Die Aangesig van God Soek

David Wilkerson

In Psalm 27, Dawid het God gesmeek in ‘n dringende, intense gebed. Hy pleit in vers 7, “Hoor tog, HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my.” Sy gebed fokus op een begeerte, een ambisie, iets wat allesoorheersend vir hom geword het: “Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek” (Psalm 27:4).

Dawid getuig, “Ek het een gebed, Here, een versoek. Dit is die enkele belangrikste doel in my lewe, my voortdurende gebed, die een ding wat ek begeer. En ek sal daarna soek met alles wat binne in my is. Hierdie een ding verteer my as my vaste en deurlopende doel.”

Wat was die een ding wat Dawid bo alle ander dinge begeer het, die voorwerp waarop hy sy hart gesit het om te kry? Hy vertel vir ons: “Dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel” (Psalm 27:4).

Moenie ‘n fout maak nie: Dawid was nie ‘n askeet wat die buitewêreld vermy het nie. Hy was nie ‘n kluisenaar wat in ‘n eensame woestyn weggekruip het nie. Nee, Dawid was ‘n passievolle man van aksie. Hy was ‘n dapper krygsman en groot skares het van sy oorwinnings in oorloë gesing. Hy was ook passievol in sy gebed en toewyding, met ‘n hart wat na God gesmag het. En die Here het Dawid met so baie begeertes van sy hart geseën.

Inderdaad, Dawid het alles gesmaak wat ‘n man in sy lewe kon begeer. Hy het rykdom en voorspoed, mag en gesag geken. Hy het die respek, lof en bewondering van mense ontvang. God het hom Jerusalem as hoofstad vir die koninkryk gegee. En Dawid was omring met toegewyde manne wat gewillig was om vir hom te sterf.

Die beste van alles was dat Dawid ‘n aanbidder was. Hy was ‘n man wat God geprys het en Hom gedank het vir al sy seëninge. Hy het getuig, “Die Here kom my daagliks tegemoet met seëninge.” Terselfdertyd was Dawid egter ‘n man van oorloë. Hy het vyande en swaarkry sy lewe lank beleef. Die hele hel was daarop gemik om hierdie goddelike man te vernietig. In werklikheid het Dawid nou ‘n hele leër getrotseer wat rondom hom gekampeer het, goddelose vyande wat gesweer het “om my vlees te eet” (Psalm 27:2).

Maar Dawid was nie bang nie. In die heel eerste vers van hierdie Psalm, verklaar hy, “Vir wie sou ek vervaard wees?” (Psalm 27:1). Hy het volle vertroue in God se genade en barmhartigheid gehad en hy het geweet dat die Here hom sou versterk: “Die HERE is die toevlug [sterkte] van my lewe” (Psalm 27:1).

Dit is duidelik dat Dawid sou voortgaan soos altyd en sy lewe passievol leef. Tog, ten spyte van al die seëninge wat hy beleef het, het hy iets steeds kortgekom. Soos hy teruggekyk het na sy lewe, het Dawid ‘n behoefte in sy siel gesien wat steeds onvervuld was. Sy hele lewe het neergekom op hierdie een kwessie en hy het daaroor tot God uitgeroep.

Dawid het in werklikheid gesê, “Daar is ‘n lewenswyse wat ek nou soek — ‘n vaste plek in die Here wat my siel begeer. Ek verlang na ononderbroke geestelike intimiteit met my God. Dit is was Dawid bedoeling het toe hy gebid het, “Dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel” (Psalm 27:4).

Dawid het nie hier daarvan gepraat om sy troon te verlaat om in die fisiese tempel van God te gaan woon nie. Nee, sy hart het gesmag na iets wat hy in die gees gesien het. Vir Dawid, moes daar meer wees as ‘n Sabbat-dag aanbiddingsbyeenkoms. Hy het ervaar dat daar iets van die Here was wat hy nog nie ontvang het nie en hy sou nie rus totdat hy dit gevind het nie.

Hy het kortliks gesê, “Daar is ‘n lieflikheid, ‘n heerlikheid, ‘n opgewondenheid oor die Here wat ek nie in my lewe ervaar nie. Ek wil weet wat dit is om ononderbroke gemeenskap met my God te hê. Ek ken oorwinnings, ek is verlos en ek het wonderwerke uit sy hand gesien — maar ek verlang steeds na iets onwrikbaars. Ek begeer dat my lewe ‘n lewende gebed sal wees. Dit is al wat my sal deurdra vir die res van my lewe.”

Hierdie goddelike man was moeg vir leë seremonies en om te sien hoe priesters en aanbidders deur lewelose vormgodsdiens gaan. Dawid het in hulle rituele net ‘n vorm van godsdiens gesien waarin daar geen krag was nie. Sy hart het uitgeroep, “Dit is alles verkeerd. Dit is waarom mense aanbidding laat vaar en hulle wend tot afgode. Daar is geen lieflikheid hieraan nie, geen passie nie. Ek is lief vir God se huis, maar wat het gebeur met die lewe daarin? Die wet word steeds onderrig, maar dit het net dooie kennis geword. Deesdae verlaat ek die tempel met my siel terneergedruk.”

Dawid wou die lewe en die werklikheid agter daardie godsdienstige rituele ken. Wie was die offerlam? Wat was die werklikheid agter die wierook en die kandelaars? Dawid se hart het gesmag om te weet en hy het ‘n besluit geneem: “Ek het genoeg gehad — Ek kan nie so aangaan nie. Ek is eenvoudig nie tevrede nie. Ek sal nie die res van my lewe spandeer met hierdie onvervulde geestelike begeertes nie. Van nou af het ek een doel, een strewe in die lewe. Ek gaan in die Here se teenwoordigheid woon en Hom raadpleeg totdat ek ontvang wat my hart begeer.”

Ek glo daar is vandag miljoene goddelike Christene wat die Here liefhet, maar ervaar dat daar iets in hulle lewens ontbreek. Hope lesers skryf dat hulle kerk nie meer lewe het nie: “Ons prediker se dienste is so dood. Hy preek iets wat hy uit ‘n boek kry en nie uit sy soeke na die Here nie. Na elke diens vra ek myself die vraag af: ‘Ek was nou-net in die kerk. Waarom voel my siel so terneergedruk?”

Dawid het nie na sy priesters, Ábjatar en Sadok, gegaan oor die kwessie nie. Tog het hy nie die kerk verlaat nie. In werklikheid het hy nooit opgehou om na die huis van die Here te gaan nie. In plaas daarvan, was hy vasbeslote, “As God se huis ‘n huis van gebed is — en as sy kerk die plek is waar sy teenwoordigheid ookal manifesteer — dan sal ek my bidkamer ‘n tabernakel maak. Ek het my hart daarop gesit om sy lieflikheid te soek totdat ek Hom leer ken het. Ek ‘ketting my oë vas’ aan Hom totdat ek iets sien wat my so aantrek, dat ek weet dit sal my tevrede stel tot die einde toe.”

Daarom het Dawid na sy eie huis gegaan en gebid, “Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my” (Psalm 27:7). Met ander woorde: “Here, ek wil ononderbroke gemeenskap met U hê. Asseblief, wat moet ek doen om my begeerte te vervul?”

God het met hierdie eenvoudige woorde geantwoord: “Soek my aangesig” (Psalm 27:8). Hoe het Dawid hierop gereageer? Hy het geantwoord, “Here, toe U gesê het, ‘Soek my aangesig,” het my hart opgespring in reaksie daarop.” “Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!’” (Psalm 27:8).

Die aangesig van God is sy gelykenis, sy weerspieëling. Met hierdie antwoord, het die Here aan Dawid geopenbaar hoe om sy begeertes te vervul: deur God in sy eie lewe te weerspieël. Hy het Dawid onderrig, “Leer van My. Soek my Woord en bid vir begrip deur die Gees, sodat jy soos Ek kan wees. Ek wil hê dat jou lewe my lieflikheid aan die wêreld sal weerspieël.

Dit was nie net ‘n blote oproep tot gebed nie; Dawid het reeds sewe keer per dag gebid. In werklikheid, dit was Dawid se gebede wat hierdie passie in hom geskep het om die Here te ken. Nee, hierdie oproep van God was om te smag na ‘n leefstyl wat ten volle weerspieël wie Jesus is.

Jy sien, op Gólgota, het God ‘n menslike gesig aangeneem. Jesus het na die aarde gekom as ‘n man, God in die vlees. En Hy het dit gedoen sodat Hy ons pyn kon voel, versoek kon word soos ons en om aan ons die Vader te wys. Die Skrif noem Jesus die afdruksel van sy wese (wat beteken, die presiese gelykenis of ewebeeld) van God. Hy is dieselfde wese en inhoud van God die Vader (sien Hebreers 1:3), dieselfde “graveersel.” Kortliks, Hy is “dieselfde as” die Vader in alle opsigte.

Tot op hierdie dag, is Jesus Christus die aangesig, of die gelykenis van God op aarde. En as gevolg van Hom, kan ons ononderbroke gemeenskap met die Vader hê. Deur die Kruis, het ons die voorreg om “sy aangesig te sien” en om Hom aan te raak. Ons kan selfs lewe soos Hy en getuig, “Ek doen niks tensy ek dit van die Here sien en hoor nie.”

Vandag, as God sê, “Soek my aangesig,” het sy woorde meer implikasies as enige ander tyd in die geskiedenis. Waarom? Omdat die vraag wat deur die menigtes vandag gevra word is, “Watter Jesus?”

Christus het gewaarsku dat baie bedrieërs sou kom en maak of hulle Hy is. En hierdie valse christusse sou verskyn net voor sy koms aan die einde van die wêreld. Jesus se dissipels het Hom gevra, “Wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?” en die Here het geantwoord, “Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (Matthéüs 24:3, 5). Jesus het toe spesifieke bevele gegee: “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! – moet dit nie glo nie” (Matthéüs 24:23).

Ek glo nie Jesus praat van versteurde mense in wit klere en ruig baarde wat aanspraak maak, “Ek is die Seun van God” nie. Nee, hy beskryf misleide bedienaars wat ‘n ander evangelie en ‘n ander christus verkondig. Paulus het teen hulle gewaarsku as mense wat “as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig het...’n ander evangelie” (2 Korinthiërs 11:4).

Op soortgelyke wyse het Jesus gewaarsku, “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan...om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Markus 13:22). Hierdie woorde van Jesus het my altyd gefassineer. Ek het gewonder, “Hoe kan die uiteverkorenes ooit mislei word deur iemand wat rondgaan en daarin roem dat hy Christus is? So ‘n persoon sou afgemaak word as ‘n grap.”

Maar Jesus en Paulus praat nie net van mense wat aanspraak maak dat hulle goddelike krag het nie. Hulle verwys ook na konsepte wat aanspraak maak op Christus se gelykenis, insluitende nuwe “Jesus bewegings.” Dit gebeur wanneer mense sê, “Hier is die gesig van Jesus. Dit is hoe Hy lyk. Ons het die ware Christus ontdek en laat ons jou wys hoe Hy is.”

Sodanige bewegings sal nie deur kranksinniges gelei word nie, maar deur geleerde mense wat weet hoe om die massas te bereik. Hierdie welsprekende leermeesters wyk af van die gesag van die Skrif en glo nie langer in die krag van gebed nie. In plaas daarvan, doen hulle hulself voor as engele van die lig om nuwe “verligte” konsepte wat hulle sê Jesus weerspieël. Hulle sal veral byval vind by jongmense wat siek en sat is vir die dooie godsdienstigheid wat hulle in die kerk beleef.

Paulus waarsku ons in duidelike terme oor sodanige bedienaars, wat “vervreemd is van die opregtheid teenoor Christus...valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus” (2 Korinthiërs 11:3, 13).

Hierdie nuwe beweging maak daarop aanspraak dat hulle “Christendom herbesin.” Dit het omtrent tien jaar gelede begin by klein groepies gelowiges wat ontnugter was met die “sondaar vriendelike” mega-kerk beweging. Een verslaggewer noem dit ‘n beweging van “mega-uitbranding,” wat bestaan uit jongmense wat moeg is vir die ligsinnige evangelie van selfvervulling.

‘n Barna Groep opname het gevind dat ongeveer 10 tot 12 miljoen “wedergebore” Christene opgehou het om kerk toe te gaan in die V.S., baie van die baby boom generasie. Hulle sê hulle was soekers en wou ‘n kerk hê wat asiel bied van ‘n kultuur van iPods, TiVos, Xboxes, mededinging en grootheid. Maar hulle sê die kerk het hulle mislei. Dit was geensins ‘n asiel van die wêreld nie, maar soos Disney World, met skaatsplankryers, sport ligas, kafee’s, speletjieskamers — alles die dinge wat hulle wou ontvlug.

Een skrywer sê, “Ons word vertel dat al hierdie dinge in die kerk bedoel is om ‘soekers te lok.’ Maar ons vra, ‘Lok hulle na wat?’ Ons ondersoek die Skrifte en het niks in hierdie kerke gevind wat die kerk in die Boek Handelinge verteenwoordig nie.”

In der waarheid, meeste soekers is diegene wat waarlik die “aangesig van Christus soek.” Hulle soek oral na ‘n kerk waar die teenwoordigheid van Jesus — die Christus van God se woord — ervaar word. Hulle soek herders wie se ambisie is om soos Christus te wees en wie soos Jesus lewe, nie geslepe mense wat ‘n gemengde evangelie aanbied nie. Hulle wil ‘n kerk hê wat in die werklikheid gegrond is — nie voel-goed lesings oor die bereiking van hulle potensiaal nie, maar sielsoortuigende boodskappe uit God se hart wat sonde openbaar en die mag daarvan oor hulle lewens breek.

Baie mense wat ontnugter was, word nou aangetrek deur die opkomende kerkbeweging. ‘n Dallas koerant karakteriseer die beweging op hierdie manier: “Baie opkomende kerke weef elemente van verskillende godsdienstige tradisies saam, veral Katolosisme en Oos Ortodoksie. Sommige vernuwe middeleeuse mistiese praktyke soos “loop deur die doolhof.” Dit is ‘n kies-vir-jouself, meng-en-pas benadering wat die gemeenskap en sosiale geregtigheid beklemtoon. Hel word verwerp omdat dit God laat lyk soos ‘n folteraar.’” Sulke kerke gebruik beelde, kerse, wierook en ander dinge tydens aanbidding.

Baie van hierdie kerke tree met mekaar in verbinding deur Internet blogs, en die beweging neem gevestigde denominasies oor. Hulle algemene aansprake is, “Ons probeer weer by Jesus aansluit — die radikale Jesus.” Ons wil ‘n meer menslike gesig vir Christus gee.” “Kom ons hou samesprekings en probeer saam uitvind wie Christus is.” “Nee! Hulle plaas hulle eie gesig op Christus en dit is nie die Christus van die Skrif nie. Alle teologie en alle konsepte van Jesus is vir hulle onderhandelbaar. Hulle moedig “die gebruik van ons verbeelding oor wat Jesus gesê het” aan. Een van hulle belangrikste segsmanne het verklaar, “Duidelikheid is goed, maar soms mag intriges selfs kosbaarder wees.”

Dink aan wat gesê word. Duidelikheid is die fondament van Bybelse Christenskap. Niks kan duideliker wees as Paulus se openbaring van die ware Christus van die Skrif nie. Hy waarsku, “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evanglie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees...

“Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees...Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus” (Galasiërs 1:6–12).

Dink nou aan wat daardie opkomende kerk sê wanneer dit meer waarde heg aan intrige as aan duidelikheid. “Intrige” beteken “’n geheime, onderduimse skema” of “’n vertroebelde poging om belangstelling te wek.” Paulus  noem dit ‘n verdraaiing van die evangelie van Christus. Slegs die openbaring van Jesus wat in die Skrif geopenbaar is, is vir God aanvaarbaar. En Paulus waarsku ons in geen onseker terme nie: “Ek gee nie om of ‘n engel uit die hemel hierdie nuwe evangelie verkondig nie. Dit is ‘n valse evangelie, reguit van die hel self. Laat diegene wat dit verkondig vervloek wees.”

Ek het ook ‘n plegtige waarskuwing vir elke jong herder en persoon wat die waarheid soek en die internet navigeer of deur boekwinkels blaai. Jy gaan boeke, artikels en blogs sien oor nuwe soorte van Christenskap wat baie goed verwoord, baie goed geskryf en goed voorgestel word. Maar wees gewaarsku: die hoek wat gebruik word is Jesus en dit is ‘n ander Jesus. Tensy jy die Christus van God se Woord ken, sal jy mislei word.

In meer as vyftig jaar van bediening, het ek elke denkbare wind en golf van vals leerstellinge gesien gekom. Hulle maak altyd volgelinge bymekaar en binne ‘n paar jaar verdwyn hulle weer en laat baie mense wie se geloof skipbreuk gely het agter. En dit was reeds voor die aanvang van die internet. Nou kan ‘n leerstelling van duiwels oor die aarde versprei in ‘n kwessie van ure.

Die opkomende kerk beweging gaan nie verdwyn nie. Dit sal aanhou ontwikkel in verskillende vorms totdat alles wat Jesus geprofeteer het, plaasvind. Wat my die meeste hartseer maak is dat duisende bedienaars verander gaan word deur hierdie “geleerde stemme.” Baie van hulle sal mislei word en ‘n Jesus begin verkondig uit hulle eie verbeelding, omdat hulle opgehou het om God te soek en verdiep geraak het in nuwe teologieë van radikalisme. In plaas van God se Woord, sal hulle ‘n radikale Jesus verkondig wat teen oorlog is, die owerhede sal neerwerp en armoede sal uitwis.

Enigeen wat die evangelies lees, weet wat Jesus reeds oor al hierdie menslike kwessies gesê het. Ja, ons Verlosser het die armes liefgehad en het sy kerk beveel om vir weduwees en weeskinders te sorg. Ons moet Christus se liefde aan die wêreld weerspieël deur ons eie lewens van opoffering en toewyding. Maar die opkomende kerk het hierdie spieël met ‘n skilder se doek verruil. Dit sê dat ons Jesus kan verf met enige gesig wat in ons verbeelding opkom. Dit is ‘n direkte aanval op die godheid van Christus, met die doel om Hom tot niks meer as ‘n menslike vlak te bring nie. Ek sien dit as die vyand se laaste aanval op die kerk voor Jesus terugkom.

Wat sal ons as die liefhebbers van die bloedbevlekte Christus van Gólgota doen? God gee vir ons dieselfde antwoord as wat Hy vir Dawid gegee het toe daardie goddelike man deur ‘n leër van afgodedienaars omsingel was: “Soek my aangesig.” Dit moet ons enigste allesoorheersende begeerte in die lewe wees. Ons een opdrag is om in voortdurende, ononderbroke gemeenskap met die heerlikheid van Christus te wees — om die lieflikheid van Jesus in sy Woord te soek en sy Woord te raadpleeg totdat ons Hom ken en Hy ons volle vervulling word.

Terwyl ek onlangs besig was om te studeer, het ek uitgeroep, “O, kyk wat doen hulle aan ons kosbare Here Jesus.” Maar die Gees het aan my gefluister, “Moenie wanhopig word nie. Jy weet hoe alles gaan eindig. Die hemele sal oopgaan en die Koning van die konings en die Here van die here sal verskyn op ‘n wit perd. Hy het gekom om met ‘n ysterstaf te regeer. En Hy sal elke valse profeet gryp en alles wat van antichris is met sy swaard verslaan.”

As I was studying recently, I cried, “Oh, look at what they’re doing to our precious Lord Jesus.” But the Spirit whispered to me, “Don’t despair. You know how all of this is going to end. The heavens are going to open, and the King of kings and Lord of lords will appear on a white horse. He came to rule with a rod of iron. And he will lay hold of every false prophet, and smite with his sword all that is of antichrist.”

Elke knie sal buig op daardie dag wanneer ons sy aangesig sal sien!