Die Beker wat jou laat Steier

“Gryp in, Here, gryp in! Toon u mag u krag! Gryp in soos in die ou tyd, soos in tye lank gelede. Is dit dan nie U wat vir Rahab verslaan het nie, wat die seemonster deurboor het nie? Word wakker, word wakker! Staan op, Jerusalem! Jy het die oordeelsbeker uit die hand van die Here gedrink wat jou laat steier het…

“So sê die Here, jou Here en jou God wat die saak van sy volk behartig. Ek gaan die beker wat jou laat steier het, uit jou hand wegvat, die beker van my toorn. Jy hoef nie verder daaruit te drink nie” (Jesaja 51:9, 17, 22).

In hierdie kragtige profesie, vertel Jesaja vir ons dat God in die hand van elke nasie ‘n beker gesit het, wat hulle laat steier. Hierdie beker kom van die Here af en dit is gevul met vrees, hopeloosheid en radeloosheid.

Jesaja skryf vir ‘n volk wat in ballingskap in Babilonië is. Sy boodskap is gerig aan hulle wat ondanks die boosheid van die omringende nasies nogtans na God soek. Dit word gerig aan daardie paar wat nog nie ingegee het aan materialisme en sensualiteit nie.

Jesaja skryf baie oor die laaste dae, en ek glo saam met ander Bybel geleerdes dat hierdie boodskap op die hedendaagse kerk kan toegepas word. Ja, dit het ‘n boodskap vir almal wat die Here soek in ‘n goddelose tyd. Kortliks, dieselfde beker wat God in die hande van Babilonië, Assirië en die omliggende nasies gesit het, sit hy ook in die hande van die moderne nasies.

Jesaja bring hierdie boodskap in die middel van ‘n moeilike, chaotiese tyd, terwyl al die nasies van die beker van ongeregtigheid drink. God se mense was gepla deur vrees in daardie tyd, vrese wat ons ook vandag in ons tyd sien:

1. Daar was die daaglikse vrees om alles te verloor as gevolg van die chaotiese wêreld toestand.

Die Here sê aan sy oorgeblewe getroues in Babilon: “Jy was altyddeur bang vir die woede van jou verdrukker” (Jesaja 51:31). God sê vir sy mense: “Julle dink julle brood gaan op raak, en julle gaan in ‘n put armoede verval. Julle het julle oë gedraai na die verdrukker in plaas van na julle Voorsiener.”

Die feit bly staan dat sommige van hierdie mense, kinders was toe hulle gesien het hoe hulle ouers hulle huise in Israel verloor het. Al hulle besittings is buitgemaak deur die invallende Babiloniërs. Nou was daar die bedreiging dat die Perse Babilonië kon inneem en dieselfde kon doen. Dit het veroorsaak dat God se kinders trefbaar en magteloos gevoel het. Hulle moes toesien hoe ‘n internasionale krisis die gemeenskap rondom hulle laat bewe het.

Vrees het hulle oorweldig en hulle harte gedurig vasgegryp. Hulle dae was vol met groeiende vrees vir ineenstorting, dit wat hulle gedurende die ballingskap opgebou het, sou spoedig onteien word. Kan julle, julel dit voorstel? Hier was God se uitverkorenes besig om te bid en God se aangesig te soek, terwyl hulle gedrink het uit die beker wat hulle laat steier het, van vrees. Hulle het gewonder, “Hoe gaan ons oorleef? Hoe sal ons vir ons families sorg?” Dit was bloot ‘n vrees van oorlewing.

2. Hulle het ook gevrees dat hulle kinders deur die Babiloniese gees ingesluk sal word.

“Jou seuns lê magteloos op die hoeke van die strate” (51:20). Bekommernis, het die Israelitiese ouers oorweldig (oor hulle kinders). Hierdie vrees het so oorweldigend geword, dat dit soos dronkenskap die getroues oorweldig het. Kortliks, hulle het hulle kinders sien koud word in die geloof, as gevolg van die bose Babiloniese invloed. Die jong mense het verhard terwyl hulle, hulleself oorgegee het aan sensualiteit, materialisme, en wellus. Eindelik het die Here ‘n lamheid oor hierdie jeug gebring as straf op hulle afvalligheid.

3. Hulle het die vreeslike rampe, wat die nasies om hulle getref het, gevrees.

“Daar is net verwoesting en vernietiging, hongersnood en bloedvergieting. Wie kan vir jou uitkoms gee?” (51:19) Jesaja gee hier nie ‘n lys van die rampe wat God se volk op daardie oomblik bedreig nie. Maar hy sê dat hierdie dinge toegevoeg word by hulle beker van steiering. Die krisisse op internasionale vlak verhoog hulle angs op persoonlike vlak.

4. Daar is geen leier om hulle uit die chaos te lei nie.

“Onder al die seuns wat jy in die wêreld gebring het, was daar nie een wat jou gelei het nie, onder almal wat jy grootgemaak het, was daar nie een wat jou aan die hand gevat het nie” (51:18). Daar was geen koning, geen prins, geen politieke leier wat hoop vir die mense kon bring nie. Niemand het antwoorde gehad vir die desperate situasie nie. Inteendeel, valse profete was volop, met hulle leuens en profesie van voorspoed, terwyl hulle, hulle eie sakke gevul het. Daar was geen enkele ware stem in die land wat vrede of hoop kon bring nie.

“Gryp in soos in die ou tyd, soos in tye lank gelede” (51:9) Let op: dit is ‘n beskuldigende uitroep. Dit veronderstel dat God geslaap het, onbevange met sy kinders se nood. Hulle het inderwaarheid gesê: “Here, waarom doen U nie iets nie? Waar is u beloofde mag? Tree op, in ons belang, soos U vir u kinders by die Rooi See ingetree het. Doen vir ons wat U toe gedoen het.”

Dink na oor wat God se volk hier sê. Hulle roep beskuldigend na die Een wat nooit sluimer of slaap nie, wie se arm altyd uitegesteek was na hulle toe. “God word wakker!” Hierdie selfde Israeliete het dikwels gepreek oor die magtige God van wonderdade van die Verlede. Tog het hulle min geloof in sy bereidwilligheid om hulle nou in hulle huidige krisis te help.

Sê vir my, is die kerk vandag nie netso nie? Ons preek ook lang preke oor die Here se mag in die verlede, ‘n God wat water uit ‘n rots voortgebring het, wat brood uit die hemel gegee het, wat dooies opgewek het, maar soos die Israeliete in Babilon, het ons min geloof dat God in ons teenwoordige nood wonderwerke sal doen. Ons sing lofsange oor sy mag, ons preek oor gebede wat verhoor is. Tog; verontrus ons, ons oor waar ons volgende salaris tjek vandaan sal kom; ons is bekommerd oor ons kinders, ons kwel ons oor hoe ons ons verband gaan afbetaal. Ons drink ook van die beker wat ons laat steier, vol van ongelowige gedagtes.

Kyk na die ooreenkomste tussen ons vrese en die van die Israeliete in Babilon. Ek sien dat die vier vrese wat hulle oorweldig het, ons ook pla.

1. Daar is die daaglikse vrees om alles te verloor.

Die Verenigde State ervaar die grootste behuisings krisis sedert die Groot Depressie. Huis waardes het laer geval, persentasie gewys, as wat ooit voorheen aangeteken is. Een en ‘n half miljoen mense loop gevaar om hulle huise te verloor.

Ons grootste, mees betroubare banke moes uitgeborg word deur Arabiese en Sjinese geld. Sjina het onlangs 650 biljoen dollar in ons bankstelsel gesit om dit te red. Hulle moes ook een van ons grootste versekerings maatskappy borg.

Die sinkende ekonomie het ons grootste bekommernis geword, selfs groter as die Irak Oorlog en die terroriste bedreiging. Die aandele mark is aan die tuimel, met waarskuwings van alle kante dat ‘n diep resessie dreig. Terwyl die Kongres oor die moontlikheid stem om tjeks na elke huishouding te stuur, om die ekonomie te stimuleer, is mense te bang om dit te spandeer.

2. Die toenemende angs om kinders te verloor.

Kollege kampusse verdrink in alkohol, met ‘n groeiende epidemie van fuifpartye. Selfs in gegoede voorstedelike hoërskole is dit moeilik om leerlinge te kry wat nie rook of drink nie, baie is alreeds ernstig verslaaf. “Crystal meth”, die nuwe maklike bekombare en goedkoop verdowing, skuif oor die stede en dorpe en ‘n hele geslag val in die helse greep daarvan. ‘n Vroeëre verslaafde, wie se verslawing hom tot op die rand van selfmoord gedryf het, het vir my vertel dat die uitwerking van “crystal meth” soos die effek van 1,000 kokaine snuiwe is.

Soos die skool skietery toeneem in die laaste jare, word ouers meer en meer beangs om hulle kinders na kolleges of hoërskole te stuur, selfs na privaat skole. ‘n Welgestelde vader van ‘n dogter op Illinois universiteit het ‘n helikopter gehuur om oor die universiteit te sweef om sy dogter te red, in geval daar weer ‘n skietery sou uitbreek.

Ek is ‘n pa en ‘n oupa wie se hart breek oor ‘n geslag van jongmense wat deur die duiwel gevang en as gyselaars gehou word. Net soos vir ander ouers is die versoeking daar om oor te gee aan vrees. Maar as ek toegee daaraan dat vrees my hart oorweldig sal ek ook ten gronde gaan.

3. Daar is vertwyfeling oor die ontvolking, hongersnood en terrorisme wat oor die wêreld, plaasvind.

Verslae sê dat 50,000 mense in die Kongo sterf aan hongersnood. Etniese opruiming in die Sudan het 300,000 mans, vroue en kinders van hulle woonplek laat vlug. Kenya word geterroriseer deur brutale geweld, met menigtes wat omkom in die stede en dorpe. Chad is in die greep van burgeroorlog. Nigerië verval in maatskaplike chaos. Die Midde Ooste bly ‘n kookpot van vrees en terrorisme.

Mag God gee dat ons harte sal breek oor hierdie tragedies en onrus. Ons bediening is daagliks in kontak met Kenya. Hulle sê dat kerke en stamleiers probeer om mense te midde van die chaos te verenig.

4. Die hele wêreld wag op ‘n redder, ‘n leier, wat antwoorde vir hierdie probleme sal hê.

Die Europese Unie is besig om planne te maak om ‘n “super president” aan te stel wat ongehoorde mag sal hê en ‘n militêre mag sal opbou. Intussen wag die wêreld vir die verskyning van ‘n Man met Antwoorde. Een na die ander maak politici onmoontlike beloftes, en beloof dat hulle alles sal regstel. Verwagtinge neem toe met elke nuwe gesig wat verskyn. Maar alle leiers wat verskyn sal verslae bly staan. Elke wonderbare oplossing sal ontmasker word as wensdenkery. Al hierdie teleurstelling maak die pad oop vir die Antichris.

Jesaja sê vir ons dat nie eers die “seuns van die kerk” leierskap kan verskaf nie. Dink daaraan dat in elke presidensiële verkiesing, spog die politici dat hulle “seuns van die kerk” is. Kyk na die presidents kandidate wat in die huidige verkiesing meeding: een kandidaat was ‘n Mormoon, een ‘n Baptiste predikante, ‘n ander een was van die “Church of Christ”. Almal van hulle praat oor Jesus en dra Bybels, en een dra ‘n eksemplaar van “The Purpose Driven Life”. Tog sê die Skrif vir ons: “Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy groot gemaak het, het haar aan die hand gegryp nie.” (Jesaja 51:18)

Niemand kan besluit wat om te doen in verband met die verslegtende ekonomie, of die oorlog of gesondheidsorg krisis nie. Die opbouende probleme is bo almal se vuurmaakplek. Die waarheid is daar is slegs Een wat al die probleme kan oplos, ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Slegs Hy kan ons aan die hand vat en na vrede, hoop en oorwinning lei.

Wat beloof God dat Hy sal doen in verband met die beker wat ons laat steier? Jesaja sê vir ons: “Daarom, hoor dit tog, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie.” (Jesaja 51:21) Hier is ‘n oproep vir ons om aandag te gee, van “jou God, wat die saak van sy volk verdedig” (51:22). Die Here sê, in kort, “Ek het ‘n woord vir almal wat regverdigheid liefhet, wat My soek, maar verdwaas is deur angs.”

“Ek gaan die beker wat jou laat steier het, uit jou hand wegvat, die beker van my toorn, jy hoef nie verder daaruit te drink nie” (51:22). God verklaar; “Ek het vir jou voorsiening gemaak, sodat jy nooit weer uit die beker wat jou laat steier hoef te drink nie. Slegs die goddelose sal van my beker van toorn drink. Maar Ek het vir jou voorsiening gemaak om van my fontein van die lewe te drink.”

Geliefde, die Here het nooit bedoel dat sy kinders in paniek en bewing sal lewe nie. Selfs in die Ou Testament, het die Here sy mense gehad wat vertrou het op sy beloftes en wat onbewoë was deur die chaos om hulle. Ons sien dit in die lewe van Habakuk, ‘n man wat ‘n visioen van die einde gehad het (Habakuk 2:3).

Habakuk het ‘n volk in die laaste dae gesien, wat hulleself sal vermoei in die najaag van voorspoed en hebsug. Volgens sy visioen sal daar ‘n vreeslike gees van geweld in daardie dae wees (1:9). Habakuk sê hiervan: “Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer.” (2:16)

Ons weet dat ‘n profeet altyd eerste met sy eie geslag (tydgenote) praat. Tog, volgens Habakuk is hierdie profesie ook vir ons bedoel. Hy sê vir ons: “Die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie.” (2:3)

Habakuk het ‘n “beker wat laat steier” gesien: “Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe … ja, ek het gebewe waar ek staan.” (3:16)

Hier was ‘n Godvresende profeet, wat vir ‘n tydlank so oorweldig was deur die vreeslike gebeure, dat selfs hy gebewe het. Maar die Gees het op Habakuk gekom, sodat hy geprofeteer het: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop (3:17-19).

God het die beker wat hom laat steier het van sy dienskneg, Habakuk weggeneem. En Hy sal dit ook vir al sy getroues vandag doen.

Die wat oorgebly het van God se kinders, het getrou na Hom gesoek. Maar God soek nou na iets wat verder gaan as net soek. Onthou, hulle uitroep was, “Here, ontwaak! Gryp in!” Hoe het God gereageer?

Hy antwoord met die woorde: “Word wakker, word wakker! Staan op, Jerusalem, jy wat die oordeelsbeker uit die hand van die Here gedrink het, wat jou laat steier het, dit leeggedrink het!” (Jesaja 51:17) Met ander woorde: “Nee, word jy wakker, Israel. Dit is jy wat slaap, wat dronk geword het van vrees.” “Ek het my woorde in jou mond gegee, en Ek het jou met die skaduwee van my hand beskut … julle is my volk … (tog) het julle die beker wat julle laat steier het leeggedrink.” (51:17)

Ek het van so baie gelowiges gehoor wat die beker wat hulle laat steier het, leeggedrink het. Hulle het soveel krisisse en trauma’s deurleef dat hulle nou uitgeput is. Hulle is so belas dat hulle dink, nog net een terugslag of vrees, sal hulle hopeloos vernietig. Hulle het tot aan die einde van hulleself gekom, hulle is op breekpunt.

Wat sê God vir sulke bevreeesdes wat bewe van angs. Wat is sy voorskrif vir sulke harte wat vergaan van vrees, wie se oë gevestig is op die rampspoedige bedreiginge wat oor hulle gaan kom? Hy gee vir hulle hierdie woord: “Word wakker! Staan op! (51:17) Hier is die voorwaarde wat God vir ons gee, sodat ons die beker wat ons laat steier kan wegskuif: “Staan op! Neem ‘n standpunt in!”

Geliefdes, met alles wat aan die kom is – slegte mense word slegter, ekonomiese krisisse word erger – het God se volk meer nodig as net opbouende boodskappe. Hulle het meer nodig as preke wat kortstondige geloof opbou. ‘n Man het vir my geskryf, “U huidige boodskappe is ‘n herhaling van mekaar. Die een boodskap na die ander is besig om moedelose luisteraars moed in te praat. Dit lyk asof min mense ‘n geloof besit wat nie gedurig opgepomp hoef te word nie. Ken hulle nie hulle Bybels nie?”

Dit was presies God se besorgdheid oor Israel. Wat was God se antwoord op hulle beskuldiging? Hy het vir hulle gesê: “Hoe is dit dan dat jy bang is vir ‘n sterflike mens, vir ‘n mens wat so maklik vergaan soos gras?” (Jesaja 51:12) Met ander woorde: “Ek het my woorde in jou mond gegee. Ek het jou oordek met my hand. Ek het met ‘n eed beloof dat julle my volk is. Tog, is julle onwillig om te glo dat Ek dit wat Ek beloof het, sal doen. Julle vrees nog altyd mense wat soos gras sal vergaan.”

Paulus het gepreek: “na die mate van geloof, soos God dit aan elkeen toebedeel het.” (Romeine 12:36) Alle gelowiges ontvang ‘n mate van geloof. En daardie geloof moet opgebou word tot ‘n onwankelbare, standvastige geloof. Hoe gebeur dit? Soos die geloof groei word dit bevestig en versterk – net op een manier – deur die hoor en vertrou op God se Woord.

Die Here sal nooit van ons vra om te doen wat onmoontlik is nie. Dit is moontlik vir ons, om onsself op te wek en te vra: “Hoekom is jy so bang? Waarom gee jy toe aan die ontwrigtende beangstheid? Waarom bring die toekoms vertwyfeling in my siel?

Die rede waarom dit gebeur is: omdat ons nog nie ten volle ons lewe, ons families, ons gesindheid, ons werk, ons huise in God se getroue Hande geplaas het nie. Ons het nog nie die geloofsprong gewaag wat sê: “My Heer is getrou en waaragtig. Alhoewel ek talle male gefaal het, het Hy my nog nooit in die steek gelaat nie. Kom wat wil ek sal my lewe en my toekoms aan sy sorg toevertrou.”

Hoe kan ons dit doen? Deur die woord wat Hy ons gegee het, vas te gryp: “So sê die Here, jou Here en jou God wat die saak van sy volk behartig. Ek gaan die beker wat jou laat steier het, uit jou hand wegvat, die beker van my toorn. Jy hoef nie verder daaruit te drink nie.” (Jesaja 51:22) Wat Hy sê is dit. “Ek slaap nie, Ek is dieselfde God wat die Rooi See oopgemaak het, wat dooies opgewek het, en wat voorsiening vir jou gemaak het, My volk behoort nie in die bande van vrees te lewe nie.”

As ons so in die geloof staan, sal ons nog skielike aanvalle van angs ervaar. Maar ons moet opstaan daarteen – gryp God se beloftes aan en wees ten volle oortuig dat Hy by magte is om te doen wat Hy beloof het, en wat ons aan Hom oorgegee het kan Hy bewaar. Dan sal ons die beker nie meer drink nie.

Hoe donkerder die toekoms word, hoe meer moet God se volk deur die geloof lewe. As ons bevrees en paniekerig raak, maak ons van God ‘n leuenaar. ‘n Tienerjarige meisie het hierdie soort geloof kragtig uitgeleef. Die verhaal is onlangs in “Newsweek” gepubliseer. ‘n Vliegtuig onderweg van Newark na Parys het hewige, ontstuimige weersomstandighede ondervind. Die passasiers het paniekerig geraak en begin skree. Te midde van dit alles het die sestienjarige meisie rustig bly sit en haar Bybel gelees. Later is vir haar gevra waarom sy so rustig kan bly onder die lawaai. Haar antwoord was: “My Bybel het beloof dat God my sou bewaar, daarom het ek net gebid en geglo.”

Op hierdie oomblik is die wêreld op pad na ontstuimige weer. Daar sal chaos wees, wat paniek en vrees sal ontknoop. Maar God het vir ons gesê: “My Woord is in jou. Jy is onder die skaduwee van my hand. Jy is my kind.” Dit het tyd geword dat ons, ons sitplekgordel moet vasmaak, ons Bybel moet oopmaak en onder dit alles, met ons Vader moet praat. Hy het gesê ons sal nie vergaan nie: “Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand, ek sal nie wankel nie.” (Hand. 2:25)

Ek vermaan julle maak hierdie kragtige woorde van Jesaja julle eie:

“Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leer laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie. Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby?” Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.

“Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” (Jesaja 40:26-31)