed man, het hy ten volle geestelike outoriteit oor elke demoniese mag uitgeoefen.

U mag dink, "As ek maar net daardie soort van mag oor die vyand gehad het. Maar ek besit nie die tipe gesag om Satan te laat wegvlug nie." Dit is nie waar nie. Jesus se dissipels het hierdie mag gehad: "En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle die mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees" (Mattheùs 10:1). "Kyk, Ek gee julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand" (Lukas 10:19).

Die apostel Petrus was gemaak van vlees en bloed, net soos die res van ons. Tog het hy geestelike gesag oor die duiwel uitgeoefen. Hy het aan die lam man by die tempel poort gesê, "In die naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop" (Handelinge 3:6), en die man is genees. Die godsdienstige leiers van die dag het hierdie mag in Petrus herken en daarom het hulle hom gevra, "Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?" (4:7).

Nêrens in die Bybel staan dit dat dieselfde mag nie meer vir ons vandag is nie. Wanneer het die Here aan die kerk, "Ek het julle sover gehelp, maar nou is julle op julle eie"? Watter soort God sou sy kinders die krag gee wanneer hulle dit nodig gehad het - in die woestyn - aan die konings en profete soos Elia, aan die menigte tydens pinkster - en dit dan weerhou van sy kerk in die laaste dae as hulle dit meer nodig het as al die vorige geslagte?

Volgens die skrif, het Satan se krag toegeneem in ons dag: "Die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het." (Openbaring 12:12). Waarom sou God toelaat dat Satan 'n swak, magtelose kerk, wat geen weerstand het nie, aanval? Sy mense het nooit toegang tot goddelike krag verloor nie.

Ongelukkig het 'n aantal Christene 'n verdraaide idee van wat geestelike outoriteit is. Dit is veral waar in charismatiese kringe. Ek weet van 'n reeks "krag" byeenkomste, waar predikers hulle hande op mens lê om hulle met 'n salwing van geestelike outoriteit toe te rus. Nogtans faal hulle pogings teen die duiwel jammerlik as hulle by die huis kom. Op die ou einde vra hulle dieselfde vrae as Jesus se dissipels: "Waarom kon ons nie hierdie bose geeste uitdryf nie?"

'n Mens kan nie bomenslike krag ontvang bloot deurdat iemand hande op jou lê nie. Dit is nie 'n gawe nie. Dit is a manier van leef, deur met Jesus te wandel. En nie enigeen wat vra vir sulke gesag sal skielik in 'n geestelike kragstasie verander word nie. Die feit is dat God slegs sy goddelike gesag skenk aan wat Petrus noem die "verborge mens van die hart, in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees" (1 Petrus 3:4).

Paulus verwys ook na die innerlike mens (sien Romeine 7:22), waar hy sê "die innerlike mens word dag na dag vernuwe" (2 Korintiërs 4:16). Inderdaad is daar twee sulke selwe in elkeen van ons. Daar is beide 'n uiterlike mens en 'n innerlike, verborge mens. Die uiterlike mens word altyd voor ander ten toon gestel. Maar die verborge mens word slegs deur God geken en hierdie innerlike mens stel homself nie voor ander ten toon nie. Hy woon waar niemand ander die werk wat in hom gedoen word kan sien nie. En die Heilige Gees is voortdurend in hom aan die werk terwyl Hy hom versterk en voorberei om ware geestelike gesag te verkry.

Petrus illustreer hierdie twee ledigheid deur vir ons die voorbeeld te gee van 'n sekere vrou. Hierdie vrou is getooi in swierigheid, sy dra die jongste haarstyl en juwele, ringe, armbande en kettinkies. Sy is 'n lewende, voorbeeld van vlees wat vlees behaag.

Dit is duidelik dat Petrus hier praat van die teruggevalle kerk. Hierdie kerk werk in die vlees en baseer alles op uiterlike vertonings. Dit het geen innerlike heiligheid nie en het daarom geen ware gesag nie. Dit is tragies dat baie Christene deur hierdie soort kerk aangetrek word. Hulle word beïndruk deur windmakerige dienste wat niks van God se ware heerlikheid besit nie.

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie: Petrus vra nie dat elke Christen vrou haar grimering moet weggooi nie. Hy sê eerder, "As u in geestelike outoriteit wil beweeg, moet u ophou om ander te probeer beïndruk met u manier van optree. In plaas daarvan moet u fokus op die innerlike mens. Dit is die enigste manier waarop u Christus se outoriteit te kan ontvang."

Toe die dissipels hulpeloos was teen die vyand, het Jesus aan hulle gesê dat mag oor Satan kom slegs deur te vas en te bid. Waarom is dit so? Ek glo dat dit is omdat die Here tyd wil hê om aan die innerlike mens te werk. Hy wil ons harte heeltemal in ooreenstemming met syne hê. Ons kan geensins enige geestelike gesag kry sonder om gereëlde gemeenskap met hom te hê.

Hoe kan ons verwag om die Satan uit ons kerke, ons huise en ons kinders te dryf as ons nie bid nie. Hoe kan ouers verwag dat God hulle met geestelike mag sal toerus terwyl hulle argumenteer, baklei en skinder voor hulle kinders? Hoe kan hulle verwag om geestelike gesag te besit as hulle uitgaan om te drink en dan in woede ontplof as hulle agterkom dat hulle kinders dagga rook?

Jesus kon duidelik sê, "Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie" (Johannes 14:30). As jy nie dieselfde kan sê nie, sal jy magteloos bly. En Satan sal los wees in jou huishouding.

Petrus gee aan ons die sleutel tot geestelike gesag as hy skryf, "Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word" (1 Petrus 3:1). Die woord vir wandel hier beteken lewenstyl of gedrag. Ek glo dat Petrus oor die bruid van Christus praat. En die voorbeeld hier is van 'n vrou wat ware geestelike gesag besit.

Hierdie vrou is onderdanig aan haar man omdat die Bybel dit beveel. En omdat sy toelaat om deur God se Woord gelei te word, word haar verborge mens verander na Sy goddelike natuur. Petrus maak die gevolgtrekking dat hierdie vrou nie nodig het om haar man te berispe of vir hom te preek nie. Sy sal in staat wees om hom vir Christus te win sonder om 'n enkele woord te sê. Hoe? Haar getuienis is in die stille veelseggendheid en krag van haar goddelike wandel.

Hierdie vrou se man mag aanstootlik en baasspelerig wees. Sy mag haar tong keer op keer vasbyt. Maar omdat sy onderdanig is - aan God se Woord , en ook aan haar man - ontvang sy toenemend geestelike outoriteit dag na dag. 'n Kragtige mag word in haar vrygestel wat haar outoriteit laat toeneem oor die vyand se houvas op haar man.

Hierdie vrou se buurvrou mag ook 'n gelowige vrou wees. Sy bid ook vurig vir haar ongeredde man. Maar in plaas daarvan om die getuienis van haar eie goddelike wandel te vertrou, maak sy jag op haar man. Sy kwoteer verse vir hom, smeek hom om kerk toe te gaan en argumenteer met hom. Dis jammer, maar hierdie vrou bly magteloos. Sy het alreeds al haar geestelike gesag verloor omdat sy die leierskap oor hulle huis van haar man afgeneem het.

Ek sê aan al sulke vroue: Moenie probeer om teenoor jou man te getuig nie. En moenie probeer om bid ure in jou huis te hou nie. As jy nie onderdanig aan jou man is nie, het jy geen krag hê om enige iemand te bevry of verlos nie. U het alle geestelike gesag verbeur omdat u nie langer onder die beheer van God se Woord staan nie.

Enkellopendes, het u uself onderwerp aan die gesag van goddelike herders in jou lewe? En u, predikers - is u onderworpe aan God se Woord, en aan die geestelike ouderlinge rondom u? Geen persoon kan gesag hê totdat hy of sy onder gesag is nie. Die bruid van Christus kan slegs geestelike gesag verkry wanneer sy in onderdanigheid aan God se woord wandel.

Die meeste van ons vergelyk mag met iets sigbaar en uitspattend. Tog is dit nie waar van geestelike outoriteit nie. Petrus sê dat God alle geestelike gesag toevertrou het aan die verborge mens van die hart omdat dit 'n sekere karaktertrek besit: "die verborge mens van die hart, in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God" (1 Petrus 3:4).

'n Sagmoedige of nederige en stille gees is bestand teen bederf en sal glad nie tot niet gaan nie. En is van groot waarde in die Here se oë. Ons vind dieselfde frase in Markus 14:3, waar 'n vrou 'n albaste fles vol geurige olie oopgebreek het en oor Jesus se kop uitgegooi het. Hierdie parfuum was ook "baie kosbaar" genoem. Ons kan dit eenvoudig stel deur te sê dat die karakter versiering wat Petrus beskryf het, 'n goddelike geur gehad en dit is gemaak van 'n onverganklike stof.

Hierdie spesifieke karakter versiering - 'n stille en sagmoedige gees - is die bron van alle geestelik gesag. Moet tog nie verkeerd verstaan nie: dit is nie iets wat in die siel gekweek kan word nie. Dit is eerder 'n krag uit die hemel wat die verborge mens vasgryp en 'n rein, onverganklike gees van nederigheid en stilte produseer. Bowendien is hierdie karakter versiering nie net vir vroue nie. Petrus voeg by "Net so moet julle, manne" (1 Petrus 3:7), en "wees almal eensgesind" (3:8). Hy het hierdie leerstelling aan die hele gemeente gerig.

Die Griekse woord vir sagmoedigheid beteken ook sagsinnigheid. En die woord vir stille beteken, versekerd en ongesteur. Petrus praat van 'n hart wat altyd tevrede is met sy posisie in Christus. So 'n hart besit ware geestelike gesag.

Natuurlik is dit heeltemal anders as wat sekulêre filosofieë oor mag en outoriteit verkondig. Die wêreld leer ons, "Handhaaf jouself. Verkry mag deur intimidasie. Maak oogkontak, gebruik liggaamstaal, staar ander aan tot hulle ingee. Plaas jou eie behoeftes eerste." Ons sien hierdie gesindheid gereflekteer op album omslae van hedendaagse musiek groepe. Orkes lede skel en gluur 'n mens dreigend aan. Hulle stel hierdie soort houding gelyk met outoriteit.

Ons gesindheid as gelowiges is heeltemal anders. Ons jaag krag en gesag na slegs vir een doel: om Satan op die vlug te laat slaan. Ons wil in staat wees om sy aanvalle teen ons lewens, ons kerke en ons families teen te staan. Ons moet erken dat ons geen ware krag het sonder 'n gees van sagmoedigheid en stilte in ons verborge mens.

Dawid skryf, "U regterhand het my ondersteun, en U neerbuigende goedheid het my groot gemaak" (Psalm 18:36). Die frase "het my groot gemaak" beteken hier "het my genade vir ander oorvloedig vermeerder." Dawid maak die stelling, "Here, U sagmoedigheid teenoor my het my eie kapasiteit vir genade oortref."

Bedink wat Dawid hier sê. Hierdie koning het God se getrouheid teenoor Israel betwyfel. Hy het owerspel gepleeg, hy selfs 'n man vermoor om sy eie sonde te probeer verberg. Tog het die Here aan Dawid ongelooflike genade en vergifnis bewys.

Dawid was oorweldig deur God se sagmoedigheid en liefde teenoor hom tydens hierdie eerste aaklige periode. En nou sê hy, "Die Here was so teer toe Hy met my gedeel het. Hoe kan ek ooit hard wees op enige iemand wat dieselfde as ek deurgegaan het? God se genade vir my, het my hart vergroot. Nou sal ek ook teerheid teenoor ander kan bewys - teenoor my man of vrou, teenoor my kinders en teenoor almal."

Dawid het verklaar, "Ek sal geen onheil vrees nie" (Psalm 23:4). Hy praat hier van die soort stille, ongesteurde gees wat Petrus beskryf. Dawid se verborge mens het ongesteurd gebly, kalm in sy hart, maak nie saak wat die Satan teen hom gebring het nie. Hoekom? Hy was ten volle gerus in God se getrouheid om sy woord te doen.

Dawid was in staat om te sê, "Ek het 'n openbaring van my vader se liefde en geduld vir my gehad. Daarom sal ek geen verdere leuens van die Satan aanvaar nie. Ek weet nou van beter as om na hom te luister, want die Heilige Gees het my geleer. Laat die storms en probleme maar kom, laat die duiwels maar te kere gaan, laat my vyande maar van alle kante af kom. Laat siekte en selfs die dood my in die gesig staar. My hart is gerus, want ek weet dat alle dinge in my Vader se hande is en Hy sal alles ten goede laat meewerk."

In teenstelling, het mooiweer Christene geen werklike outoriteit nie. Al waaraan hulle kan dink is, "Waarom sou God toelaat dat al hierdie dinge gebeur? Wat gaan ek doen? "Hulle lewens is vol chaos, vrees en murmurering, omdat hulle die enigste hulpbron afgeskeep het. Hulle het nagelaat om God se woord in hulle harte te bêre en daarom kan hulle in krisis tye nie daarop terugval nie.

Die enigste geregtigheid wat die Satan afskrik is die geregtigheid van geloof. "Die werking van geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid" (Jesaja 32:17). U kan nie teen die duiwel staan bloot omdat u nie meer drink of dwelms gebruik nie. U kan volgens 'n hele boek vol moets en moenies lewe, maar dit is nie die wese van God se geregtigheid nie. Geregtigheid is om te glo dat wat God sê die waarheid is en om jou lewe daaraan toe te wei. Dit is so eenvoudig.

U is nie waarlik regverdig totdat u glo in die absolute krag van Jesus se bloed om u siel skoon te maak nie. Sommige van die intensste getuies vir Christus wat ek ken het nog nooit toegelaat om vergewe te voel nie. Hulle is altyd daarvan oortuig dat God kwaad is vir hulle.

As Jesaja sê "die effek van geregtigheid [is] stilte en rus vir altyd," die Hebreeuse woord wat hier gebruik word vir rus is vertroue en geloof. Eenvoudig gestel, geloof in God se beloftes van vergifnis produseer 'n onwankelbare geloof binne in ons. Ons mag steeds swaar versoek word, maar ons weet dat Jesus besig is om in ons te werk. En die Bybel sê dat Hy getrou is om ons in staat te stel om al ons versoeking te kan verdra. (sien 1 Korintiërs 10:13).

Ons kan geestelike gesag as volg opsom: Ek wandel in die volle versekerdheid van die betroubaarheid van God se woord. Ek doen wat dit sê en onderwerp myself aan elke bevel. En my geloof in sy woord bring my hart tot ruste. Satan kan nie langer in my teenwoordigheid talm nie. Ek het net nodig om te sê, "Die Here bestraf jou, Satan," en hy sal wegvlug.

Geagte heilige, u het nie nodig om langer onder veroordeling te lewe nie. U is vergewe. U word opgevoed in God se genade en goedheid. En u leer om te groei in u verborge mens. Laastens, u vertrou sy woord in elke krisis. Dit is wat u alle geestelike outoriteit gee.