Die Erns van Ongeloof

Daar is min toegewyde gelowiges wat aan hulleself dink as ongelowiges. Vir jare was ek in die war oor iets wat Jesus gesê het: “Sal die Seun van die mens, by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Lukas 18:8). Die vraag veronderstel nie net ‘n gebrek aan geloof op aarde nie, maar ook onder God se volk.

Waarom sê Jesus dit? Geloof is een van die onderwerpe waaroor die meeste gepraat word in die kerk. Godvresende predikers preek daaroor en daar is ‘n magdom boeke oor die onderwerp. Belangrike take is verrig, en groot ondernemings is aangepak in die geloof. Wat sê Jesus dan as Hy vra: “As die laaste trompet blaas, sal ek dan hoegenaamd geloof vind?”

Ons kry ‘n aanduiding van die antwoord in die waarskuwing van Hebreërs 3:12: “Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle ‘n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie.” Hierdie vers sê dat ons ongeloof in onsself sal bespeur wanneer ons “van die lewende God afvallig word.” Maar wat beteken dit om van die Here afvallig te raak?

Dit gebeur as ons twyfel aan God se getrouheid. As ons slegs klein saadjies van ongeloof in ons harte toelaat, sal ons in ‘n betreurenswaardige posisie beland. Die gedeelte waarsku ons: “Wees waaksaam, laat geen ongeloof wortel skiet nie. Soms mag die Here ver voel, maar laat jou hart nie afdwaal van die realiteit van sy getrouheid nie.”

‘n Prediker van ‘n ander stad, het my na ‘n kerkdiens genader. Terwyl hy gepraat het, het hy sy kop in moedeloosheid laat sak. Hy het vertel dat hy en ‘n groep predikers uit verskillende kerkverbande, maandeliks bymekaar kom.

“Maar, broer David,” het hy gesê, “ons vergaderings het neerdrukkend geraak. Ons hoor nooit meer ‘n woord van God nie. Ons getalle word minder, soos een na die ander die bediening verlaat. Baie doen hulle werk met ‘n gevoel van hopeloosheid. Hulle het alle blydskap verloor. Hulle vroue het genoeg gehad en plaas druk op hulle om te bedank. Dit maak my depressief, want ek is lief vir hierdie manne. Ek is honger daarna dat die Here weer met ons sal praat.”

Ek sien soortgelyke dinge in baie Bybelskole en seminare. Sommige van hierdie institute het broeiplekke vir ongeloof geword. Studente begin hulle studie met die sekerheid, van die onfeilbaarheid van die Skrif, van God se vermoë om wonders te doen, van ‘n letterlike hemel en hel. Maar as hulle aan hul geloof uiting gee, tydens ‘n klas, mag ‘n professor hulle belaglik maak. Hy noem hulle geloof “die ou skool,” en spot met hulle as “oningelig” en “onseker”. Baie van hierdie jongmense gradueer met geen geloof hoegenaamd nie, want hulle is beroof van alle vertroue in God.

Tog sê die Bybel baie duidelik: “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader moet glo dat Hy bestaan, en dat Hy die wat Hom soek, beloon.” (Hebreërs 11:6).

Laat ek julle wys hoe ernstig God is oor die sonde van ongeloof.

In Eksodus 17 kom Israel in die Sinwoestyn. Daar was nêrens drinkwater nie en die mense maak met Moses rusie. “Gee jy vir ons water om te drink!” (Eksodus 17:2). Hulle behandel God se gesalfde asof hy hulle persoonlike wonderwerker is. Nie een van hulle draai na God in gebed nie. Niemand sê: “God het baie wonders vir ons gedoen. Hy het ‘n pad deur die Rooi See gemaak, om ons van die Farao te bevry. Hy het die bitter water van Mara soet gemaak. Hy sal, al te seker, ook nou vir ons drinkwater gee.”

U ken die res van die verhaal. God het vir Moses gesê om voor die rots te gaan staan en om dit te slaan. Toe hy dit doen, stroom riviere water uit die rots, meer as genoeg vir hulle dors. Maar God gee hierdie voorval ‘n naam, om hulle ongeloof te merk. Hy noem dit Massa, wat uittarting beteken, of irriteer of terg. God sê vir Israel: “Julle het my geterg met julle ongeloof.”

Verstaan mooi, die Here was nie net ligtelik geterg nie, maar uitgetart tot woede. Hy was nie net vererg oor die mense se klagtes nie. Dit was baie erger as dit: hulle het Hom beskuldig dat Hy hulle in hul nood verlaat het. Hulle het vir Moses gesê: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom? … Is die Here by ons of nie?” (Eksodus 17:3, 7).

Hulle bedoeling was, “As God vir ons is, waar is Hy dan? Ons sien geen teken van sy teenwoordigheid of mag nie. Is die Here lewendig of dood? Hoe kan ons in ‘n God glo wat soveel vreeslike dinge laat gebeur?”

Miskien dink u, “Die arme Israeliete, al wat hulle wou gehad het was water vir die huilende kinders. Enigiemand sal uitgedroog raak sonder water. Wie sou nie gekla het nie?” Maar die hoofsaak was nie die gebrek aan water nie. Ook nie die gebrek aan water nie. Ook nie dat God sy volk nie geseën het nie. Hy het net vir Israel al die water gegee wat hulle nodig gehad het, vir die rots.

Nee, God was toornig, om ‘n baie goeie rede. Ons vind die rede, later in die Skrif, wanneer Moses hierdie voorval by Massa herroep. Hy sê: “Julle het in opstand gekom teen die bevel van die Here julle God. Julle het nie op Hom vertrou nie en Hom nie gehoorsaam nie. Vandat ek julle leer ken het, was julle in opstand teen die Here.” (Deuteronomium 9:23, 24). Moses sê vir hulle, “Julle was opstanding vandat ek julle leer ken het. Julle wou nooit God se woord herken of gehoorsaam nie.”

Wat was die eintlike probleem? Volgens Moses was dit dat Israel nooit waarlik geloof gehad het nie. Hulle het hulleself nooit ten volle oorgegee om God te vertrou nie. In werklikheid het hierdie Israeliete nog steeds afgode saamgesleep. Hulle het klein afgodjies in hulle tente weggesteek, om op terug te val as God hulle sou faal. Die Here sê: “Het julle aan my brandoffers gebring? … in die woestyn … Julle het die tent van Molek saamgeneem en die ster van julle god Refan. Julle het hierdie beelde gemaak om te aanbid.” (Handelinge 7:42-43).

Kan julle God se toorn teen hierdie mense verstaan? Hulle het Hom blameer vir hulle gebrek aan water, hulle eis, “Waarom antwoord die Here nie ons gebede nie?” Tog, kyk hulle voortdurend na vreemde gode om hulle te verlos. God se woede was nie ‘n toetsing van Israel se geloof nie, dit was ‘n donderende oproep om hulle te bekeer. Hy het glad nie sy guns van hulle af teruggehou nie.

‘n Jeugprediker het onlangs vir my geskryf, oor ‘n soortgelyke ervaring. Hy het gesê: “Toe ek na die Here toe gekom het, het ek nie my wêreldse musiek prys gegee nie. Dit het my nie geskeel hoe boos die musikante was nie. Dit was my musiek en geen prediker kon my oortuig om dit prys te gee nie.

Ek het dit selfs gebruik by die jeuggroepe wat ek gelei het. Ek wou baie jongmense lok, deur vir hulle die musiek te gee wat hulle wou hê. Ons het hard rock, punk, rap, mosh pits gebruik. Toe begin die jeuggroep geestelik doodgaan. Hulle het opgehou om na God se Woord te luister, of na my lering, en allerlei immoraliteit het begin uitbreek. Dit was heeltemal dood.

Ek het gebid en gebid dat God hulle sal wakker maak, niks het gebeur nie. Tot die Heilige Gees my eendag uitdruklik geantwoord het: ‘Jy het jou vreemde god in my huis ingebring. Dit is jou goddelose musiek en jy weet, Ek haat dit. Nou het jy jou hele kudde besoedel. Verwyder daardie afgod uit jou hart, en neem dit weg van hierdie jongmense af. Dan sal Ek tussen julle beweeg.’

Ek het onmiddelik die musiek weggegooi, en aanbiddings-musiek ingebring. Ek het my boodskappe eenvoudig en direk uit die Skrif gebring. Kort daarna het die Heilige Gees onder ons begin beweeg. Nou gaan my jongmense geestelik vorentoe.”

Dit is presies wat God in Israel wou doen. Hy het vir die mense gesê, “Ek hou nie die goeie van julle af weg nie. Toe julle my gevra het om julle dors te les, het ek dadelik, water uit die rots voorsien. Ek probeer slegs om julle aandag te vestig op die verborge dinge in julle lewe.”

Glo jy dat God Christene sien wat Hom probeer dien, terwyl hulle vashou aan ‘n boesem begeerte. Dit is die ware misdaad van ongeloof: om iets in jou hart te koester en dit nie in God se lig te bring en bevryding te kry nie.

Dit is een ding om aan ‘n sondige gewoonte gebind te wees en dit te haat. So ‘n persoon verag sy sondige gewoonte en stry met al sy mag daarteen. Hy roep na God om bevryding en soek berading by godvresende beraders. Hierdie dienskneg kan seker wees dat God geduldig sal wees met hom in sy stryd.

Dink net: by Massa het die Israeliete nog steeds hulle afgode saamgedra. Dit beteken dat hulle die goed saamgedra het deur die oopgemaakte Rooi See. Hulle het aan die goed vasgehou toe Farao se leër hulle bestorm het. En hulle het dit nog steeds weggesteek toe die bitter water van Mara soet gemaak is. Selfs hier by Massa, verlos die Here hulle sonder sy oordeel, en maak hulle mae vol koel water. Werklik, die Here seën hulle die hele tyd, ten spyte van hulle afgode diens.

Maar die mense gaan aan om hulle sonde te verberg. Hulle prys die Here, en geniet van sy beskerming deur die wolkkolom bedags en vuurkolom in die nag. Waarom het hulle so gemaak? “Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen.” (Prediker 8:11).

Israel se ongeloof het niks te doen met God se krag om hulle te verlos nie. Hulle het gesien hoe Hy van tyd tot tyd wonders gedoen het. Nee, hulle het net nie God se wette ernstig opgeneem nie. Hulle het gerus geraak in hulle sonde omdat God hulle nie meteens gestraf het nie. Hulle het geen vrees vir die gevolge gehad nie, want nie een van hulle kinders is dood nie, en hulle het nog steeds manna uit die hemel geëet.

Met ander woorde, die Israeliete het hulle vrees vir God verloor. In die geheim het hulle gedink. “Ons moes al deur die heilige vuur verteer gewees het, deur ons ongeloof in God se oordeel. Maar Hy het nog nooit oordeel oor ons sonde gebring nie. Dus kan ons maar aangaan daarmee.” Hulle het Jeremia se woorde as vanselfsprekend aanvaar: “Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie, daar is geen einde aan sy ontferming nie.” (Klaagliedere 3:22).

Ek is oortuig dat alle onoorwinne sonde versoorsaak word deur ongeloof. Op hierdie oomblik veg menige Christen ‘n verlore stryd met sonde. Baie het reeds oorgegee. Hulle is oortuig dat ‘n sterk demoniese mag in hulle stelling ingeneem het, en nie oorwin kan word nie. So leef hulle in ellende, gebind deur ‘n boesemsonde. Paulus gee die roep van hulle harte weer. “Ek ellendige mens, wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?” (Romeine 7:24).

Paulus antwoord sy eie vraag in die volgende vers. “Aan God die dank! Hy doen dit deur Christus ons Here.” (Romeine 7:25). Met ander woorde, “Jesus Christus maak ons vry van die mag en heerskappy van Satan.” Hoe gebeur dit? Is dit net ‘n teologiese waarheid wat ons moet aanvaar? Of moet dit ‘n spesifieke uitwerking in ons lewe hê? Hoe verlos Christus ons?

Die antwoord is so eenvoudig, dat ons dit dikwels miskyk. Dit is te eenvoudig vir Hindoes, hulle verwerp dit ten gunste van werke. Hulle sal liewer vir myle kruip om God te paai oor hulle sondes. Jode verwerp ook hierdie waarheid, hulle verkies om meer as 630 wette te gehoorsaam, om hulle sondes uit te balanseer. Moslems sal liewer hulleself neerbuig en goeie dade doen, om Alla te laat bedaar oor hulle tekortkominge. Selfs baie Christene sal liewer nog ‘n reël byvoeg om hulle selfvertroue op te bou, ter wille van hulle verlossing. Hulle maak beloftes teenoor God en probeer so al die begeertes van die vlees in hulle eie krag oorwin.

Maar hier is die eenvoudige, gekompliseerde evangelie: waar daar ware berou is, is daar onmiddelike vergewing en toeganklikheid tot God se troon. As ons die waarheid glo, is ons vry.

Hier is die kern van ongeloof by Christene: as ons sonde doen; as ons God teleurstel; hardloop ons weg van sy teenwoordigheid af. Ons dink Hy is te kwaad om gemeenskap met Hom te hê. Hoe kan Hy intiem met ons verkeer as ons so erg gesondig het?

Dan hou ons op met bid. In ons skaamte, dink ons, “Ek kan nie na God toe gaan, in die toestand nie.” Dan probeer ons om ons eie pad, na Hom toe terug, te bewerk. Ons glo dat ons net tyd nodig het, om onsself te reinig. As ons net vir ‘n paar weke rein kan bly, ons sondige gewoonte kan vermy, kan ons onsself weer waardig bewys, om sy troon te nader.

Dit is bose ongeloof, en dit is ‘n misdaad in God se oë. As ons ons sonde bely, en ons sondige gewoontes, neem God ons nie onder kruisverhoor nie. Hy eis nie ‘n bewys van ons berou nie; Hy vra nie: “Is jy regtig jammer? Ek sien geen trane nie. Beloof jy om dit nooit weer te doen nie? Gaan nou, vas twee keer per week, en bid, elke dag, vir ‘n uur. As jy dit kan volhou, kan ons weer gemeenskap hê.”

Mag dit nooit so wees nie. Toe Jesus ons met die Vader versoen het, aan die kruis, was dit vir altyd. Dit beteken dat as ek sonde doen, is ek nie skielik weer onversoen met God nie. Nee, die voorhangsel is vir altyd geskeur op die kruis, en ek het vir altyd toegang tot God se troon, deur die bloed van Christus. Die deur is nooit weer toe vir my nie: “In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.” (Efesiërs 3:12).

Die Bybel sê duidelik, dat as een van ons sonde doen, het ons ‘n advokaat by die Vader in Jesus Christus. Ons mag buite die deur van sy troonkamer staan en vuil en verrot voel. Maar as ons voor die deur bly staan en weier om in te gaan, is ons nie nederig nie, dan tree ons op in ongeloof. “Laat ons daarom met vrymoedigheid ingaan na die Genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.” (Hebreërs 4:16).

Wanneer is dit ons “tyd van nood”? Wanneer ons, ons geseënde Heer faal. Die oomblik wanneeer ons sondig het ons genade en barmhartigheid nodig. En God nooi ons uit om dan met vrymoedigheid na sy troon te kom, om alles te ontvang wat ons nodig het. Ons moet nie net na Hom kom wanneer ons heilig en regverdig voel nie, ons moet kom wanneer ons in die nood is.

Buitendien hoef ons nie te wag om ons siele gereinig te kry nie. “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Johannes 1:9). Johannes sê dat ons nie nodig het om self daaraan te werk om gereinig te word, wat ure of dae of weke kan neem nie. Dit gebeur oombliklik, so gou as wat ons na die Here kom.

Het jy die geloof om in God se onmiddelike vergewing te glo? Kan jy onmiddelik ononderbroke gemeenskap met die Vader ervaar? Dit is presies wat die Woord ons leer. Kyk, dieselfde geloof wat ons red en vergewe, bewaar ons. Petrus sê, ons “word ook deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.” (1 Petrus 1:5). Wat ‘n onuitspreeklike waarheid.

Tog, verhoed ons ongeloof ons om in God se bewarende krag te lewe. Met die tyd, soos ons die sonde se ononderbroke aanslag ervaar, kan ons moedeloos raak. Geliefdes, dit mag eenvoudig nie gebeur nie. God het vir ons wonderlike nuwe verbonds beloftes gegee. Maar hulle is waardeloos, tensy ons dit glo, en daarvolgens lewe. Ons Here het belowe om sy beloftes in ons harte te sit, om ons God te wees, om ons te bewaar om nie te val nie, om sy vrees in ons te plant, om ons krag te gee om te glo, om ons in sy weë te laat wandel. Maar, ons moet dit ten volle glo.

Onthou u die verhaal van Sagaria, die vader van Johannes die Doper? Sagaria was ‘n toegewyde priester wat deur een geval van ongeloof moes ly. Sy verhaal wys vir ons hoe ernstig God dink oor die sonde van ongeloof.

Die Woord sê Sagaria was “getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou.” (Lukas 1:6). Hier was ‘n godvresende man geklee in die kleed van sy amp. Hy het voor die wierookaltaar gedien wat gebed en aanbidding verteenwoordig. In kort, Sagaria was gehoorsaam en getrou, ‘n dienskneg wat die koms van die Messias verwag het.

Eendag, terwyl Sagaria in die tempel besig was, het God die engel Gabriël gestuur om vir hom te sê dat sy vrou ‘n seun gaan kry. Gabriël het gesê dat die seun se koms, ‘n rede tot vreugde vir baie in Israel sal wees, en het vir Sagaria opdrag gegee hoe om die seun groot te maak. Tog, terwyl die engel praat het Sagaria van vrees gebewe. Skielik terwyl die engel praat het vrees hom oorweldig en hy was vol vertwyfeling en ongeloof. Hy het vir die engel gevra: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is ‘n ou man en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.’ (sien Lukas 1:18).

God was nie tevrede met Sagaria se ongeloof nie en Hy oordeel hom: “Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie, tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde nie geglo het nie.” (1:20, my beklemtoning).

Wat sê hierdie voorval vir ons? Dit sê, ongeloof sluit ons ore vir God. Dit sluit ons uit van nuwe openbaringe, en dit weerhou ons van ‘n intieme verhouding met God. Skielik omdat ons nie meer van God hoor nie, het ons niks om te preek of om oor te getuig nie. Maak nie saak hoe getrou of toegewy ons is nie. Soos Sagaria bring ons oor onsself ‘n verlamming van beide ons ore en tong.

Ten slotte word ons met hierdie vers in Hebreërs gekonfronteer: “Ons sien dus dat hulle as gevolg van hulle ongeloof nie in sy rus kon ingaan nie.” (Hebreërs 3:19). Slegs een sonde het Israel uit die beloofde land gehou – ongeloof.

Kanaän verteenwoordig ‘n plek van rus, vrede, vrugbaarheid, versekering, volheid, tevredenheid, alles wat ‘n ware gelowige na uitsien. Dit is ook ‘n plek waar God duidelik met sy kinders praat en hulle lei, “Dit is die weg, wandel daaarin.” Maar Israel kon nie in hierdie land ingaan nie, as gevolg van een sonde.

Daardie sonde was nie owerspel nie (terwyl die Skrif hierdie geslag ‘n owerspelige geslag noem). Dit was nie hulle willekeurige egskeiding nie. (Jesus sê dat Moses aan hierdie geslag egskeiding toegestaan het omdat hulle hard van hart was.) Dit was nie woede, jaloesie, luiheid of agterbaksheid nie. Dit was nie eers hulle geheime afgodediens nie. Die sonde was almal die gevolg van ongeloof.

Nee, dit was hierdie sonde, ongeloof, wat verhoed het dat God se volk Kanaän kon binnegaan. Daarom sê Hebreërs vir ons vandag, “Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.” (Hebreërs 4:11).

Ek het baie Christene geken wat besluit het om God ernstig na te volg. Hulle het hulle voorgeneem om die Woord met groter toewyding te lees, hulle vas en bid met nuwe oortuiging. Hulle dwing hulle harte om aan God vas te hou in elke lewensituasie. As ek na hulle lewens kyk, dink ek, “Waarlik hulle godvresenheid moet ‘n gloed van vreugde bring. Hulle kan nie anders as om God se vrede en rus te weerspieël nie.”

Maar al te dikwels is die teenoorgestelde waar. Baie gaan nie in, in God se beloofde rus nie. Hulle is steeds onseker, rusteloos, bevraagteken God se leiding, bekommerd oor die toekoms. Hoekom? Hulle het ‘n gewoonte van ongeloof. Al hulle toewyding en werk word oneffektief as gevolg hiervan.

Die gelowige dienskneg van God gryp die nuwe verbonds belofte aan: “Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte lees en my bepalings gehoorsaam en na kom.” (Esegiël 36:27). Hy hou ook aan hierdie Woord vas: “Ek sal hom laat naderkom en hy sal na My toe kom… Ek sal hulle by waterstrome bring, op ‘n gelyk pad, niemand sal struikel nie.” (Jeremia 30:21, 31:9).

Ten slotte sê Hebreërs, “sommige gaan in sy rus in.” (Hebreërs 4:6). Die skrywer sê, “iemand moet in hierdie merkwaardige belofte deel.” Ek vra jou: waarom nie jy nie, gelowige? Waarom nie ek nie? As ons ongeloof ons uithou, moet ons bid, “Here, help my ongeloof. Genees my. Gee vir my oorvloedige geloof.”

Ons God het geweldige beloftes vir ons gegee. Hy wil hê dat ons Hom aan hierdie beloftes moet herinner. Laat ons sy wonderlike Woord ons eie maak. Mag elkeen van ons in sy beloofde rus ingaan. Dan sal ons lewe ‘n gloeiende getuie vir hierdie geslag wees.