Die Groot en Finale Voorbereiding

David Wilkerson

Ons lewe in die dae van die finale voorbereiding. In die hemel, hel en op aarde, bars onsettende aktiwiteit uit terwyl die hele skepping die hoogtepunt van die mens se geskiedenis verwag.

As die Heilige Gees die skille van ons oë sou afhaal, sou ons as gelowiges beide verheug en gebelg wees oor wat ons sien. Ons sou uitroep, “Wat gaan aan? Waarom jaag almal so vasbeslote, so intens rond? Waaroor gaan al hierdie oordadige, verbysterende voorbereidings? Wat is aan die gang? Wat is op die punt om te gebeur?”

Tans is die hemel brandend van verwagting! Engelagtige wesens moet met ontsag gevul wees terwyl hulle gereed maak om die aarde met oordele te tref met soveel onuitspreeklike krag. Nee, engele ken nie die dag en uur van Christus se wederkoms nie – maar as hulle opgeroep is om gereed te wees, weet hulle wel dat die einde naby is.

Sonder twyfel is daar ‘n laaste konflik aan die kom – ‘n tyd wanneer elke vyand onder ons Here se voete geplaas sal word. Laat ons die groot en finale planne bestudeer wat in al drie realms van die konflik sal plaasvind.

Finale voorbereidings in die hemele.

As die sluier, wat die fisiese en geestelike skei, vir ‘n oomblik opgelig kon word, wat sou ons aanskou! Oral waar ons kyk, sou ons voorbereidings sien plaasvind. Ons maak dikwels ‘n fout om te dink God wag bloot vir die laaste siele om gered te word voor Hy ‘n woord spreek en die finale oordeel begin.

Nee! God is besig om gereed te maak! Tydens die skepping het God vir ses dae gewerk. En nou, aan die einde van hierdie eeu, werk Hy ywerig om die laaste dinge voor te berei.

Hierdie voorbereidings kan gesien word slegs as ons toegelaat word om kykies in die ewigheid in te gee. En, sonder om te raai, kan ons sien wat God geopenbaar het in Sy Woord oor hierdie finale voorbereiding wat in die hemel plaasvind.

Openbaring 6 sê die Lam breek een seël, en daar was “soos die geluid van ‘n donderslag.” Maar hierna was een van die mees verbysterende verklarings in die hele Woord van God. Dit sê: toe “kom stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank” (Openbaring 8:1).

Geen engele wesens het geroep, “Heilig, heilig” nie, geen singende kore nie – nie ‘n enkele klank word in God se ewige koninkryk gehoor nie! Die hemel het letterlik gebewe met ‘n heilige donderslag; maar nou is God stil. Christus en Sy Heilige Gees is stil. Waarom hierdie stilte? En waarom die halfuur?

Die profeet Sagaria verskaf ‘n leidraad: “En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem verkies. Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning” (Sagaria 2:12-13).

Hier sien ons God gereed om Sy erfdeel op te eis. Alle dinge is in plek gestel. Sewe oordeelsengele staan voor Hom, wagtend om opdragte gegee te word om voort te gaan en die aarde te tref. Die tyd wat aangewys is van die grondlegging van die wêreld af, het nou aangebreek.

Die woorde wat hier in die Skrif gebruik word, praat van ‘n heilige stilte, ‘n groot kalmte voor die storm. En hierdie stilte is te heilig, te onverstaanbaar vir die menslike verstand. Ons kan nie eens raai waarom God in hierdie periode net voor die finale oordeel stil is in Sy hemel nie.

Ons weet egter wel, dat die stilte geëindig het en die oordeelsengele “met die sewe basuine het hulle gereedgemaak om te blaas” (Openbaring 8:6). Hulle het hulleself voorberei en was gereed – reg om op te tree op Sy bevel!

Die apostel Johannes was toegelaat om deur ‘n visioen hierdie hemelse aktiwiteit te aanskou. En wat hy gesien het, was ‘n openbaring van Jesus en Sy finale voorbereiding, ‘n profesie oor die dinge van die eindtyd!

Toe Jesus aan Johannes verskyn het in hierdie visioen, was daar vuurvlamme in Sy oë. Daar was nie meer tyd vir louwarm liefde nie! Almal moet terugkeer na Hom en hulle bekeer, sê Hy, “anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Openbaring 2:1-5).

Geliefde, dit is tyd om af te reken met Isébel-geeste, louwarmheid, valse leerstellings, hoerery - tyd om alle struikelblokke te verwyder. Vir Johannes was gesê dat dit wat hy gesien het, “gou moet gebeur” (Openbaring 22:6).

Die apostel het ontsaglike bewegings, aankomste en vertrekke, groot en verpletterende bevele gesien, asof hy gesetel was in die oorlogsraad van die Hoogste Bevel. Hier is die toneel:

Engele het gekom en gegaan uit die tempel van God, met die laaste sewe plae in hulle mag. Hulle is “omgord” vir aksie (Openbaring 15:6-8). ‘n Ander engel vlieg te midde van die hemel met die ewige Evangelie om vir elke nasie te preek. Daardie engel roep met ‘n harde stem, “want die uur van sy oordeel het gekom.” ‘n Ander een roep, “geval het Babilon” (Openbaring 14:6-8).

Nog ‘n engel kom uit die tempel met ‘n sekel in sy hand, en ‘n harde stem beveel hom, “Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het” (Openbaring 14:15). ‘n Ander insamelingsengel is beveel, “Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword” (Openbaring 14:18).

Presies op skedule, sal een engel na ‘n ander ‘n basuin blaas en ondenkbare toorn vrystel! Hael, gemeng met bloed, sal ‘n derde van alle groenigheid afbrand. Die seë sal besoedel wees. ‘n Groot ster, ‘n meteoriet, sal die aarde laat brand soos ‘n fakkel en sal riviere, mere en strome besoedel.

Die son, maan en sterre sal verduister word. En ‘n engel sal skielik in die hemel verskyn en met ‘n luide stem uitroep, “Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!” (Openbaring 8:13). Op aarde, sal daar soveel marteling wees, dat “hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug” (Openbaring 9:6).

Die sesde engel sal vier demoniese magte op die aarde loslaat. Ongeveer 200 miljoen perderuiters sal na vore kom en een derde van die mensdom vernietig met “vuur en rook en swawel” (Openbaring 9:14-19). Dit staan geskryf dat hulle “gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend [200 miljoen]” (Openbaring 9:15-16).

Ek weet nie of hierdie leërs menslik of demonies is nie, maar een ding is verseker: Dit is nou reeds in die laaste voorbereiding vir die presiese jaar, maand, dag en uur van die oorlog.

Watter ontsagwekkende openbarings van die dinge wat kom! Maar hy het ook die groot voorbereiding van die bruilofsfees van die Lam gesien! Hy het gesien hoe die boeke oopgemaak is ter voorbereiding van die oordeelsdag – en hy was beveel om hierdie visioen aan die Kerk te geee.

Laat die mensdom aanhou eet, drink en feesvier. Laat iedereen sê, “Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af” (2 Petrus 3:4). Steeds maak God gereed! Steeds beweeg die hemel voort na die finale oordeel!

Satan maak woedend gereed vir die finale konflik!

“Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12).

Johannes het ‘n bodemlose put gesien oopgaan, en ‘n leër van demoniese sprinkane het daar uitgestroom, “soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is...gesigte van mense” (Openbaring 9:7). “En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion [Satan]” (Openbaring 9:11).

Luister met jou gees na hierdie woorde: Satan weet sy tyd is min, want hy het “neergedaal” na die aarde. Hierdie planeet is die finale slagveld! Hy het sy magte gereed gemaak, en sy strategie is onderweg. Die hele het is een groot, sataniese operasionele netwerk!

Geliefde, Satan se hoof teiken is die uitverkorenes van God. Dit is nie die afvallige, versakende volk van Israel nie, ook nie die louwarm, selftevrede Kerk nie – dit is die vlekkelose bruid van Christus! ‘n Uitverkore, heilige volk bestaande uit bloedgekoopte Jode en Heidene – die ware Kerk!

Satan gaan die goddeloses so deeglik mislei dat hulle hulle nie sal bekeer nie, selfs nie onder die ergste oordele van God nie. “Geeste van duiwels wat tekens doen...om hulle te versamel vir die oorlog van....die almagtige God” (Openbaring 16:14). Hulle sal nie terugkeer na die Here toe nie, selfs nie as hel hulle in die oë staar nie. Slegs ‘n volk wat heeltemal mislei is, sou God kon laster onder ‘n skroeiende son wat verteer!

Owerhede en magte van duisternis is tans voltyds aan die werk, met geen rus of onspanning nie. Hulle woed deur die hele aarde en maak gereed om hulle eie koninkryk op te rig met hulle eie ekonomiese stelsel, hulle eie messias en hulle eie godsdiens. Hulle dryfveer om te dood en te vernietig word deur die duiwel self bestuur.

Het jy al ooit gewonder wat is agter die ontploffing van die New Age Beweging, die herlewing van die Aquarius in die okkult, die hernude belangstelling in Santaria, okkultisme, oosterse godsdienste, ghoeroe’s en transendentale meditasie? Waarom raadpleegs selfs die families van V.S. presidente fortuinvertellers en astroloë? Waarom het menigtes van ons jeug hulle gewend na werklike duiwelaanbidding?

Het al hierdie dinge net gebeur? Word goddelose mense bloot erger van nature? Het New Age godsdienste bloot van nêrens af verskyn? Is Satanaanbidding slegs ‘n verbygaande modegier? Gaan ons eendag wakker word en sien dat alles terug is na normaal?

Nee! Dit is alles deel van die voorbereiding – alles ‘n operasie wat gemeesterbrein word deur ‘n hoë intelligensie. Satan rig sy magsbasisse en engele van lig op en misleiding is in opleiding.

In die koninkryk van duisternis is daar nie ‘n lui, werklose demoon nie. Hulle besit almal intensiteit en toewyding vir hulle saak. Al hulle magte en vermoëns word gespandeer om die koninkryk van Christus omver te werp. Satan se leër is nie aan die slaap of louwarm teenoor hulle meester nie! Die Skrif beskryf dat Satan “loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8). Hy en sy hordes beset mense – en hulle rus nie van hulle werk dag of nag nie!

Johannes het ook hierdie finale groot voorbereiding in die hel gesien. Hy het die duiwel gereed gesien staan om die Kerk te oorstroom met goddeloosheid in ‘n poging om dit te vernietig en weg te voer.

Wat dink jy is die belangrikste onderwerp in die hel, die hoof boodskap wat tans weerklink? Dit is ‘n nugter, lewe-en-dood oproep tot oorlog: “Tyd is kort, werk terwyl julle kan!” Daar is geen profete van vrede en veiligheid in die hel nie. Dit is oordeelsdag daar, die finale oproep!

Die grap in die hel moet wees die alghele gebrek aan gereedheid onder Christene!

Die hele punt van my boodskap is dit: Terwyl die hele hemel en hel gewaarsku is, en oral in die geestelike realm die voorbereidings woes getref word vir die laaste uur, is miljoene Christene vas aan die slaap!  Hierdie laaste-dae geestelike luiheid en slaperige belangeloosheid moet ‘n bron van verskrikking vir beide engele en duiwels wees!

Die dissipels het geslaap deur die Here se lyding in die tuin, en nie veel het verander vandag nie. Daardie volgelinge was nie gereed nie. Hulle het geslaap en toe hulle Here verlaat en gevlug.

Johannes die Doper het voor Jesus uitgegaan om “vir die Here ‘n toegeruste volk voor te berei” (Lukas 1:17). Die apostel Johannes het die Heilige Stad gesien, die nuwe Jerusalem, wat bestaan uit ‘n volk “toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is” (Openbaring 21:2). Geliefde, die Woord is kristalhelder: Ons moet gereed wees!

Drie waarskuwings oor ons gebrek aan voorbereiding

1. God se volk grawe hulle in die wêreld in, eerder as om te laat gaan.

Ek wil praat oor “dinge.” Die Woord sê, “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie” (1 Johannes 2:15). Jesus het gewaarsku, “Pasop en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie” (Lukas 12:15).

Dinge – ons besittings – kan ons ingrawe in hierdie wêreld. Terwyl die hemel en hel gereed maak vir oorlog, is ons op pad om inkopies te doen. Ewige waardes is op die spel, die einde van alles wat ons ken, is naby – en ons is besig om met ons speelgoed te speel!

Ons is klerevrate. Ons beursies is buite beheer. Ons rol in ons besittings. Ons sê God kan alles te enige tyd kry, maar ons streef daarna om dinge te kry wat groter en beter is. Ons bring meer tyd deur by die winkelsentrum as in die gebedskamer met God!

Die Skrif sê van Noag se dae, “Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het” (Matthéüs 24:38). En van Lot se dag, “hulle het...gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou” (Lukas 17:28).

Nou, hierdie aktiwiteit was nie opsigself goddeloos nie. Ek is seker Noag moes self gekoop en verkoop het. Hy het immers die ark vir 120 jaar lank gebou! Maar die sleutel hier, is dat die mense al hierdie dinge gedoen het selfs tot op die dag van oordeel – niemand het geluister, ag gegee of gereed gemaak nie. Hulle het hulle ingegrawe. Niemand het die gees van gebondenheid aan materiële plesiere laat staan nie!

‘n Sendeling vriend het onlangs uit Hong Kong vir my geskryf dat 18 Chinese studente in sy klein woonstelletjie geslaap het. Die studente het van Kommunisme af weggevlug. Hierdie mense het geen geld gehad nie en het slegs die klere besit wat hulle aangehad het.

Die Christene onder hulle is vir ons ‘n voorbeeld van mense wat moet “laat gaan.” Hulle het nie uit hulle land gevlug omdat hulle Westerse materialisme wou hê nie. Liewer, hulle wou bloot vry wees! Hulle wou lewe in ‘n land waar die siel vry is om te aanbid!

In teenstelling daarmee, vlug die Kerk nie, maar grawe homself in – met sy TV’s, sy videomasjiene, sy gerief, dit is die “goeie lewe.” Geen profeet of wagter sal hulle ooit oortuig nie. Daar is min desperaatheid onder hulle vir God en vir dissipline.

Daar weerklink in my siel die ontsagwekkende woorde wat Jesus vir Sy dienaars gegee het en wie Hy toevertrou het met Sy seën met gesag: “Gee rekenskap!”

Jesus het gesê vir elke ydele woord “daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag” (Matthéüs 12:36). As ons moet rekenskap gee van elke woord, sal ons nie geroep word om rekenskap te gee van tydverdryf en vermorste geld ook nie? “Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel” (1 Petrus 4:5).

‘n Sekere bestuurder was daarvan beskuldig dat hy sy goedere vermors het. Die meester het hom ingeroep en gesê, “Gee verslag van jou bestuur van sake” (Lukas 16:2). Nou, gelowige – verduidelik hoe jy jou vermorsing sal regverdig – jou tyd, jou geld, jou dade. Gee jou redes!

Ons almal sal voor die Here staan en rekenskap gee. So, ons beter vir onsself nou vra: Wat is ons redes? Waarom is ons so onvoorbereid? Waarom so selfsugtig? Waarom die vermorsing?

2. God se kinders word minder en minder opgewonde oor die koms van Jesus.

Die nuwe evangelie wat verkondig word, sê dat Jesus slegs na die hart kom – en dat Sy Wederkoms ‘n spesiale openbaring in die verstand is! Hy verskyn slegs aan die innerlike mens!

New Agers adverteer dat hulle Christus wêreldwyd op TV sal verskyn. Die hele wêreld sal tegerlykertyd Sy koms sien. Terwyl hulle hierdie geleentheid gade slaan, sal hulle ‘n innerlike openbaring in hulle gedagtes kry – ‘n “wete.”

Vir talle Christene vandag, is hierdie wêreld nie ‘n sinkende skip nie, nie ‘n wêreld gereserveer vir vuur nie. Dit is ‘n internasionale hoofgebou oorrompel met onbegeerlikes, wat hierdie gelowiges beplan om uit te skop. Hulle sal dan hulle plekke inneem, om dit op te knap en self daaroor te regeer. Sulke gedagtes is simptomaties van ‘n sterwende liefde vir Jesus en ‘n vasklou aan hierdie wêreld!

“Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit julle eie vastigheid nie” (2 Petrus 3:17). Niemand kan meer geestelik blind wees nie as om te sê, “My Here vertraag Sy koms.”

In die dae wat kom, sal jy ontsaglike boodskappe hoor oor om Jesus lief tehê wat heilig en Christelik klink, maar dit sal besoedel wees met ‘n dwaalleer wat die heiliges sal beroof van die presiese ding wat standvastigheid bewerkstellig. Hierdie boodskappe sal ‘n gebrek hê aan ‘n dringendheid om gereed te maak of ‘n gebrek aan verlange na Sy koms! Hulle predikers sal wegkap aan die heerlike waarheid van hierdie gebeurtenis en jou laat soek na ‘n aardse koninkryk. En as jy hartstogtelik uitsien na Sy koms, sal jy gebrandmerk word as ‘n ontvlugter!

Judas sê, “En Henog...het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou” (Judas 14-15). Paulus het gesê. “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aardsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (1 Thessalonicense 4:16-18).

Dit is nie ‘n ontvlugter se boodskap nie. Dit is ‘n boodskap van vertroosting – en ek vertroos julle nou ook daarmee!

3. Moenie vasgevang word in Babilon teen middernag nie!

Babilon val. Daardie handelswêreld van gierigheid en self stort in duie. “Gaan uit haar uit, my volk, sodat hulle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openbaring 18:4).

Ons het Babilon so vergeestelik, dat ons ‘n eenvoudige, fundamentele waarheid misgeloop het. In Openbaring 18 word daaroor gepraat en sluit in “weelderigheid” en “handelaars van die aarde [het] ryk geword.”

Daar is niks verkeerd met handelaars wat ryk word nie. Maar Babilon verteenwoordig ‘n gees van hebsug – ‘n gees so kragtig, so goddeloos en so drywend dat dit sê, “mense tel nie.” Al wat tel, is die onderste reëltjie op die balansstaat!

Handelaars sal ween op daardie dag van angs – nie vir die menigtes wat brand in ‘n menseslagting nie, maar omdat hulle geldmasjien weg is. Wall Street word die land se “hebsug hoofstad” genoem, maar hierdie gees is nie beperk tot ligging nie. Dit voer in die algemeen die samelewing mee – selfs die Kerk!

Die Heilige Gees sê in wese, “Moenie dat jou gierigheid die handelaars ryker maak nie. Moenie meegevoer word deur die spandering en die skuld nie. Besnoei jou aptyte. Genoeg is genoeg! Klim af van die Babilon hebsug-mallemeule. Skud af die gees wat smag na rykdom en meer en nog meer dinge! Moenie deelneem aan die sonde van Babilon, wat handeldrywe met ‘n gees van hebsug nie.”

‘n Laaste woord

Wat ‘n ontsagwekkende voorbereiding: Jesus wil my saam met Hom hê!  Sedert die dag wat Hy hierdie aarde verlaat het, berei Hy voor vir my koms om Hom in die hemel te ontmoet.

Dank God vir nog een groot voorbereiding! Jesus het gesê, “Ek gaan om vir julle plek te berei...En..kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14:2-3).

Ek word innig versterk deur sulke liefde. Hy maak vir my gereed – en ek, op my beurt, begeer om vir Hom gereed te maak!