Die Goeie en Getroue Dienskneg

Gary Wilkerson

Skeptici hou daarvan om in ons lewens in te kom en dinge te sê soos: “Haai, ek hou van jou visie en passie; dit is wonderlik. Maar hoekom dit waag? Party mense gaan nie daarvan hou nie. Jy sal waarskynlik negatiewe terugvoer kry. Jy sal party mense kwaad maak. As jy iemand aanstoot gee, hoekom doen waarvoor jy deur God geroep is?”

Hoekom die helfte van jou geld aan die armes gee, as jou familie sê: "Dis 'n dom ding om te doen"? Waarom voortgaan en aanhou doen waarvoor God jou geroep het as jy dalk die toorn van die skeptici rondom jou kan uitlok? Hoekom?

Want jy is nie geroep om mense te behaag nie. Jy is geroep om God te behaag. Ons sien in die Bybel dat “Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Handelinge 5:29, AFR53). Jy is nie hier om almal gelukkig te maak met jou besluite nie. Kinders van God, julle moet bereid wees om moeilike besluite te neem wat soms stroom-op en ongewild is. Wanneer jy daardie keuses maak, sal nie almal met jou saamgaan nie.

Sommige mense sal dalk sê: "In hierdie ekonomie is dit die dwaasste ding om te doen om jou eie besigheid te begin!" As God egter vir jou gesê het om jou eie besigheid te begin, kyk jy nie na die ekonomie nie. Jy luister nie na die skeptici se stemme om jou nie. Jy kyk na niks anders behalwe Jesus en waarheen Hy jou roep nie.

In hierdie ekonomie, sou ek God egter twee keer vra, maar ek sou sê: “God, o God, o God, verwyder enige oorblyfsel van daardie gees in my wat die mens wil paai. God, haal uit my hart uit daardie gesindheid wat sê: “Ek wil seker maak dat almal rondom my van my hou. Ek wil seker maak dat almal my heeltyd op die skouer klop.” Dit is tyd dat ons ’n bietjie geestelike fut kry en sê: “Ek gee nie om wat mense van my sê nie. Ek gee nie om wat die wêreld dink van hierdie verregaande geloofspoging wat ek aanpak nie, want ek gaan God gehoorsaam en nie die mens nie.”

Vrees ongehoorsaamheid en die afkeur van God meer as die mens s’n. Ek gaan na sy stem luister, want ek wil hê Hy moet vir my sê: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in die vreugde van jou heer” (Matthéüs 25:23).