Daar Kom ‘n Nuwe Wêreld!

David Wilkerson

Die BYBEL sê vir ons dat daar in die laaste dae spotters sal verskyn en die boodskap dat Jesus Christus gaan terugkeer om ‘n nuwe koninkryk te vestig, sal bespot. Selfs vandag sê die spotters, “Waar is Hy? Ek sien nie enige bewyse dat Jesus kom nie. Alles gaan voort soos van die begin af. Daar is geen teken van ‘n nuwe wêreld wat kom met Christus as Koning nie!”

As jy sou probeer om hierdie spotters te oortuig dat Jesus kom om die aarde met vuur te reinig en ‘n koninkryk van ewige geregtigheid te vestig, sou hulle jou kranksinnig noem! Vandag bespot talle die idee van ‘n Wederkoms. Sonder om ‘n oog te knip, draai hierdie spotters egter om en maak daarop aanspraak dat ‘n “nuwe wêreld orde” kom. ‘n New Age samelewing gaan binnekort verskyn!

Sulke spotters het ‘n ingekoop in ‘n leuen uit die hel! Satan fabriseer altyd ‘n namaaksel net voor die ware ding kom. Jy sien, hy weet Koning Jesus is op die punt om terug te keer en dat Sy nuwe wêreld voor die deur is. En die duiwel wil sy eie kinders mislei hou deur ‘n fantasie wêreld te verkondig, met net vals hoop. Daarom het hy nou ‘n nuwe demoniese doktriene van ‘n komende New Age saamgeflans – om mense daarvan te weerhou om die werklikheid van Christus se koms te aanvaar.

Hierdie mees onlangse New-Age namaaksel het eers verskyn as die Eeu van Aquarius. Die elfde konstellasie sou in ‘n laaste New-Age koninkryk inbeweeg, wat bekend sou wees as die “nuwe wêreld orde.” (President Bush het ‘n gewoonte gehad om hierdie frase te gebruik – en dit het my briesend kwaad gemaak! Hy het nie geweet hy het van die New Age gepraat nie!)

New Agers sê hierdie nuwe wêreldorde is op die punt om te verskyn. Hulle voorspel dat ‘n ramp eers sal plaasvind. Dan sal ‘n nuwe wêreld orde uit die chaos ontstaan en ‘n samelewing van liefde, begrip en ‘n wêreldvrede inlei. AIDS sal oorwin word. Alle siektes sal genees word. Oorloë sal ophou. Armoede sal nie meer bestaan nie. En die enigste Christus wat sal bestaan, sal ‘n Christus-bewustheid – ‘n wêreldwye ingesteldheid van broederskap wees. Elke mens sal ‘n klein godjie wees! Self-liefde sal koning kraai en plesier sal die fokus van alles wees. Daar sal geen beperkinge wees nie. Almal sal kan doen wat hy of sy wil!

Ek het slegte nuus vir al sulke New Age spotters: Ek is jammer – maar julle is mislei deur die duiwel! Daar is glad nie so ‘n ding soos die fantasiewêreld wat hy op die mensdom wil afforseer in hierdie laaste dae nie!

O, daar kom wel ‘n nuwe wêreld, dit is reg – en dit is selfs nou al aan die aanbreek. Maar dit is nie ‘n “nuwe wêreld orde” of ‘n New Age nie. Liewer, elke koninkryk van hierdie wêreld gaan binnekort ons Here s’n wees – en al Sy vyande sal sy voetbank word! Christus kom terug om Sy heilige koninkryk te vestig en spotters sal geen deel hê daarin nie: “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” (2 Petrus 3:13).

In hierdie nuwe wêreld, sal nie een van die volgende mense sal toegelaat word nie: “...vreesagtiges...en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars” (Openbaring 21:8). In werklikheid, hulle almal se, “...deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood...” (vers 8).

Dink aan die gruwel van die New Age misleiding! Miljoene mense vandag is heeltemal oortuig dat hulle sal deel hê aan ‘n nuwe wêreld orde. Hulle glo dat hulle uiteindelik vrede sal hê en vervul sal wees...dat alle skuld, vrees en veroordeling sal verdwyn...dat hulle sonde nie langer by hulle sal spook nie...en dat hulle in staat sal wees om vrylik aan homoseksualiteit en hoerery te kan toegee met geen straf, siekte of vergelding nie. Hulle stel hulleself gerus, “Weg met alle wedergebore godsdiens! Weg met al die veroordeling wat mense laat sleg voel oor hulleself. Ons gaan ‘n nuwe wêreld hê waar ons kan doen wat ons wil. Niemand sal ons pla nie – niemand sal ons ontstel nie!”

Hulle is egter op die punt om ‘n tragiese ontwaking te beleef! Hulle gaan hulleself in ‘n goddelose hel bevind, waar ‘n spottende duiwel met ‘n grynslag verklaar, “Welkom by jou New Age. Welkom by jou nuwe wêreld orde!”

Dit is geen wonder dat die hel ‘n plek van geween, gehuil en gekners van tande sal wees nie. Dit is waar die leuen geopenbaar sal word – in ‘n ewige vuuroond! Skielik sal die veroordeeldes uitroep, “Ek is mislei! Die New Age waarvan ek oortuig was dat dit aan die kom was, is ‘n ewige hel!” En die gruwel van die misleiding sal toeneem in intensiteit, dwarsdeur die ewigheid!

Tans, wend menigtes in Amerika hulle na die okkult: Hollywood uitvoerende bestuurders, Wall Street magnate, Broadway akteurs en aktrises, regeringsleiers, mense op alle vlakke van die samelewing. Hulle omhels die New Age se valse evangelies: Scientologie, kanalisering, satanisme, toordery, astrologie en allerhande soorte demoniese godsdienste van die ooste. Hulle is blind, mislei – en glo ‘n leuen!

Die apostel Petrus vertel vir ons die waarheid oor die komende nuwe wêreld en hoe dit werklik sal wees. Hy sê hierdie teenswoordige wêreld sal vergaan. Dit is op pad na ‘n vurige ondergang wat God self sal veroorsaak! Die Here sal inderdaad Sy gereserveerde vuur loslaat om beide die hemele en die aarde te reinig:

“Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal verbrand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand” (2 Petrus 3:10).

Dit beteken nou wel nie dat die hemele en die aarde heeltemal vernietig sal word nie. Liewer, dit beteken alles sal “vernuwe en gereinig word deur vuur.” Jy sien, God het ‘n reinigende vuur met ‘n krag ver groter as dié van enige waterstofslagting of atoomontploffing. Dit is baie meer intens as enigiets wat die mensdom kan produseer. En Hy sal dit voortbring met soveel intensiteit, dat dit die elemente sal verbrand!

Al die “ruimterommel” – die satelliete en meganiese afval wat ons in die hemel opgestuur het – sal verbrand. Alle besoedeling, alle siektes, alle verdorwenheid op die aarde sal verteer word. Die elemente sal vergaan – en daaruit, sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde voortkom!

Petrus sê dat hy hierdie boodskap geskryf het oor die einde van die teenswoordige wêreld en die begin van die nuwe aarde om “deur herinnering... suiwere gesindheid op te wek” by alle gelowiges: “Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek” (2 Petrus 3:1). Sy boodskap is bedoel om hoop in ons op te wek – om ons te keer om in hierdie wêreld geanker te word!

Hier is die waarheid wat bedoel is om “ons suiwere gesindheid op te wek.”

1. Alles op hierdie planeet gaan vernietig word!

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan...” (2 Petrus 3:11). Alles waarvoor die mensdom lief is – alles wat mense kosbaar ag, alles waarvoor hulle vir ‘n leeftyd lank werk om te hê en te geniet – sal vergaan in ‘n skielike verbranding!

Probeer jou indink: Alle Wall Street firma’s, alle korporatiewe kantore, alle banke, alle rekenaarhoofkwartiere – weg! Die Verenigde Nasies sal verdwyn. Staats- en federale hoofgeboue sal tot in die vergetelheid verbrand. Fort Knox en sal sy goud sal verdwyn. Daar sal nie meer enige fabrieke, toringgeboue, brûe, tonnels, vliegtuige en treine wees nie. Daar sal selfs nie eens meer enige as oor wees nie! God se Woord sê duidelik dat hierdie dinge “...sal brand en vergaan...” (2 Petrus 3:10-11).

Die Griekse woord hier vir vergaan, beteken “om los te maak, op te breek en te smelt.” Met ander woorde: God gaan die partytjie opbreek! Hy sal mense indringend losmaak van alles wat hulle begeer – en dit dan alles vergaan in ‘n intense hitte!

Nou wil ek met jou ‘n waarheid deel wat jou sal help verstaan waarom die sekulêre werkplek jou nooit sal aanvaar as jy toegewyd is aan Jesus nie. Dit maak nie saak waar jy werk nie – by ‘n bank, in ‘n skool, die strate skoonmaak, waar ook al. Jy beleef waarskynlik baie verwerping, vernedering, frustrasie en misverstand. Jy ontvang min of geen krediet vir wat jy doen nie. Jy word vervolg, bespot, agter jou rug oor geskinder. En jy besef dat jy nooit “een van die ouens” of “een van die meisies” sal wees nie. Daarom voel jy nooit gemaklik of werklik veilig nie. Waarom is dit so?

Dit is alles die Here se werk! Hy laat toe dat jy nie verknog raak aan hierdie verganklike, verbygaande wêreld nie! Talle Christene word te gemaklik in hierdie wêreld en raak op die ou end afvallig van die Here. Voorspoed, aanvaarding en erkenning vang hulle harte en gedagtes vas.

As God egter sien dat jy vatbaar is om verlei te word deur hierdie dinge, sal Sy barmhartigheid en genade werk om te keer dat jy verstrik word! Hy sal jou ongemaklik maak by die werk omdat Hy jou ken. Hy weet jy sal Hom dalk vergeet – en moontlik in die hel beland! Daarom laat Hy nie toe dat jy wortels skiet in hierdie wêreld nie. Hy maak jou te alle tye van Hom afhanklik!

Tans mag jy dalk wonder, “Here, waarom ontstel my werk my so? Waarom misbruik ander my en steek my in die rug? Waarom voel ek altyd soos ‘n buitestaander? Wat is verkeerd met my?”

Daar is niks verkeerd met jou nie! Dit is alles God se werk! Hy hou jou siek en sat vir hierdie sterwende wêreld. Hy sê, “Jy kan nie te betrokke raak om dit hier “te maak” nie, omdat dit alles in rook sal opgaan. Rig jou liefdes op die dinge wat daarbo is – op die nuwe wêreld wat kom!

Jy antwoord, “Maar wat ‘n vermorsing! Ek is so vol energie. Ek het talent, idee’s ‘n skerp verstand en ‘n begeerte om baie te bereik. Ek voel so onderdruk en vasgekeer. Dit is so frustrerend!

Dierbare heilige, ek het goeie nuus vir jou: Wanneer alles tot ‘n einde kom en jou spottende vriende afgesny word – hulle werk in die niet verdwyn, hulle loopbane vergaan, hulle geld verbrand – is jou werk op die punt om te begin!

Jy sien, die hemel is nie ‘n aftree-oord nie. Dit is geen “Sunset City” nie. Liewer, ons ewige huis is ‘n plek van baie aksie – vol nuwe horisonne en ontsaglike planne! God gaan jou, al jou gawes en begeertes daar ten volle gebruik. Hy gaan niks wat Hy vir jou gegee het, vermors nie. In teendeel, jou gawes sal baie keer vermeerder word! Hy gaan jou gebruik vir Sy heerlikheid in die ewigheid!

Jesus gee ons verskeie wenke oor hoe hierdie belewenis sal wees:

1.In Matthéüs 24:46-47: “Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle: hy sal hom oor al sy besittings aanstel.” Die Griekse woord hier “aanstel” dui op “‘n ewige aanstelling.” Ons gaan deur God aangestel word as bestuurders oor Sy besittings – dwarsdeur die ewigheid!

2.Matthéüs 25:21: “En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel...”

3.Lukas 19:17: “En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.”

Ewige aanstellings...heers oor Sy huishouding...heers oor Sy besittings...heers  oor stede... Ons gaan heers en regeer saam met Jesus in Sy koninkryk – as sy konings en priesters!

Ek verbeel my soms dat wanneer ons in die hemel kom, sal ons nuwe planete ontdek – nuwe wêrelde wat geskep is tot sy verheerliking, diep in die buitenste ruimte, ver bokant enigiets wat ons beperkte verstand kan verstaan. (Onlangs het wetenskaplikes ‘n nuutontwikkelde teleskoop gebruik om hele nuwe heelalle te ontdek wat ons nie geweet het bestaan nie!) Ons Here se skepping strek soveel verder as wat ons ooit kan dink, dat dit ons verstand te bowe gaan!

Daarmee saam, sal daar saam met Jesus tallose menigtes van heiliges in die ewigheid wees. Ek dink aan die miljoene kinders wat geaborteer is wat daar sal wees. Satan het hulle almal probeer doodmaak – maar hy het hulle bloot in God se koninkryk geplant! Ek dink ook aan die miljoene verlate, vermoorde, verhongerde kinders dwarsdeur die eeue. Tans word kosbare straatwesies in Brasilië deur die polisie vermoor omdat hulle bedelary die toeristehandel onstel. Offisiere kry $25 vir elke soortgelyke kind wat hulle doodmaak.

Wanneer ek in die hemel kom, wil ek die klein vier-jaar-oue “Sonder naam Meisietjie” ontmoet. Haar lewelose, erg verbrande liggaam was gevind waar dit in ‘n tas geprop was in ‘n woonstelblok in Spaanse Harlem. Selfs al het die koerante ‘n foto van die meisie se gesig gepubliseer, het niemand opgedaag om haar op te eis nie. Die polisie moes ‘n kollekte opneem om haar te begrawe.

Ek sê vir jou, dit sal nie hemel sonder hierdie kinders wees nie! En dit gaan vir hulle wonderlik daar wees! Onlangs het ek gehoor van ‘n vaderlose seuntjie wat gedroom het dat hy hemel toe gegaan en Jesus met hom bal gespeel het. Ek glo ‘n visioen soos hierdie meer as baie ander waarvan ek hoor!

Wie sal daar wees om met hierdie kinders te speel en hulle te seën, vra jy? Ons sal. Ons sal ewig aangestel word om hulle lief te hê. So, moenie bekommerd wees dat jou talent geïgnoreer word of jou energie onderdruk word nie. God gaan ons ten volle gebruik word in sy nuwe wêreld. En Hy is besig om jou op hierdie oomblik op te lei om saam met Hom te heers en te regeer!

2. In elke geslag, ons s’n ingesluit, het God ‘n volk bewaar om Sy komende nuwe wêreld te bewoon!

God gaan nie ‘n nuwe wêreld skep sonder ‘n volk om dit te bewoon nie. En in elke geslag het Hy ‘n volk bewaar wat Hy in hierdie wonderlike nuwe wêreld sal oorbring!

Glo dit of nie, Petrus sê ons moet die einde van hierdie huidige wêreld begeer. Jy mag sê, “Dit klink morbied!” Petrus skryf egter dat ons die verbygaan van hierdie bose eeu moet verwag: “Julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt” (2 Petrus 3:12).

Hierdie vers beteken egter nie dat wanneer verwoesting kom, ons opgewonde moet skree, “Kyk, dit alles brand!” nie. Nee - Petrus se woorde hier is bedoel om ons te dra. Wanneer ons ook al moedeloos word in hierdie lewe, moet ons jubel, “Dit gaan alles in elk geval brand!”

Hierdie waarheid is ook bedoel om ons “op te wek” oor watter soort mense ons moet wees:

“Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?...” (2 Petrus 3:11).

Ek vra vir jou: Terwyl jy hierdie woorde lees oor ‘n groot vuur wat kom en ‘n blink, nuwe wêreld waar geregtigheid heers – verheug jy jou? Miskien is jy eerder bekommerd, “O God,  ek glo wat U Woord sê. Ek glo dat U eendag U vuur sal stuur om hierdie sonde vervloekte wêreld te laat vergaan. En ek glo dat ‘n nuwe, heilige wêreld kom...

“Maar ek is glo nie ek sal kan opweeg teen alle heilige gesprekke en goddelikheid nie! Ek voel nie ek weeg op teen die goddelike standaarde wat Petrus hier beskryf nie. Ek is bang dat ek dit nie sal maak nie. Ek sal moontlik misluk en alles misloop!”

Geliefde, ek het groot, heerlike nuus vir jou: Ek kan vir jou bewys – bo enige twyfel – dat God self begeer om jou vir die komende wêreld te bewaar! Jy het sy lewegewende waarheid in jou hart nodig om jou te dra wanneer die vyand teen jou kom soos ‘n stroom.

Hier is wat die Here belowe om vir jou te doen:

“Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid” (Psalm 121:7-8).

“Want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar” (Psalm 37:28).

“Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose” (Psalm 97:10).

“Die Here bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose” (Psalm 145:20).

 “En mag... God...julle gees en siel en liggaam geheel en al bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen” (1 Thessalonicense 5:23-24).

“En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid!” (2 Timótheüs 4:18).

Die woord “bewaar” hier beteken “om op te pas, te beskerm, te onderhou, veilig te maak, te ommuur.” God sê in wese, “Ek gaan jou oppas, jou beskerm, jou onderhou, jou veilig hou en jou ommuur sodat die duiwel jou nie kan aanraak nie. Ek self sal jou in My hemelse koninkryk inbring!”

Sien jy watter leuenaar die duiwel is? Hy dreig om jou te verslind, maar die hele tyd het God belowe om jou te bewaar.

Nie lank gelede nie, het ek ‘n ontsaglike belewenis gehad. Ek het vroeg opgestaan om te bid en het in my woonkamer gesit met my Bybel. Skielik het Satan begin om in te dring in my gedagtes. Hy het gemene, dreigende vloeke vir my geskreeu: “Jy sal vernietig word! Jy het ‘n leeftyd deurgebring om God te dien vir niks – omdat ek jou gaan vernietig! Ek sal jou in jou laaste dae laat val!”

Ek het voor my gesien al die evangeliste wat Satan onlangs laat val het gesien. Die duiwel het geskree, “Ek het almal van hulle gekry – en hulle het Jesus net so lief soos jy gehad! So, waarom dink jy jy is besonders? Jy is goed vir niks – jy is niks anders as ‘n leuenaar en ‘n bedrieër nie. En ek gaan jou en jou bediening toemaak vir goed!”

Dit was die mees verwoestende aanval wat ek nog ooit in my lewe beleef het. Dit was so erg, dat ek oorweldig was. Dit het letterlik my asem weggeslaan!

Maar toe het die Gees van die Here oor my gekom. En ek het opgestaan in heilige woede, het Satan gebind en hom uit my teenwoordigheid verwerp! Ek het geroep, “Duiwel, jy is ‘n leuenaar – die vader van alle leuens!” En ek het hom bestraf met God se Woord oor hoe Hy my sal bewaar en beskerm! God se Woord het my van alle vrees verlos!

Geliefde, God wil dieselfde vir jou doen. Sal jy Hom toelaat? Luister weer na God se Woord vir jou: “...Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose” (Psalm 97:10). Die Here sal jou oppas, jou beskerm, jou onderhou, ‘n muur om jou bou – tot die dag wanneer Jesus terugkeer!

Voel jy vasgevang in ‘n boesemsonde?

Fluister Satan vir jou dat jy nooit vrygemaak sal wees nie – dat jy nooit God se nuwe wêreld sal sien nie? Haal hierdie gedeelte vir hom aan en glo dit vir jouself:

“Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! Ons siel het vrygeraak soos ‘n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak” (Psalm 124:6-7).

God het Satan se strik vir ewig gebreek – en jy is vrygemaak. Jy mag bang wees dat jy sal faal! Maar God wil daardie vrees by jou wegneem! Hy gaan jou huistoe neem – en jy kan uitsien na ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde waarin Sy geregtigheid woon!

So, plaas jou fokus op daardie wêreld en nie op hierdie een nie. Neem ter harte jou Here se kosbare Woord oor sy krag om jou te bewaar. Hy sal nie toelaat dat die duiwel jou oorval soos ‘n maklike prooi nie. Nee – jy gaan jou voet op die vyand se nek sit! En God sal jou volkome verlos.

Halleluja!